De vruchten mijner werkzaamheden. Deel 1
(1943)–Marten Douwes Teenstra– Auteursrecht onbekend
[pagina XXIX]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
Taalkundige beskouing oor Teenstra se Afrikaanse samespraak.In sy sesde brief het Teenstra getrag om 'n beeld te gee in die vorm van 'n samespraak van die vervormde Hollands wat hier aan die Kaap gepraat word, en hy sluit die gesprek met 'n paar taalkundige opmerkings. Alhoewel sy gesels plaasvind met 'n Caledonse boer en eggenote, maak hy geen onderskeid tussen die taal gesproke deur die beskaafde Afrikaner van die Hoofstad en die van die Boer in die buitedistrikte nie, 'n verskil wat volgens die getuienis van 'n tyd- en landgenoot daar wel bestaan het en wat Teenstra deur sy opeenvolgende aanraking met eers die steedse en toe die landelike bevolking sou kon opgemerk het. Die Hollander Swaving wat twee jaar na Teenstra in Desember 1827 hier aangekom het, skyn indirek so 'n indeling te maak. Hy skaar die boereafrikaans by die van die kleurling. In sy ‘Zonderlinge Ontmoetingen’Ga naar eind1 sê hy o.a. ‘Eene andere nog veel grootere aanwinst bestond in het kennis maken met dat soort van bastaard Hollandsch, hetwelk hier te lande, onder den boerenen slavenstand, als ook onder de Hottentotten en allerlei andere vrije Heidensche volksstammen gesproken wordt, en welke zelfs den meer beschaafden der christelijke en voorname volksklasse niet geheel en al oneigen is, met uitzondering echter van de zulken, die in Nederland geboren of opgevoed worden’. Swaving het hom hier gevestig, was Beëdigde Vertaler aan die Geregshof en leraar in Frans aan die Zuid-Afrikaansche Athenaeum en dus beter bevoegd en in die geleentheid om waarnemings te maak as Teenstra wat hier maar 'n kleine vier maande vertoef het. Teenstra sê uitdruklik dat die nabootsing wat hy sal probeer om te gee, die taal is wat ‘aan de Kapenaars zoo wel as aan de buitenlieden eigen’ is. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXX]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
Wat die algemene indruk van die gesproke Hollands aan die Kaap betref maak hy die opmerking dat dit, nes die sedes en gewoontes, ‘alhoewel eenigermate verbasterd zijnde’, in hoofsaak ‘naar de Vaderlandsche leest geschoeid’ gebly het, dus 'n oorweënde Nederlandse stempel dra. Dit kom tot op seker hoogte ooreen met die waarnemings van sy tydgenoot Swaving, wat in ooreenstemming met die latere teorie van Hesseling, nl. dat die Kaapse Hollands ‘halverwege is blijven staan op de weg om Kreools te worden’, opgemerk het, dat hierdie ‘bastaard Hollandsch’, gebesig aan die Kaap, ‘ofschoon opgevuld met een aantal Maleische, Portugeesche en andere bewoordingen van Kaapsch makeleij’, nie ‘half zoo onverstaanbaar’ is vir 'n Hollander wat hier pas aangekom het as die ‘Hollandsch Kreoolsch’, wat in die Nederlandse Wes-Indiese besittinge gepraat word nie, alhoewel hy hom tewens daaroor verwonder dat die Vaderlandse taal so kon verfoes geword het. Owerigens lê Teenstra ook indirek getuienis af van die nou verwantskap van Nederlands en Afrikaans en dientengevolge van die maklike verstaanbaarheid vir hom van die Kaapse Hollands, as hy sê dat dit 'n aangename gewaarwording vir hom, 'n Nederlander, was, toe hy meer as drie honderd ure van Kaapstad daar by Bothrivier, vroeg in die môre, wakker word deur die gesels en gesing in sy ‘moedertaal’ van mans en vrouens om 'n kampvuurtjie. Die Samespraak is, soos Teenstra sê, gebaseer op 'n gesprek wat in werklikheid gevoer is. Hy het dit tot op seker hoogte gewysig, om in 'n korte bestek, soveel as moontlik die verskillende taaleienaardighede, wat hom opgeval het, onder te bring. Die brief, waarin dit voorkom is gedateer Kaapstad, 2 Julie 1825. Aangesien hy maar 'n terloopse besoeker was, hoef ons ons nie daaroor te verwonder, dat sy poging om 'n idee te gee van die gesproke Hollands hier te lande - selfs al neem ons die ontwikkeling wat Afrikaans sedert sy aanwesigheid hier in meer of minder mate ondergaan het, in rekening - slegs 'n growwe benadering en 'n uiters gebrekkige weergawe is van die Afrikaanse taalstaat van die tyd nie. Dit moet ons egter nie die verdienste van hierdie Bafloër uit die oog laat verloor nie. Ek sal daarom probeer om dit dadelik in die lig te stel en welin verband met wat voorafgegaan as ook met wat gevolg het. Ten eerste wat die verlede betref, is hy, sinds die ontstaan | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXXI]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
van Afrikaans, onder die reisbeskrywers die eerste gewees wat op die gedagte gekom het om 'n dergelike poging aan te wend, d.w.s. om in die mees voor die hand liggende letterkundige vorm van die gewysigde taal van die stamland 'n idee te gee, bewus of onbewus met die bygedagte van die belang om die aandag daarop te vestig, al het hy seker nie vermoed, watter gunstige lot daardie taal beskore sou wees nie. Niks van die aard vind ons in die anderhalwe eeu voor 1830 nie. By Kolbe enige voorbeelde van Hottentotte-HollandsGa naar eind2 benewens 'n bejammering oor die ellendige, gebroke en barmhartige ‘Duitsch’ wat die slavinne aan die kinders oordra. By Mentzel 'n berisping oor die gebruik van ons i.p.v. wij in vrouemond en 'n uitlating oor die onsuiwere Hollands, waarvan die Boere die mond vol het. By Lichtenstein 'n spottende aanmerking oor ‘dem platten africanischmalayischen Dialect’, waarin Veldkornet S. de Beer met sy geleerdheid te koop loop. Owerigens laat hierdie skrywer hom elders gunstig uit oor Afrikaans. In die Hantam hoor hy die jagverhale aan van twee jongkêrels. Hul het dit op hoogs amusante wyse vertel ‘in dem kurzen, derben Africanischen Holländisch’.Ga naar eind3 By Burchell (I, 13) 'n onderskeiding tussen die ‘pronunciation of the Dutch language according to the Cape Dialect’ en ‘according to the corrupt dialect of the Hottentots.’ Nie dat sulke bondige konstaterings geen taalhistoriese waarde het nie en ons dink hier veral aan die alleroudste van die aard en tewens een van die allerbelangrikste in verband met die ontstaan van Afrikaans, ek bedoel die uitlating in 1685 van Van Rheede van Drakenstein oor die vestiging van 'n ‘gebroken spraek’ - syns insiens 'n onoorwinlike - onder die blankes aan die Kaap.Ga naar eind4 Van Rheede staan betekenisvol aan die begin van die tydperk 1680-1830, wat Teenstra op verdienstelike wyse afsluit. Hy lei ook met sy samesprakie die nuwe tydperk in, die tydperk van die bewuste aanwending van Afrikaans as 'n geskrewe taal en tot op seker hoogte as 'n onderwerp van studie. Hy is die voorlopertjie van daardie reeks van uitlanders wat hulle in daardie opsig verdienstelik gemaak het. Na hom kom eers die onbeheerste, maar ietwat geniale Fransman Boniface, wat met groter letterkundige aanleg en begaafd met 'n meer uitgesproke taalgevoel in dieselfde rigting voortwerk en ons tonele in Afrikaans lewer in sy Temperantisten | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXXII]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
en in sy Hendrik Kok-onderhoud. Daarna gee Changuion, 'n Nederlander van Franse afkoms en nes Boniface, 'n gebore linguis, die eerste woordelys van Afrikaans met grammatikale opmerkings; totdat L.H. Meurant, die seun van 'n Frans-Switser dit gaan besig in sy openbare briewe en byname in sy bekende Zamenspraak. Sy voorbeeld word gevolg - om stil te staan by die Eerste Afrikaanse beweging waaraan C.P. Hoogenhout en Pannevis so 'n grote aandeel gehad het - deur die Engelsman Cooper. Die stoot is gegee en in die loop van die halwe eeu van 1825-'75 verskyn daar ook uit die pen van volbloed Afrikaners meer of minder geslaagde Afrikaanse epistels in verskillende dagblaaie.Ga naar eind5 Dit is nie 'n toevalligheid dat onder die dagboekhouers en reisbeskrywers die belangrykste uitspraak insake die Kaap se Hollands en die eerste bewuste poging om dit weer te gee gekom het van Nederlanders. Hulle het beskik oor 'n basis van vergelyking, wat aan die meeste andere, wat Duitsers, Franse en Skandinawiers was ontbreek het.Ga naar eind6 Die konstatering van Van Rheede bevat behalwe 'n voorspelling, verhole 'n veroordeling. Al laat hy hom nie so sterk uit as Swaving nie, wat van Afrikaans ten opsigte van Hollands praat as van ‘erbarmelike radbraking’, sluit Teenstra, ofskoon hy, soos uit die bewoordinge en toon blyk welwillend teenoor Afrikaans staan, tog kritiek in, want hy kwalifiseer die Afrikaanse taaleienaardighede wat hy byeengeplaas het, as ‘fouten’ en ‘gebreken’. Volgens sy oordeel bied Afrikaans veel ooreenkoms met ‘plat Groningsch’. Sy korte besoek in aanmerking geneem, kan dit alleen slaan op die algemene klankbestand of klankindruk. Daardie oordeel strook nie met die werklikheid nie en bly op rekening staan van Teenstra se oor. Tog is die bewering nie so dwaas as hy op die eerste gesig lyk nie. As hy bv. die sinnetjie ‘Hy het hom’ hier gehoor het sou die ooreenkoms met Groningse ‘hij het hōm’ (‘dat was raak’, Molema) dadelik opgeval het. En as hy hier langer vertoef het, sou hy talryke woorde en uitdrukkings in Afrikaans kon opgeteken het wat mens in lewende gebruik in die Saksies-Friese hoek, waar hy tuis was, en nie elders in die Nederlandse taalgebied nie, om te oordeel na die leksikografiese werke, terugvind. Daardie ooreenkoms in woordeskat beteken natuurlik nie dat 'n grote kontingent van die Kaapse nedersetters uit daardie streek gekom het nie, want dit stry | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXXIII]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
met die gegewens wat ons besit. Die verklaring daarvan moet ons soek in die verwantskap in die woordvoorraad van die Saksies-Friese gebied in Nederland met dié van die aangrensende Nederduitse gebiede, byname Oos-Friesland en verdere kusgebied, vanwaar wel 'n groot aantal koloniste na die Kaap gekom het, en waar ons dieselfde ooreenstemmende woordvoorraad in nog groter mate aantref.Ga naar eind7 Dit sou te ver voer om hier in die beperkte plaasruimte wat tot my beskikking staan, hierop nader in te gaan. By wyse van toeligting sal ek my bepaal tot 'n enkele belangryke woord nl. die term bok, wat in Suid-Afrika gemeenslagtig vir sowel geit as bok gebruik word. Teenstra was hom seker nie bewus daarvan, dat toe hy as Groninger in een van sy briewe praat van ‘de lammeren der bokken’, hy 'n karakteristieke voorbeeld gegee het van bogenoemde ooreenkoms nie. Mens sou verwag het dat in sy samespraak nie tweemaal hem, maar hom, wat nader staan by Groningse hōm,Ga naar eind8 voorkom. Met hierdie geval kom ons tot die kwessie in hoever sy weergawe van Afrikaans juis is en in verband hiermee tot die vraagstuk van die wysiging en ontwikkeling van Afrikaans vóór en na 1825. Om dit toe te lig aan die hand van bogenoemde geval, behoort hom tot die erfgoed uit die Vaderland of het hem hier vroeër of later geword tot hom? Dieselfde metode kan ons toepas uitgaande van die teenwoordige stand van Afrikaans op ander onderdele van die samespraak. Is Teenstra se opmerking dat (in 1825) ‘den, de, het’ - hier ‘zeer verward’ gebruik word juis en het hy inderdaad gehoor aan die een kant, die stoep, die water, die combuis, die wagen, die vark, die aap, die bogt, die jicht, die bottels, en aan die ander kant de ket, de koude, het pad, het kuijeren, en by ‘bad’, sowel 't, het, as die? Was die gebruik (in 1825) van ons as vorm van die onderwerp nog nie vas nie en mag ons hom dus nie kritiseer dat hy in een en dieselfde sin skryf ‘ons het gedenkt, doe wij die wagen zagen’? Was je vir jy (proklities en enklities), ze (pers. vnw. vroul. enk.) vir zy, men vir ('n) mens nog in gebruik? Teenstra skryf: ‘je moet, kenje, wilje, ze breng, ze is, men gebruikt, men kan. As die Boer deftig wou praat het hy nog u en uwe gebesig, soos Teenstra hom dit in die mond gee: voor u, vindt uwe? Het die besitlike voornaamwoord myn nog afgewissel met my, en het, as onpersoonlike voornaamwoord met dit: het is, | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXXIV]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
het heet geregend; dat het was’, en die voegwoord doe(n) met toe(n)? En om tot die werkwoorde oor te gaan het met heet soos Teenstra uitdruklik opmerk, ben met is (ik ben, ik is geweest)? Was die wegval van die dowwe e in die onbepaalde wys, veral na 'n hulpwerkwoord nog nie 'n voldonge feit nie? Teenstra skryf: dat hy loopen laat - kenje hem nie vastmaken nie - zal wezen - jij moet bijgeven. Het hewwe nog gestaan naas hè en zyn naas wezen (wees): kan men - zyn, zal - wezen? Het in 1825 die normalisasie van die werkwoorde reeds sy beslag gekry en het die wisselvokaal van die sterk werkwoorde reeds verdwyn en is dus Teenstra se wy zagen nie korrek nie? Wat die voegleer betref het hy, nadat hy (konsekwent) in sy dialoog 'n toepassing daarvan gegee het, in sy opheldering die aandag gevestig op twee kardinale kenmerke van Afrikaans, nl. die gebruik van die versterkte ontkenning - (daardie ‘herhaling’ is volgens hom, ‘zeer algemeen in gebruik’) en op sy manier op die analitiese konstruksie met vir by die persoonlike voornaamwoord en persoonbenamings in datief en akkusatief - ooreenkomende met die basterportugese gebruik van per in dieselfde verband.Ga naar eind9 Roep voor Leida, zeg voor hem, kom roep voor Nonna, geef voor mijnheer, en in sy verklarende aantekenings: ‘voor (wordt gebruikt) in plaats van aan’, ‘hy kan voor mij niet zeggen’, d.w.s. ook by die indirekte voorwerp waar in Nederlands aan voor pronomen gebruik of weggelaat word. Diskussie oor sulke punte, waar die gebruik nog dieselfde is, kom by bogenoemde vrae nie te pas nie. Ons kan dadelik sê, dat by 'n aantal van bogenoemde verskille dit 'n kwessie is van onjuiste weergawe ten gevolge van 'n ongeskoolde fonetiese gehoor en sy Nederlandse spraakgewoonte. So kan ons ook sy weergawe en spelling van verskillende afsonderlike woorde op rekening van sy vasgewortelde gebruik van sy moedertaal stel, soos: mijnheer, braaf, voor, naar, zeg, slecht, ik, even, geef, breng, oude, kelkje, wagen, buiten, het kuijeren, geregend. Minder seker is dat hieronder val gekookt, geweest, gebruikt naas gedenkt, en hij komt, naas ze breng, hij spreek, zij geef. Doelbewus skyn hy die vokaal te rek in koom, 'n rekking wat in geskrewe bronne by verskillende vokale, veral by Duits-Afrikaners tamelik veel voorkom: bv. meijn Heer kaan weel denken; kwaam, oonseker, geknoort, heet geehaalt. Naas | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXXV]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
woorde wat spesifiek Afrikaans is, soos combuis, sies, rech rech (rêrig), biltong; nonna, bottels, alte (in die betekenis van seer i.p.v. te veel, te seerGa naar eind10 gebruik hy woorde wat ook vir dié tyd onafrikaans klink soos: (hier) naast en boterham(?) Dat die Groningse ketGa naar eind11 vir ketting hier gebruik is, is in verband met wat ek hierbo gesê het, moontlik. Maar aangesien dit nie in die teenswoordige Afrikaans voorkom nie, glo ek dat hy onbewus die vrou van die boer 'n woord uit sy eie taal in die mond lê. Vir die tydperk wat op Teenstra volg, 1825-1875 besit ons ter vergelyking 'n betreklik grote aantal geskrifte, wat met meer of minder sukses doelbewus in Afrikaans geskrywe is en wat nou toegankliker is deur die waardevolle publikasies van Dr. J. du P. Scholtz en Dr. G.S. Nienaber. Wat die voorafgaande tydperk betref, is ons, as vanself-sprekend, baie skaarser bedeel. Die enigste blykbaar opsetlik in Afrikaans geskrewe en sindsdien in druk verskene stuk wat ons voor 1825 besit, is die ‘Muisenburg’-lied, maar waarvan die Afrikaans ook maar benadering is en vernaamlik waarde besit vanweë die konsekwente gebruik van ons i.p.v. wy, en daarop dui dat dit die gangbare vorm in die buitedistrikte was, want met Delport en sy manskappe word daarin die spot gedrywe. Die taal van die beskaafde Kapenaar wat Swaving indirek kwalifiseer as Nederlands gekontamineer deur Afrikaans, vind ons waarskynlik terug in die Dagboekie van 1797 van Johanna Duminy-Neethling.Ga naar eind12 Haar taal kenmerk hom in die eerste plek deur die wegval van die dowwe e by die sterke imperfektum gepaard aan die behoud van die ablaut: wij dronk, nam, sliep, ens. As gedrukte bron vir Afrikaans is behalwe op die bogenoemde lied alleen op Wikar se joernaal gewys. Dit bevat egter maar sporadiese kentekens van die gesproke taal van die land.Ga naar eind13 Uitgaande van Van Rheede se uitspraak in 1685, het ek getrag om vroegtydse konkrete voorbeelde op te spoor van die vervormde Nederlands aan die Kaap. Afgesien van die wegval van die dowwe e by werkwoordelike uitgange in briefies van vreemdelinge soos Jan du Pré van Doornick (1671)Ga naar eind14 en die Franse vlugtelinge Jacques de Savoye (1689), Durand Sollier (1710) en Daniel Hugot (1710),Ga naar eind15 het ek in die Kaapse Stukke van die begin van die agtiende eeu enige seldsame bewysplaseGa naar eind16 gevind in die sinnetjies: ‘ons soek | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXXVI]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
kost hier’ (1706), ‘ons het vuur genoeg’ (1706); ons sal jou kost geven’ (1706); ‘ons het jouw tabak niet van doen’ (1707). En hierby sluit hom mooi aan 'n bewysplaas vir die ontstaan van die Nasionale bewussyn in die fiere uitroep in 1707, van Hendrik Bibault: ‘K'ben een Africaander.’Ga naar eind17 'n Bron waaraan nog geen aandag gewy is nie, is die talryke Boerebriewe wat ingekom het by die verskillende landdroste in die buitedistrikte. Hulle is in groot getalle aanwesig, veral vir die tydperk 1775-1825. Hulle vertoon deur die bank in meer of minder mate 'n Afrikaanse inslag. Die handskrif vorm in hierdie opsig 'n toets. Hoe onbeholpener die handskrif, deste groter is die waarde vir die historiese studie van die Kaapse spreektaal. Uit 'n groot aantal van daardie briewe het ek uittreksels gemaak. Dit sou te ver voer om hulle in besonderhede te behandel. Ek bepaal my ter vergelyking met die vernaamste kenmerke: ĭ in plaas van è kom herhaaldelik voor, meestal voor nasaal: bringe, dink, in, min, hingts, bin, rigtters, opsit, omgekeerd word ĭ tot è: gessing, es, vlep, beregt, destreksie (distrikt) maar oral ik. Selde vind mens sk vir sch: scaapen, geskik en k vir g in auslaut: lank, jonk. Intervokalies val die g nooit weg nie: maagertte, geregent, wageweg; d 'n enkele maal in opgezaald. Na(a) staan oorweënd vir naar. Braaf (adverbium) nooit bra(a). Nie vir niet is seldsaam. Verkleinwoorde gaan deurgaans op ie uit: klompie, kruijsie, bossies. Dat die bepaalde lidwoorde verward gebruik word geld seker vir die skryftaal van die Boer. Gemeenslagtige die verskyn na verhouding betreklik min. Die verlies van die gevoel vir die onsydige geslag kom ook aan die dag by die vorme van die adjektief en die pronomen: geploegde land, den ouw tuijn, onse vee, van deese jaar, ouw Jacobs, en jonge beest, en (i.e. een) ou afgeleft vader. Die onbepaalde lidwoord is een, maar soms en, soos in die laaste voorbeelde. Die pers. vnw: jy, heel selde gy, ook u en UEde: u te verklagen, als u zij wilt verkoope; UEde dink; ook besitlik: u zoon. Altyd zij (vrouw. Enk.) nooit ze, hem nêrens hom nie. As pronomen personale is mijn naas mij 'n veelvoorkomende vorm: in presend van mijn, mijn gewijst heeft, see syluij mijn. Die konstruksie met vir (voor) is so goed as afwesig in hierdie briewe. In plaas van aan bv. in ‘steur de loot en cruyt voor Gert.’ Oral men, nie ('n) mens, as onbepaalde vnw. en gewoonlik sig as refleksief. Sonder uitsondering wij. Ons het ek vir die | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXXVII]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
tyd behalwe eenmaal in 'n Boerebrief: Ons leeft teegens woordig en een naare tyt (D.A. Kruger, 16 Aug. 1802, 10-155, St.bosch) alleen teëgekom in 'n paar briewe in private besit. Naas zij, ze (meervoud) oorweeg sulle (sully, sulluij, ens.). Se gewoonlik enklities: datse, salse, binse, hebse. Sulle ook in datief en akkusatief maar by voorkeur, ook as besitlike vnw., haarlie (haarle, haarluij, ens.). Hullij (hulle, hille, ens.) kom veral na 1810 tot sy reg as persoonlike sowel as besitlike vnw. In die hele tydperk kom my en zy as pron. possessivum betreklik dikwels om die hoek kyk: mij vrou, mij heer (naas menheer), meij neus, mij contrije, zij strooijhuijs. Die betreklike vnw. is deurgaans die. Wat is baie seldsaam: seijn meijt wat nu beij meijn is; alles wat, behalwe wat. Die onsydige pers. en aanwysende vnw. is deur die bank het (naas 't): sooals het behoor, het scheel, eer wijt wist. Vir die mees kenmerkende eienskap van Afrikaans, die normalisasie van die werkwoord, vorm die briewe 'n belangryke bron. Die verlies en verwarring van die uitgange by die werkwoord kan mens bestudeer in talryke gevalle. Die ablaut sit meestal nog vas en word soms gekombineer met 'n swak uitgang. Sterk imperfecta uit die Hollandse volkstaal word nog gebruik: vrieg, hong, gong, kost, ook hiperkorrekte vorme soos gaanen, staanen, doenen, sienen, seijnen (zijn), ook in die teenwoordige deelwoord: gaannende, doeninde, seijnnende. By die hulpwerkwoorde zijn en hebben heers natuurlik die grootste verwarring en vind daar 'n geweldige worsteling plaas tussen die verskillende vorme, maar die uniforme is en het kom reeds vorentoe. Naas het kom die enklitiese 't voor, maar heet het ek maar eenmaal ontmoet. Die infinitief zyn staan naas weesen. Hebbe ook by die eerste pers. Voorbeelde is legio. Ek sal 'n aantal gee: ‘ik komt, kreij ik; heij reij; wij woen, wij ken, wij kunt, wij kom; sulle geef, sulle versoek, sulle seg, sulle mag, sullen beken, de kinder slaap, mense reijt, sulle begin, mijn kinders lijd, sulle seij, suijluij verkis, sulle agt, sulle bring, sulle krijgt, paarden vrekt, die mense leg, de bossemans loert, haar schape drink, sulle so loop en kwaat doet, de paardedieve die de paarde soo in de velt vang en mede weg reijd, sille van maagerheijt blijf leggen, haar naaste buere die sij het woon vier ure te Paart van haar, ik heeft haarle gevraagt waar dat sulle heengaat sulle seij dat sulle rondloop om rengen en kraalen te soeken, de jongens steel, die mense die van verre kom, de bossiesmans roof en steelt, sulle haarle tuijne niet bevogtige ken, als hille sal beginnen dan sal kees sille de weet doen’. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXXVIII]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
hij verseg mij te betaal, wij hep laat roep, te commandeer om klippe te reij, om de weg te maakt, om selfs te verschijn, om te beskerm.’ Dit is nie 'n toevalligheid dat by sulle en hulle die meeste gedeflekteerde vorme voorkom nie. Dit was vorme wat alleen in die spreektaal tuis behoor het en nie belemmer geword het deur die geykte werkwoordelike vorme van die Hollandse skryftaal nie. Wat woordgebruik betref, val die totale afwesigheid van baie op, oral in plaas daarvan: veel en seer.Ga naar eind18 Ek wil hier ook net terloops die aandag vestig op 'n paar bewysplase in die Boerebriewe van die vorm met oe van bossiman, bosseman, bosman (by Teenstra, Bos(ch)jesmannen):Ga naar eind19 ‘Want Jacob - trek maar weg na die roggevelt van weegens dat die boesemans zo plaagt’ in brief van Hendrik Meyntjes, 11 April 1776 (St.bosch 10-162). - ‘dat weij een groote schade van de boessemans gehat heeft onder onsse beesten - so danig heeft de boessemans meijn vernielt’ in brief van ‘Miegiel Hattiengh’, 26 Jan. 1780. - ‘een hottentot van mij van de boesiemans vermoort ben’ in brief van Theunis Gertze van Aart, Roggevelt, 25 Okt. 1780 (St.bosch, 10-167, f. 38). ‘ook hebben de boesmans de wagmester triegard een pijl geschoten op sijn borst’ in brief van Alewijn Jac. Forster, 31 Julie 1787 (G.R. 10-2, f. 62). Vir die eerste helfte van die 18de eeu is die briewe en voorbeelde natuurlik minder talryk maar darem aanwesig. So vind ons in 'n brief van 1737: ‘weij wil hoopen’ (Crim. Pros. St. 1737, f. 111), en in een van 1739 van Miegiel Janse (C.P.S. 1739, D 1, f. 101): ‘als dat ik hem het wille slaan - toe heef weij hem een snelle loesing gegeven - en hij het hem selfs om hals gebrog.’ By bowegaande vergelyking moet mens nie uit die oog verloor nie dat ons in die merendeel van die Boerebriewe te doen het met 'n benaderde Nederlands en by Teenstra met 'n benaderde Afrikaans. In beide gevalle is die resultaat 'n hibridiese. Ons moet ook nie vergeet dat Teenstra se dialoog maar bedoel is as 'n staaltjie van die Kaapse Hollands ten behoewe van sy landgenote,Ga naar eind20 in teenstelling met die vermelde geskrifte wat na hom hier te lande gepubliseer is nie. Teenstra | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XXXIX]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
is in hierdie opstel die middelpunt. Ter beligting van die geskiedenis van die ontwikkeling van Afrikaans kry egter 'n vergelyking eers waarde as dit deurlopend geskied van tydperk tot tydperk. As van die verskillende afsonderlike geskrifte of groepe 'n noukeurige taalkundige ontleding en vergelyking gemaak word, en wel op dieselfde degelike wetenskaplike wyse waarop Dr. J. du P. Scholtz dit gedoen het met die brief van Hendrik Bezuidenhout van 1851,Ga naar eind21 dan sal ons gaandeweg soos Dr. Scholtz sê miskien ‘'n taamlik duidelike beeld van die ontwikkeling van Afrikaans kan ontwerp.’ Teenstra laat by. geleentheid van 'n slaweverkoping 'n ou aja ook 'n paar woorde in Afrikaans praat: ‘ik kan niet meer doen nie ... och seuer waarom gy mij dan koop. Owerigens staan daar versprei in sy briewe 'n aantal Afrikaanse terme en benamings. 'n Paar daarvan het miskien waarde vir die leksikoloog of etimoloog. In die eerste plek die vorm narretje, wat hy waarskynlik van Lichtenstein sowel as die konstatering: ‘eene vrucht die in Japan te huis behoort’, oorgeneem het. Die bewering het my daartoe gelei om die etimon in Japans terug te soek. By navraag het 'n Japanner my aandag gevestig op naruto (met klemtoon op die eerste kort vokaal gevolg deur 'n semi-konsonant en 'n dowwe klinker) wat nou pampelmoes beteken.Ga naar eind22 Verder o.. - - - hai. wat waarskynlik geword het tot die teenswoordige hokaai=hanou. Vir ramkie gee hy ‘rokkie (rabouquin)’. Onder visname noem hy o.a. ‘vischbaker, parlamoenvisschen, dageraads,Ga naar eind23 onder slangname, o.a. zwartkop, hoornsman, dasjesadder. Moesson was blykbaar in 1825 hier nog in lewende gebruik: ‘wintertyd (hier wintermousson genaamd)’. Uit markberigte haal hy aan makouwen. 'n Leg is 1500 tot 2000 gerwe op 'n dorsvloer. In sy opheldering bespreek hy o.a. verskillende woorde. Die onderskeid wat hy maak tussen banja en braaf (bra) hou geen steek nie. Hier ook Seuer, wat hy in een van sy briewe afkomstig ag van die Frans van die Kaapse Hugenote. Sieur, in die Kaapse Stukke afgekort tot Sr. was die titel van die notabeles. Slawe het hulle meesters toegespreek met die basterportugese Sinjoor en deur kontaminasie met bogenoemde ook met Sinjeur, Sjeur en sieur.Ga naar eind24 Ek het in 1925 - honderd jaar na die aankoms van Teenstra aan die Kaap - kennis gemaak met sy ‘Reize over de Kaap’ in die Kaapse Openbare Biblioteek. Ek het toe in Die Huis- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XL]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
genoot van 1 Julie, 1927 die aandag gevestig op sy Afrikaanse Samespraak en die kultuurhistoriese waarde van sy werk en tewens op Swaving se mededelings oor taaltoestande hier te lande in sy ‘Zonderlinge ontmoetingen’, dieselfde jaar uitgegee as Teenstra se reisbeskrywing.Ga naar eind25 Dr. F.C.L. Bosman het ondertussen in Amsterdam ook kennis gemaak met Teenstra en sy dialoog bespreek en afgedruk in sy ‘Drama en Toneel in Suid-Afrika’. (1928.) Sedertdien is Teenstra ingeburger in die Afrikaanse taal en letterkunde. Dit is behandel in die proefskrifte van Mej. E.J.M. Conradie (1934), Mej. A.J.D. de Villiers (1936) en J. du P. Scholtz (1939), deur Drs. P.J. en G.S. Nienaber in hulle ‘Geskiedenis van die Afrikaanse Letterkunde’. Dr. Scholtz haal hom ook aan in sy werkie oor Plant- en Diername in Afrikaans (1941). Sy dialoog, inleiding en opheldering het nou onlangs weer verskyn met kommentaar in Dr. G.S. Nienaber se ‘Afrikaans tot 1860’. Nou is die kroon op die werk gesit deur die heruitgawe van Teenstra se eerste deel van sy ‘Vruchten’, dank sy die bemoeiings van Dr. F.C.L. Bosman, deur die Van Riebeeck-Vereniging.
J.L.M. FRANKEN. Stellenbosch, 28 Maart 1943. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XLII]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
Woordelys.Op versoek van die besorger van hierdie uitgawe, Dr. F.C.L. Bosman, gee ek hier 'n lys van spesifiek Afrikaanse en ook van Nederlandse woorde, wat 'n Suid-Afrikaanse stempel dra of aan die Kaap 'n meer spesiale of gewysigde betekenis erlang het, deur Teenstra in hierdie boekdeel gebesig. Ek neem die boek as geheel en sluit die markberigte, tabelle en die uittreksel uit The South African Chronicle in die vyfde brief in.
Soms kom 'n woord in sy taalgebruik ooreen met die Afrikaanse soos achtermiddag en die reeds gemelde bokken en kniehal(s)teren en miskien tonteldoos. Van party woorde het hy seker die plaaslike vorm en uitspraak gehoor maar die Hollandse skryfwyse daarvan gevolg of dit self vernederlands, soos blaauwe bok, gryze bok, aardvarken, beschjes-was, dasjesadder, tyger, hertebeesten(jagt), schapensteker, beukenboomen (vgl. Ned. Wdb. III, 92, 115).
Daar was natuurlik ook benamings wat hy op die gehoor af moes opteken. Vandaar die fonetiese skryfwyse van die familienaam Gildenhuys (kom reeds voor in 1691) en die grafiese weergawe van Zeekoevlei met Sikke vlei en die alternatief Hijlekraal by Uilekraal met ontronde ui en die stembandhoesie (sien Le Roux en Pienaar, Afrikaanse Fonetiek, § 521) wat hom die h in die pen gee. Ek betwyfel of sy segsman inderdaad rokkie vir ramkie gesê het. Teenstra het waarskynlik gemeen rakkie te hoor en dit ook so geskrywe. Rokkie berus dan, nes waarskynlik kapkool vir kopkool, op 'n lees- of drukfout. (Behalwe die drukfeile wat hy aangee, het daar nog verskeie bly staan.) As voëlnaam gee hy duiker, maar as boknaam duikelaar. Dit is onwaarskynlik dat laasgenoemde in 1825 naas duiker bestaan het. Teenstra skryf rinkelhals. Hij gee tewens 'n verklaring van die naam van daardie slang: ‘hebbende een witten kring om den hals’. Ek neem aan dat die naam rink(h)als vir hom genoem is, maar dit het hom toegeklink as rinkelhals of hy het dit weer vernederlands (vgl. Ned. Wdb. XIII, 550). By pleizierlig, afskeidsgroet kan die l berus op assosiasie met die adjectiva op lik, -ierlik, maar moontlik het die Afrikaanse plesierig(e)rit hom in die ore geklink as plesierlik of plesierlig. Hy maak twee opmerkings van fonetiese aard. Botter vir boter herinner hom aan die taal van die Hunsingo- en Fivelingo-kwartierders en hy konstateer dat die Afrikaners ‘overal de zachte a hebben’, wat nie baie duidelik is nie. (Vgl. Le Roux en Pienaar, Afrik. Fonetiek, § 215-229.) Hier volg die lys, waarvan die woorde so veel as moontlik ingedeel is. By sommige word tussen hakies, Teenstra se verklaring of die sin waarin hy die woorde gebruik bygegee. Waar nodig gee ek 'n verwysing na die Leidsche Grootwoordeboek of Van Dale en na Scholtz se Naamgewing aan Plante en Diere in Afrikaans. In enkele gevalle voeg ek 'n eie aantekening by:
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XLIII]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XLIV]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XLV]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
Hier volg ten slotte 'n paar ou bewysplase van enkele woorde uit die Kaapse Stukke by wyse van 'n historiese illustrasie en agtergrond: ‘Kraayen en aasvogels’ (Verkl. Swel. 1789-'91, 10.3.'91); ‘eenige wilde catten te doen opvangen’ (Uitg. Br. 1682-'84, p. 1013); ‘agter een troep hartebeesten te jagen’ (Attest. Swell. 1746-58, No. 37); ‘Leeuwen, Renosters, gestreepte woudesels’ (Uitg. Br. 1679-'81, p. 830) ‘aan d' overzeijde dier valleijtje staande Taaijbosch’ (Crim. Regtsrolle 1760, p. 47); ‘een soort van boomen alhier speeckboomen genaamt’ (Uitg. Br. 1679-'81, p. 128); Palmiet (Scholtz, p. 25): ‘begevende - hem daarop in de wilde palmiet - om sich daarin te verbergen’ - ‘met wilde palmiet gesustenteert’ (Sent. 1652-'97, Nos. 180 ⇐p; 183); ‘om in de palmiet naar den hottentot kaffer te soeken (Sent. 1750-55, No. 23); “de beste hier te lande steendruyven genaemt” (Uitg. Br. 1679-'81, p. 614); “allerleij slag van druijven, soo witte als blauwe” (Uitg. Br. 1685-'87, p. 635); “den 's Comp. jong Tallone” (Crim. Pros. St. 1751, f. 146); “dat se de jong Galant maar betrecken en van de klipkrans stooten moesten” (Crim. Pros. St. 1759, f. 192); “het past uw niet mij soo te stooten, en ik ben geen jong” (Sent. 1755-'60, No. 20); “jouw swarte canailje, wie wil met jouw te samen gaan” (Sent. 1736-'43, No. 64); “ha jou canalje soubat gil nu.” (Sent. 1755-'60, No. 22); “Potten atchiar, of tamarinde” (Byl. 1716-'17, f. 149); “Laat de Nonje met vreede in haar werk” (Sent. 1714-'16, No. 6); “en ook heb ik al twee à drie jaaren alhier gewerkt en sie niet dat de baas meerder jongens, en nonje een meijd voor mijn koopt” (C.P.S. 1739, Dl, f. 311); “gij bent immers geen klijn kint meer maar een groote nonje” (C.P.S. 1743, f. 273) “Mijn Marietje heb ik laten doopen - en ik houde haar so goed als de beste Nonje van de Caap” (Div. Pros. St. 1755-'65). Vir betekenisontwikkeling van tronk (blok tot gevangehuis, sien Hesseling, Afrik. p. 88) vgl.: “weeder in de tronk geslooten, de handen op de rug gebonden alsoo in de tronk laten sitten” (C.P.S. 1698); “Caabwaerts in den tronk te brengen” (C.P.S. 1760, p. 166). Bottel (vgl. Bosman, Ontstaan van Afrik., p. 73, Ned. Wdb., III, 736): “een bottelje rode wijn” (Sent. 1652-'97, No. 210); eenige botteljes wijn - een kan en een botteilje’ (ibid. 262); ‘enige bouteilles met wijn opgevult’ (Uitg. Br. 1679-'81, p. 741); ‘een kan en een boutelje met wijn’ (C.P.S. 1694); ‘aght boddeltjes - 2 kleine bouteiljetjes (Inv. 1699-1705, No. 2 ⇐p; 4); ‘1 partij leedige boddels (Inv. Weesk. 1752-'58). ‘Uijt de combuijs in 't voorhuijs is gekomen (Ink. Br. Weesk. 1729-'59, 6 Sept. 1741); ‘droncken sijnde op sijn koij heeft vinden leggen’ (C.P.S. 1685, f. 55); ‘een kadel met cooijgoet’ (1705); ‘meede genomen twee brooden en haar kooijgoed’ (Sent. 1717-'25, No. 24); ‘wat oude lapen om tot veltschoene te gebruijcken (in brief v.J. Oberholster, 25 Sept. 1715, Ink. Br. Weesk. 1714-'21) ‘Fournath ter dier tijd heeft aangehad een lange waakrok, een gestreept baatje, een paar witte wollen kousen en veldschoenen (C.P.S. 1747, f. 197); ‘een coopere Tonteldoos’ (Attest. Swell. 1746-'58, No. 72); ‘als een drosser aan een remketting is vastgeslooten’ (Attest. Swell. 1746-'58, No. 76); ‘slaande hem met een kirij of stok’ (C.P.S. 1707); ‘een | |||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina XLVI]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||
geschilde kirrij sonder knots’ (Att. Swell. 1746-'58, No. 72); ‘keij of klipsteenen’ (Sent. 1652-'97, No. 219); ‘een klipsteen, die van de grond opraapte’ (Sent. 1755-'60); ‘een cragtigh commando (1715); ‘door 't schieten van een commando Europeaanen’ (Sent. 1726-'25, No. 28) ‘aan de soogenaamde Potteberg op commando waren geweest’ - ‘met de commando sijn mede geweest’ (Attest. Swell. 1746-'58, Nos. 80 ⇐p; '35); ‘maar mijn baas sijn schonmoeder is opgekoomen, om aan 't Nagtmaal te gaan’ (Sent. 1750-'55, N: 26); ‘een der paarden, dat gekniehaltert was’ (C.P.S. 1757, f. 89); ‘zijnde een bles merrij, dat gekniehaltert was’ (C.P.S. 1759, f. 123); ‘en afgerede bin tot in de vlij’ (J.P. Le Grancie in Verkl. Swell. 1789-'91, 10 Maart, '91). J.L.M. FRANKEN. Stellenbosch. 27 April 1943. |
|