II. Di Franse vlugtelinge.
Eerste hoofstuk.
Di Hugenote in Frankryk.
‘Edict van Nantes.’ - Getal. - Vlyt. - Eerlikheid, ens., van di Protestante.
Van di Franse vlugtelinge moet ons tog oek wat vertel in ons geskidenis, al was dit nou nog so kort. Mar om di geskidenis van di Hugenote mooi agter makaar te kan kry, sal ons vertel van di Hugenote in Frankryk; dan waarom hulle di land verlaat het en waarnatoe hulle gevlug het; en daarna hoe hulle hiir an di Kaap gekom het en hoe dit hiir met hulle gegaan het tot nou toe.
Om te vertel van di Hugenote in Frankryk, sal ons begin van di jaar 1598 af, toen Hendrik IV di ‘Edict van Nantes’ geproklameer het. Di doel daarvan was gewees om an di Protestante net so veul vryheid te gé as an di Roomse om hulle godsdiins op hulle maniir te hou. Diselfde Edict het Lodewyk XIII en oek Lodewyk XIV plegtig bevestig. In di begin van di 17 eeu was daar in Frankryk 807 Protestantse kerke, in 16 Provinsiis en 72 Ringe verdeel. Di kerkbestuur was nagenoeg net soos onder ons.
Di Protestante, deur gedurige godsdiins-oorloge en deur onderdrukking, waardeur hulle nooit 'n ansiinlyke pos kon beklé ni, was verplig om hulle mar met boerdery en met handel besig te hou. In vroegere da'e was hulle 'n sterke staatkundige party gewees; mar nou ni meer ni.
En hulle was regte werksame, knappe boere. Di mooiste wingerde en tuin, en landerye van di wêreld kon 'n mens by hulle siin. Di dal van Vannage, wat heelmal an hulle behoor het, het hulle so mooi bewerk, dat dit naderhand di naam gekry het van ‘Klein Kanaän.’ Daarom het di boerdery in ons land oek eers reg vooruitgegaan toen hulle hiir gekom het.
Net so werksaam was hulle oek in di stede. Hulle het grote fabrike opgerig. En hulle eerlikheid en o'erleg het gen volk in di wêreld nog o'ertref ni. Daarom het hulle oek in Frankryk di handel van wyn, sout, laken en al sulke goed in hulle hande gehad. Daardeur het oek di skeepvaart gebloei, want di Hollanders en Engelse het liwers met di Protestante as met di Roomse gehandel, omdat hulle eerliker en opregter was. Al di fabrike, al di smederye van yster, van staal, van goud en van silwer was in hulle hande.
Onder di Protestante was oek di geleerdste manne, soos Dokters en Advokate, ens. Di grootste advokaat van di tyd was Henri Basnage, 'n Protestant. Di knapste predikante was oek onder hulle. Hulle het viir Akademiis (Hoge Skole) gehad, in Saumur, Montauban, Niemes en Sedan. So beroemd was di Akademiis dat jonge mense uit ander lande, ja selfs prinse daar gestudeer het. En an di grootste Generaals en Admiraals het dit hulle oek nooit ontbreek ni. Di wat daar meer van wil weet, kan baing boeke kry wat daaro'er skrywe.