Dan volg di twede klas, of ‘Onderkoopmans.’ Di was 'n heel party gewees, bestaande uit dertig offisire, waaronder was di Sekretaris van di Geregshof, Luitenants van di Leger, di Rekenmeester, Assistent-Fiskaal, di lede van di Munisipaliteit, di Kommandante van di staande krygsmag, di predikant en di landroste van Stellenbos en Swellendam. Di twé was toen di ho'ere klasse. Daar was verder 9,000 wit mense en 8,000 slawe. So dat 'n klein klompi mar onder di ho'ere klasse behoor het.
Artikel 4 van di ‘Pracht en Praal Regulaties’ sê, dat elkeen, sonder onderskeid, syn rytuig moet stil hou en moet uitklim as hy di Gouwerneur siin ankom; en dat elkeen moet op sy draai as daar 'n rytuig van e[e]n van di lede van di Staatsraad moet passeer.
Artikel 6 laat toe dat 'n Onderkoopman, en di van di Boere wat net so hoog is, en di vrouens en dogters van di wat in di een of ander Raad is, of was, sambreels kan gebruik; mar gen ander man of vrou durf dit dra ni.
Artikel 7 verbiid dat 'n man wat la'er is as 'n Koopman, met 'n oop sambreel in di kasteel mag inkom. Ver di vrouens apart word verbiid, dat gen vrou, la'er as di vrou van 'n Onderkoopman, of wat onder di Boere gelyk met hulle is, mag sy-klere, met sy-bryding of borduursel, dra ni, oek ni diamante of edelgesteente ni. En ofschoon di Onderkoopmans hulle vronens dit mag dra, hulle dogters mag hulle dit daarom ni laat dra ni. Al di vrouens, getrouwd of ongetrouwd, in di rouw of uit di rouw, word belet om 'n trein te dra, op straf van 25 riksdaalders (£1 17s. 6d.) boete. Dan word nog verder beskrywe hoeveul bediindes en perde elke klas mag hê; di klere ver al di klasse, vernamelik ver bruids en hulle vrinde op bruilofte, en so voorts.
Met al di wette (wat in onse da'e ongerymd genoem word) was di mense in di tyd tevrede en gelukkig. Ja, hulle was so voldaan daarmé, dat hulle di tyd nog lank genoem het ‘di gou'e een van di Kaap-Koloni,’ en in di einde van di vorige eeuw het di ou mense nog altyd met voldoening gepraat van di geluk en di voorregte onder Gouwerneur Tulbagh syn vaderlike regéring.
Dit was wel te wens dat daar 'n bitji meer van di eenvoudigheid, en nedrigheid, en opregtheid van di oue mense by hulle kinders gebly het. Di mode is nou di god van onse een. En let mar op, net so vêr as di sogenoemde beskawing en di modes ingedring het in ons land, vlug di ou nedrigheid en gasvryheid en liifde onder di mense weg. Di dinge kan ni saam gaan ni.
Gouwerneur Tulbagh het dan oek werkelik nut gedoen met di wet. Want menige boer het al begin om ver hom 'n mooi huis te bou, pragtige huisraad te koop, en 'n menigte slawe te hou. Party het seker 'n bitji te vêr gegaan, en toen in 1756 en 1757 di sware droogte kom, moes 'n menigte wat ver ryk deurgegaan het hulle plase en huisraad en slawe en alles verkoop. Onder di omstandighede het Tulbagh hom regte bemind gemaak onder di mense. 'n Menigte wat sonder hulle ei'e skuld in moeilikheid gekom het, het hy gehelp met geld te gé, en op ander manire.
Ver di belange van di Maatskappy het hy oek goed gesorg. Om di kopermyne, wat in Van der Stell syn tyd ontdek is, nader te ondersoek, het hy 'n geselskap uitgestuur van 17 wit mense, en 68 Hottentotte, met 15 wa'ens, ider met 10 osse, dan nog los osse, ryperde, skape, ens. Di tog was onder di leiding van Hendrik Hop, en het geduur van 16 April 1761 tot 27 Juli 1762. Hulle moes oek di landkaart verbeter; daarvoor is di landmeter Karel Fr.