De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk
(1895)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina 7]
| |||||
Derde hoofstuk.
| |||||
Di Hottentots en Boesmans.Soos ons almal weet, hiir woon 'n menigte nasiis. Ons kan ni almal apart beskrywe ni. Dan word ons boek te groot. Mar al di nasiis kan ons in 2 soorte verdeel:-
Twe van di eerste Sendelinge wat hiir onder di nasiis kom werk het was twe Hollanders, Van der Kemp en Kicherer. Hulle het hiir gekom in 1799. Van der Kemp het onder di Kaffers en Kicherer onder di Hottentots en Boesmans gaan arbei. Hulle twé het di twe soorte van nasiis beskrywe, soos hulle in di tyd gewees het. Hulle boeke is ni oral te kry ni; daarom sal ons so kort als molik is vertel wat hulle van di nasiis sê. Kicherer skrywe van di Hottentots en Boesmans in syn ‘Berichten,’ bl. 24-29:- ‘Hulle weet ni van onse liwe Hére ni, en hulle het gaar gen godsdiins ni. Mar hulle glo in di Hottentotsgod (mantis.) Hulle geloof is, als hulle hom kry, dan is dit 'n goeje teken; mar als hulle hom doodmaak, dan breng dit 'n ongeluk o'er hulle. Hulle glo in 'n soort van bose gees oek, en hulle denk dat hy di oorsaak is van al di kwaad en di siiktes wat daar op di wêreld is. En as een van hulle siik word, dan het hulle to'erdokters, di begin dan te slaan en te raas en lawaai te maak, ver ure lank, om di bose gees weg te ja. Hulle geaardheid is mar ellendig en liderlik. Hulle smeer hulle lyf met vet en gaan dan in di son lê. Hulle was ver hulle nooit ni. Nou kan 'n mens self begryp hoe smerig hulle naderhand lyk. Huise maak hulle ni Hulle grawe somar gate in di grond, omtrent 3 voet diip, met so 'n walletji | |||||
[pagina 8]
| |||||
ro ndom, entrek dan mattjiis daaro'er; dan lê hulle daaronder soos varkes. Hulle is vreselik lui. Net mar di honger alleen kan ver hulle uitja uit hulle gate uit. Hulle bly liwers da'e sonder kos, as om moeite te doen daarvoor. Di Boesmans lewe meeste van jag. Hulle skiit di wild met gifpyle Di gif haal hulle uit slangkoppe, en smeer dit an di punt van di pyle. Dan bekruip hulle di wild agter di bossiis. En as dit kaalveld is, dan binde hulle bossiis op hulle kop om di wild te betrek. En hulle skiit mar net lekker met 'n pyl oek. Op 100 tré vêr kan 'n bok maar sê, dis 'n geluk as hy vry kom. As di pyl hom mar effentjiis raak, dan is hy in di hand. Hy sal ni te vêr loop ni. Di gif lat hom netnou neerslaan. Dan sny hulle di stuk uit, wat di pyl in sit, en di ander eet hulle op. Hulle kan amper net so vinnig loop as 'n pêrd. As hulle ni wild kan kry ni, dan eet hulle slange, muise, en al sulke goed. Baro, uintjiis en wortels grawe hulle uit di grond uit om te eet. Hulle lewe mar sleg onder makaar. Di mans het heel party vrouens. Mar ware liifde ken hulle ni. Ver hulle kinders sorre hulle mar min en bestraf ver hulle nooit ni. Mar as hulle di dag kwaad is, pas op! dan slaat hulle somar di kinders dood. As hulle rusi kry onder makaar, dan moet di kinders van di ander dit vergelde. Dis ver 'n Boesman mar niks om jou kind dood te slaan as hy ver jou kwaad is en hy siin ni kans om ver jou te wen ni. Partykeer as 'n leeu voor di kraal staan en brul, dan gooi hulle ver hom 'n kind uit om op te vreet. Dan gaat hy weg. Soos di kinders kan kruip, dan hou di moeders op om ver hulle te sorre. Di Boesmans trek baing rond agter di wild an. As hulle nou wegtrek van 'n plek af, dan lat hulle di ou mense wat ni kan saamtrek ni, somar agterbly met 'n stuk vlys en 'n vo'elstruiseierdop vol water. As dit op is, dan moet hulle mar van honger sterwe, of anders vreet di wilde dire hulle op.’ Dit vertel Kicherer van di Boesmans. En hy het seker niks bygemaak ni. Want hy het lank met di nasi omgegaan en perbeer om ver hulle reg te breng. En hiiruit kan 'n mens siin hoe onmenselik hulle is.Ga naar voetnoot* | |||||
[pagina 9]
| |||||
Di Boesmans was mar 'n arme ongelukkige volk. Omdat hulle nes wilde dire lewe van steel en rowe was di Boere meer as eens verplig om hulle te straf. As hulle onder 'n Boer syn vé kom, dan maak hulle nes di tiers. Hulle vang ni één bees of één skaap en eet hom op ni. Né, al wat hulle kry maak hulle dood. Wat hulle kan opeet eet hulle op, en di o'erskiit lat hulle somar lê. Dit het gemaak dat di Boere hulle baing doodgeskiit het. Want hulle kon ni anders maak ni. In di hande kan 'n mens hulle ni kry om hulle te straf ni. Hulle skiit te geweldig met di gifpyle. En dan lê hulle agter di klippers en in di bossiis en soos di Boer syn vé kom soek dan skiit hulle hom dood met di gifpyle. Hoe wou di Boere nou anders maak? Mar di Kaffers het eintlik ver hulle amper uitgeroei. As hulle di Kaffers syn vé steel, dan omsingel di Kaffers so'n kraal en slaat somar almal, met vrou'ens en kinders, met knopkiriis dood nes honde. Op di maniir is di Boesmans al amper heeltemaal uitgeroei. Party is mak by di Boere. Party het deurmakaar geraak met ander stamme. Mar apart, soos eers, kry 'n mens hulle amper ni meer ni. Di Hottentots is oek byna almal mak by di Boere. Korannas en NamakwasGa naar voetnoot* is daar nog 'n menigte wild. Daar is daarom nou al sendelinge onder hulle oek. | |||||
Di Kaffers.Di Kaffers is meer menselik as di Boesmans. Hulle is wel swarter van kleur, mar hulle is groter van lyf en beter geskape. Hulle lewensaard is oek ni so beestelik as di Boesmans syn ni. Van der Kemp, di eerste sendeling wat onder di kaffers ingegaan het, het 'n lange beskrywing gegé van hulle geaardheid en manire, in di ‘Gedenkschriften van het Nederl. Zendelinggenootschap, tweede deel.’ So een en ander, wat nou di belangrikste is, sal ons daaruit o'erneem:- ‘Godsdiins het di Kaffers ni; mar des te meer bygelowigheid. To'ery is regte algemeen onder hulle. Hulle het 'n menigte to'erdokters. As 'n koning of 'n kaptein siik is, dan moet di to'erdokter kom. Dan word altyd vertel: “Di of di het hom geto'er.” En di arme man kom ni vry ni. Hy word dood gemaak, of hy daarvan weet of ni. Partykeer goi hulle hom met asgaaie dood. Partykeer skeur hulle 'n boomstam oop, en buig dit na weerskante toe om, en sit di man in di mik; dan laat hulle weerskante los, dat di boom hom dooddruk in di middel. | |||||
[pagina 10]
| |||||
Di to'erdokters haal partykeer konsuis klippiis, of beentjiis, of slange, ens, uit di sike syn lyf uit. Partykeer jaag hulle kamma, met di asgaai in di hand, agter di duiwel an wat hulle uit di sike uit gejaag het, o'er berge en dale. As hulle di duiwel kan inhaal dan word di sike gesond; as hulle hom ni kan kry ni, dan gaat di sike dood. Hulle begrawe ni di dooi'e ni, maar goi di lyke ver di wolwe. Net mar di koning word begrawe as hy sterwe. As een gevaarlik siik is, dan gaat hulle hom in di veld weggooi. As hy altemit weer terugkom en hy word ni gesond ni, dan doet hulle dit weer, partykeer tot 3 mal toe, tot hy dood is. Dit lyk of hulle bang is dat so 'n sike di ander sal ansteek. Net so maak hulle as een wil versuip, dan hardloop hulle weg of goi hom met klippers. As 'n vrou [i]n barensnood is, dan loop hulle oek almal weg, in plaas van ver haar te help. Di kaffers besny hulle kinders soos hulle 12 of 14 jaar oud is. Hulle het 'n heelparty seremoniis daarby. Na di besnydenis word hulle héle lyf wit geverwe, dan word hulle in di rivier gejaag om ver hulle skoon te was. Di ou klere word dan weggegoi en nuwe angetrek. Dit lyk of dit moet beteken, dat hulle nou nuwe mense geworde het met di besnydenis. Vrouens koop hulle ver vé. Mar hulle mag haar ni weer verkoop ni. Veelwyvery is algemeen onder hulle. Di gewone kaffers het 2 of 3 vrouens; maar di kapteins het meer. Hulle lewe van hulle vé en van jag. Geld het hulle ni: hulle ruil mar o'er en weer. Sout gebruik hulle ni. Hulle smeer di vlys met koeimis en smyt dit dan in di vuur om te braai. Vuur vrywe hulle uit di hout uit. 'n Plat stuk hout lê hulle op di grond neer, maak daar 'n kleine gaatji in, en 'n dun stokki sit hulle regop daarin en vrywe dit tussen hulle hande, tot di hout waar dit op makaar vrywe naderhand warm worde en an brand raak. Di vrouens moet al di werk doen. Di mans is te lui om te werk. Koeie melk, jag, en oorlog maak, is al wat di mans doen.’ So veul nou van Van der Kemp. Met di kaffers is dit ni nes met di Boesmans gegaan ni. Hulle is nou nog 'n sterk volk en 'n menigte stamme. Sendelinge is al onder party stamme en party van hulle is al ordentelik beskaaf. Mar daar is daarom nog 'n menigte wat ni van onse liwe Here weet ni. En dis te wens, dat di Christendom wat hiir in Afrika is nes 'n suurdeeg in di middel van di meel (Mat. xiii:33), mag deur trek, totdat al di nasiis wat rondom ons woon di Here Jesus leer ken en liifhê. Daarvan sal ons later meer sê as ons vertel van di sendelinge. |
|