(4) | Dan vraag hulle nog in di klagte om 'n drukpers, of ten minste om kopy van di Hollanse wette, so dat hulle self kan siin wat di wet is. |
Di Kaapse Gouwerneur het alles gedoen wat hy kan om di vertrek van di viir afgesante op te hou. Mar meer kon hulle oek ni doen in. Op di 16de October 1779 word di memori van klagtes, met 'n menigte verklarings en bewyse, deur di viir afgesante by di ‘Kamer van Zeventien’ ingediin. Dadelik word di stukke tot verantwoording na di Gouwerneur en syn Raad an di Kaap gestuur.
Pas het di regering di klagtes ontvang, of hulle begin di ondertekenaars te vervolge. Dit was di oorsaak van nuwe klagtes, wat dadelik weer beskrywe en na Holland gestuur word. Twé soldate, Bramerloo en Wiekert, het hulle veral gou vervolg. Di twè was juis in di diins van di boere, en omdat hulle goed kon skrywe, het hulle di boere gehelp om nuwe verklarings op te stel. Dit word bekend. Hulle werd gepak en dadelik na Batawië gestuur.
Di vorige memori van klagtes het nog di Gouwerneur ontsiin, maar di nuwe spaar ver Van Plettenberg ni. Hy word beskuldig, dat hy syn andeel gehad het in al di onwettige winste. Dan word vertel dat hy ver hom 'n huis laat bou het, di boustof en ambagtsmans almal van di maatskappy, en dat hy di huis toen verkoop het ver £4.050. En nog 'n menigte ander klagtes teen di ambtenare. Di memori word in April 1782 aan di ‘Bewindhebbers’ van di maatskappy voorgelê.
Dit duur ni lank ni of daar is al weer 'n nuwe klagte en 'n nuwe memori word geteken. Dit was op di 14de Desember 1784, en vernamelik teen di nuwe Independent Fiskaal J.J. Serrurier, Boers syn opvolger. Di klagte kan ons mar stil verbygaan, omdat daar niks nuws in is ni; dis mar weer di ei'enste ou klagtes o'er.
Di antwoord van Van Plettenberg en Boers op di eerste klagte, met 'n menigte teen-verklarings, word opgestel in Maart en April 1781. Eers in Februari 1782 werd di antwoord van Fiskaal Boers, en in Augustus, 1782, di van Van Plettenberg deur di maatskappy ontvang Net so lanksaam het dit in Holland gegaan om di saak af te handel. Eers in Juli 1783 word di saak uitgemaak.
In hulle antwoord wou di ambtenare di klagtes 'n bitji versag. Byvoorbeeld, hulle het handel gedrywe - dit kon hulle ni ontken ni - mar hulle moes dit doen omdat hulle te min traktement kry. Hulle het plase en boerdery - ja, dit is waar - mar dit was ver ei'e gebruik. Hulle het wat o'er was an di Maatskappy verkoop - dit erken hulle - mar wat sou hulle anders daarmé doen. En so meer.
Dit uitspraak van di Maatskappy het so lank uitgebly, dat 'n heel party van di ambtenare wat angeklaag was, al uit di diins was. Selfs di Gouwerneur het al nou syn ontslag gevra, en erken dat hy ni in staat was om di sake reg te kry ni. Hy het dit egter syn plig gereken, terwyl daar in Europa in di tyd oorlog was, om op syn pos te bly, tot di Maatskappy hom ontslaan.
Di beslissing van di Maatskappy op di klagtes, met al wat daarby behoor, was geteken di 28ste Juli 1785. Daarin word bepaal, dat nimand wat in diins van di Maatskappy is plase mag hê, of hull[e] met enig soort van boerdery mag bemoei, of enig iits an di Maatskappy mag verkoop ni. Om kort te gaan, in