Dertiinde hoofstuk.
Sewe jare onder di Engelse.
Toestand van di Koloni. - Admiraal Lucas. - Jonker Afrikaner. - Van Jaarsveld. - Klaas Stuurman.
Dit sal ni kwaad wees om, nou di Koloni o'ergaat in di hande van di Engelse, 'n korte beskrywing te gé van wat di Anleg van di Maatskappy onder di Hollanse regering geworde is in byna anderhalwe een.
Met di o'ergaaf val in di hande van di Engelse omtrent 900 kanonne, 35,600 mud koorn en nog 'n menigte rog en gars wat in di pakhuise was, 534 Slawe van di Maatskappy, en natuurlik 'n menigte geld.
Di bevolking gaan moeilik om juis op te gé; mar dit kom tog naasteby hiirop neer.
|
Wit Mense. |
Bedrindes. |
Slawe. |
Hottentots. |
Kaapdistrik |
7,000 |
400 |
13,000 |
5,000 |
Distrik Stellenbosch |
8,000 |
600 |
12,000 |
500 |
Distrik Swellendam |
5,000 |
450 |
5,000 |
2,000 |
Distrik Graaff-Reinet |
5,500 |
350 |
10,000 |
10,200 |
|
_____ |
_____ |
_____ |
_____ |
|
25,500 |
1,800 |
40,000 |
17,700 |
Almal same 85,000.
Di vé word toen geskat op 1,500,000 skape, 300,000 beeste en 60,000 pêrde. Di jaarlikse opgaaf was 9,000 tot 10,000 lè'ers wyn en brandewyn, 150,000 mud koorn en 75,000 mud gars, en nog 'n menigte hawer, rog, miliis, ens.
Di Engelse begin om di Koloni te versterk, want hulle was bang, dat di Hollanders ni tevrede sou wees ni dat hulle di Kaap in besit het. En hulle was reg.