1. |
(a) | Die doel van die Vereniging is om seldsame en waardevolle boeke, pamflette en dokumente betreffende die geskiedenis van Suid-Afrika te druk, of te herdruk, ter verspreiding onder die lede en vir verkoop aan die publiek. |
(b) | ‘Die Vereniging sal 'n liggaam met regspersoonlikheid wees wat in staat is in sy eie naam te dagvaar of gedagvaar te word.’ |
|
2. | ‘Die Raad waarvoor hierna voorsiening gemaak word, sal op sy eerste vergadering na die verkiesing die jaarlikse intekengeld vir die volgende kalenderjaar bepaal en dié jaarlikse intekengeld sal op 1 Januarie van elke jaar betaalbaar wees.’ |
3. | Elke lid van die Vereniging is, na betaling van sy intekengeld, geregtig op 'n eksemplaar van elke werk deur die Vereniging uitgegee gedurende die tydperk waarvoor sy intekengeld betaal is, en om te stem op die Algemene Vergaderings. |
4. | 'n Algemene Vergadering van intekenaars word jaarliks binne die eerste vier maande van die jaar gehou. |
5. |
(a) | Die beheer oor die werksaamhede van die Vereniging berus by 'n Raad van nege lede, 'n Voorsitter, 'n Tesourier en nog ses ander lede, wat by sodanige Jaarlikse Algemene Vergadering gekies word, en die Bibliotekaris van die Suid-Afrikaanse Biblioteek as 'n ex officio lid; met dien verstande dat indien genoemde Bibliotekaris as Voorsitter of Tesourier verkies word, nog sewe ander lede verkies sal word plek van ses sodat die Raad altyd uit ten minste nege lede sal bestaan. |
(b) | Elke bevoegde intekenaar kan tot lid van die Raad verkies word, mits:-
(i) | hy behoorlik deur twee ander bevoegde intekenaars skriftelik genomineer is (L.W. 'n bevoegde intekenaar is 'n lid wat op die datum van die aankondiging van die Jaarlikse Algemene Vergadering 'n lewenslange lid is, of wat sy intekengeld vir die lopende jaar of die vorige jaar betaal het); en |
(ii) | synominasie die kantoor van die Sekretaris nie later as twaalfuur op die 21 ste dag voor die dag van die Vergadering bereik het nie. |
Onmiddellik daarna word alle nominasies deur die Sekretaris aan die lede gestuur. |
(c) | Kennisgewing van sodanige vergadering word minstens ses weke voor die datum van die vergadering aan lede gestuur. |
(d) | Die Raad het die reg om te alle tye een ekstra-lid te ko-opteer wat 'n bevoegde intekenaar moet wees. |
|
6. | Die Sekretaris of Sekretarisse word deur die Raad aangestel. |
7. | Die Raad vergader wanneer nodig vir die afhandeling van sake. 'n Kworum bestaan uit drie lede, en die Voorsitter het 'n beslissende stem. |
8. | Iedereen wat werk vir die Vereniging persklaar maak en uitgee, kry desverkiesende vyf-en-twintig gratis eksemplare van sodanige werke. |