Sewende hoofstuk.
Di bandite-kwessi.
Onverwagte storm. - Engeland wil ons opskeep met syn Bandite. - Algemeene ontevredenheid. - Skip anker in Simonsbaai. - ‘Pledge.’ - Di skip met Bandite vertrek.
Di jaar 1849 het stil begin. Mar onverwags kom daar 'n onvoorsine storm op. Op 10 September, 1848, gé di regering in England an di Sekretaris van Staat las om di menigte bandit, waar hulle in England gen raad mé weet ni, na di Koloni is te stuur. Di Sekretaris besluit toen dadelik om 'n party van di bandite na di Kaap-koloni af te skeep, omdat di koloniste klaag o'er gebrek an werkvolk. Net soos dit hiir bekend word, was dit 'n onvergenoegdheid o'er di lengte en bre[e]dte van di Koloni, en di bevolking staan eenparig op om di smet af te weer.
Di Kaapstad (tot syn eer gesê) het di voortouw gevat, en op 'n grote vergadering, op 19 Mei, het hulle 'n party besluite geneem, waarin hulle di regering in England daaran herinner, dat hiir reeds in 1842 objeksi gemaak is om 'n partij jonge misdadigers (‘juvenile delinquents’) van England hiir te ontvang, en dat di Regering in Engeland toen toegestem het dat di koloniste eers moet geraadpleeg worde vóór sodanige 'n stap geneem word; dat in di vorige maand, November, nog di Gouwerneur, op aansoek van di Sekretaris van Staat ver di Koloniis, di gevoelens van di koloniste gevraag het of hulle van di Engelse bandite (‘Ticket-of-leave Convicts’) wil hê, en dat hulle gesê het, né; en dat hulle nou oek di bandite-skuim van Engeland volstrek ni wil ontvang ni. Hulle het hulle toen plegtig verbinde om di bandite ni te neem ni, en met hulle niks te doen te hê ni; en di Gouwerneur gevraag om ni toe te laat dat hulle hiir land ni, en beloof om al di onkoste te dra wat daarvan mag kom.
Op 4 Juli word 'n grote ver adering op di Parade gehou, waarop ruim 7,000 mense teenwoordig was. Di mense was woedend. Di opskudding het hulle naderhand di naam gegé van di ‘Anti-bandite beweging.’ Di beweging het naderhand verder gegaan in Stellenbosch, Paarl, ens. Onder di anvoerders word di name genoem van Rutherfoord, Ebden, Fairbairn, Stein, Ross, Ansdell, Wicht, enz.
Op 19 September anker di Engelse skip Neptune met di Bandite in Simonsbaai. Mar di koloniste wou hulle ni laat lande ni. Toen maak hulle di ‘pledge’ nog strenger. Gouwerment-kontrakteurs - slagters - bakkers - kêrsemakers - kortom al di klasse word verbiid deur di ‘Anti-bandite Vereniging’ om di Engelse soldate, en skeepsvolk, en burgerlike ambtenare te voorsiin so lang as di kwessi nog gaande was. En as een dit doen om di regering te voorsiin dan kom hy onder di ‘pledge’: gen een gaan met hom om ni, en as hy uitkom dan word hy met bedorwe eiers gegoi.
Di skip is 5 maande in Simonsbaai gebly - (maar gen bandiit mag syn voet an wal sit ni) - en toen kom di order uit Engeland, dat di kaptein na 'n andere koloni moes vertrek. Di skip vertrek op 13 Fewerwari 1850. So werd ons land gelukkig gered van o'erstroom te worde van Engelse skurke en diwe.