De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk
(1895)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina 46]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Derde hoofstuk.
|
1. | Di Hugenote word verniit, sonder koste, o'ergebreng na di Kaap, as hulle 'n eed van getrouheid an di Maatskappy afgelê het. |
2. | Net mar klere en di nodigste dinge ver di reis kan hulle méneem; buiten geld, di kan ider méneem so veul as hy wil. (Dit wil sê, hulle moes ni so veul goed breng, dat hulle hiir kan kom handel drywe ni; want dit sou skade wees ver di Maatskappy). |
3. | Almal moet an di Kaap bly woon en in di boerdery of enige ander ambag werk. |
4. | Ver di wat wil boer, moet so veul grond gegé worde as hulle kan bewerk; saad en gereedskap moet ver hulle geleen worde. |
5. | Hulle moet ten minste 5 jare an di Kaap bly; mar hulle kan om ontslag vra voor di tyd, as hulle rede het daartoe. |
6. | Wat weer wil teruggaan, moet betaal daarvoor. |
Di eerste skip met Hugenote is uit Holland uitgegaan in di winter van 1687, en in di Kaap angekom in April, 1688. Di vollende familiis was daarop: Basque, Bruere, Fouche, Godefroy, Malherbe, Marais, Pinnard, Paste, le Roux, Sebatie, Taboureux. Dit was di eerste familiis wat hiir angekom het.
Kort daarna kom di twéde skip hiir an, in Augus, met di vollende huishou'ens: Anthonarde, Corban, Corbonne, Fraichaise, Furet, Goviand, Grange, Jourdan, Madan, Malan, Mesnard, Pelanchon, Resne, Rousse, Scaet, Verdeaux, Verdette.
Di derde skip is uit Holland gegaan in April, 1688, met enige Franse familiis: Avied, Briet, de Buyse, Carnoy, Claudon, le Clerq, Menanto, Nortié, Pariser, du Plessy, de Savoije, Talifer, Vyton.
Klein klompiis Hugenote het nog gedurig angekom. In Juni en Augus kom daar twé skepe an, en toen weer in Jannewari, 1689, één, met 'n heel party. Met di 3 skepe is o'ergekom di familiis: Avis, Basson, Bastions, Beaumons, Benezat, Bota, Bruet, Camper (predikant), Cellier, Cordier, Carpenant, Couteau, Couvret, Crogne, Dailleau (predikant), Debuze, Debeurier, Decabriere, Delporte, Deporte, Dereul, Dumont, du Plessis, Dupré, du Toit, Durant, Dubuisson, Extreux, Fracha, Foury, Floret, Gauche, Grillon, Gardiol, Gounay, Hugot, Jacob, Joubert, Lanoy, Laporte, Laupretois, le Clair, Lefebre (dokter), le Grand, Lecrivent, Lombard, Longue, Maniet, Martinet, Nice, Norman, Passeman, Peron, Pinnares, Prevot, Rassimus, Retief, Sellier, Terreblanche, Terrier, Tenayment, Terrout, Vallete, Vandray, Vanas, Valtre, Verbat, Villons, Viviers, Vijol, Villion, Vivet, Vitou, Vitroux.
In Mei, 1689, is hiir nog angekom, met 'n ander skip, Pierre, Abraham en Jacob de Villiers.
Dit is nou di name van di familiis soos hulle na makaar hiir angekom het. Mar tussen in is hiir mo'entlik nog enkelde gekom wat ni genoem is ni.
'n Ander ou dokument sê somar dat hiir 97 'huishou'ens angekom het in al di tyd en gé hulle name so op:-
Avis |
Barret |
Bachet |
Basson |
Bastions |
Beaumons |
Beck |
Bénéret |
Bruet |
Bota |
Campher |
Cellier |
Cordier |
Corprenant |
Couteau |
Couvert |
Crognet |
Daillé |
Debure |
Debeurieux |
Decabrière |
Delporte |
Déporté |
Deruel |
Dumont |
Duplessis |
Duprés |
Dutoit |
Durant |
Dubuisson |
Desavoye |
Entreix |
Fracha |
Fauche |
Floret |
Foury |
Gauche |
Gordiel |
Gounay |
Grellon |
Jacob |
Joubert |
Jourdain |
La Grange |
Lanoy |
Laporte |
Lapretois |
Leclair |
Lecrivant |
Lefebre |
Le Grand |
Le Riche |
Le Roux |
Lombard |
Longue |
Malan |
Malherbe |
Maniet |
Marncène |
Marais |
Martinet |
Ménard |
Niel |
Norman |
Nortie |
Passeman |
Peron |
Pinards |
Prévôt |
Rassemus |
Retif |
Richard |
Rousseau |
Roux |
Sebatier |
Sellier |
Sénécal |
Senquette |
Simon |
Tabordeux |
Taillefer |
Tenaumant |
Terre Blanche |
Terrier |
Terront |
Valletti |
Vanas |
Vattre |
Vandray |
Verbal |
Villions |
De Villiers |
Vyot |
Viton |
Vitroux |
As ons nou di name so deurkyk dan siin ons dat:-
1. | 'n Heel party van di name is nou ni meer in di land te kry ni. Daar is verskillende redes voor. Party het naderhand weer teruggegaan na |
Europa toe. Party is ongetroud gesterwe. Parsy het niks as dogters nagelaat. En so meer. | |
2. | Party familiis skrywe nou hulle name anders. Di Franse uitspraak is anders as di Hollanse, en toen di Hugenote di Franse taal vergeet, weet party ni meer goed om di Franse name te skrywe ni. Mo'entlik is dit goed om party van di name te noem. Ver Cellier skrywe hulle nou Cilliers; ver Jourdain of Jourdan skrywe hulle Jordaan; van Peron het hulle Perold gemaak, en van Pinards, Pienaar; Rousseau is Rossouw geworden. En so meer. |
Di Hugenote het hiir angekom in di tyd van Gouwerneur Van der Stell, en hy het syn bes gedoen om ver hulle vort te help. Kollektes het hy rondgestuur en di Boere wat hiir gewoon het, het fluks gegé, geld en vé en al sulke goed. Van ander plase af het hulle oek geld gestuur. Di Hollanse Regering in Indi'e het alleen al £1,200 gestuur ver hulle om saad en gereedskap, en so meer, te koop.
Di Hollanse Regering het toen ver hulle plase gegé tussen di andere boere in, dat hulle ni 'n aparte koloni moet stig ni; mar samewoon en samewerk. Di meeste van hulle het daarom gaan woon in Groot Drakenstein, Franshoek, Paarl, Klein Drakenstein, Daljosaphat, en Wagenmakers Vallei (wat syn naam gekry het van di eerste bewoner Charron, di Franse naam ver Wagenmaker). Dit was in di tyd nog 'n woeste streek wêreld. Mar hulle het dit gou so bewerk dat dit een van di mooiste parte van di Koloni was.
Hulle eerste kerk het hulle gebou in Groot Drakenstein, waar nou di ‘Simondium’ staan, wat deur hulle nakomelinge opgerig is as gedagtenis van hulle eerste predikant, Pierre Simond. Di kerk van Drakenstein het 4 Franse predikante gehad: Simond, Daillé, Beck, en Campher.Ga naar voetnoot* Hulle het in di Franse taal gepreek tot in 1724. Dis ruim 35 jaar na di ankoms van di Hugenote in di Koloni. In di tyd was byna almal wat uit Frankryk gevlug het al dood en hulle kinders wat hiir gebore is, het almal Hollans geken. Toen daar nog mar 2 of 3 van di oue vlugtelinge was wat gen Hollans verstaan ni, het di Hollanse regering ekspres 'n krankbesoeker ver hulle angestel.
Dis 'n wonder, as 'n mens reg daaro'er denk, dat di prediking in di Franse taal nog so lank geduur het, want kyk, in Frankryk is hulle so wreedaardig vervolg geworde, en daar het hulle so veul onreg moet ly, dat hulle van selfs alle liifde ver hulle vaderland en ver hulle moedertaal verloor het. Dan kom nog daarby dat Holland hulle met ope arme ontvang het en di meeste van hulle daar 'n héle tyd deurgebreng het en toen di Hollanse taal angeleer het, so dat hulle van selwers liifde ver di volk en ver di taal gekry het, en dit toen beskou as hulle twéde vaderland. En eindelik, hulle is hiir in 'n Hollanse koloni kom woon, onder Hollanders, en het as broers same gewoon en hulle kinders o'er en weer getrou.
Di afstammelinge van di Hugenote is nou di héle Koloni en Vrystaat en Transvaal deur versprei, en hulle is regte geseend. Dit lyk of di seen van ons liwe Hére nog op hulle rus, omdat hulle ouers so veel ver hulle geloof opgeoffer het. Oek hiir kan ons siin dat dit waar is wat in di Bybel staan: ‘Het geslacht des rechtvaardigen zal gezegend syn.’
In di koms van di Hugenote kan 'n mens duidelik di hand van ons liwe Hére siin. Hulle is hiir gestuur as di sout om di jonge Koloni ver allerhande
verderf te bewaar. Want di eerste Boere hiir was ni juis almal van di beste soort ni. 'n Grote deel was matrose en soldate wat hulle tyd uitgediin het, en dan wegloopers van andere nasiis wat hiir angekom het. So sorg di Hére tog altyd. Dit is nou mar te wens, dat di kinders van di Hugenote getrou wil bly an di geest van hulle vrome voorouers, en hulle ni laat wegsleep deur alle nuwigheid ni.
In 1824 was daar 'n beweging om so'n gedenkteken op te rig an Groot Drakenstein of Franshoek, waarin alle oue familistukke kon bewaard worde, soos oue dokumente, bybels en psalmboeke, meubels en ander dinge wat hulle uit Frankryk megebreng het.
Hulle het intekeningslyste daarvoor gemaak en di afstammelinge het fluks bygedra oek. Een van di oue lyste wat nog bewaard was lat ons hiir druk.
‘Jacobus du Toit uit Du Toits en Pienaar, Rds. 50; Gabr. Jas. Vos, uit Rossouws, Rds. 40; A. Faure, Sr., uit Faures, Rds. 50; A. Faure (predikant), uit Faures en Villiers, Rds. 25; J.F. Beck, uit Therons, Rossouws en du Preez, Rds. 20; A. Faure, uit Faure, Rds. 25; J.J. Vos, uit Rossouw, Rds. 20: A.C.M. Faure, uit Faure, Red. 5; J.J. Faure, uit Faure, Rds. 5; S.J. Faure uit Faure, Reds. 5; J.P.M. Faure, uit Faure Rds. 5; J.A. Joubert, (advokaat), uit Joubert, de Villiers, Hugo en du Toit, Rds. 50; A.J. de Villiers, Pieter zoon, uit de Villiers, Rds. 20; P.A. Meyburgh, uit du Toit, Rds. 5; J.P. de Wet, uit du Toit, Rds. 10, Jacs. de Villiers, A.B. zoon uit de Villiers, Rds. 25; W. Frans de Wet, geboren du Toit, uit du Toit, Rds. 10; Pieter Marais, J. zoon, uit de Villiers en Marais, Rds. 50: L.W.C. Beck, uit Therons, Rossouws, en du Pree, Rds. 20; A.J. Jardine, uit Jardines, Rds. 20; Jac. Stephs. de Villiers, D. zoon, uit de Villiers en du Toit, Rds. 25; Jacs. Dan. van der Spuy, Syb. zoon, uit du Plessis, Rds. 10; Pieter Hend. de Villiers, uit de Villiers en Roux, Rds. 25; Joh. P. de Villiers, A.B. zoon, uit de Villiers en Minnaar, Rds. 10; A.J. Marais, Jacs. zoon, uit de Villiers en Marais, Rds. 25; F.D. Rossouw, uit Rossouw en Hugot, Rds. 10; Anna Magd. Rossouw, geb. Theron, uit Theron en Rossouw, Rds. 10; D.P. de Villiers, uit de Villiers en Retief, Rds. 25; Paulus Retief, uit Retief en Minnaar, Rds. 35; Gi. Jac. Rossouw, uit Rossouw, Rds. 5; Corns. Brink. Jan zoon, voor du Toit, Rds. 20.’
Waarom di plan dan toen misluk is, vra imand mo'entlik. Wel, so ver as ons dit kan nagaan het dit so gekom. Een van di regulasiis wat hulle gemaak het was dat al di intekenaars in 'n regte lyn, van vaders kant, afstammelinge van di Hugenote moes wees. Mar dit blyk toen later dat di skrywer (Secretaris) en geld bewaarder (Tresurier) net mar van moeders kant 'n afstammeling van di vlugtelinge was. Daardeur is 'n onenigheid ontstaan, en so is di hele plan in dui'e geval.
Di gedenkstukke wat hulle al by makaar gebring het is toen 'n tijd lank bewaard deur advokaat Joubert. Mar hy is kort daarna gesterwe, en wat toen daarvan geworde is weet nimand. Mo'entlik is dit sommar op 'n vendusi verkoop. Of di geld waarvoor ingeteken was, an di intekenaars betaal is, kan di skrywer ni uitvinde ni, mar dis waarskynlik.
Later is weer so'n plan opgevat en dis beter geluk. In 1851 begin di inwoners van Groot Drakenstein di behoefte te gevoel om 'n skool ver di buurte op te rig. O'erlede Meneer H.F. de Villiers stel toen voor om 'n skool te bou ver di buurte wat meteen tot 'n gedenkteken van di Hugenote kon wees. Di
plan word algemeen goedgekeur en Menere de Villiers en Daniel J. Joubert werd angestel om 'n geskikte plek daarvoor uit te kiis. Hulle kiis toen 'n stuk grond op di plaas van Meneer J. du Pré, vlak oer di plek waar di eerste oue kerk van di Hugenote gestaan het. Daar het hulle toen 'n mooi skool gebou en dit di naam gegé van Simondium na di eerste predikant wat ver di Hugenote eerste kerk gehou het daar, Pierre Simond. Di skool beantwoord goed. En daarin is 'n kamer om oue gedenkstukke te bewaar.
Di kamer is 12 voet lank en 12 voet breed. Mar tot nog is daar nog niks gen gedenkstukke in ni. Meer dan een het beloof om wat te breng. Mar soos dit gaat, 'n mens versuim.
- voetnoot*
- Waarom word een mar genoem in ons Ned. Ger. Kerk-Almanak?