Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 288]
| |
Jong-Suidafrika.C.J. Langenhoven.Hoewel Langenhoven se digwerk maar 'n klein onderdeel vorm van sij letterkundige produksie, is dit tog van genoegsame betekenis om hom ook onder die digters 'n plekkie te verseker. En al hoort hij eigenlik nie meer onder die jong span thuis nie, kan sij digwerk die beste hier ter sprake kom, omdat dit betrekkelik laat eers in die lig gegee is. In die vorige hoofstukke is reeds melding gemaak van Langenhoven se verdienstes als skrijwer en kampvegter vir die offisiële erkenning van Afrikaans op die skool. Als advokaat-joernalis was hij jare lang redakteur van Het Zuid-Westen op Oudtshoorn, terwijl hij daarnaas 'n sekere bekendheid verkrij het als organiseerder van Jongeliede-vereniginge. Die vrug van hierdie werksaamheid is neergelê in Stukkies en Brokkies, leesboekie vir almaal en hulpboekie vir Kristelike Jongel.- en Debats-verenigings (1911). Hierdie ‘nederige werkie’, soos die skrijwer dit noem, is in 1914 herdruk als onderdeel van Ons Weg deur die Wêreld en ander Stukkies en Brokkies, oue en nuwe, 'n lijwige boekwerk van heterogene aard en met 'n sterk uitgesproke opvoedkundige karakterGa naar voetnoot1). Daarin kom ook 'n vijftigtal ‘versies’ voor, waarvan die skrijwer self opmerk: ‘Wat die versies betref - die skrijwer is nie 'n digter nie, maar daar is van die ou goedjies bij wat vir hom mooi is en dan kan hulle vir iemand anders hier en daar ook op 'n manier mooi wees. Diegene wat dit nie die moeite werd vind om te lees nie, sal dit maar oorslaan en mij vergewe dat ik mij één ou talentjie nie in die sweetdoek begrawe het nie’. Langenhoven het sij ‘één ou talentjie’ goed gebruik, want daar is inderdaad versies bij wat ‘op 'n manier mooi’ is, baje mooi selfs. Nie om die skoonheid van klank of ritme of plastiek nie, | |
[pagina 289]
| |
maar om die kernagtige eenvoud en waarheid daarvan. Langenhoven neem heeltemaal 'n afsonderlike plek in onder die Afrikaanse digters. Soos al sij ander werk, is ook sij poësie didakties van aard. Hij behoort tot wat genoem is ‘zoekers van nutte lering’ en herinner telkens aan digters als Huygens en Staring. Maar al is die tendens onmiskenbaar, dis nergens hinderlik nie, omdat hij nie preek of moraliseer nie, maar kort en kragtig uitdruk wat hij te sê het en meestal in pakkende, epigrammatiese vorm. soos uit enkele voorbeelde kan blijk:
Laster huldig, Roem beskuldig.
Soek jij om roem te werf uit enkle goeie dade?
Dan wijs jijself die omvang van jouw kwade:
Wie roem op enkle druppels uit die see?
Maak jij 'n ophef van jouw buurmans éen mistrap?
Dan wijs jij maar hoe reg hij anders stap:
Wie wijs éen gaatjie in 'n sif en spot daarmee?
Slimmer als mij raadsman.
'n Slimme man moet daardie wees,
Wat mij met reine raad kan dien -
In sake, donker vóor mij gees,
Met helder deursig lig kan sien.
Tog, ik is ver 'n slimmer man
Als hij: hij oordeel maar mij saak:
Maar ik moet hom beoordeel kan
Voordat ik hom tot raadsman maak!
Mij eige-ik.
Mij vijand haat ik nie omdat
Dit hij is wat ik haat:
Ik haat, verafskuw hom omdat
Dit ik is wat hom haat.
Ik het mij vriend nie lief omdat
Dit hij is wat ik min:
Ik het hom lief ter wille van
Die grille van mij sin.
| |
[pagina 290]
| |
Ik segen, vloek; ik dien, verdien,
Verderf, verdruk, verblij
Mij medereisigers hier op
Die paadjie langers mij,
Waar elk van almaal vir homself
Alleen geniet of lij:
Maar al die ander reis die pad,
Beskouw ik, net vir mij!
Aan die Renegaat.
Jouw volk nie goed genoeg nie? Maar die renegaat
Is altijd slegter tog als die wat hij verlaat!
Sal dan die beter volk 'n gulle welkoms gee
Aan d' allerslegste uit die slegter? Wees tevree
Om in jouw eie kring 'n hoër rang te haal -
Jij 's laag genoeg vandag om nie nog af te daal!
En als jij blij en rijs, dit sal jouw éendag tref:
Daar 's hoogheid, wat jouw laagheid eers nie kon besef!
Soms weet Langenhoven deur middel van goed gekose beelde uit die alledaagse lewe een of ander waarheid op treffende wijse thuis te breng, soos in die volgende gedigte:
Besit en Gebruik.
Jouw krag beteken niks: 'n perd het meer als jij,
Maar jij kan dit gebruik om hom te tem en rij.
En jouw geduld is niks: 'n donkie 't meer als jij,
Maar jij kan dit gebruik wanneer jij met hom rij.
Jouw kennis is ook niks: 'n boek het meer als jij,
Maar jij kan dit gebruik om meer nog bij te krij.
Ervaring dan? 'n Swerweling het daarvan meer als jij,
Maar jij kan dit gebruik om swerflingskap te mij.
Bekwaamheid? Daar is mense meer bekwaam als jij,
Wat graag vir hul bekwaamheid 'n lewenstog sou krij.
Besit van gawe nie, maar die gebruik daarvan
Gee aanspraak op die naam van 'n begaafde man.
Die Mot en die Kers.
Die ander motte was dom en dwaas
Maar ik sal vér van die kers af blij;
Hier vér uit die skemerte sal ik kijk,
Hier vér is dit veilig en kijk is vrij.
| |
[pagina 291]
| |
Maar ik hoef nie van éenkant net te kijk -
Ik vlieg op dieselfde afstand om,
Dan weet ik van ál-kant hoe hij lijk -
Om beter te sorg om nie nader te kom.
Mij sirkel was skeef en ingebuig,
Maar dáar ook nog, waar ik naaste was,
Het daar niks gebeur - ik maak verniet
Mij velling so groot en so vér van die as.
Die wieletjie draai ál vinniger om,
En die lig en die gloed word ál groter genot:
En die vellings word nouwer ál rondom die as -
En die end van die wiel is die as van die mot!
Die openbaring van die Waarheid.
Die hond wat bij jouw tafel staan
En smekend in jouw oë kijk,
Die praat die waarheid met sij blik
Waardeur hij jou sij nood laat blijk.
Die vooltjies van hul kroos beroof
En skreeuwend om hul nes met smart,
Die uiter waarheid hemelrein
Uit swaar beproefde ouerhart.
Die plantjie in jouw vensterbank,
Wat jij versuim om te benat,
Praat waarheid met verwelkte blom,
Met druipend stengeltjie en blad.
Die bokkie, wat geen kwaad vermoed
En water soek in skaduw-kuil,
Raak dood deur swijgend leuentaal
Van tier, wat in die riete skuil.
Dis nie jouw woord alleen wat lieg,
Of wat die waarheid kan verklaar:
Deur daad en skijn, deur swijge selfs,
Word waar- of valsheid openbaar.
| |
[pagina 292]
| |
A.D. Keet.Onder die jongere digters neem Keet die eerste plek in. Hij is in 1888 gebore en het in Kaapstad en sedert 1909 in Amsterdam gestudeer, waar hij in 1918 bevorder is tot arts. Sij verse is nog nie gebundel nie, en wat daar in Hollandse en Afrikaanse tijdskrifte verskijn het, dagteken hoofsakelik sedert 1914, sodat veel daarvan nog maar als 'n eerste groei kan beskouw word. Dit geld ook van Jong-Suidafrika se digterlike werksaamheid als geheel, waarom dit enigssins voorbarig sou wees om nou al in besonderhede daarop in te gaan. Die volgende bladsije wil dus enkel in kort die aandag vestig op een en ander, wat naar skrijwer se mening 'n belofte bevat vir die toekoms. Keet se verse bestaan hoofsakelik uit kleingoed, nie groots of diep nie, maar vriendelik en sangerig, voor alles beminnelik-eenvoudig en kinderlik-opreg. Daar is b.v. die volgende beeld van die Amsterdamse gragte in die aand, tereg opgedra aan Eduard Karsen, skilder en liefhebber van oud-Amsterdam: Ou Amsterdam is tog so mooi
Met al sijn liggies uitgetooi
In donker, donker nagte.
Dis liggies hier en liggies daar
In lange rije aanmekaar,
Wat flikker in die gragte.
En honderd duisend ogies loer
Op spieëlgladde watervloer
Daar bowe uit die hemel.
Dis liggies hier en liggies daar
En bootjies, wat so saggiës vaar
Dat ligte golfies wemel.
Die liggies soek mekaar weer op
In water, wat teen walle klop
Op stormagtig nagte.
So toweragtig, lief en skoon
Is liggies, wat op walle woon
En flonker in die gragte.Ga naar voetnoot1)
Daar is die verlange naar die son, wat die verkoue Afrikaner iedere winter weer met heimwee' vervul: | |
[pagina 293]
| |
Sonnetjie skijn!
Sonnetjie skijn!
O, skijn bij mij venster in.
Koud is die wind, wat daar buite waai;
Donker die wolk, wat daar bowe draai;
Sonnetjie, kom tog in.
Sonnetjie klein!
Sonnetjie rein!
Steek tog jouw koppie uit;
Jaag tog die wolke daar bo uitéén;
Soen tog mij oë, wat ween en ween,
Reg deur mij venster-ruit.Ga naar voetnoot1)
En met bijna kinderlike vreugde het hij die Hollandse sneeuwval bewonder: Sneeuw, sneeuw, lieflike sneeuw
Daal op die aarde neer;
Dit val en dit swewe,
Dit sterf en dit lewe -
O kijk tog, hoe kóm dit al weer!
Sneeuw, sneeuw, heerlike sneeuw, -
Moeder, kom kijk tog hoe fraai!
Miljoene klein vlokkies
In stukkies en brokkies
Word wijd oor die wereld gesaai!Ga naar voetnoot2)
Tog, bij al wat Holland aan skoons oplewer in winter en somer, saands en oordag, daar is
Maar één Suid-Afrika.
Gee mij 'n roer in mij regterhand,
Gee mij 'n bok, wat vlug oor 'n rand -
En 'n flukse perd, om hom weg te dra:
Gee mij Suid-Afrika.
Gee mij 'n kamp, waar bossies groei,
Gee mij 'n fraai volstruis,Ga naar voetnoot3), wat broei -
En 'n Boereseun, wat baje wa:
Gee mij Suid-Afrika.
Gee mij 'n koppie om op te staan,
Gee mij die Swartland met al sij graan
En nooit of te nimmer hoor jij mij kla:
Gee mij Suid-Afrika.
| |
[pagina 294]
| |
Gee mij 'n vlakte ruim en wijd,
Gee mij die veld se oneindigheid -
En die lekker geur, wat die lug daar dra:
Gee mij Suid-Afrika.Ga naar voetnoot1)
Verder het Keet 'n aantal verse geskrijwe waarin die neiging tot ‘het amoreuze’ voor die dag kom. Minnepoësie is nog maar skraal verteenwoordig in Afrikaans, waarskijnlik omdat ons ouere digters die verliefde periode reeds verbij was toe hulle begin skrijf het, of omdat die Afrikaner sulke sake van nature maar liewers soveel moontlik geheim hou. Die volgende gedigte bevat 'n stukkie autobiografie uit Keet se Amsterdamse studietijd:
Sonnedaal.
Die purper van purpere lugte,
Die lila van sonnedaal,
Die sterwende dag se sugte
Hul laat mij gedagte dwaal.
Ik denk aan 'n blonde meisie,
Ik denk aan 'n kleurige brief,
En ik hoor in mij siel net eén wijsie:
Ik het, ik het haar lief!
Probleem.
'n Mot vlieg vol van lewensblijheid
Vas teen 'n soeklig-toring aan,
So spog'rig, alsof Lot nog Vrijheid
Vir hom bestaan, -
En hij vergaan!
Die soeklig gooi sij glinster-strale
Wijd oor 'n see van woestenij -
Verkondig skippers telkenmale:
Blij vèr van mij,
Blij vèr van mij!
Geliefde! So 't jouw oog-geflonker
Mij vaak al voor die vraag laat staan,
Of ik moet uitblij in die donker,
Of nader gaan, -
Jij trek mij aan!
Maar Keet is bowenal vaderlander, soos iedere selfbewuste jong Afrikaner dit moet wees, vervuld met grootse ideale vir die toe- | |
[pagina 295]
| |
koms van land en volk. En in gedigte als die volgende vertolk hij wat daar op die oomblik werk en woel in die gemoedere van Jong-Suidafrika:
Groot-Suidafrika.
Van waar Sambesi dreun
Tot Tafelberg se top,
Gróót rijs Suid-Afrika
Voor mij verbeelding op:
Ik sien hoe groot riviere
Deur onse hand gelei,
Verkwikking breng vir diere
En mense moeg gestrij.
Ik sien hoe koringvelde
Ons dor Karroo verrijk,
En orals vir ons helde
Gedagtnis-tekens prijk.
Ik sien wel duisend stede
Verrijs van uit die grond,
Ik sien ons volk tevrede
Herenigd en gesond.
Ik sien die Afrikaander
Regeerder van sij land.
Ik sien die buitestaander
Reik hom die broederhand.
Ik sien ons arendsvlugte,
Ik sien ons blouwe lug.
Ik hoor geen droewe sugte -
Ik sien ons vrijheid terug!Ga naar voetnoot1)
Slagvaardig.
Jij moet nie bang wees vir die bliksem,
Jij moet nie bibber als dit reen;
Moet ook nie skrik nie vir 'n bom nie,
Al was hij ook vir jou gemeen.
Wees dapper als wat swak is wankel,
Wees manlik als jouw kinders huil;
En toon die wêreld, Afrikaander,
Wat daar vir skoons in Kaapland skuil.
O volk van mij, daar is nog arbeid,
Daar is nog roem, daar wag nog strijd;
Jij moet nie bang wees vir wat kom nie -
Wees slagvaardig, wees bereid!Ga naar voetnoot2)
Pretoria.
Stad waar die skim van Kruger woon;
Stad waar ons Dietse Rijk sou troon -
Voortrekker rusplaas, Voortrekker trots,
Jij sou daar staan als 'n fiere rots!
| |
[pagina 296]
| |
Pretoria,
Verhewe stad,
Ons denk aan dit, en ons denk aan dat:
Wanneer sal jij
Weer fier en vrij
Die allervoorste voortouw vat?Ga naar voetnoot1)
Vrijheid! Vrijheid! dierbaar ding
Waar elke mens na smag,
Van jou sal ik gedurig sing -
Jij is 'n volk se krag!Ga naar voetnoot2)
| |
Th. Wassenaar.Ook Wassenaar se eerste verse dagteken uit sij Amsterdamse studietijd. Hij is in 1892 gebore en was sedert 1910 student in Amsterdam, waar hij in 1918 bevorder is tot arts. Wassenaar is geesdriftiger van natuur en gespierder van beweging als Keet, soos blijk uit sij bewondering vir Holland: O, Holland, ik hou van jou,
Ik hou van jouw jonge gesig,
Als Lente in Meimaand met sonneskijn trouw
Op velde, met kleure verlig.
Ik hou van jouw oeroue stoere gelaat
Bij winter, als newels jouw wimpers beslaat,
En mistige sluiers, deur wolke gespan,
Die son uit jouw oë vir maande verban.
Ik hou van jouw edele trekke, wat Tijd
Gemerk het met tekens van vrugbare strijd:
Kon dijke, kanale en duine praat,
- Dié rimpels, getuiend van wil en daad, -
'n Eeuwige lag sou jouw mond versier,
Vir altijd sou jij oorwinning vier!Ga naar voetnoot3)
Soms het hij iets van Celliers se plastiese skildertalent. Kijk b.v. naar so'n tekening van | |
[pagina 297]
| |
Die Voolswerm.
Die voolswerm vlieg in vrije vlug
Op flukse vlerke deur die lug
En swier en swaai van links naar regs,
Als was dit maar één vooltjie slegs.
Hul seil naar bowe, skiet omlaag,
Trotseer die storm en windevlaag,
Maar vrolik vlieg die swerm, en swink
En sweef en kantel in 'n wink,
Geheimvol, deur 'n snelle krag,
Wat, onverwag, tog was verwag.
Hul klap hul vlerkies, klief die lug,
En pijlsnel gaan die dartle vlug
Al kruis en dwars deur d' hemelweë.
Daar splits die vóórend sig in twee;
Die skeiding dring al verder deur;
Sal dit die hele swerm verskeur?
O nee! Die voorste vools, wat lei,
Draai met 'n swier en swaai weer bij,
En verder vlieg hul eensgesind,
Hul vlerkies als aan-éen-gebind.
En soos Celliers in Dingaansdag het hij in Die slag bij Bloedrivier die Soeloes sien aanstorm op die Treklaer: Hul kom! hul kom soos aasvools aan,
Die wije vlerke oopgeslaan,
En bek en pote rooi gekleur
Van prooi, nog pas uiteengeskeur.
O hoor, hoe dreun dit, soos hul kom!
Dit woel en wemel rond en om,
Van skildvel, assegaai, barbaar!
Van Soeloes, Soeloes aan mekaar!
Gesien en geteken is ook die volgende nagtelike natuurbeeld op die Hoëveld: Groot als 'n vuurbol gaan die aandson onder,
Bepêreld hang die nag hoog oor die veld,
En span die melkweg oor die stille ruimte
Sij bleekwit boog van sterre ongeteld.
| |
[pagina 298]
| |
'n Donker bank van digte sware wolke
Steek dreigend in die verre Noorde op,
En vinnig groei dit tot 'n bergestapel,
Wat pikswart duister bouw bo-oor mij kop.
Die bliksemflitse slaan in vuurge strale
En donderend breek die swart gewelf uiteen...
Die maan loer vriendelik deur die wolkeskeure
En strooi haar glans wijd oor die velde heen.
Dààr lê die vlakte sluimerend aan mij voete,
Stil dromend in die bleke maneskijn.
Die koppies vérweg lijk soos donker hoofde
Van reuse lankal in die grond verdwijn.Ga naar voetnoot1)
Ook Wassenaar is 'n warmvoelende vaderlander. Hij het verskillende gedigte van historiese aard geskrijwe, en in een daarvan, Afskeid bij die Groot Trek, word o.m. die volgende woorde in die mond van die Trekker gelê: Vaarwel dan, onvoltooide werk,
- Gebraakte akkers sonder saad!
Jij is mij als 'n kind, wat sterf
Juis als hij wil begin te praat.
Maar beter is dit sonder iets,
Dan met besit, self niks te wees;
Die grootste rijkdom van die mens -
Dit is 'n frisse, vrije gees.
Die volgende See-sonnette is waarskijnlik ontstaan op sij thuisreis naar Suid-Afrika en gee blijk van sij digterlike ontwikkeling, als 'n mens dit vergelijk met sij eerste onbeholpe digproewe, wat in 1914 onder die skuilnaam ‘Adeodatus’ in Die Brandwag verskijn het: Stilsterwend sink 'n glorievolle dag
Weg in die blouwte van die oseaan,
So rustig als 'n droom, so groots van prag
Dat see en lugte in aanbidding staan.
| |
[pagina 299]
| |
Soos verre bosse aan die horison
Lijk wolke wat daar opkom uit die see.
Daar agter daal die grote ronde son
Als in 'n graf van diepbesielde vree.
O Liefste, heilig is Herinnering,
En elke aand sal onvergeetlik blij
Wat mij opnuw mij liefde lief laat krij;
Opnuw die droom van skone Lewe bring:
Dié oseaan van diep gevoel waarin
'k Mijself verloor en spraakloos vreugde win.
O magt'ge oseaan, jij wijdgestrekte,
Omsirkeld deur die ongemetenheid,
Diep in jouw boesem rus die on-ontdekte -
Alleen jouw swaar gehijg verneem die tijd.
O nooit-vermoeide see wat immer-woelend
Getije reël naar gange van die maan
En op die storm se stem onstuimig spoelend,
Jouw branders op die kuste stukkend slaan!
O eeuw'ge deining van die Grote en Magt'ge!
So dein die breed sterk stroom van volle lewe
in mij klein hart. Ik nietigste kristal,
Ik mag ook speel met glans van die eeuwig-pragt'ge,
Die Skepping het ook mij sij doel gegewe:
'n Polsslag in die ritme van die Heelal.
| |
H.A. Fagan.Fagan is in 1889 gebore en het in Stellenbosch en Londen gestudeer, waar hij in 1913 advokaat geword het aan die Middle Temple met die L.L.B. graad van die Londense universiteit. Daarna het hij hom in Kaapstad gevestig, waar hij op die oomblik sub-redakteur is van ‘De Burger’. Behalwe 'n versameling prosasketse: Uit 'n Studente-Album en 'n vertaling uit Duits: Immensee en ander verhale (Burger-leeskring uitgawe), het van hom in 1917 'n Eerste Digbundel verskijn. Dit bevat gedigte uit die jare 1908 tot 1917. Fagan het aanvankelik Hollandse verse geskrijwe. 'n enkele waarvan in hierdie bundel opgeneem is: De Vrouwen van | |
[pagina 300]
| |
het Voorgeslacht. Daarin klink nog die stereotiepe ‘digtertaal’ van vóór '80: Vast als 'n eik staat d'eedle vrouw,
schoon woeste winden loeien;
gelijk de martlaar, pal, getrouw,
zeegvierend in zijn boeien.
Steeds feller rukt het stormgeweld
de takken heen en weder;
de boeien steviger gekneld,
de foltersmart wordt wreder. Ens.
Selfs in sij Afrikaanse verse word dieselfde toon nog 'n enkele keer gehoor. Tot die beste daarvan behoor Als die windjie wat suis; Oubocta, waarvan die slotstrofe lui: Windjie, waai nou maar weer weg oor die see,
en dra ons groete aan Ouboeta mee;
voer in jouw vlug naar die ander sij
die geur van die blomme wat bloei in die vlei,
van varings wat bo teën die bergrand staan,
van vrugte, van druiwe, van goudgeel graan.
Hij sal jouw boodskap verstaan, want hij weet
dat alles verlang om hom welkom te heet:
Sijn rijperd staan in die stal te treur,
sijn hondjie hou wag bij sijn kamerdeur,
Maar die jare vervlie en sijn leertijd gaat om -
ag, wat 'n vreugde als Boeta weer kom!
Windjie, waai vér oor die groot blouw see,
en dra ons groete aan Ouboeta mee.
En
Op Knijsna-strand.
Daar is 'n kuil,
'n holte in 'n rotsbemuurde strand,
waarin die branders eeuwig spoel en dreun;
en in die mond van dié spelonk, daar skuim
en kook die water wild en woes, alsof
die ganse oseaan wil binnedring.
Met stormgeweld en blinde woede stuif
die golwe op hul kerkermure toe,
| |
[pagina 301]
| |
en teen die rotsgewelwe druis en kraak
die felle branding - waar dit breek, en dan
gestuit, verpletterd, tot die afgrond keer,
en daar verlore gaan.
Ik ken 'n siel,
nog ruimer dan die oseaan, waarin
oneindige gedagtes bruis en woel,
en met die felheid van 'n stormgetij
'n uitkoms soek in enge digtertaal;
maar ag, te groot vir mensewoorde, sink
dit in die stille diepte weer terug,
waar dit gebore is.
Van Harper Martins het in 1916 'n versbundeltjie verskijn: Die Losberge en ander gedigte, grotendeels kinderlik-onbeholpe gerijmel. In die swakste verse daal die skrijwer benede die gemiddelde peil van die ou Patriot-skool, terwijl hij dit in die beste nie veel verder dan 'n swakke navolging van Leipoldt breng nie. Martins se verse het tien jaar te vroeg verskijn. Daar is verder verskillende jongere digters, wat in Die Brandwag en Die Huisgenoot minder of meer verdienstelike verse geskrijwe het, waarvan 'n bespreking egter voorlopig agterwege kan blij.
In die voorgaande bladsije is 'n beskeie poging gedaan, eerstens, om 'n historiese oorsig te gee van die ontstaan en ontwikkeling van die tweede Afrikaanse Taalbeweging en van die merkwaardige evolusie in ons taalbeskouwinge, als direkte gevolg daarvan, ten aansien van die plek wat die Afrikaanse volkstaal behoort in te neem in Skool, Kerk en Staat; tweedens, om in hooftrekke die taalbehandeling van die vernaamste skrijwers en digters na te gaan en aan die Afrikaanse spraakwerkelikheid te toets; en derdens, om 'n krities-historiese beskouwing te lewer oor die poësie van die jong-Afrikaanse digskool sedert 1905. Die laaste afdeling, waaraan meer aandag bestee is als aan die beide voorgaande, is dus nie enkel literatuurgeskiedenis nie, maar meer bepaald 'n letterkundige portrettering van ons hedendaagse digters en dus ook 'n uiteraard suiwer subjektief-per- | |
[pagina 302]
| |
soonlike waardebepaling, waarvoor die skrijwer hom enkel kan beroep op eie gevoel en smaak en insig. En als hij met liefde en bewondering die eerste digblommetjies uit die Afrikaanse veldtuin aan die leser voorhou - en hier en daar ook 'n weelderige bossieplant uittrek - dan is dit nie in die eerste plaas omdat hij so'n buitengewone kunswaarde daaraan wil toeken nie, maar om die grote kulturele betekenis daarvan vir ons volk. Want hier het ons die openbaring in sij skoonste vorm van 'n eie opbloeiende geesteslewe, die verwesenliking van die strewe naar selfstandigheid van die Afrikaanse volkseie, die bewijs dat die periode van vreemdelingskap in sij eie land vir die Afrikaner verbij is. Dit is die ware betekenis van die literatuur wat uit die tweede Afrikaanse Taalbeweging voortgekom is en waarsonder die beweging 'n mislukking sou gewees het. Wanneer 'n mens let op die korte ontwikkelingsgang van die moderne Afrikaanse poësie en bedenk dat nagenoeg al die digters 'n abnormale ontwikkeling gehad het, deur dat hulle die natuurlik vertrouwde klanke uit hulle kindsheid vaarwel moes sê, vandat hulle die eerste dag op 'n skoolbank geklim het, om eers op later leeftijd hulle nasionaal-digterlike kindskap en burgerskap te hervind, - dan is daar alle rede om tevrede te wees met die digterlike voortbrengsele van die Afrikaanse vroeg-renaissance, en om met optimistiese verwagtinge die verdere ontwikkeling daarvan tegemoet te sien. |
|