dat hulle makaar sal getrou bly, totdat hulle di tiranne van di grense verdrywe het. Dit was op di hoogte van Slagters Nek.
Kolonel Cuyler doet di ander dag morre 'n uitval met 'n trop soldate, en Kommadant Nel met 'n party Engels-gesinde Boere. Di eerste val hulle 'n voorpos van di opstandige Boere an; 30 Boere gè hulle o'er; di ander vlug na di hoof-la'er. Toen trek hulle almal terug, met hulle wa'ens en vé, na di, versterking van Baviaans-Riviir, waar hulle goed verskans was, en 'n klein mag hulle ni kon verdrywe ni.
Daarna trek Majoor Fraser, di landdros van Stockenstroom en Kolonel Cuyler, met al hulle manskappe, gesamenlik teen hulle op - sluit hulle in - en val hulle toen op dri punte an. Toen hulle siin dat hulle ni teen so'n grote o'ermag kan staan, het hulle stilletjiis in di nag, langs patjiis wat hulle alleen ken, ontvlug. Di aanvoerders vlug toen na di Winterberg, wat an Kafferland grens; mar hiir sluit Majoor Fraser hulle in, met een deel van di Kaap-Korps, in 'n dipe kloof, waar hulle uitgespan was.
Johannes Bezuidenhout, Stephanus, Cornelis en Abraham Bosman, Andreas Meyer, Faber en syn vrou en syn seuntji van 14 jaar, verskans hulle toen agter hulle wa'ens en begin hulle te verdedig, so dat hulle een van di Kaap-Korps doodskiit en 'n ander kwes. Mar naderhand is Bezuidenhout gesneuwel, en Faber en syn vrouw albei gekwes, so dat hulle verplig was om hulle o'er te gé.
Hulle word toen gevange geneem en na di tronk gebreng, waarnatoe nog 50 of 60 ander persone wat bekend was as deelnemers in di opstand gestuur word. Kort daarna word in di Kaap 'n Speciale Commissi aangestel om di misdadigers te vonnis.
Na 'n voorlopige ondersoek word 39 as di skuldigste uitgekiis om te reg te staan op di beskuldiging van ‘hoogverraad.’ Na 'n lang ondersoek word di vonnis gevel, dat 6 van di vernaamste anvoerders di doodstraf moes ondergaan, en dat di ander eers di doodstraf van hulle anvoerders moet ansiin, en dan, na dat hulle skuldig is an di opstand, moet gestraf worde, met ballingskap of boete, ens.
Toen di vonnis opgestuur word na di Gouwerneur om dit te bekragtig, verander hy di doodstraf van een van di anvoerders in lewenslange ballingskap
Mar di vonnis van di ander 5 word bekragtig, dat hulle op Verkeerde Water, 15 myle van Slagtersnek, nou genoem Long Hope Siding, in teenwoordigheid van di ander misdadigers, moes gehang worde.
Met 'n grote wag van soldate word hulle daarnatoe gevoer. Op di 6de Maart, 1816, word, onder di opsig van Kolonel Cuyler di treurige toebereidsels gemaak, in di teenwoordigheid van 'n grote menigte famili èn vrinde van di arme ongelukkige 5 wat moes gehang worde. Di Eerwaarde Herold gaat met hulle saam na di galg om hulle te vertroos.
Mar an hulle elende sou nog geen einde kom ni.
Deur di haastige maniir waarop di galg opgerig, is, blyk dit nou dat dit te swak is o[m] di gewig en di doodsworstelinge van di 5 manne te dra. Daar sak di galg met hulle inmakaar - onwillig om hulle te dra! Di arm ongelukkige vyf nadat hulle langsaam weer bygekom is van di halwe verwurging en verstikking slinger smekend na di offisiir toe wat di uitvoering van di vonnis moes bywoon, en bid hom snikkend om genade. Di smeekgebed roer di harte van