bestiir nou in ander hande moet gé. Na Sir Harry Smith is Sir George Cathcart gekom in Maart, 1852, en gebly tot 5 Desember, 1854. Di instruksiis wat di nuwe Gouwerneur uit England gekry het was, dat hy di Kaffers dadelik moes onderwerp, en dat di Engelse regering net belang het by di Kaap en Tafelbaai ver hulle sképe, maar dat hulle gen grond verder land-in wil hê ni.
Omdat Moshesh, di opperhoofd van di Basutos, ver Kreli gehelp het in di oorlog teen di Engelse, daarom stuur di Gouwerneur 2,000 soldate om hom te straf. Mar ja wel, in 1853 by Berea het di Basutos di Rooibaatjiis tog lekker uitgeklop. Op 13 Desember, 1852, trek di Gouwerneur o'er di Grootriviir met di soldate, en toen hy by di Sendelingstasi Platberg kom, stuur hy 'n boodskap an Moshesh: dat hy 10,000 stuks vé en 1,000 pêrde skadevergoeding moet betaal, omdat hy ver Kreli gehelp het, en as hy ni wil betaal ni, dan sal hy oorlog verklaar teen hom. Moshesh laat ver hom terug weet: dat hy nog eers daaro'er sal raad hou of hy di skadevergoeding sal betaal. En van oorlog sê hy: ‘Moet ni so gou praat van oorlog ni; ek hou ni van oorlog ni; mar jy weet as jy 'n hond slaan, dan wys hy syn tande.’ Di Gouwerneur was daaro'er so gebelg, dat hy Moshesh ni eens wou tyd gé om syn kapteins by makaar te roep en te raadpleeg of hulle di boete sal betaal of ni. Hy trek op teen Moshesh en op 20 Desember ontmoet hulle makaar by Berea (onvergetelike plek), en daar het di Basutos di Engelse o'erwen.
Omstandig kan ons ongelukkig di slag ni beskrywe ni; want in di Engelse geskidenisse word so gemaak: as di Engelse o'erwen, o ja, dan word daar 'n grote bohaai van gemaak; mar as hulle verloor, dan blij hulle mar mooi stil daarvan. So oek hiir. Laat ons hiir 'n voorbeeld daarvan gé. Di uitvoerigste Engelse Geskidenis van di Kolonie sê daarvan (Wilmot en Chase, p. 466): - ‘His Excellency did not take the hint (viz: of Moshesh “that a dog when beaten shows his teeth,”) persisted, and the battle of the Berea, or rather route, ensued on the memorable 20th, over which “untoward event” it is judicious to draw a veil, for it was not a success.’ (‘Di Gouwerneur wou Moshesh sijn raad ni opvolg ni; hy het syn kop gevolg; en daarop is di slag van Berea, of liwers di nederlaag, gevolg, en dis verstandig om o'er di ongelukkige uitslag 'n sluier te trek, want dis gen gelukkige onderneming.’) Dis mooi! Vollens di beginsel dan kan 'n skrywer van 'n geskidenis mar altyd beskrywe wat tot voordeel is van syn kant, en wat tot di skande strek van syn volk, daar kan hy mar ‘'n sluier o'er trek!’
Mar nog mooier. In 'n ander boek sê Wilmot uitdrukkelik (‘History of the Cape Colony, for use in Schools,’ p. 107): ‘As there was no doubt that the Basuto Chief Moshesh had been an ally of Kreli's, a force of 2.000 troops was sent across the Orange river to chastise him; but the battle of Berea which ensued, resulted in a victory to the Basutos,’ etc. (Duidelik, ‘die uitslag was, dat di Basutos o'erwen.’) En in 'n ander boek sê diselfde Wilmot (‘Colonial Handbooks,’ waarin voorkom, ‘A Historical and Descriptive Account of the Colony of the Cape of Good Hope,’ p. 23): ‘General Cathcart arrived in March, 1852; and it was in July of this year that a grand and successful attack was made upon the Kafirs entrenched in the Waterkloof, and in December that Moshesh, having failed to furnish the indemnity, was defeated at the battle of Berea,’ etc. (Duidelik gesê, ‘di Basutos het verloor).’
Dis nou 'n mooi staaltji hoe di Engelse geskidenis skrywe. Op een plek is dit: ‘dis verstandig om daar mar 'n sluier o'er te trek, want di uitslag was