Twede hoofstuk.
Kwessi o'er di Hottentots.
Engelse en party Sendelinge trek di Hottentots voor di Boere. - Eerste ‘Rondgaande Geregtshof.’ - Menigte ongegronde klagtes teen di Boere. - 'n voorbeeld. - Sendeling-Stasiis - Gebrek an werkvolk. - Boere ontevrede.
Di eerste merkwaardige gebeurtenis onder di Engelse Regering was di kwessi o'er di Hottentots. Du Pre, wat in 1807 tot Gouwerneur van ons land benoem is, en syn opvollers, het alles wat in hulle vermoge is gedaan om di Hottentos voor die Boere te trek, en, onder di naam van hulle te beskawe, in hulle luiheid te sterk. Daarin het veral saamgewerk di Sendelinge Van der Kemp en Read, wat as verdedigers van di Hottentots opgestaan het. En dit was een van di redes waarom di Boere, wat eers so ver di sendelings was, naderhand so teen hulle geworde is. Mar daarvan meer in een ander deel van ons geskidenis, waar ons ekspres o'er di sendelinge sal skrywe.
Toen di eerste ‘Rondgaand Geregtshof’ gesit het, breng di twé sendelings omtrent 70 of 80 gevalle van moorde, anrandinge, en sulke dinge voor di Hof as aankla'ers teen byna al di fatsoenlikste familiis van di Onderveld. Di Geregshof verwys al di beskuldigings na 'n Commissi, wat kon tyd neem om al di klagtes noukeurig te ondersoek. Di Commissi het dit met di uiterste onpartydigheid gedaan, en dit is toen uitgekom, dat gen een geval van moord, waarvan di Boere angeklaag was, waar was ni. Dit was alles storiis wat di Hottentots an di liggelowige sendelings vertel het, en wat hulle ver waarheid aangeneem het.
As 'n voorbeeld van di ongegrondheid van di klagtes teen di Boere sal ons 'n wedewe van 'n respektabele famili in Uitenhage neem. Sy was deur Van der Kemp angeklaag, dat sy 'n jonge Hottentot moedwillig sou vermoor hê; dat sy hom in 'n pot kokende water laat kook het, tot dat hy gaar gekook was. Een hele boel getui'e, waaronder 'n menigte Hottentots was, word opgeroep; mar almal het eenparig verklaar, dat sy onskuldig is.
Di saak het eintlik so inmakaar gesit. Di jonge wedewe het in ‘Lange Kloof’ gewoon. Dit is een van di koudste streke van ons land. Een dag het sy di Hottentot uitgestuur om haar vé by makaar te gaan maak en na di kraal toe te breng. Dit word laat - en dit begin te kappok - mar di Hottentot kom ni uit ni. Toen het di vrou mense uitgestuur om na hom te gaan soek, en laat in di nag het hulle hom gekry; mar syn hande en syn voete was dood van di kou'e. Hy was glad verkluim. Di vrou het toen op alle manire geprobeer om hom weer reg te kry; maar niks wou help ni, en toen het sy syn voete in 'n pot lou water gehou, en dit het hom weer reg gemaak. Hy was na di tyd, weer fris en gesond en het nog lange jare by di vrou gediin, later oek by ander mense, en is naderhand an glad 'n ander siikte gesterwe. Natuurlik, di vrou word vrygespreek deur di hof.
Dit is daarom duid lik, dat sulke klagt steen di fatsoenlikste van di boere - (al word hulle oek vrygespreek, di sware onkoste moes hulle daarom betaal) -