God, om daar rekenskap te gè van myn siil en di sile van myn vrinde!’ Toen draai hy hom na di laksman toe en sê: ‘Nou, in Gods naam!’ En kort daarna hang hy dood an di galg. Mar syn laaste woorde het almal laat béwe.
Di strafoefening is nou verby. Almal keer te rug na di stad. Di lede van di Raad gaat, na gewoonte, na di Gouwerneur om ver hom te vertel dat di straf voltrokke is. Toen hulle daar kom, sit hy in syn leuningstoel an di end van di kamer, waar hy altyd sulke besoeke ontvang. Hulle kom in, en wat sal hulle siin? Daar sit di Gouwerneur dood in syn stoel! Syn gesig is so vreselik, dat hulle hom ni kon ankyk ni.
Toen di gerug in di kasteel rondgaan, wou nimand dit eers glo ni. Een uur voor di tyd het hulle nog di Gouwerneur fris en gesond gesiin rondloop. En nou is syn siil voor God om rekenskap te gé van syn dade.
Di Raad gaan toen na di huis van La Fontaine om planne te maak, wat nou di beste te doen,
Een van di ander gevangene, Winkelman, hoor toen skré: ‘Di Gouwerneur is dood!’ en hy skré toen oek: ‘Geen nood! Noodt is dood!’ Dit was 'n téken ver di ander gevangene; hulle begin toen almal te skré: ‘Geen nood! Noodt is dood!’ Ja om dit so uit te druk, al wat kon roep, skré uit. Idereen was bly dat di wreedaard dood was.
Toen di Raad enigsins tot hulle selwers gekom was, en di saak in o' erweging geneem het, het hulle 'n geméne doodkis laat maak, en in di Gouwerneur syn huis gebreng, en syn slawe georder om di lyk daarin te sit net soos dit was. Di nag om 12 uur word daar 'n kleine deur van di kasteel wat in di ope veld uitkom, oopgemaak, en di slawe moes di lyk gaan begrawe op di plek wat ver hulle angewys word. Hulle word belet, en met di dood gedreig, dat hulle nooit an enig een mag vertel waar di lyk begrawe is ni. So is di saak verborge gebly, en dis mar 'n gissing, dat hy begrawe is op Pêrdeëiland ('n klein eilandtji in di Tafelbaai, naby di mond van Soutriviir).
Daarna moes di Timmermans 'n deftige kis maak van Indise hout, en soos dit klaar was, het hulle 'n prachtige begrafenis gehou met 'n lege kis. Mar gen mens het dit geweet ni, as net di Raad en di slawe. Naderhand toen dit uitkom, dat dit 'n lege kis is wat hulle begrawe het, sê di mense, dat di duiwel syn lyk uit di kis gehaal het; want hulle het van di eintlike begrawing niks geweet ni. Met di grootste eer word di lege kis in di kerk begrawe, onder gelui van klokke en gebulder van kanonne.
In di Museum an di Kaap kan 'n mens non nog di leuningstoel siin waarin Gouwerneur Noodt an syn einde gekom het.
So word di geskiedenis van Noodt verhaal in di meeste boeke, mar latere skrywers, soos mnr. Theal, beskou dit ver ni waar ni.