Elfde hoofstuk.
Planne van verbetering.
Van De Graaff, - voer di uitspraak van di Maatskappy uit, - bou batterye, - vind teenwerking. - Slegte toestand van di Maatskappy. - V.D. Graaff teruggeroep. - 'n Kommissi benoem. - Sluysken.
Teen di einde van 1783 moes di Maatskappy 'n ander Gouwerneur anstel in di plek van Van Plettenberg. Dit was nog in hulle gedagte hoe min dit geskeel het of hulle was di Koloni kwyt. Daarom het hulle hulle, bes gedaan om 'n man te kry wat di Koloni in 'n beter toestand van verdediging kon breng. Di man was Cornelis Jacob van de Graaff, ‘Luitenant Kolonel Ingenieur ten dienste van den staat, en Controleur-Generaal van de Hollandsche fortificatien.’ Omdat di laaste Gouwerneur geklâ het, dat syn traktement te klein was, besluit di Maatskappy om by di gewone traktement (£1,150), nog net so veul by te gé as ‘extraordinaire gratificatie;’ daarby gé hulle hom nog di belofte, as hy wil terug kom na Holland, dat hy weer as Luitenant Kolonel Ingenieur sal angestel worde.
In di begin van Fewerwari 1785 het hy syn betrekking as Gouwerneur van di Kaap anvaar. Hy was deur en deur 'n knap man en hy het syn bes gedaan om di koloni te verbeter. Mar di arm man het baing moeilikhede gehad.
Eers het hy te doen gehad met di Boere. Hulle was mar nog al di tyd ontevrede. Hy begin toen eers om di onvergenoegdheid weg te neem, en di boere gelyk te gé, vollens di uitspraak van di Maatskappy. Di uitspraak het hy oek mar eers ontvang teen di einde van 1785. Toen was di boere tevrede. Mar nou was di ambtenare weer almal opstandig teen hom, omdat hy ni langer ver hulle di vrye teu'el wil gé, om te maak soos hulle wil ni. Mar daar het hy ni om gegé ni, ofskoon dit gemaak het dat hulle naderhand slegte rapporte van hom na Holland toe gestuur het, soos ons later sal siin.
Mar waar hy hom veral op toegeleg het was, om di koloni te versterk, as daar mag oorlog kom. Daarin het di Kolonel Gordon hom goed gehelp. So het hy dadelik begin om di oue batterije te verbeter en nuwe te bouw an di Tafelbaai en Simonsbaai.
‘Al di nuwighede,’ soos hulle dit genoem het, was mar min na di sin van di ambtenare. En dadelik begin hulle te skrijwe na di Maatskappy in Holland, dat Van de Graaff onnodig 'n menigte geld verkwis. Ongelukkig staan dit toen oek net so sleg met di geld-sake van di Maatskappy, so dat hulle hom ni genoeg geld kon stuur (of wou stuur) ver di nodige, mar kostbare werke wat hy begin het ni. Di woelinge in 1786 en 1787 in Holland maak dit oek ni beter ni.
Van de Graaff syn toestand word al moeiliker. Di Maatskappy was ni voor hom ni, omdat hy te veul geld opmaak; di ambtenare is almal te'en hom, omdat hy di Boere gelijk gegé het; en di koloniste self het hom oek ni genoeg ondersteun ni.