De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk
(1895)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina 54]
| |
Derde hoofstuk.
| |
[pagina 55]
| |
(Hollanse) regering behoor het, is 'n kerk gebou in di Kaapstad, en 'n menigte van hulle is lede daarvan geworde. Van 1665 tot 1731 staat daar in di kerk-boeke di name van 1,121 slawekinders, en van 46 groot slawe, wat gedoop is. En in 1683 het di Regering 'n wet gemaak, dat, wanneer 'n slaaf opgeneem word in di Gristelike Kerk, hy dan ipso facto (uit di aard van di saak) vry was. 'n Menigte het op di maniir vrydom gekry. In di buite-distrikte, waar di geestelike belange van di wit mense selwers so verwaarloos word (omdat daar amper nog gen predikante of skoolmeesters was ni), het dit natuurlik met di slawe oek ni beter gegaan ni. Mar tog di godsdiinstige gedeelte van koloniste was ni onverskillig omtrent di hoogste belange van hulle slawe, deur hulle toe te laat om deel te neem an di huisgodsdiins en op ander manire. Verskei'e van di bruine gemeentes, wat nou in hande is van Duitse en ander Sendeling-Genootskappe, is in di tyd opgerig deur di Hollanse koloniste ver hulle slawe.’ Dat daar enkele gevalle van mishandeling was, dit kan 'n mens lig begryp. Mar dit kan gen klad werp op al di Boere ni. Di uitsondering bevestig mar di reel. Hoeveul ou'ers mishandel oek hulle kinders; mar wi sal nou daaruit gaan opmaak dat al di ou'ers hulle kinders mishandel? Dit sou mos dwaas wees. 'n Mens sou net so goed kan sê, dat di Engelse nasi 'n boel diwe en skelms is, omdat daar in di grote stede van England duisende mense van niks anders as van steel en rowe lewe. Di Engelse regering neem in di jaar 1815 'n besluit om di slawe vry te maak, en di eerste wat hulle gedoen het was om wette in te voer om di mag van di meesters o'er hulle slawe in te kort. Een van di ergste was 'n proklamasi in 1826 uitgevaardig, waarin di ei'enaars van slawe verplig word om 'n beskermer of opsigter an te stel, wat di toesig moes hou o'er di regte van hulle slawe. Daarby kom nog dat elke slaaf syn baas kon verplig om hom vry te laat, as hy hom di som geld, waarvoor hy deur onpartydige persone geskat was, kon opbreng. Dan was di werkure oek bepaal, en nog verskei'e ander strenge reels ingevoer ten voordele van di slawe. Dit is gemakkelik te begryp hoe sulke wette di gunstige betrekking tussen di meesters en hulle slawe, wat daar altyd bestaan het, moes vernitig. Di slawe het meer regte gekry, mar meer voorregte verloor. Omdat di slawe nou 'n mag het om hulle te beskerm, het di meesters dikwils ver hulle een of ander guns ontsê wat hulle anders vroe'er graag sou toegestaan hê. Van toen af het di vrindelike gesindheid tussen meester en slawe al minder en minder geworde; en di héle land, sowel slaaf as meester, voel di onbehoorlike tussenkoms van di Engelse regering. Mar di Engelse Regering was met di bepaling nog ni te vrede ni. In 1830 maak hulle 'n nuwe wet, en bepaal dat gen baas voortaan syn slaaf self mag straf ni as hy verbrui ni. As hy dit doet, dan moes hy 'n boete betaal van ni minder as £10 of ni meer as £500 ni. Dit staat beskrywe in Seksiis 72-74 van di wet. Mar di ergste van al was nog di bepaling, dat ider ei'enaar van slawe verplig word om alle jare van di opsigter of syn helper 'n boek te ontvang met di naam van Strafanteekeningsboek (Punishment Record Book); daarin moes hy ver elke slaaf 'n afdeling maak, waaronder hy elke straf, van welke aard oek, wat ider slaaf ontvang het, moes opteken, en daarby moes hy oek opskrywe, met di grootste noukeurigheid, tot di kleinste bisonderheid van di o'ertre- | |
[pagina 56]
| |
ding, van di straf, van di getui'e, om kort te gaan, van alles wat daarby gebeur is. Di boek moes elke baas twé maal in di jaar na di opsigter of na syn helper to[e]breng, en di noukeurigheid daarvan met 'n eed bevestig. En as een van di slawe na di opsigter toe gaan met 'n klagte oer 'n straf wat hy ontvang het, en dit staat ni alles op 'n prik netso in di boeki ni, dan moes di meester eers angeklaag worde, omdat hy vals gesweer het, en dan nog 'n boete betaal ver di straf wat hy syn slaaf opgelê het. Dis onmo'entlik om di opskudding te beskrywe o'er di héle Koloni, toen di wet bekend word. Eenparig word deur al di ei'enaars van slawe 'n besluit opgevat om hulle teen so'n onregvêrdige wet te verset. Uit alle déle van di land het hulle afgevaardigdes na di Kaap toe gestuur om met di slawehandelaars in en naby di Kaap te vereenig, en daar het hulle eenparig 'n besluit opgevat om di Strafboek ni an te neem ni. In di drif en opgewondenheid het hulle verder bes[l]uit om almal te same na di Gouwerments-huis te gaan en hulle besluit persoonlik an di Gouwerneur bekend te maak. Nadat hulle eers 'n boodskap vooruit gestuur het na di Gouwerneur toe om hom met hulle doel bekend te maak, trek omtrent 400 man na di Gouwerments huis op. Nadat Gouwerneur Cole hulle onder di eikebome in di Grave-straat ontvang het, het hulle hom plegtig angesê: dat hulle di nuwe wet ni kan anneem ni; dat hulle gewillig was om di straf te ondergaan wat in di Strafboek angegé staat, mar dat hulle vrindelik versoek, om hulle van so 'n wet te ontslaan, wat 'n skending is van alle regsbeginsels. Di Engelse party het toen dadelik in di Krante geskrywe, dat dit net 'n plan was om di Gouwerneur bang te maak, mar dat hy hom ni van syn stuk moes laat af breng ni. En dit is hulle oek geluk. Want di Gouwerneur verklaar toen dat hy dit ni mar so op hom kon neem om di wet te vernitig ni; mar dat hy syn bes sal doen om an di Sekretaris van Staat te skrywe in wat 'n opgewonde toestand di wet di mense hiir gebreng het. Di Sekretaris het toen an al di ambtenare geskrywe dat hulle ni met geweld moet dwing om di wet in te voer ni, en dit is toen so mar van self dood geloop. Mar uit di handelwys van di Engelse regering was dit ver elkeen duidelik dat hulle plan had om di slawe binnen kort heel te maal vry te maak. Vele ei'enaars het toen mar hulle bes gedoen om hulle slawe van di hand te set. Buitendiin het di koloniste oek al 'n tyd gelede 'n Genootskap opgerig om al di jonge slawe-meissiis op te koop en dit vry te stel. Op di maniir het di Genootskap binnen 'n paar jaar dig by di 300 jonge meisiis vrygekoop. Mar omdat hulle te min geld gehad het om dit o'er di héle Kolone te doen, het hulle aansoek gedoen by di Engelse Regeering om hulle £7000 of £8000 jaarlyks te gé. Dan kan hulle mettertyd al di jonge slawe eers en naderhand di oue oek vrykoop. Vollens hulle berekening kon dan binnen 10 jaar al di slawe vrij wees, ver di som van £70,000 of £80,000. En dit was 'n goeie plan, sowe ver di slawe as ver di meesters. Dan het dit lanksaam en ongemerk gegaan; di Boere was ni op eenmaal van al hulle volk beroof ni; di slawe was ryp geworde ver hulle vryheid, ens. Mar di enigste antwoord wat hulle van di Engelse regering gekry het was dat di slawe op eenmaal moet vrygelaat worde. So was natuurlik hulle doel verydel. Intussen tyd word di straf-antekenings-wet streng toegepas, en om di kleinste houtji wat 'n Boer syn slaaf gé moes hy 'n boete betaal van ni | |
[pagina 57]
| |
minder als £10. En dit het nog al dikwils gebeur. Want party van di slawe het daar gebruik van gemaak om hulle base te terg, totdat di hulle 'n klap gé om hulle dan te gaan ankla. As 'n slaaf erg verbrui het en dan na ewenredigheid 'n bitji swaar gestraf is deur syn baas, dan moes di 'n boete betaal van £300 tot £500. Dis so erg geworde dat later al di slawe-eienaars verlang het na di dag wat 'n end sou maak an di verdrukking. Di wens is eindelik vervul, deur di Parlements-akte van Augus 1833. In di begin van di vollende jaar kom hiir 'n nuwe Gouwerneur, Sir Benjamin D'Urban, met strikte order om di wet deur te voer. Deur di wet word di slawerny, van 1 Desember 1934 af, ver altyd in di Koloni afgeskaf, en moes al di slawe, na nog 4 leerlingsjare op 1ste Desember 1838 geheel en al hulle vryheid geniit. In di 4 jare sou di Engelse regering skikkinge maak om di som waarvoor di slawe getakseer was an di meesters uit te betaal. Maar hiir het hulle di Boere op 'n allerskandelikste maniir hulle geld ontsteel. Hulle wou di naam en di eer hê dat hulle di slawe vry gemaak het. Mar ondertussen moes di ei'enaars daarvoor opdraai. Vereers het hulle di slawe vêr onder di waarde getakseer, en dan nog moes di Boere hulle geld, deur Agente, in England ontvang; so dat vele Boere so veul skade gely het dat hulle bankrot geraak het. Di taksasi was so onregvêrdig dat 'n slaaf wat syn baas £600 gekos het op £85 geskat word. Mar hiirmé was dit nog lank ni klaar ni. Toen di uitbetaling moes plaas vinde, moes di arme boer tevrede wees dat di Engelse regering, in plaas van di £85 waarvoor syn slaaf getakseer was hom ni meer wou gè as £33. En dan di betaling. Ni alleen moes di ei'enaars hulle geld op di bank in England ontvang ni, mar hulle moes oek nog by 'n heelparty kantore in Londen 'n menigte formaliteite deurgaan voor hulle di geld kon kry. Dadelik is daar 'n vergadering van slawebesitters by makaar gekom, en het 'n memori an di Engelse Regering gerig om di geld hiir in di Koloni uit te betaal. Mar dit word volstrek afgeslaan. En so word al di slawehouers (want daar was gen 10 onder hulle wat 'n persoonlike saakwaarnemer in England gehad het ni) verplig om hulle toevlug te neem tot 'n paar Agente in di Kaapstad en in Grahamstad wat hulle bewyse opkoop teen 25 en 30 per cent. Sodat hulle taksgeld, wat al reeds so min was, en naderhand nog deur di Regering 'n derde verminder was, nou op laas ni meer was as 'n vyfde. 'n Menigte mense is daardeur heeltemal verarm, want hulle grootste besitting was hulle slawe. Party was so verontwaardig dat hulle di geld ni wou gaan ontvang ni; so dat di Engelse regering vandag nog omtrent £5,000 in di kas het wat di Boere ni wou ontvang ni. Uit di rente van di geld ontvang enige skole van swarte in di Kaap nog 'n toelaag. Dus di geld wat di Boere moes kry word nou an swartes gegè. Almal was verbitter teen 'n regering wat ni ontsiin ni om di belange en regte van syn onderdane met voete te vertrap, en dit onder di skyn van godsdiins en onder di naam van iits goeds te verrig. En as ous van agter hoor hoe di Engelse roem op di edele daad dat hulle di slawe vry gemaak het, en ons let in di ander kant op di skandelike maniir waarop hulle dit gedaan het, dan kan ons ni help om te denk an di reel van di Jezuite: ‘Di doel heilig di mid- | |
[pagina 58]
| |
dele’; en dan moet ons oek met ou vader Isak uitroep: ‘De stem is Jakobs stem, maar de handen zijn Ezaus handen’ (Gen. 27:22). Di eerste Desember 1838 was di dag waarop 35,000 slawe los gelaat werd om te doen wat hulle wil. Wat 'n ongeriif ver di arme Boere! Gister aand had meneer en juffer nog 10 of 50, of 80 slawe ver 'n grote boerdery en 'n menigte werk. Op een dag is hulle heeltemal ontbloot, en kan hulle plaas ni meer bewerk ni. Wat 'n nadeel ver di land! Alles staat op eenmal stil! Daarby kom, dis oestyd, en graan moet bly staan op di land! Wat 'n gevaar ver di koloniste. By grote troppe sal hulle nou di land afloop om te rowe en te steel en oproer te maak. Mar stil! ‘De Heere heeft het ten goede gedacht’ (Gen. 50:20). Onverwags buitentyds - in di hartji van di somer - laat onse liwe Here, wat alles so wys bestiir, 8 da'e agtereen reen, soos nog nooit voor of na di tyd in di Koloni gebeur is ni. Toen kon di losgelate slawe ni so in troppe rondloop ni; hulle moes weer gaan werk om kos te kry; di meeste gaan na hulle ou base terug om hulle te verhuur; beter was dit toen ver baas en jong. En hoe veul daar oek verkeerds was in di maniir waarop di Engelse regering di slawe vrygemaak het, vandag dank ons di Heere dat Hy dit alles so wys bestiir het. |
|