Di predikante word skandelik mishandel; hulle doop, trou en begravenisregisters word afgeneem. Hulle mag ni langer as dri jare in 'n gemeente bly want anders sou hulle te veul invloed kry. So het hulle di Protestante van al hulle regte beroof. Mar di ergste kom nog.
In Poiton, waar baing Protestante woon, word di soldate by hulle ingekwartiir dit wil sê, ider huisgesin moes van 10 tot 12 man in hulle huise ontvang en di kos gé. Hulle bly dan daar so lank, tot dat di laaste stuk goed van di arme mense verkoop is, en dan word hulle na di Roomse kerk toe gesleep om di Protestantse geloof af te sweer, en di Roomse geloof an te neem. Di wat wil Rooms worde, word van di soldate ontslaan; en op so 'n maniir is daar baing afvallig geworde. Dit word genoem Dragonnade. Di soldate raas dag en nag in di huise, so dat di arme mense ni behoorlik kan eet of slaap in hulle ei'e huise ni; en dit was natuurlik onmo'entlik om dit te hou. Daarom is 'n menigte toen Rooms geworde. Dit was so erg dat hele kontrye tot di Roomse kerk oergaan.
Lodewyk dag toen dat di Protestantse geloof nagenoeg uitgero i was, en wag toen oek ni lank om hulle di doodsteek te gé ni, en di Edict van Nantes te herroep op 22 Oktober, 1685. Di vernaamste punte van di Herroepings-akte was di vollende:-
Di Protestantse kerke moet afgebreek worde. Hulle godsdiins in hulle ei'e huise moet hulle oek afskaf. Di wat godsdiins hou verliis syn lyf en syn goed.
Di predikante wat ni wil Rooms worde ni, moet sorre dat hulle binnen 14 da'e uit di land uit is; an di ander word verbiid om di land te verlaat, anders gaan hulle na di ‘galleye,’ dit is, bandiit worde. - Al di kinders wat na di herroeping van di Edict gebore word, moet deur di priister gedoop en in di Roomse geloof opgevoed worde.’ Ens.
Dit het oek ni lank geduur ni, of hulle het di 800 Protestantse kerke, tot di laaste toe, in puinhope verander. Na dit alles het hulle di wette nog van dag tot dag verswaar. 'n Predikant wat waag om in di land terug te kom, word doodgemartel. En as een 'n predikant vang, dan kry hy 'n beloning van omtrent £375. En as imand 'n Protestantse godsdiinsoefening bijgewoon het, in di bosse of waar oek, dan word hy met di dood gestraf.
Om te belet dat di arme mense sal vlug uit di land uit, het hulle o'eral by di séhawens en op di grense wagte geset. Mar niittemin het tog duisende di grootste gevare deurgegaan om te ontvlug. 'n Menigte van di arme vlugtelinge het hulle opgevang, en dan sware kettangs van 50 pond om di nek gehang en party in voetysters geset, en toen deur di land gevoer, om di ander bang te maak. En as hulle dan so moeg is dat hulle flouw val, dan word hulle met stokke geslaan om weer op te staan. En di kos wat hulle kry was so min en so sleg, dat hulle amper ni daarvan kon lewe ni. Snags moes hulle dan so mar in di stinkerigste hokke op di grond slaap, met di sware ysters om hulle nek en an hulle bene. Mar onder dit alles het tog 'n menigte ontvlug. Hoeveul kan ni met sekerheid opgegé worde ni, juis omdat hulle stilletjiis gevlug het. Sommige sê di getal was 300,000, en andere weer 600,000. Hulle het gevlug na Holland, Duitsland, Denemarken, Sweden, Rusland, Engeland, en Amerika.