Grondverkoop.
Toen di maatskappy hoor dat di Hottentots ontevrede is o'er hulle grond, gé hulle las om 'n stuk grond te koop, so dat hulle hiir 'n vaste eiendom het. In 1672 het hulle toen di Kaapse distrik gekoop van Kaptein Schacher, van Leeuwkop tot an Saldanha Baai; en kort daarna weer di distrik van Hottentots Holland van Kaptein Dhouw. So het di Hollanders op laas vaste eiendom an di Kaap gehad; toen kon hulle vry werk en boer en handel. Ver elk een van di kapiteins het hulle £800 belowe, mar hulle het skaars £10 an klerasi ontvang.
In di tyd van Van Riebeek word oek poginge gedaan om di land te ondek, want hulle was mar net so vér as Tafelberg bekend met di Suid-deel van Afrika.
So word Jan Wintervogel in 1655 uitgestuur ver 'n ondekkings tog. Hy het 3 weke weg gebly en mar min uitgevoer
In 1657 het Abraham Gabbema di Paarl berg, Drakenstein en andere plekke in di nabyheid ondek.
Op laas het di maatskappy ver Van Riebeek syn ontslag gegé, en in 1662 is hy van di Kaap na Batavia gegaan. Hy was 'n vroom en deugsaam man en onder al di teenspoed verdiin hy tog di eer van Stigter van di Kaap Koloni. Tien jare was hy hiir, van 1652 tot 1662. Toen hy hiir gekom het was hiir niks. Nou is hiir 'n Kasteel, huise, tuine, en plase. Di Anleg is 'n Koloni geworde.