‘Vergadering van den Raad van Politie.’ Hulle tèken toen 'n allerbeleefste geskrif an di Engelse Admiraal, waarin hulle verklaar, dat hulle ni mag toelaat, dat gewapende manskappe an wal kom ni, en versoek daarom om ‘geen volk anders als ongewapend naar land te zenden en in zulke kleine getallen als mogelijk;’ ‘zullende, bij onverhoopten vijandelijken aanval op deze koloni’ - soos hulle verder sê - ‘de vryheid nemen te solliciteren (vra) om ons met de magt, welke Uwe Exc. commandeert, te adsisteren (help).’ Ja, hulle het nog meer toegelaat, namelik, dat di kommadant van di troepe, Generaal Craig, self na Kaap kon kom om mondelings te praat. Hij kom oek 'n paar da'e daarna, met 'n party van syn offisire. Di gesprek het op niks uitgeloop ni.
Mar Craig het di kans waargeneem om hom met di land tussen Simonsbaai en Tafelbaai goed bekend te maak, en di toestand van di Kaap goed af te kyk. En wi weet wat daar wel meer tussen di ho'e here plaas gevind het waar ons ni van weet ni?! Let op later!...
In di byeenkoms het Sluysken ver Craig stellig angesê ‘dat men voorgenomen had de koloni te verdedigen tegen een iegelyk, di daarop een anval mogt ondernemen.’ Dit is met grote beleefdheid gedaan, en di Engelse is as vrinde onthaal geworde. Evenwel verander op di vollende dag al di mooie pratjiis van di Engelse. Dit is geskiid deur 'n Proklamasi wat di Engelse onder di burgers en onder di soldate versprei het. Daarin word mar netjiis gesê dat ‘de Etablissementen en Bezittingen der Hollandsche Oost-Indische Compagnie zullen worden aangemerkt als het eigendom te zyn geworden van Frankryk, en als zoodanig in beslag zullen worden genomen.’ ‘Het Kaapsche Gouwernement en de Burgery worden opgeëischt zich te stellen onder de protectie (beskerming) van Groot Brittanje.’ Net of hulle al di Koloni verower het word mar netjiis di Hollanse troepe angebode om in di Engelse diins o'er te gaan. ‘De particuliere eigendommen zullen worden beschermd, en de ambtenaren voorloopig in hunne bedieningen gelaten.’
Di handelwys van di Engelse kan 'n mens ni anders beskou ni as 'n bepaalde oorlogsverklaring. Di Hollanse Regering het toen oek dadelik verbiid om di Engelse skepe langer van vlees en andere dinge te voorsiin. Di Engelse an di ander kant neem 4 Hollanse skepe, wat in Simonsbaai was, in besit; en twé Amerikaanse skepe wat van Holland af kom met briwe ver di Kaap en Indië het hulle beetgepak en di briwe afgeneem.
Ongelukkig kom dit nou uit, dat di bestuurders di tyd wat hulle gehad het glad ni gebruik het om di Koloni te versterk ni. Had hulle di batterye wat Van de Graaf an Simonsbaai gemaak het in orde gehad, dan kon hulle di Engelse lekker van di wal af gehou het. Mar wat nou? By di eerste anval van di Engelse, laat hulle al di batterye in di steek en di soldate trek terug na di Kaap syn kant toe. Toen kon di Engelse vry land. En toen verder was daar niks as lafhartigheid by di Hollanse kommadante en soldate. Hulle retireer mar gedurig. Mar wi weet wat daar agter sit?!
In di buite-distrikte was di Boere opstandig. Hul sê di ambtenare verraai di Koloni. Dit was oorsaak van 'n groot opstand, veral in Graaff-Reinet en Swellendam, waar Delport en Pisany di Boere opgeroep het om op te trek en di Koloni te gaan verdedig teen di Engelse.
Baai-Fals en Simonsstad is nou al in di mag van di Engelse, en op di 7de Augus trek hulle daar vandaan op teen di kamp van Muisenberg. Di ‘Luitenant-Kolonel’ Delille was daar kommadant van di Hollanse soldate.