Veertiinde hoofstuk.
Weer 'n tydji onder di Hollanders.
Vrele van Amiens. - Janssens en De Mist. - Verbeteringe. - Nuwe Verdeling. - Tulbagh en Uitenhage. - Kerkorde. - Téboerdery.
By di ‘Vrede van Amiens’ word di Koloni terug gegé an di Hollanders op di 27ste Maart, 1802. Janssens word benoem tot Gouwerneur, en De Mist tot Commissaris-Generaal om di Koloni van di Engelse o'er te neem, Di Koloni sal nou ni meer an di Maatskappy, maar an di Hollanse Regering behoor. Dadelik word in Holland skepe, soldate, ambtenare, ens. klaar gemaak, en in Juli vertrek hulle na di Kaap. Di reis was teenspoedig, en eers op di 23ste Desember kom hulle in di Tafelbaai an.
'n Engelsman is altyd gou om te neem, mar lanksaam om af te gé. Daarom het dit toen oek geduur tot in Fewerwari 1803 voor di Engelse vlag plaas gemaak het ver di Hollanse. In April gaan Janssens al op reis om di buitedistrikte te leer ken. Veral in di distrik van Graaff-Reinet was dit mar sleg gesteld, soos di Engelse dit gelaat het. Hy het dadelik di Hottentots onder di wapens gebreng; mar ni teen di Boere, soos di Engelse gedaan het ni Né, hulle moes di Boere help om di Kaffers weer terug te drywe o'er di grense. 'n Knappe Landdros, Stockenstroom, het hy ver Graaff-Reinet angestel. Van toen af het di distrik opgang gemaak. Met di Kafferkoning Gaika, het hy oek vrede gesluit.
Terwyl Janssens nog besig was om daar alles weer in orde te breng, kry hy di tyding, dat di oorlog tussen England en Holland alweer uitgebreek het. Hy moes toen dadelik terug, en kom op di eerste Augus, weer an di Kaap. Hy het alles gedaan wat in syn vermo'e was om di Kaap te versterk. Mar hy had grote moeilikhede, soos siikte onder syn soldate, waaran honderde sterf; spring van di kruidmagasyn by Swellendam; slegte oeste 3 jare agtereen, ens. Dit alles het gemaak dat hij ni in staat was om di Koloni te verdedig teen 'n veul sterker Engelse mag, soos ons in 'n vollende deel van ons geskidenis sal siin.
De Mist het oek party goeje dinge ingevoer so lank as hy hiir was. 'n Nuwe verdeling van di Koloni het hy gemaak. Di uitgestrektheid en di toeneming van di bevolking het dit noodsakelik gemaak. Di noordelike en oostelike deel van Stellenbos maak 'n nuwe distrik. Roodezand, toen na di Gouwerneur Tulbagh genoem. Di landstreek van di Zwartkopsriviir en Algoabaai met Achterbruintjiis-hoogte, tot an di Grote Visriviir of di Kaffergrense, word di distrik Uytenhage, 'n familinaam van De Mist. Di anstelling van Veldkornette en kommadante in di ses distrikte was oek 'n nuttige inrigting wat hy ingevoer het. Di Landdroste het hy reg gegé om huwelike te kan bevestig, so dat al di vêr mense ni nodig het om na Kaap-toe te gaan ni. Dit was oek 'n groot gemak. Dan het hy oek 'n ‘Kerkorde voor de Bataafsche volkplanting aan de Kaap de Goede Hoop’ vasgestel; daarin word, onder andere, bepaal dat di predikante van di verskillende gemeentes om di jaar moet samekom om di belange van di kerk te behartig.