Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 275]
| |
H.H. Joubert.Joubert is in 1874 in Murraysburg (Kaapland) gebore, waar hij skool gegaan het tot na matrikulasie. Daarna het hij 'n tijd lang onderwijs gegee, en na die Boere-oorlog prokureurs- en notaris-eksamen afgelê. Sedert 1905 is hij als sodanig werksaam in Middelburg (Transvaal). Reeds in sij skooldae het hij hom besig gehou met verse skrijwe, maar in Engels. Die verskijning van Celliers se Vlakte was aanleiding om van koers te verander en Afrikaans als uitingsmiddel te gebruik. Van hom het verskijn: Verse oor Piet Retief en ander gedigte (1911), Dageraad en Sonneskijn (1918).
Joubert se eerste bundel is, naar hij self in sij Voorwoord meedeel, geïnspireer deur Piet Retief van Preller, en die leser word veronderstel op die hoogte te wees van die geskiedkundige feite, soos in Preller se Retief-monografie uiteengeset. Aan die hand hiervan bepaal hij hom, in navolging van Totius se Verse van Potgieters Trek, tot 'n fragmentariese behandeling van Retief se trek van die aanvang af tot na die slag bij Bloedrivier. In droefheid seg ik u vaarwel, o Land!
Mijn vaderland, ik breek die tere band
wat soveel jare ons verbond tot éen;
ik wend mijn skrede naar die Noorde heen.
So lui die aanhef van Retief se ‘Afskeid’, waarin tewens die redene van sij trek aangegee word. Dan word ‘die onbekende land’ geskilder wat vóór hom lê in ‘wasige heimnis bedolwe’, en waaruit ‘'n roep van vrijheid’ hom teëklink. Sij trek vang aan: Ossewaens, loom en lomp,
slinger aan in lange rije,
kronkel heen om steen en stomp
deur die wilde woestenije.
Retief het Dingaan, die Soeloekoning, besoek om grond in Natal te verkrij, en is met sij perdepatrollie op die terugtog deur die woeste laagland: | |
[pagina 276]
| |
Die dale is ruig en die weë
wreedaardig verstotend en swaar,
deur struikrijke streke geleë,
deursluip van die sluwe barbaar.
Die ruiters dring heen langs die hange,
vermoeid met die reis van die dag;
deur bedwelmende loomheid gevange,
hul hijg naar die koel van die nag.
Op die hoogland gaat dit vinniger vooruit: Ruige streke
is geweke.
Perdepote
tripp'lend gaan;
reisgenote
welvoldaan,
swaai en skommel -
daar is om hul
voëlgekwetter...
Eindelik trek die ruiters op 'n galop: Die ure verloop en die weg is nog lang,
die pas is verdwijn in die vlieënde gang;
die stofwolke swewe in dampe opsij
om storend te sijg op die huiwrende wei.
Dan volg Die trek Drakensberg af: Die reuse-top rijs hoog uit bo die wolke
en tronend siet op wasige oorde neer.
Daaronder gaap die grondelose kolke,
ombruis met golwe van een lowermeer.
Daar skram en skuur die duisend waë-wiele
en sukkel knarsend oor die klippe heen,
dog liewend wieg een duisendtal van siele -
hul trouwe troos bij rouwklag en geween.
En steen op steen skuif klotsend langs die wande
en spring die duiselende steiltes af,
om diep en stil in donk're oewersande
hul rus te vinde in een eeuwe-graf.
| |
[pagina 277]
| |
Die echo's rommel deur die diepe klowe;
die skuw' bewoners van geheime woud
verstom en tuur in bewing heen naar bowe,
besorgd om hulle skoon kasteels behoud.
Dingaan word deur sij renbodes daarvan verwittig: Koning, O! koning, die witmense stroom
in duisende, duisende, duisende aan.
Die swierige bos en die tronende boom
word gemartel, vermorsel, vermink op hul baan.
Koning, O! koning, die berge die beef
en die klowe weerklink met een vreemde gesang;
die dale die wemel, die velde die leef,
en alomme verbrei sig een vreemde gedrang.
Verder word agtereenvolgens die moord op Retief en sij manskappe, die moord bij Blouwkrans en die slag bij Bloedrivier geskilder, waarbij die digter egter veel meer werk maak van sij verstegniek en van 'n bijna doorgaans als besielde wese voorgestelde natuur, als van die gebeurtenisse self. Joubert verklaar dat hij sij inspirasie van Preller ontvang het, maar wie sij verse naas Piet Retief lê, bemerk dadelik dat hij nog meer als ‘inspirasie’ en feitemateriaal aan Preller ontleen het. En dat die prosaskrijwer, naar prof. de Vooys opgemerk het, dit dikwels in plastiese krag van die digter win, kan uit 'n vergelijking van die volgende parallel plekke blijk. Van Drakensberg se top af laat Preller Retief neerblik op Natal: Soos 'n reusagtige landkaart lê Natal daar voor hom uitgesprei: bosrijke klowe en laagtes, vrugbare vlaktes, trotse berge. Hier en daar blink vreemde rivier-waters in die sonlig, of kronkel soos 'n silwer lint deur die heuwelsee, wat van die bergvoet af wegrol in blouwe afstand, tot waar hemel en aarde bijmekaar kom; - en dáar, anderkant, moet ook die see wees, die see wat vrijheid sou aanbreng van die oue verdrukker! Dáar, vér links, moet die Soeloekoning woon, waar dit alles aan behoort; dáarheen sou hij rij en van hóm die reg verkrij om sijn volk hier te plant, en hier in vrede en geluk te laat groot word en sterk! | |
[pagina 278]
| |
en stapel die hoge, loodreg afvallende wande voortdurend 'n indrukwekkende en met die sonlig-beskijning van toon en kleur wisselende natuurkasteel, tussen die nuwe wêreld en dié-een waar hul vandaan kom. Grillig uitgetand, grijns die bergkam teen die blouwe môrelug: met punte en uithappe en kasteelvormige gevaartes, wat van verte plat lijk, soos uitgeknipte bordpapier. Daaronder sprei 'n breë golwing van ronde randjies en koppe 'n fluwelige luister van brutale lentegroen ten toon, wat in die vérte onmerkbaar oorgaan in 'n skugter-blouw môreskaduw, met wit newelwolkies hier en daar in die holtes. Bij Joubert heet dit: Hier staan ons voor die poorte van 'n luswarand, Die volgende is 'n toneel uit Dingaan se hoofstad, kort voor die moord op Retief: Ondertussen gee Dingaan bevel aan die soldate om vir tijdverdrijf van die witmense te dans en te sing, wat onmiddellik in al die vreemde woestheid daarvan 'n aanvang neem, en al akeliger word naarmate die soldate warm en meer opgewonde raak. Twee duisend pare voete kom in forse beweging om tijd te hou naar 'n wild-éentonige maatsang, waar die nugtere aarde van dreun en dril onder die neergehurkte Boere. Gelederewijs val die kaffers beurtelings terug, sover als die ruimte van die plein en die plek wat hul opneem toelaat, en dein dan al singende weer aan op die klompie blanke, soos die golwe van 'n onweer see.Ga naar voetnoot2) | |
[pagina 279]
| |
Uit Joubert se skildering van die Kafferdans blijk dat dit hom eigenlik meer te doen is om rijmklanke en alliterasies: Trillend staat die swarte rei!
Glans-deurwewe velde bewe
in hul pêrel-swaar gewaad
vir naadrend kwaad.
Woelend kom die woeste rei,
soos die golwe opgedolwe
uit die dieptes van die see,
bevrag met wee!
Ebbend dein die wije rei;
menig wilde skal der skilde
tref die angsbevange lug
als doodsgerug!
Dreigend keer die reuse rei
en hul nader altegader
met een duis'lend maatgestamp,
voorspellend ramp.
Bonsend bruis die swarte see
als met klotse op die rotse
van een golfbestookte strand
van hoge land!
Ruige seeë, geswolle wee,
woedend grom hul en verrommel!
Oor die bange bulte heen
gier hels geween!
Ten slotte nog enkele gedeeltes uit Preller se skildering van die moord self. Terwijl die kafferdans in volle gang is, laat Dingaan plotseling 'n fluitsein hoor en skreeuw: ‘Bábaanbê!’ (‘vang hul!’): Op die sein stort twee duisend Soeloes hul als 'n neerwaggelende muur op die klompie blanke. ‘Verraad!’ skrik 't uit 'n paar kele skerp en ernstig als die dood. ‘Here help!’ roep 'n ander boëntoe. Op die grond, waar hul daar sit, word die meeste neergedruk en getrap, vóor hul sig kan verroer om op te spring... Soveel Soeloes als maar vatplek kan krij, pak en sleep hul almaal 'n end weg. Buitekant die ringmuur word almaal met rouw-rieme vasgebind; en daarop so lewendig als hul nog is, 'n skerpgepunte stok in iedere liggaam gedrijf, sodat die punt daarvan in die borskas tereg kom en die slagoffer aan die stok gedraag, 'n regop houding het, waarop des te gemakliker kan geslaan word. | |
[pagina 280]
| |
eindlik éen laaste slag daar 'n doodse stilte laat ontstaan. - En toen eers was ook sijn beurt daar! Met knopkieries werd hij afgemaak...!Ga naar voetnoot1) Teenoor hierdie fors-aanskouwelike tekening maak die volgende van Joubert maar 'n povere indruk:
Die groot verraad.
Onverhoeds stort die troep
op die arglose groep.
Met verbrijs'lende mag
word die helde geslag
gemartel, vermink.
Oor die velde klink
luid noodgeroep
en wanhopig gegil.
Die lug word verskeur deur jamm'r en gesnik
en alles 's dan stil.
Tot in sijn diepste diepste ril
die aarde van huiw'ring en skrik!
Joubert se poësie beweeg sig tussen twee uiterstes. Soms bevat dit te veel tegniek en dan weer te weinig. Neem b.v. die volgende verse. Die onbekende land spreek: Diep in mijn eensaamheid het mijn gemeensaamheid
met geheime, vir eeuwe bewaar,
mij omhul in 'n drag van mysterieus gesag,
waar die heemle in ootmoed op staar.
Mijn onmeetlik domein in die vérte verdwijn
om weelde uit die ruimte te puur,
en in lustige luim wil 'k mijn luister verruim
uit die glans van die lonkend' asuur.
Die vorm en ritme is die van Iris en Die Vlakte. Maar waar Celliers volkome meester is van sij tegniek en dit diensbaar weet te maak aan 'n treffend-juiste natuurbeelding, daar word Joubert deur sij tegniese vaardigheid verlei tot 'n sinledige klankespel. Want al wat van hierdie verse kan gesê word is dat hulle mooi | |
[pagina 281]
| |
klink. Maar owerigens moet 'n gewone mens daar ‘in ootmoed op staar’, omdat die taal van die onbekende land net so geheimsinnig is als sij ‘drag van mysterieus gesag’. Wil 'n mens nog sprekender voorbeeld van minderwaardige jagmakerij op absurde rijmklanke, waarin selfs geen sweem van digterlikheid te bespeur is nie, hoor dan hoe die digter 'n vrijheidslied van die trekkers karakteriseer: En wat moet 'n mens sê van 'n Roep van Vrijheid? Kunstig in mekaar geset, seker! Maar ook ewe seker een van die mees sinledige stukke ‘woorde geping-pong’ wat nog in Afrikaans geskrijf is. Aldus die eerste strofe: Daar klink 'n roep van vrijheid, wat deur die ruimte boor;
hij is so blij en voëlvrij
als vreugdevolle akkoorde van 'n duisendmanne-koor,
omvangrijk als die breë
en wije wieg der seeë
in 'n glasend-reine oneindigheid verdwene en verloor.
Deur luswarande wentel hij,
'n stroom van malse melodij,
en strelend glij langs steel en loof soos sang van engele-koor.
En dis nog nie al nie. Die roep van vrijheid is ‘so skoon als maagdekoon, waarop die tinte tuimel met roserooi omring’; hij is al verder ‘so keurig-soet als geur gebore uit die kleure van 'n bloeisel-blije tuin’; en wat die verkleurmannetjie-harlakijn ten slotte uitrig is ongelooflik, want ‘hij spring oor lome bome en luierende strome, en vrijend strijk die wangeskaar van menig bergekruin’! En tussen die rijkdom van klankespel en vormtegniek tref 'n mens weer sulke stukkies nugtere kinderpraat aan als die volgende: | |
[pagina 282]
| |
U vraag mij van mijn land ter woon?
Ik wil u mild en ruim beloon,
maar eers besorg mij terug die vee,
van mij gesteel nie lang gelee.Ga naar voetnoot1)
Voor Sinkonjella het u eens geleer
om immer reg en rang te respekteer.
In gulle vriendskap sta ik af die grond;
ons sluit een eeuwigdurend vree-verbond.Ga naar voetnoot2)
In sij tweede bundel, Dageraad en Sonneskijn (1918) sprei Joubert so'n buitensporige weelde van klanke en kleure ten toon, dat die leser bij wijle letterlik daardeur oorstelp word. Reeds die aanhef van die eerste gedig, Mij Taal, is kensketsend vir die hele bundel: Mij taal is vol soos 'n magtige see,
lewend, lewend-vol van akkoorde,
in duisende beurend oor bruisende boorde,
melodie-groot uit die worstling getree.
Als Celliers 'n span osse voorstel met ‘die koppe gebuk in hul beurende krag’, dan is daarmee dadelik die inspanning van die beeste geteken èn deur die beeldende alliterasie èn deur die rake aanwending van die woord ‘beurend’. Maar watter voorstelling word daar gewek deur ‘akkoorde, beurend oor bruisende boorde’? Dis haas onbegrijpelik dat 'n digter hom deur jagmakerij op rijmklanke en alliterasie kan laat verlei tot sulke sinledige klinkklank. En dis met Joubert op bijna iedere bladsij van hierdie bundel die geval. Sij verse bestaan grotendeels uit 'n opeenstapeling van dansende klankereekse, wat moet figureer als 'n skildering van die natuur, maar waarbij doorgaans weinig gelet word op die betekenis van die klanke. Laat ons dit met enkele terloops gekose voorbeelde illustreer: Jonge sonne-bronne reen
silwer-prag op populiere.
Deur die blare flikker heen
tower-lig op runderdiere.
Sonneskijn
met weelde-wijn
vul die lome
lente-strome,
wek in geurend staande boorde
kwettersang vol kosende akkoorde.
| |
[pagina 283]
| |
Onder bome
lente-drome
(teer gerijg aan goue drade,
heen gevleg deur son en skade)
luier bo 'n spieël van weelde,
skep 'n skaar van tower-beelde -
skone wagte
om die bron van mij gedagtes.Ga naar voetnoot1)
Lelies staan in kleure room
langs die stille silwer stroom.
Goue lelies, jolig-blij,
bloos en neig in velde sij.
Lelies bij bespoelde rots
luister naar die bron-geklots,
g'lijk viole-note teer
wellend uit 'n vrede-meer.Ga naar voetnoot2)
O! mij nooi is die skone Natuur.
Ek voel mij so blij en verjong als sij
met 'n deuntjie, kies, van 'n geurige bries,
roer wakker mij lewensvuur.Ga naar voetnoot3)
Van loof-verweel die kleure glij
en stroom omlaag in strale sij.
Ge-inspireerde blare roer
en strooi die vloer met perlemoer.
En Liefdes emeralde-blos
lê teer op varens en op mos,
en Liefde rijg aan neigend gras
'n snoer van goue pêrels vas.Ga naar voetnoot4)
Alles ‘poëtelijck gheïnventeert ende rhetorijckelijck ghecomponeert’! Lees sulke verse hardop, en 'n mens moet erken dat van klank en ritme 'n sekere bekoring uitgaan. Maar owerigens het ons hier enkel jagmakerij op alliterasie, gesogte beelde, woorde geping-pong, rederijkerij. Joubert skijn bij die aanblik van die natuur plotseling in 'n toestand van begeesterde sielsverrukking te geraak, en dan is dit nie meer die Afrikaanse natuur wat hij sien en skilder nie, maar 'n eie verbeeldingswêreld, bevolk met fantastiese wonderbeelde: | |
[pagina 284]
| |
Beelde, beelde, wonder-beelde
swerrem stil in rijke weelde
(rijk in kragte)
om die bron van mij gedagtes.
Op die stroom lê sonne-vuur,
op die eike sonne-room.
Met die gaan van elke uur
dieper groei mij sonne-droom:
Heerlik sweef ek
en herleef ek
op die lug se rose-seeë,
glippend blij oor wolke-weeë
naar hooglande van verreining
en illusie-skoon verskijning.
Daar, daar is die see geen water
maar 'n diamante-vloed
wat van donderlag uitskater
en met vonke-strale voed
heel die hemel,
lewendig met wolk-gewemel.
Daar 's die gond-gewasse kust,
opgelig met vonke-spanders
en bestook deur rose-branders,
mij 'n vreugde en 'n lus.Ga naar voetnoot1)
Ja, dis 'n toweragtige wonderwêreld hierdie, 'n soort van digterlike weeldeparadijs, omring deur ‘blonde newel-mure, gelouterd in 'n bad van goue reen’ en ‘'n rose-deken hang oor die bergereuse, kloof-geplooi’, terwijl ‘'n breë val van purper-goue strale’ die ‘sneeuw-spelonke met vuurwerk-vonke’ verlig, alsof die ‘wolke van weelde ween’. In die paradijs staat 'n ‘weelde-woud behang met diamante’ en aan die takke van die bome lispel ‘goudgesoomde blare’. Bij wind-geroer saai die bome ‘diamante en 'n sware aroom, als of geblaas uit duisende blommonde vervul die woud’. En op die gras ‘aan blare en stele, swanger van die douw, hang duisende en duisende juwele’ wat ‘met lonke van gloeiende vonke van weelde ween en ween’. Daar word gehoor ‘bronmusiek van honderd beke, wat langs die hange plas met wilde spronge’ en ‘waar varens wuif van emeralde-boorde en emeralde druip’, daar ruis of bruis ‘ronde bronakkoorde, vol hoog musiek en vreugde ongetoom’ en weerklink ‘'n duisendnoot-voolgesang’. Die dageraad spreek daar ‘met duisend tonge’ en ‘uit oggend-douw en hemel-blouw stook die môre nektar, rein, vol geur en sonneskijn’. Daar vlieg ook ‘teug-bedwelmde goue bije’ rond en ‘bo viooltjies wiegel vooltjies, kwetterend in 'n laning rose’, terwijl swaaltjies swaai ‘deur die reen-swanger blouw’. Die ‘luswarand’ in sij geheel maak die indruk van ‘'n melk- en meerskuim-see van heerlikhede’! ‘Beeldrijke taal’ noem Joubert dit in sij meergemelde ‘remonstransie’. Maar voel die digter dan nie dat so'n skromelike oor- | |
[pagina 285]
| |
drijwing van beeldspraak en natuurpersonifikasie baje gouw ontaard in onnatuur en ‘digterlik-retoriese’ klatergoud, wat ten slotte selfs die mees welwillende leser met afkeer moet vervul nie? Laat ons een van sij mins weelderige gedigte neem, Dageraad, waarvan die aanhef lui: Die daagraad kruip die dieptes uit,
uit stille nag gebore,
en vleg 'n krans van pêrelglans
om slape van die môre.
Hij sweef op goue vleuels aan
en rij op wolke-some:
Daar's glimlag op die bergerij,
daar's blijdskap in die strome.
Hij skuif die wolle deken weg
van bergekruin en hange
en wek, so doend, 'n weelde-blos
op bolle rotse-wange.
Die eerste twee koeplette sou skilderagtig kan heet, was dit nie dat pêrelglans en goue vleuels al so beduimeld is onder digtershande, dat die glans daarvan totaal weg is en dit nie meer die minste uitwerking het op ons verbeelding nie. Maar die derde bevat 'n onvergeeflik-valse natuurvisie. Als Joubert die werkelikheid hier voor oge gehad het, kon hij nooit 'n rots ‘bekleed’ het met bolle wange nie. So is ook wolle deken en weelde-blos klatergoud en so doend 'n stoplap. 'n Enkele keer slaag hij daar tog in om sonder oordrijwing van klank of beeld die werkelikheid enigssins te benader. So'n wolkelandskap, met die weerkaatsing van die ondergaande son daarin, is ten minste gesien: In westerheem'le lê die wolke-lande.
Hul bergereekse, rose-sneeuw bedek,
verrijs als krullend-staande reuse wande -
die dale donsig onder uitgestrek.Ga naar voetnoot1)
So ook dit: Wije watervoor
op die ertjie-land
raak in groen verloor.
Water staat aan brand
tussen ertjie-blomme in die sonnegloor.Ga naar voetnoot2)
| |
[pagina 286]
| |
In die vorige hoofstuk is reeds opgemerk dat Joubert in sterke mate die invloed van Jacques Perk ondergaan het. Telkens tref 'n mens woorde en uitdrukkinge aan, wat aan Perk ontleen is. Veral Sanctissima Virgo het meermale bewus of onbewus op hom ingewerk, en een van sij sonnette, Donderweer, is daardeur geinspireer, soos uit 'n vergelijking van die twee sonnette, wat hier volg, kan blijk.
Sanctissima Virgo.
't Was bladstil, en een lauwe loomheid lag
En woog op beemd en dorre wei, die dorstten:
Zwaar zeeg en zonder licht een vale dag
Uit wolken, die gezwollen onweer torsten.
Toen is het zwijgend zwerk uiteengeborsten
En knetterende donders, slag op slag,
Verrommelden en gromden. Vol ontzag
Look ik mijn oogen, die niet oogen dorsten:
Een schelle schicht schoot schichtig uit den hoogen
En sloeg mij. Ik bezwijmde... ontwaakte, en zag
De lucht geschraagd door duizend kleurenbogen.
Daarboven, in een kolk van licht te pralen,
Stond reuzengroot de Jonkvrouw, en een lach
Voelde ik van haar verengeld aanschijn stralen.
Donderweer.
Verlate staan ek, stil en heel alleen,
en diep versonke in 'n vér gedagte.
Die nag se duister 's als die swart, vereen,
van tienmaal duisend maan-verlate nagte.
Toen breek die onweer met sij donderkragte
en vure los en slaat die nag, wat ween,
wijl hevig stoei in stijf verset, als wagte
van haar, die denne aldeur haar trane-reën.
Ek skrik - beklem, ontroer deur al die strijd, -
maar weldra wentel daar deur wolke-rete
'n sterre-heir en strooi 'n vrede-gloor
oor eensaam' woning en oor velde wijd.
Stil lê die Heelal, groot en ongemete,
geheime-swanger, in sij eeuwe-droom verloor.
| |
[pagina 287]
| |
Behoudens die ‘tienduisend maan-verlate nagte’ (wat weer kenmerkend is vir Joubert se oordrewe stijl), is hierdie sonnet een van die beste gedigte uit die bundel, al kan dit nog lang nie op een lijn gestel word met Sanctissima Virgo nie. Verder herinner versreëls als die volgende dadelik aan genoemde sonnet van Perk: ‘woedend grom hul en verrommel’Ga naar voetnoot1); ‘'n wee-geswolle swerk sweef swaar omhoog’Ga naar voetnoot2); terwijl die bekende versreël uit Iris: ‘Mij is gemeenzaam wie even eenzaam, ens.’, meermale in sij eerste bundel gebruik word.
Joubert besit ongetwijfeld talent, maar dit ontbreek hom aan 'n besef van ‘de eeuwige, spontaan-in-'t-leven-gestampte schoonheid van de eenvoud’! Hij besit tegniese vaardigheid, sin vir klank- en kleurskoonheid, gevoel, verbeelding, hartstog - almaal pragtige eienskappe in 'n digter. Maar daar moet nog iets bijkom en dit is geestesdiscipline: Naar eigen hand de vrije taal te zetten
Is eedle kunst, geen grens die haar ontkrachtte:
Beperking moet vernuft en vinding wetten:
Tot heerschen is, wie zich beheerscht, bij machte.Ga naar voetnoot3)
|
|