Willem van der Stell, 1669-1706.
Simon Van der Stell het bedank in 1699, en het toen stil gaan lewe op 'n plaag naby Rondebos en syn seun Willem Adriaan Van der Stell kom toen in syn plaas. Hy was ni nes syn vader ni. Hy het di arme boere baing onderdruk. Hy wou mar net ver hom self verryk. Gen wonder dat di boere opstandig geworde het ni. Hulle was vroeger altyd onderworpe an di Gouwerneurs, so dat di met hulle maak net soos hulle wil. Mar di jonge Van der Stell het dit tog 'n bitji al te erg gemaak.
Di Boere het wel di naam gehad van ‘Vrye Burgers,’ mar in di daad was hulle slawe van di Gouwerneur en syn raad. Dis waar, daar was kamma so'n wet dat di Boere kan kla'e by di Gouwerneur-Generaal in Indië; mar dit kon hulle nooit doen sonder kennis van di Gouwerneur an di Kaap ni. En kom hy dit agter, dan kan hulle mar sê, hulle kry swaar da'e; hy vervolg hulle so vêr as hy kan en reg kry hulle nooit. Mar laat ons mar eenkeer vertel di opstand van di da'e, dan kan ons daaruit genoeg siin hoe dit in di tyd gegaan het.
In 1705 het di Boere 'n klagte opgemaak teen di jonge Van der Stell, en dit gestuur na di Gouwerneur-Generaal in Batawië en na di ‘Kamer van Zeventienen’ in Holland. Di Boere was toen 450 in getal, en in treurige toestand. Hulle mag ni handel ni, en moes hulle goed an di Maatskappy verkoop, en dit ver di prys wat di Gouwerneur bepaal. En dan moes hulle ansiin dat di Gouwerneur en syn vrinde en gunstelinge, teen di wet van di Maatskappy, sulke grote boerderye anlê dat di arme Boere naderhand niks van hulle goed kon verkoop ni. Di klagte wat hulle na Holland toe gestuur het begin op di maniir:-
‘Verdruk deur di grootste gebrek en elende, neem ons, in alle onderdanigheid, di vrijheid om ons regvêrdige klagte voor u, Hoogedele te breng; en ons word daartoe nog meer gedwing, omdat ons, deur di onregvêrdigheid en vêrgaande wreedheid van di Gouwerneur, W.A. van der Stell, ni alleen gruwelik verdruk, mar net as slawe behandel word; en terwijl ons vrij gebore mense en onderdane van u, Hoogédele, is, so is dit gemakkelik te begrijp dat so'n behandeling ver ons dubbel hard val om te dra. Ons het daarom beslote om voor u. Hoogedele, di vollende klagte te breng.’
Dan gaat hulle an om te vertel hoe di Gouwerneur te'en di wet grote en kosbare stukke grond ver hom toe'eien, en op publike onkoste laat bewerk; so groot dat 50 Boere daar op sou kan lewe. Op syn grond staat 400,000 wingerdstokke, en hy het 800 beeste en 10,000 skape. Sestig man wat deur di Maatskappy betaal word moet ver hom werk, en nog 100 slawe van di Maatskappy moet ver hulle help, en syn wa'ens en ploe'e, ens. word gemaak van di Maatskappy syn yster en di houtwerk word uit di bosse van di Maatskappy gekap. Hy het 15 poste ver zijn vè en al di beste wei neem hij ver hom. Dan beskrywe hulle di maniir waarop hy syn vè anskaf:
‘Di Gouwerneur, en syn broer Frans, di predikant, Petrus Kalden, en ander dinaars van di Maatskappy, was di eerste wat begin te handel het in vè; en dit het hulle op 'n onderduims maniir begin sonder dat imand daarvan geweet het. Om vé te kry het hulle 'n heel party gewapende mense, met kruid en lood uitgestuur, en di het hiir en daar vè geruil en op ander plekke met geweld afgeneem van di nasiis, so dat hulle met 'n groot trop vè teruggekom het. Hulle het oek op gemène manire vé afgeset van di Boere, ens. Dit het di