De vruchten mijner werkzaamheden. Deel 1
(1943)–Marten Douwes Teenstra– Auteursrecht onbekend
[pagina XIII]
| |||||||||||||||||||
Inleiding.Omtrent die lewe en persoon van Marten DouweGa naar voetnoot1 Teenstra het ek geen ander bronne kon vind as die kort berig in die Biographisch Woordenboek der Noord- en Zuid-Nederlandsche Letterkunde, deur J.G. Frederiks en F.J. van den Branden, 2de Druk, Amsterdam (±1895) en Teenstra se eie mededelings in sy boek nie. Volgens die Woordenboek is Teenstra gebore op Het Ruigezand, provinsie Groningen, op 17 Sept. 1795 en oorlede op Ulrum, dieselfde provinsie, op 29 Okt. 1864. Hy het 'n goewermentsbetrekking beklee in Suriname en was later Oos-Indiese amptenaar. Sy werke is die volgende: De Vruchten Mijner Werkzaamheden gedurende mijne Reize over de Kaap de Goede Hoop naar Java en terug over St. Helena naar de Nederlanden, 2 dele, Groningen, 1830; De Nederlandsche West-Indische Eilanden, 2 stukke met plate, Amsterdam, 1838; Volksverhalen en legenden van vroegere en latere dagen, uit meest Nederlandsche schrijvers en mondelinge mededeelingen verzameld, Gron., 1840; De Negerslaven in de kolonie Suriname en de uitbreiding van het Christendom onder de Heidensche bevolking, Dordrecht, 1842; Bijdrage tot de ware beschouwing van de zoo hoog geroemde uitbreiding des Christendoms onder de Heidenen in de kolonie Suriname, toegewijd aan alle philanthropen, Amsterdam, 1844; Beknopte beschrijving van de Nederlandsche Overzeesche Bezittingen voor beschaafde lezers uit de beste bronnen en eigene ervaring in Oost en West Indië geput, Gron., 1846-1849; Mentor, de getrouwe leidsman en raadgever voor landverhuizers, die naar Noord Amerika willen vertrekken, Gron., 1853; Vlugtige beschouwingen van de hedendaagsche slavernijkwestie in Nederland, Amst., 1846. Verder het Teenstra uitgegee Landhuishoudkundige Almanak, Gron., 1851-63, en met T.F. Uilkens, Tijdschrift voor Landen Tuinbouw. Uit bostaande blyk dat De Vruchten Mijner Werkzaamheden Teenstra se eerste werk was; dat hy 29 jaar oud was | |||||||||||||||||||
[pagina XIV]
| |||||||||||||||||||
toe hy aan die Kaap was; dat sy publikasies sukses gehad en hy sy lewelank skrywer gebly het; dat hy Oos- en Wes-Indië besoek en in albei gebiede gewerk het; dat hy besondere belang stel in koloniale (insonderheid die emigrasie-kwessie), kultuur-historiese, filantropies-Christelike (insonderheid die slawekwessie) en landboukundige vraagstukke; dat hy, behalwe skrywer, joernalis was. Merkwaardig is hoe hierdie verskillende aspekte van sy geestelike belangesfeer en skrywersnatuur reeds in De Vruchten Mijner Werkzaamheden, Deel I (die deel wat hier uitgegee word en oor Suid-Afrika gaan) tot uiting kom; sy aandag aan ligging, bodemgesteldheid, ekonomiese bedrywe, bestuur, finansies, emigrasie; sy beskrywing van taal, bevolking, sedes en gewoontes, godsdiens, opvoeding, openbare instellinge; sy verdieping in die slawernykwessie en die Christelike lewenshouding ten opsigte daarvan; sy groot aandag aan soorte en metodes van boerdery; sy egte joernalistieke nuuskierigheid om alles na te speur en self te ondervind; sy ontwyfelbare skrywersvaardigheid. Uit sy Vruchten leer ons ook heelwat omtrent Teenstra se werk en persoon ken. Hy was landbouer en veetelerGa naar voetnoot2 (klaarblyklik hereboer, soos ook sy vader voor homGa naar voetnoot3 op Huize Arion,Ga naar voetnoot4 'n nuwe, grote boerdery op die in 1811 binnegedykte Noordpolder aan die Wadde, provinsie Groningen. Die boerdery was ongeveer 1½ uur van Eenrum af geleë,Ga naar voetnoot5 maar as sy dorp noem Teenstra Baflo.Ga naar voetnoot6 Hy het sy vrou met vier jong kinders, drie meisies en een seuntjie, op die boerdery agtergelaat,Ga naar voetnoot7 en die doel van sy reis was om 'n betrekking in Java te soek,Ga naar voetnoot8 blykbaar omdat Holland toe in 'n toestand van ekonomiese agterstand verkeer het.Ga naar voetnoot9 Hierdie reis word in sy Vruchten beskrywe en die beskrywing is nie oorspronklik vir publikasie in boekvorm bedoel nie. Dit bestaan nl. uit 'n reeks briewe aan 'n vriend gerig,Ga naar voetnoot10 ('n geliefkoosde | |||||||||||||||||||
[pagina XV]
| |||||||||||||||||||
skryfvorm, ook vir publikasie, toentertyd),Ga naar voetnoot11 en is alleen ‘op herhaald aanzoek van vrienden en kennissen’, sê Teenstra, deur hom in die lig gegee. Daarby beklemtoon Teenstra dat die boek nie vir die ‘groote en geleerde wereld’ bedoel is nie, maar ‘hoofdzakelijk voor boeren,’Ga naar voetnoot12 waarmee hy natuurlik die beskaafde boerestand van sy eie soort (eintlik 'n plattelandse middelstand, Eng. ‘gentry’) bedoel. Die deel van sy boek oor die Kaap bestaan uit ses briewe en beslaan die eerste deel van sy Vruchten, waarby nog kom 'n paar bladsye uit die tweede deel (sewende brief) waarin Teenstra terloops na die Kaap terugverwys. Teenstra se verblyf aan die Kaap was onopsetlik. Hy het, soos hy ons self vertel, by die uitreis, aan boord skip 'n swaar koue opgedoen, wat in 'n sware reumatiese ongesteldheid, met hewige swelling van voete (waarskynlik reumatiese koors) oorgegaan het, sodat hy verplig was om aan die Kaap oor te bly, en herstel van gesondheid te soek, voor hy sy reis voortsitGa naar voetnoot13. In Kaapstad vertoef hy van 12 Maart 1825Ga naar voetnoot14 tot 7 April;Ga naar voetnoot15 vertrek op laasgenoemde datum per perdewa na Caledon-bad, waar hy op 9 April aankom.Ga naar voetnoot16 By die bad bly hy tot 19 Mei,Ga naar voetnoot17 'n verblyf onderbreek deur twee kort uitstappies na ‘Bredekamp's plaats’ (Roodebloem Kraal) op 28 April,Ga naar voetnoot18 en ‘Marré's plaats, Toren van Babel’ op 7 Mei resp.;Ga naar voetnoot19 'n langere uitstappie na Genadendal van 9-10 Mei;Ga naar voetnoot20 en 'n uitstappie- of liewer 'n reis na ‘Kaap l'Aguillas’, nl. die ‘Druipkelders’ by Gansbaai, van 13-16 MeiGa naar voetnoot21. Van 19-22 Mei reis Teenstra van Caledon na Kaapstad terug via Franschhoek en Stellenbosch,Ga naar voetnoot21a maak 'n uitstappie van Kaapstad na Constantia op 11 JunieGa naar voetnoot22 en verlaat Suid-Afrika op 7 JulieGa naar voetnoot23 vir Oos-Indië. Teenstra het dus | |||||||||||||||||||
[pagina XVI]
| |||||||||||||||||||
byna vier maande in Suid-Afrika deurgebring waarvan ongeveer ses weke buite Kaapstad. Dit is duidelik uit bostaande dat Teenstra nie stilgesit het nie. Sover sy siekte hom toegelaat het, het by rondgereis, mense en besienswaardighede besoek, bedrywe bestudeer, in kort, ore en oë oopgesit vir alles wat Suid-Afrika hom kon leer. Sy verblyf in Suid-Afrika was betreklik kort maar in sy eie woorde,Ga naar voetnoot24 ‘dezelve is tevens geheel aan de beschouwing en navorsching van al het merkwaardige toegewijd geweest.’ En dit is waar. Hy observeer persoonlik net waar hy kan. As sy geswolle voete hom, veral tydens sy verblyf op Caledon, nie toelaat om te loop nie, ry hy, en as hy nie kan ry nie, laat hy hom dra (bv. in die Drupkelders). Maar wat hy wil sien, sien hy. Ja, ‘wat onderneemt een jong, hoogstgaand nieuwsgierig mensch al niet.Ga naar voetnoot25 Hy ‘doen’ Kaapstad veral na sy terugkeer van Caledon, as sy verbeterde gesondheidstoestand hom in staat stel om ook sy eie bene te gebruik. Dan, soos hy dit uitdruk, verloor hy ‘veel tyd met uitgaan en straatslijpen.’Ga naar voetnoot26 Maar met eie waarneming (‘beschouwing’) alleen is Teenstra nie tevrede nie. Hy ‘vors ook na’. Hy praat met ander mense,Ga naar voetnoot27 hy ondervra kenners en gesaghebbendes,Ga naar voetnoot28 hy lees die koerante en tydskrifte,Ga naar voetnoot29 hy bestudeer offisiële dokumente en opgawes,Ga naar voetnoot30 hy raadpleeg alle moontlike skrywers.Ga naar voetnoot31 Self sê hy dat hy meen ‘dat de bronnen waaruit ik geput heb (ook) het werk belangrijk zullen maken.’Ga naar voetnoot32 So is dit inderdaad. ‘Beschouwing en navorsching’ maak Teenstra se beskrywing van die Kaap een van die volledigste, betroubaarste en bes-gedokumenteerdste werke van die tydperk. Ander eienskappe van Teenstra verhoog die waarde van die werk soos dieselfde eienskappe, en ander, ook soms afbreuk doen daaraan. Wat was hierdie eienskappe soos uit sy werk blyk? Wat sy persoon betref moet Teenstra nie alleen van goeie | |||||||||||||||||||
[pagina XVII]
| |||||||||||||||||||
familie en bemiddeld gewees het nie,Ga naar voetnoot33 maar - en dit is veral vir ons van belang - was hy 'n man van besondere ontwikkeling en beskawing. Sy ontwikkeling blyk o.a. uit sy deeglike kennis van die Latynse en Franse tale en letterkundes (ek dink hier veral aan sy aanhalings uit Latyn en Frans en sy verwysings na die klassieke mitologie);Ga naar voetnoot34 sy kennis bowendien van Duits en Engels;Ga naar voetnoot35 sy groot kennis en beheer van sy eie taal, algemeen-beskaafd en vakkundig;Ga naar voetnoot36 sy geoefende tegniese begrip;Ga naar voetnoot37 sy belesenheidGa naar voetnoot38 en studievermoë wat hul, behalwe in letterkundige kennis,Ga naar voetnoot39 toon o.a. in ruime kennis van geskiedenis,Ga naar voetnoot40 aardrykskunde,Ga naar voetnoot41 en die filantropiese (verligte) opvattings van sy tyd,Ga naar voetnoot42 met ook 'n mate van kennis van natuurkundeGa naar voetnoot43 en plantkunde;Ga naar voetnoot44 sy sin vir wetenskaplike volledigheid en noukeurigheid, sowel in sy eie waarnemingsGa naar voetnoot45 as in die opgawe van verworwe feiteGa naar voetnoot46 | |||||||||||||||||||
[pagina XVIII]
| |||||||||||||||||||
en van bronne;Ga naar voetnoot47 sy geoefende finansiële begrip;Ga naar voetnoot48 sy grondige kennis van die Bybel.Ga naar voetnoot49 Sy beskawing blyk uit die intellektuele, opgevoede toon van sy werk; uit sy uitgelese vriendekring aan boord skipGa naar voetnoot50 en in Kaapstad;Ga naar voetnoot51 uit sy ontwikkelde kunssmaak, kunsaanleg en maatskaplike opvoeding (haal met oordeel en gepastheid aan uit die internasionaleGa naar voetnoot52 en die Nederlandse literatuur,Ga naar voetnoot53 laasgenoemde veral van eie tyd; dig selfGa naar voetnoot54; het liefde vir en sing selfGa naar voetnoot55; speel op die pianoGa naar voetnoot56; het oog vir tuinaanlegGa naar voetnoot57 en argitektuurGa naar voetnoot58; besoek balsGa naar voetnoot59 en skouburgGa naar voetnoot60); uit sy hoogstaande sedelike en godsdienstige (Christelike) opvattings,Ga naar voetnoot61 gepaard met verhewe mensliewende gevoelGa naar voetnoot62 en gevoel van maatskaplike verantwoordelikheid;Ga naar voetnoot63 uit sy strewe na onpartydigheid en waarheid;Ga naar voetnoot64 uit sy geestigheid, soms swaar-op-die-hand, maar selde of nooit onverfynd nie;Ga naar voetnoot65 uit sy sterk skoonheidsgevoel vir die natuurGa naar voetnoot66; uit sy selfkennis,Ga naar voetnoot67 natuurlikheid,Ga naar voetnoot68 goeie maniere en fyn gevoel.Ga naar voetnoot69 | |||||||||||||||||||
[pagina XIX]
| |||||||||||||||||||
In verband met Teenstra se godsdienstige opvattinge, lyk dit of hy MennonietGa naar voetnoot70 (Doopsgesinde) was, 'n Protestantse sekte wat steeds sterk in Groningen en Friesland gewees het en wat besonderlik die klem lê op onderlinge en internasionale liefde en verdraagsaamheid. Teenstra was ook Vrymesselaar,Ga naar voetnoot71 'n organisasie wat eweneens bekend staan vir sy beklemtoning van die beginsels van broederskap van die mens en sosiale diensvaardigheid. Beide as Mennoniet en Vrymesselaar sluit Teenstra dus volmaak aan by die godsdienstigfilantropiese opvattings wat ons eerder van hom teengekom het en is waarskynlik, naas sy liberale opvoeding, die verklaring daarvan. As ons by Teenstra se afkoms, ontwikkeling en beskawing, voeg sy Hollanderskap,Ga naar voetnoot72 sy jeug, die aantreklikheid van 'n paar helderblou oë,Ga naar voetnoot73 van 'n gladgeskeerde blykbaar frisse Hollandse gelaat,Ga naar voetnoot74 van 'n aangename welbespraaktheidGa naar voetnoot75 en goedlagsheid,Ga naar voetnoot76 en, altans by sy aankoms, van 'n sieke hulploosheid,Ga naar voetnoot77 hoef ons ons nie daaroor te verwonder nie dat hy spoedig 'n groot en warme vriendekring verwerf het en dat blykbaar veral die vroue hom op die hande gedra en vertroetel het.Ga naar voetnoot78 Bowendien, hoewel streng van sedelike en godsdienstige opvattinge, was Teenstra allesbehalwe 'n lewensontvlieder. Hy hou van sy gerief;Ga naar voetnoot79 van gesellige omgang, feestelikhedeGa naar voetnoot80 en geselskapsvermakeGa naar voetnoot81 sowel as kunsvermaak;Ga naar voetnoot82 hy rook;Ga naar voetnoot83 eet graag lekker;Ga naar voetnoot83a is gesteld op sy wynGa naar voetnoot84 en veral - gesels | |||||||||||||||||||
[pagina XX]
| |||||||||||||||||||
graag.Ga naar voetnoot85 Blykbaar het hy selfs die verwyt gehoor dat hy 'n praatgraag is.Ga naar voetnoot86 Hoe dit sy Teenstra word orals met oop arms ontvang, ̇kom met almal en alles in intieme aanraking, en juis hierdie noue kontak met sy omgewing gee sy werk verhoogde waarde en vorm een van die aantreklikste eienskappe daarvan. Nieteenstaande sy filantropiese idees is Teenstra 'n welbewuste Hollander. Sy nasionale gevoel is sterk en herhaalde male kan hy dit nie nalaat om die deugde en eerbaarheid van die Hollandse volk in die hoogte te steek teenoor die van die Engelse volk nieGa naar voetnoot87 en soms self hatelik te wees teenoor die Engelse.Ga naar voetnoot88 Hierdie teenstrydigheid in Teenstra tussen sy internasionale idealisme en nasionale realisme is in sekere sin tipies Hollands. Tipieser Hollands is egter ander eienskappe van Teenstra: sy deeglikheid en presiesheid; sy hoë graad van algemene ontwikkeling; sy uitgesproke kritiese sin; sy sterke godsdienssin; sy behoefte aan geselligheid; sy oop oog vir die goeie dinge van die lewe. Ja, en tipies ook bepaalde ‘défauts de ses qualités’. Teenstra let goed op die duite, byna tot inhaligheid toe;Ga naar voetnoot89 sy ernstige Hollandse natuur verlei hom soms tot oordrewe moralisasie;Ga naar voetnoot90 sy Hollandse fatsoenlikheidsgevoel tot preutsheid.Ga naar voetnoot91 Persoonlik openbaar hy ook 'n gevoeligheidGa naar voetnoot92 en verbeeldingstoestandGa naar voetnoot93 wat heeltemal pas in die romantiese gees van sy tydperk (±1775-±1875), maar wat ons vandag soms as oordrewe aanvoelGa naar voetnoot94 en wat hom b.v. in sy beoordeling van die slawekwessie tot te felle veroordeling van die voorstanders van die stelsel verlei.Ga naar voetnoot95 Met die oog op al bogenoemde hoedanighede van Teenstra is dit geen wonder dat ons in sy Vruchten een van die belangrikste werke oor die Kaap uit die tyd het nie. Teenstra se persoonlike eienskappe en persoonlike waarnemings maak | |||||||||||||||||||
[pagina XXI]
| |||||||||||||||||||
die grondslag hiervan uit, maar hy doen ook wat byna geen ander reisbeskrywers doen nie nl. sy waarnemings, waar moontlik, terugbring op die basis van offisiële beskeide en hulle toets aan die bevindings van ander gesaghebbende skrywers. Sy werk is nie van historiese belang in die sin dat dit ons kennis van die politieke geskiedenis op belangrike wyse aanvul of veel belangriks meedeel omtrent die oorspronklike inboorlinge van die land en verre binnelandse toestande soos die geval is met die meeste ander belangrike reisbeskrywers nie. Alleen oor die Hottentotte doen hy enkele mededelingsGa naar voetnoot96 (veral hul luiheid en vuilheid vind hy onverdraaglik), terwyl hy die Kaffers slegs terloops noem en sy berig oor die Slagtersnek-gebeurtenisse en die Gaika-geskiedenis is heeltemal tweedehands.Ga naar voetnoot97 Nee, die belangrikheid van sy werk lê op ander gebied. Vir sy eintlike behandeling beperk Teenstra hom tot die werklik besogte streke nl. Kaapstad (bakermat van Suid-Afrika) en die onmiddellike ‘Overbergse’ omgewing, veral Caledon. Hiervan gee hy ons 'n taal- en kultuur-historiese beeld. Maar dit is dan ook 'n beeld soos deur geen ander sedert Kolbe en Mentzel geëwenaard nieGa naar voetnoot98 en, met moontlik een uitsondering,Ga naar voetnoot99 ook geeneen na Teenstra nie. Bowendien het Teenstra hierdie belangrike voordeel bo al die ander reisbeskrywers, met gedeeltelike uitsondering van de Jong: hy tref deurlopendGa naar voetnoot100 'n vergelyking met ‘vader- | |||||||||||||||||||
[pagina XXII]
| |||||||||||||||||||
landse’ toestande in Holland (insonderheid in verband met boerderyGa naar voetnoot101), wat vir die student in Afrikaans-Dietse kultuurgeskiedenis 'n uiters belangrike element in sy werk is, aangesien die Afrikaanse taal uit die Hollandse taal en die Afrikaanse kultuur, in die meeste van sy wesenlike aspekte (godsdiens, sedes en gewoontes, regswese, kunsbeskouing, politieke sin) uit die Hollandse kultuur ontwikkel het, terwyl die Hollandse kultuur ook op ander aspekte sy onmiskenbare, soms deurslaggewende, kenmerke gelaat het (onderwys, openbare instellings, bestuursvorme, pers, letterkunde, toneel, kerkmusiek, boukuns, boerderymetodes en vervoer).Ga naar voetnoot102 Dit lyk my gewens om meer in besonderhede stil te staan by Teenstra se positiewe bydrae tot die kennis van ons Afrikaanse taal- en kultuurgeskiedenis. Wat taal betref is Teenstra die eerste gewees om spesifiek en presies te gaan beluister wat die ‘verbasterde Hollands’ aan die Kaap is en ons sy bevindings so noukeurig en trou moontlik mee te deel. In sy samespraak op Caledon, met toeligting,Ga naar voetnoot103 kry ons wat ons kan noem, ons oudste wetenskaplike dokument in Afrikaans en oor Afrikaans, en die stuk het dus buitengewone waarde vir ons taalgeskiedenis. Wat hierdie waarde presies is verklaar prof. dr. J.L.M. Franken in sy beskouing oor die samespraak. Ook gee prof. Franken ons 'n lys van ander Afrikaanse woorde en uitdrukkinge wat Teenstra tussen deur sy teks noem of gebruik. Wat betref die algemene kultuurgeskiedenis kry ons miskien die beste kyk daarop as ons Teenstra se mededelings probeer groepeer.Ga naar voetnoot104
1. Aardrykskundig.
| |||||||||||||||||||
[pagina XXIII]
| |||||||||||||||||||
2. Geskiedkundig.
3. Bevolking. Getalle; stedelik (Kaapstads) en landelik; blank (Hollands en Engels) en gekleurd (slawe, Hottentotte, Kaffers); twee stamvaders: Swart en Wessels;Ga naar voetnoot108 tabelle B, C, E. 4. Godsdiens. Kerke (vgl. 1 (b), (c), (d), (e)); kerkgenootskappe, veral Nederduits-Gereformeerd; godsdienstigheid.Ga naar voetnoot109 | |||||||||||||||||||
[pagina XXIV]
| |||||||||||||||||||
5. Geaardheid, sedes en gewoontes, kunsteGa naar voetnoot110.
6. Reis en vervoer. Perde (beskrywing, waarde, behandeling); osse (beskrywing, behandeling); karre (chais); | |||||||||||||||||||
[pagina XXV]
| |||||||||||||||||||
waens; remskoene; swepe; tuie; manier van trek en bestuur;Ga naar voetnoot118 behendigheid van koetsiers.Ga naar voetnoot119 7. Landbou en Veeteelt. Verskeidenheid van gewasse; ploegery (manier en hoeveelheid); vorm van ploeg; wynbou; graanbou; kweek; bemesting; groente- en vrugtekwekery; Kaapse kwepers; houtsoorte; skaapboerdery (Afrikanerskape); bokke; koeie; botter (swak); pluimvee; soorte plase; grondsoorte; kosbare transport; groot plase; slawearbeid; ruwe en onekonomiese bewerking van grond; ruwe vorm van dorsery; tyd en manier van saai; maat i.p.v. gewigsberekening;Ga naar voetnoot120 pryse; tabelle B, C, F. 8. Handel en bedryf. Stedelik en plattelands; invoer en uitvoer; wisselkoers en papiergeld; skeepvaart; robbevelle en -produkte; tabelle E, F, G, H, I, K. 9. Diere (wilde), voëls, insekte en visse. Dieretuine; diersoorte (veral leeu, wolf, wilde kat, Kaapse esel, jakkals, aardvark); slange (soorte en beskrywing van meeste); skubdiere of akkedissoorte (o.a. likkewaan); voëls (o.a. kuikendiewe, aasvoëls, vinke, fisante, swawels); insekte (vlieë, miere, skoenlappers, sprinkane e.s.m.); visse (soorte en beskrywing van sommige). 10. Bome, plante en blomme. Skoonheid en verskeidenheid (met besondere vermelding van silwerboom, suikerbos, sewejaartjie, heide en skellingsrosie); medisinale plante (insonderheid kruidjie-roer-my-niet, boegoe); Turksvye; wasbessie. 11. Allerlei.
| |||||||||||||||||||
[pagina XXVI]
| |||||||||||||||||||
Van buitengewone belang in verband met bostaande groepering is veral Teenstra se topografies-historiese beskrywing van Kaapstad; sy beskrywing van die sedes en gewoontes van die tyd; sy noukeurige mededelings oor reisen vervoermiddele; sy behandeling van die slawekwessie (o.a. soos die beskaafde Europeër van die tyd dit beskou het); sy goeie uiteensetting van wingerd- en graanboerdery; sy beskrywing van die badkuur op Caledon; sy beskrywings van Hottentotte, Afrikanerskape en die Drupkelders; sy uitvoerige bronnevermelding en leersame tabelle (laasgenoemdes dikwels self saamgestel). Behalwe dat Teenstra se werk belangrik is as kultuurhistoriese vraagbaak, is dit besonder leesbaar deur sy styl. Op sy taalrykdom en geestigheid is reeds gewys; die persoonlike toon, hoewel soms bietjie swaar-op-die-hands,Ga naar voetnoot122 is warm, eg, beskaaf en intelligent; bowendien besit Teenstra die gawe van lewendige en beeldende beskrywing. Ek dink, in laasgenoemde verband, aan sulke kleurryke toneeltjies soos die skeepsdrukte as Teenstra aan boord gaan,Ga naar voetnoot123 die dektoneel as die skip vertrek,Ga naar voetnoot124 die Neptunus-fees,Ga naar voetnoot125 sy aankoms in Kaapstad,Ga naar voetnoot126 die skeerparty met die swart barbier,Ga naar voetnoot127 die jagparty op die hoender in die badhuis,Ga naar voetnoot128 Afrikanerskape,Ga naar voetnoot129 die dansparty van die Hottentotte,Ga naar voetnoot130 die Afrikaanse samespraak op Caledon,Ga naar voetnoot131 die wedrenne,Ga naar voetnoot132 e.s.m.; sulke treffende natuurtonele soos aan boord skip, langs die weg gedurende sy landreise, in die drupkelders, ens.;Ga naar voetnoot133 die spannende leeugeveg in die dieretuin;Ga naar voetnoot134 die roerende slaweverkoping.Ga naar voetnoot135 Ja, en soos hy die Afrikaners soms self aan die woord laat, verhoog hy die kleur en lewe van die boek en steek hy hulle onbewus 'n pluimpie in die hoed vir hul slagvaardigheid. As Barrow die Hollandse regering veroordeel in vergelyking met die | |||||||||||||||||||
[pagina XXVII]
| |||||||||||||||||||
Engelse, antwoord die Kapenaars, ‘ja, toen hadden wij eene galg met zeven en thans hebben wij er eene met een-en-twintig pennen’.Ga naar voetnoot136 As Teenstra die Kapenaars oor hul slawebesit wil bedil, sê hulle ‘Gij zijt zoo kersvers uit Europa, met een vooroordeel tegen den slavenhandel’Ga naar voetnoot137, ens. As hy die Kaapse vroue verwyt dat hulle alles weet van mooi aantrek en mooi handwerk maar niks van huiswerk en koskook nie, antwoord hulle, ‘hiervoor hebben wij de zwarte meiden, die bij pot en fornuis kleuren.’Ga naar voetnoot138 En ook die boere is nie op hul mond gevalle nie.Ga naar voetnoot139 Teenstra se werk, stilisties beskou, is geen letterkunde nie. Daarvoor besit hy nie die nodige oorspronklikheid, krag en roering van siening en segging nie. Maar Teenstra gee ons 'n beskrywende geskrif, begaafde joernalistiek van 'n gehalte wat sy werk, wat anders alleen kultuur-histories belangrik en aantreklik sou wees, ook as leesgeskrif besonder genietbaar en onderhoudend maak. Mag Teenstra onder die Suid-Afrikaanse publiek en studentedom dieselfde waardering ondervind wat hy reeds in 'n kleinere kring van kenners verwerf het. |
|