Twede hoofstuk.
Di anleg van di maatskappy.
Ankoms van Van Riebeek. - Proklamasi. - Kasteel. - Tuine. - Dagboek. - Teenspoed en Voorspoed. - Herry.
Di regeering van Van Riebeek an di Kaap begin eintlik op di 9de April 1652. Want op di dag het hy 'n proklamasi uitgeskrywe, waarin hy besit neem van di land ver di maatskappy en 'n party wette vasstel. Een van di wette was, om met di nasiis in vrede te lewe. Hy het daarin di Hollanders angesê om ver twe dinge op te pas. An di een kant moet hulle oplet dat di nasiis ni hulle goed steel ni. As dit gebeur, dan sal hy ver hulle straf, ni ver di volk wat steel ni. An di ander kant moet hulle di nasiis ni sleg behandel ni. Hy sê daarvan:-
‘Ende zoo wie derhalve ymand van de Inwoonders qualyck bejegent, slaet off stoot, 'tzy hy gelyck off ongelyck heeft, zal in 't aenzien van dezelve met 50 slagen gelaerst worden, opdat zy luyden daeraen mogen bespeuren sulcx tegen onzen wil, en dat wij genegen zijn, omme met haer in alle minne ende vriendelyckheyt te corresponderen, volgenst den last en de oogmercq van onze heeren principalen,’
Om nog verder alle onenigheid voor te kom, het hy syn volk belet om met di nasiis te handel, buiten syn orders.
Op di deselde dag, toen hy di proklamasi uitgeskrywe het, het hulle somar met di werk oek begin, Hulle was regte ywerig. Di eerste het hulle 'n houthuis gemaak om vereers in te woon en di gereedskap in te berre. Toen begin hulle di kasteel te bou an di Soutriviir. So het hulle toen di riviir genoem wat di Kaapse mense nou gebruik ver drinkwater. Di kasteel het hulle gemaak omtrent op di plek waar di kasteel nou staan, groot genoeg om 70 of 80 man in te laat woon. Toen dit klaar was het hulle begin tuine an te lê en vé an te teel. En daar was regte mooi kans oek; want di grond was vrugbaar ver tuine en di veld was goed ver vé.
Mar di koloni het daarom ni gou vooruit gekom ni. Di eerste tyd het dit mar amper gebly soos dit was. En naderhand het party (soos Regter Watermeyer in syn voorlesings) di skuld op di Hollanders gepak, dat hulle dit ni goed bestiir het ni. Mar hulle het vergeet, dat di Hollanders ni hiir gekom het om 'n koloni te kom stig ni. Hulle plan was mar, soos ons al gesê het om hiir 'n anleg te maak, dat di skepe hiir kan krij wat hulle nodig het. Dis dan oek ni di Hollanse regering wat ver Van Riebeek hiernatoe gestuur het ni; mar di Oost-Indise Compagnié. En dat dit mar di plan van di maatskappy was, dit kan 'n mens gemakkelik siin uit di orders wat hulle ver Van Riebeek gegé het.
Van Riebeek het van di dag af toen hy hiir gekom het 'n Dagboek gehou van alles wat gebeur. Ons sal dikwils uit di dagboek anhaal, want 'n mens kan gaan op wat hy geskrywe het. Op 13 April, 1652, het hulle, soos in di dagboek staan, 'n koei en 'n kalf gekoop van di Hottentots ver 4 plat stukke koper en 3 stukke koperdraad, albei 3 voet lank. Op di vollende Sondag het hulle godsdiins gehou en verder al Sonda 'e.