Commandeur de Suffren.
Groot was di ontsteltenis toen di vlagman op Leeukop di morre di sein gé dat daar 14 oorlogskepe in gesig was. Alles was nou in rep en roer. Kort daarna blyk dit, dat dit di Franse skepe was onder Commandeur De Suffren, en di ander dag gaan hij met syn skepe Simonsbaai in. Hulle breng di berig, dat hulle op di 16de April by di eiland Sint-Jago, in Porto-Prayo, 'n Engelse vloot van 6 oorlogskepe en nog 'n party ander skepe ontmoet het. De Sufferen begin so mar te vuur, en dit het 'n hewige geveg afgegé. Van weerskante het hulle groot verliis gely. Een van di grootste Franse skepe het baing gely, twé Franse kapteins, De Frémignou en Cardillac, is geval, sodat hulle bes gedag het om na di Kaap te kom en di Koloni te kom help ver dedig.
De Suffren het dadelik so veul van syn soldate as hy kon mis op land gebreng om di Kaap te verdedig. Oek met ammunisi het hy di Gouwerneur gehelp. So dat Tafelbaai en Simonsbaai albei klaar was ver di Engelse. Mar daar word ni van di Engelse weer gehoor ni vóór di eerste van di vollende maand, omdat hulle eers di skade wat hulle gely het, weer moes verhelp.
Op di 21ste Juli verskyn in di gesig van Saldanhabaai 30 Engelse skepe, wat al reeds bekend was met hulle gesteldheid. Di skip ‘De Held Woltemade’ met 276 man was oek van Tafelbaai af ver veiligheid daarnatoe gestuur; mar met las om teen di einde van Juni daarvandaan na Ceylon te seil. Op di 28ste Juni seil di skip uit en 'n paar da'e daarna raak hulle onverwags in di middel van di Engelse skepe, en natuurlik in hulle mag. Op di maniir hoor Johnstone toen hoeveul Hollanse skepe daar in Saldanhabaai was met 'n menigte goed, en ongewapend. Dit was 'n flukse buit, en dadelik gaan hy daarnatoe! Op di 21 ste Juli kom Johnston met di Franse vlag di baai in Natuurlik di Hollanse skepe is gerus, want hulle denk gen kwaad van di Franse ni. Soos Jonstone na genoeg was set hy de Engelse op en ne[e]m al di skepe, sonder moeite. Di Hollanders wou nog in di haastigheid perbeer om di skepe op strand te breng en an brand te steek. Mar daar was gen tyd ni. Hulle moes so alles in di steek laat en vlug te voet, na di Kaap toe. En so val di skepe en alles in di hande van di Engelse.
Dus siin ons dat di Engelse van di vroegste tye al skelms was.
Dit was natuurlik 'n geweldige opskudding toen di tyding an di Kaap kom. Van Plettenberg kommandeer dadelik al di weerbare manne op, en di laaste man trek op. Saam met di Franse soldate was daar an di Kaap en Simonsbaai nagenog 3,000 man onder di wapens. Sware noord-weste-wind, ver enige da'e, breng di Hollanders op di gedagte dat di Engelse skepe sé-in, en vertrokke was, en dat di gevaar nou verby is. Op di 10de Augus word di gewap nde koloniste almal huis-toe gestuur. Party was oek al 'n bitji ontevrede om langer van huis af te bly omdat di gevaar nou verby was, en hulle beloof om enig dag klaar te wees as hulle weer opgekommandeer word. Toen di end van Agustus vertrek di Franse skepe oek na Mauritius en Ceylon.