het di Boere jare lank gekwel. In 1671 het Gonnema met syn volk reeds twé Boere vermoor. Kort daarna steel hulle al di vé van 'n arme Boer weg, en in November 1672 neem hulle weer al di goed af van dri Boere wat gaan sekoeie skiit het in di Bergriviir, en eindelik het hulle 8 man omsingel om di te vermoor. Di Gouwerneur Goske stuur toen ver Luitenant Kroese met 36 man om hulle te gaan verlos; mar toen hulle daar kom was dit al te laat.
Di Gouwerneur kry naderhand weer di tyding, op di 14de Juli, 1673, dat di Hottentots weer 4 man vermoor het, en hy stuur nog 18 man te pêrd om ver Kroese te gaan help. Soos ons kan verwag, di Hottentots vlug; mar 4 van Gonnema syn volk, en 800 beeste en 900 skape kry hulle in di hande.
In Maart 1674 moes di Gouwerneur al weer 'n kommande uitstuur teen Gonnema om hom te straf. Mar nou was di kommande 'n bitji sterker: 50 soldate, 50 Boere, en 250 mak Hottentots. Toen het hulle hom dedelik di les gelees; het hom vêr weggedrywe, en ruim 800 beeste en omtrent 4,000 skape afgeneem.
In November 1675 kom hy waarlik weer; mar nou val hy di mak Hottentots an wat ver di Boere gehelp het di vorige keer, vermoor 'n heel party van hulle, en neem 'n menigte van hulle vè af. 'n Kommande soldate, te pêrd en te voet, word agterna gestuur; mar kon hulle ni kry ni.
In Maart 1676, is weer dri Boere vermoor deur di Hottentots. Di Gouwerneur stuur weer 'n trop soldate onder Luitenant Kroese; mar soos gewoonlik keer hulle onverrigter sake terug. Want di soldate gé daar mar bloed weinig om hoe di Hottentots met di Boere werk. Mar beeste en skape het hulle gedurig van di Hottentots afgeneem, so dat hulle al armer word. Op di derde Juni, 1677, stuur Gonnema afgesante om di Gouwerneur om vrede te kom vra. Di 25ste van di maand is daar toen 'n vredestraktaat gesluit tussen di Hollanders en di Hottentots, waarin bepaal word dat Gonnema ver di Gouwerment om ekskuus moet vra, en verder al jare 'n belasting moet betaal van 30 beste.
Om op di belofte van sulke kerels as Gonnema staat te maak, sou gekheid gewees hê. Dit het di Gouwerneur oek gou moet ondervinde in di betaling van di beeste. 'n Engelsman, soos Dr. Philips in syn boek: ‘Onderzoekingen in Zuid Afrika,’ mag di deugde van di Hottentots, en daaaronder veral hulle liefde ver di waarheid, prys so veul as hy mar wil, ons wat da'eliks met hulle omgaan weet van beter.
Dat di Maatskappy alles gedaan het om mar in vrindskap met di Hottentots te lewe, kan nimand betwis ni; mar dat daar oek wel 'n enkelde maal wreedheid gepleeg is, kan ons ni voor stry ni. Di vyandskap was an weerskante mar groot. Gen patrolji van 12 man kon 20 myle vêr gaan, sonder deur di Hottentots gemolesteer te worde ni. En tog as 'n wit man 'n Hottentot mishandel het, en dit kom voor di Gouwerneur, dan kry hy 'n swaar straf. Ons kry in di regsboeke van di da'e verskeie voorbeelde daarvan. Eèn sal ons mar anhaal om te laat siin. 'n Hollander, Willems was syn naam, het 'n Hottentot doodgeskiit, soos hy sê, per ongeluk. Hy vlug toen uit di Koloni na Holland toe. Daar kry hy pardon, en kom toen weer na di Koloni toe. Hy het gedog hy was nou vry. Mar ja wel, wi sê so? Onse ou maat word opgepak net soos hy ankom en na Robben Eiland gestuur, en naderhand weer daar vandaan af na Mauritius getransporteer.
Sommige skrywers o'er di Koloni, veral Engelse, het di Hollanders beskuldig dat hulle di Hottentots uitgeroei het. Mar dit is pure leuens. Di grootste