Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 263]
| |
Dr. D.F. Malherbe.Malherbe is gebore in Daljosaphat (Paarl) in 1881. Sij eerste onderrig het hij ontvang op die ‘Gedenkskool der Hugenote’, 'n kristelik-nasionale stigting van ds. S.J. du Toit. Hier is bij Malherbe, soos bij Totius, van wie hij 'n skoolmaat was, die grondslag gelê van sij liefde vir Afrikaans. Na matrikulasie in Wellington en B.A. aan die Victoria Kollege, Stellenbosch (1902), het hij sij studie in Duitsland voortgeset, eers in Halle en later in Freiburg onder leiding van prof. Woerner, waar hij in 1906 gepromoveer het in Duitse Taal en Lettere, met bijvakke in Frans en Engels. Na sij terugkeer het Malherbe dadelik 'n leidende aandeel geneem in die propaganda-werk van die tweede Afrikaanse taalbeweging. Van 1907-1909 was hij hoof van die Openbare Skool op Carnarvon en sedert 1910 professor in Moderne Tale aan die Grey Kollege, Bloemfontein, waar hij in 1918 benoem is tot professor in Afrikaans, die eerste in Suid-Afrika wat hierdie eer te beurt geval is. Van Malherbe het verskijn: Karrooblommetjies (1909), Vergeet Nie (histories-romanties verhaal uit die Anglo-Boereoorlog, 1913), Klokgrassies (1914, 2e dr. 1917), Afrikaanse Taalboek (1917).Ga naar voetnoot1) Tijdens sij Europese studietijd het Malherbe die invloed ondergaan van die Duitse en Nederlandse lyriek, maar eers onder die geheimsinnige bekoring van die Carnavonse Karroowêreld met sij ruime vergesigte, het sij eerste gedigte ontstaan. Die verskijning van Celliers en Totius se eerste digbundels teen die end van 1908, was aanleiding om 'n aantal van sij verse, wat toe reeds geskrijwe was, in die Goede Hoop (Jan. 1909 vlg.) te publiseerGa naar voetnoot2) en later met nog ander te bundel onder die tietel Karrooblommetjies. Soos die tietel aan dui, bevat Malherbe se eerste bundel in hoofsaak natuurindrukke uit die Karroo. Daar het hij die warrelwind sien ‘klim uit die vaalte’ als ‘waggelende spoke in dansende rei’; het hij gesels met die aandblom, met die vooltjie van die vlakte: | |
[pagina 264]
| |
En die vaalgeveerde diertjie
slijp sijn bekkie op die klip,
krap sijn koppie, rek sijn nekkie,
staat oorend, beweeg sijn bekkie,
antwoord wijl sijn stertjie wip.
En die skerpgebekte diertjie,
vooltjie met die donsies fijn
sprei sijn vlerkies om te vlugte,
word gedrage deur die lugte
tot hij wegdof en verdwijn.
Daar het hij die ‘Droogte’ gesien: Bloedrooi rus die westergloor
op die rande mat geboor,
waar die somer son-geskroei
swart geverf het frisse bloei.
Wolkies hang daar ijl en vaal,
vliesies waar geen vog uit daal;
droewig teken - bloeidrooi gloor
oor die rande mat geboor.
En die herlewende natuur ‘Na die droogte’: Weer beur uit die gronde
die grassies ontbonde,
van hui sluimerende broeislaap bevrijd,
en sprei oor die sande,
om kaal-nare rande
'n groenende, sagte tapijt.
In die veekraal se kaalte,
langs die voetpad se vaalte
woel die kalwers op huppelende gang,
en daar ver uit die vleie
waar die skaaptroppe weie,
kom die stijgende lammergesang.
In gedigte als die volgende krij die natuur, soos dikwels bij Totius, 'n sinnebeeldige betekenis:
Awendblik.
Oor ver, verre lande
oor blouw, blouwe rande
sien ek vliesige wolkies verspreid -
oor hoog, hoge gronde
sag gewieg, ongebonde -
die lug welf so blouw en so wijd.
| |
[pagina 265]
| |
Oor ver, verre lande
oor blouw, blouwe rande
deur die aandson se strale beskijn,
sien ek vrij, ongemete,
ongemerk en vergete,
die wolkies so stil-stil verdwijn.
Nes die vlugtige beelde
van die sterwend vergeelde
wolke, in die lugte verspreid,
so sink daar geslagte
als 'n vlieënde gedagte
in die eindlose ruim van die tijd.
Die Roosknoppie.
Daar onder in mijn tuintjie
daar staat 'n boompie teer,
daaraan sit net éen knoppie,
éen roseknop, nie meer.
Elke aand en elke môre
gaan ek die knoppie kijk,
die hoop straal uit sijn ogies,
hij sal als rosie prijk.
Die stormwind is gekome,
die takkie afgeskeur,
die blaartjies is verlep al,
die knoppie geel gekleur.
Ek sien so menige knoppie
in die wêreldgaarde groei,
die hoop straal uit die ogies
maar ag! geen rosie bloei.
Enkele gedigte soos Op die dood van 'n jongeling en 'n Lenteklag om verlore liefde val in die Karroo-atmosfeer enigssins uit die toon. Maar veral die Strand-brander breng 'n mens totaal uit die Karroostemming. Op sigself bevat hierdie gedig egter die volgende tekenende beeld van die skuimgespoel op die strand: Nes slange-gekruip
teen die sand
opgesluip -
vir 'n oomblik deurskijn
kleurgetower...
al verdwijn.
In die laaste deel van die bundel is onder Die Berg 'n reeks gedigte saamgevat, waarin enkele grepe gedaan word uit die beskawingsgeskiedenis van Suid-Afrika, waarvan ‘die berg’ was | |
[pagina 266]
| |
Verhewe getuige
van armoedig bestaan,
van helde se worstling,
van geslagte vergaan.
Mooi word die berg geteken als 'n Monument van die eeuwe
uit die stilte gestijg,
nes 'n grote gedagte
wat eeuwiglik swijg!
En verder: Teen die skemerend môregrijs
staat jouw tandige kruin omlijn,
uit die lae veld verrijs
dreigend in die grouwe skijn.
Felle woede van die weer
het jouw voorhoof wreed deurploeg,
oor jouw wange op en neer
diepe plooie ingevoeg.
Weggevreet is menige tand,
leë holtes kondig aan
waar jouw malers was geplant,
hoe die rije het gestaan.
Dan volg 'n beskrijwing van die ongerepte natuur in ‘die ou tijd’, waarin ‘die Boesman’ als eerste bewoner optree: Sijn voorhoof lê plat en sijn hare
staan nes Karroobossies geplant,
en nog in gevorderde jare
blijf hij rats met voet en met hand.
Op hom volg Die eerste Afrikaner: In die sonlig se weelde verwewe,
veraf oor die vriendlike veld,
speel dromerig 'n stoffie en swewe
tot dit baaiend in blouwte versmelt.
| |
[pagina 267]
| |
Maar meer en nog meer word gebore...
daar kruip dit kruiend vooruit,
die langsweep se lied kan jij hore
waar dit hoog teen die koprande fluit.
Hoe dit skud oor die klippe en skommel
die wa met sijn ronding van wit,
in 'n drillende maatsang gedommel,
voortgebeur op sijn rustige rit.
* * *
Of op jouw jagperd gesete
hoe pêrel jouw oog van geluk,
als jij vlieg om die ruimtes te mete
met die hoed oor die ore gedruk!
Op die rijperd se rug speel 'n wasem,
en agteraan sidder en beef
die stowwe, in die sonskijn se asem
tot goue draadjies geweef.
Sij nakroos bevolk die land tot ver naar die Noorde, maar goud ‘jaag die hongerende mensdom aan’, en oorlog is die gevolg: ‘Op kommando!’ so klink oor die velde
die woord wat die lugte deurwiel;
van die ploeg in die sael vlieg die helde
deur die gees van die vaadre besiel;
bereid om alles te gewe
vir die land met trane besproei -
heilig grond, waar die trekker sijn lewe
het geoffer, sijn bloed het gevloei.
Die strijd word geskilder, waarop 'n ‘klaaglied’ volg. En ten slotte kom die digter weer terug tot sij uitgangspunt: O swijgende berg
van raaisels omgewe,
maar trouw op jouw pos
deur die eeuwe geblewe!
O leer aan ons volk
wat nog wankelend gaan,
om trouw deur die nag
van storme te staan;
| |
[pagina 268]
| |
spreek luid tot die volk
wat die vlaktes bewoon,
soos jij opwaarts te peil
waar die Eeuwige troon,
en in die uur van vertwijfelingswerk
laat jouw kalme blik die harte versterk.
Wat bij Malherbe se gedigte dadelik opval, is 'n hinderlike gebrek aan objektiviteit in sij natuurbeelding. Hij besit nie die beeldende krag van Celliers en die spontaneïteit van Leipoldt nie. Waar Celliers hom bepaal tot 'n strakke objektivering van sij voorwerp, soos b.v. in Die Ossewa, of hom sodanig daarmee weet te vereenselwig dat alleen die voorwerp of verskijnsel tot ons spreek, soos b.v. in Die Vlakte; of waar Leipoldt weer enkel deur middel van sij natuurlike aanspreektrant 'n helder belijnde voorstelling voor ons verbeelding oproep, soos b.v. in Seepkissie of Sekretarisvool, terwijl ons in albei gevalle van die digter self niks merk nie; - daar is bij Malherbe objekt en subjekt telkens in mekaar se pad. Dis al dadelik die geval in die eerste gedig, Die Warrelwind. In plaas dat hierdie wonderlike natuurverskijnsel self in dolle vaart voor ons verbij stuif, ons opskep en meesleur in sij gierende maalstroom, verval die digter al in die eerste strofe tot bespiegelinge omtrent sij voorwerp, en krij ons verder maar 'n fragmentariese voorstelling daarvan. Die warrelwind word agtereenvolgens aangespreek als: ‘Vervliegend gedaante van stof en van wind - Geheimsinnig geboorte van stoffige lug - Ontwijkend gedaante van spelende stof - Vervliegend gedaante van spokende lug!’ Maar met dit al krij ons nog geen duidelike voorstelling van die ‘gedaante’, self nie. Die slotstrofe lijk 'n swakke poging om die gedig af te rond. Daar hoor ons nog enkel dat die gedaante verlof krij van die digter om verder te trek en mee te sleep ‘wat jou mag belus’, 'n aansporing wat hij trouwens gladnie nodig het nie. Die slotreël lui: ‘Jij blijf mij die teken van die Tijd in sijn vlug’, waar ‘teken’ in die ongewone sin van ‘beeld’ gebruik word. Maar veral die Berg-gedigte word gekenmerk deur 'n opvallende gebrek aan objektiviteit en beeldende krag. Hier is die digter telkens aan die woord, terwijl Die Berg eigenlik als ‘verhewe ge- | |
[pagina 269]
| |
tuige van geslagte vergaan’ aan die digter moet ‘openbaar wat daar sluimer in (sij) binnenste hart’, wat daar in die loop van die eeuwe aan sij voet afgespeel is. Hier digbij waar die reebokke weie,
kom al nader en nader 'n bos...
So lui die aanhef van Die Boesman. Maar plotseling word die Boesman se vermomming afgeruk, deur te vervolg: dis 'n Boesman gekruip uit die vleie
wat 'n bok wil betrek vir sijn kos.
Dit sou ons wel vanself agtergekom het uit die verdere skildering van die voorhistoriese boesmanbedrijf. Maar ineens is die bossie verdwijn en bijgevolg ook die reebokke, en die digter staan daar verder uit te wei oor die deugde en gebreke van die voormalige Bossiesman. Onder ‘Nakroos’ gee Malherbe 'n beeld van die Afrikaanse boerenooi. Maar in plaas van die bevallige verskijning wat 'n mens verwag om te sien, word die leser onthaal op die volgende retoriese ontboeseming: O maagdelike Blom van die pleine!
'n gaaf deur die hemel gegee;
jouw oog is 'n spieël, Wonderreine,
'n weerskijn van suiwerste vree.
'n Heilige skaam dek jouw wese,
o ranke en blanke bloei!
op jouw heerlikè blos staat te lese
die vlam in jouw siele ontgloei.
O die goddelike bloei van jouw wange,
gebaai in die koel lug se stroom,
sus die hart nes betowerende sange
in 'n sagte, verkwikkende droom! ens.
En ondertussen is die beeld van die eenvoudige boeredogter totaal verdwijn onder die stortvloed van hartstogtelike epitheta. Die woord is van Goethe: ‘Künstler, rede nicht, bilde nur!’ En sou die ‘goddelike bloei’ en ‘sielvolle skijn’ van sulke wange nie | |
[pagina 270]
| |
eerder aan 'n jongkêrel slaaplose nagte besorg nie, in plaas van sij hart ‘in 'n sagte, verkwikkende droom’ te sus? Dis natuurlik onbillik om Malherbe se eerste werk te stel naas die rijper kuns van Celliers en Totius. Maar als 'n mens wil weet hoe so'n Boerenoointjie daar wél uitsien, vergelijk dan hiermee Celliers se bekoorlike Martjie-figuur; of - om ook 'n trekkersdogter tot voorbeeld te kies - Totius se ‘takhaarnoi’ uit Silwere Strale: Ik is 'n jonge boerebruid
en gee mij vir niks anders uit;
geen jonkman hoef hom te vergis,
want ik is net maar wat ik is.
Maar 'k het twee arrems, rond en sterk,
wat regstaan vir die huishou-werk.
Ik is 'n jonge boerebruid.
Ik dra 'n kappie met 'n tuit.
Ik knip die tabberts wat ik dra -
maar bietjie mooier! - moeder na;
net die éen wat ik vandag mee loop,
het vader bij die smous gekoop.
Ik is 'n jonge boerebruid;
ik laat nie mijn geleerdheid uit.
Als hul oor politiek begin
dan luister ik en hou mij in.
Maar ik sal mijn kinders eendag wel
die storie van Transvaal vertel!
Maar ook Malherbe se eie Bettie-figuur uit Vergeet Nie is veel meer naar die lewe geteken als hierdie ‘maagdelike Blom’ uit Die Berg, al het hij ook, wat haar uiterlik betref, 'n bietjie te veel naar Bettie se ‘goudgeel’ hare en ‘hemelsbloue’ oge gekijk. In ‘Besluit’ sien ons nogeens die ‘oeroue gevaarte’ op die vlakte verrijs. Maar dis 'n ‘swijgende berg’, wat besiel word met die gevoelens van die waarnemer. ‘O ek voel’Ga naar voetnoot1) - sê die digter - ‘als die donder daar woel... die klop van jouw hart’. En verder: ‘Als die gloeiende strale van die borende son... op bruinende kranse kom skiet, dan meen ek te hoorGa naar voetnoot1) hoe 'n vlugtige rilling, weemoedige trilling, jouw smagtende boesem ontstijg......’ | |
[pagina 271]
| |
Telkens weer die inmenging van die subjektiewe ‘ek’. En dan so'n ‘smagtende boesem’ van 'n berg! 'n Tweede swakheid van Malherbe is 'n neiging om soms sij onderwerp uit te put, met die gevolg dat hij in allerlei details verval wat hij nie altijd kan verwerk nie. Dit gee aanleiding tot die gebruik van stoplappe, wat aan geen digterlike noodsakelikheid meer beantwoord nie, maar alleen dien om die vers vol te maak. Neem b.v. die volgende versreëls uit Die eerste Afrikaner: Met sijn hoofdhaar speel vrolik die winde
op hul droomsieke lugsleep gesweef,
om sijn hals het die songloed gebinde
sijn sjerpie van bruin, vasgekleef.
In sijn oog is trotsheid te lese
en daar weerlig die moed van 'n reus;
geen huiwering ken hij, geen vrese,
die Vrijheid sijn krone en leus.
Die gekursiveerde woorde staan daar te veel. Als die moed van 'n reus in iemand se oog weerlig, is dit tog absoluut oorbodig om daar nog bij te voeg dat hij nie bang is nie. Dit verswak net die oorspronkelike beeld. So word die indruk, deur die mooi-skilderende begin-strofe van Droogte gewek, nie veel duideliker in die daaropvolgende elf strofes nie. Die laaste b.v. bevat weer sulke ‘te veel’ woorde. Iedereen voel wat ‘doodse stilte’ beteken, maar hoe kan so'n doodse stilte nou nog boonop ‘swijg’? En hoe sien ‘droewe lande’ daar uit wat ‘kwijnend pijn, smeltend in die skemerskijn’? Als 'n mens sulke gedigte als Die Warrelwind en Droogte naas die volgende fragment uit Vergeet Nie lê, waarin dieselfde verskijnsele geteken word, dan blijk dat Malherbe se latere prosa dit ver van sij poësie win in gespierdheid van beweging en forsheid van uitbeelding: Dit is 'n vervelige middag, een van die dage waarin die noordwestewind in woeste, wilde togte heendreun oor die lande. In die voormiddag al het die wolke aangeswel, dikker en dikker, regte veelbelowende donderwolke. Maar nog voor hul die heerlike waterstrome kon laat neerstort, waarnaar elke bossie hijg en die veetjies smag, het die westewind opgekom - die hoopbederwer van die | |
[pagina 272]
| |
Karrooboer - en soos 'n wrede furie wat daar 'n helse behage in skep om die segenbrengende krag te verstoor, vlieg hij tussen die wolke in en skeur hul uiteen met dreunend en druisend gebaar. Wild klop hij hulle uiteen, die swaargepakte wolkemassa's, soos 'n geoefende hanteerder van 'n sweep 'n digte klomp vee, totdat hul uitgedun heenseil, éen-éen wegsmeltend onder sijn verskroeiende asem en die lug weer vrij neerblouw in die hittige sonstrale. En als hij so invaar onder die wolke, die reuse-harlakijn, die skroeiendhete lugte-reisiger, en met sijn windhande so oor die grond en verdorde bossies heenskuur, dan warrel hij op ijslike stofberge, waar hij die lug oorlaai met warrelstowwe en sandhope, alsof duisend mensehande met die magtige swaaie van swaar skopgrawe mekaar sand in die oge strooi. Op gaan dit in die lug tot die lage dunner word en vervlieg. Uit die verte ruk dit nou aan, 'n geweldige stofdeining hoog als 'n berg, aangroeiend met dreunende rukke tot dit heenwoel met duiwelse krag oor die huis.Ga naar voetnoot1) Hoewel in mindere mate, vertoon Malherbe se tweede bundeltjie, Klokgrassies (1914), dieselfde gebreke als wat hier uit sij eerste bundel aangestip is. Hij is selde bij magte om volkome objektief te blij in sij natuurbeelding. Die volgende gedig kan dien om dit te illustreer.
O lande vol graan.
Vlakte aan vlakte, oor heuwels heen,
lande vol groen, vol golwende graan!
Breed sprei die sonlig sijn stralende seen
oor swellende saad met beloftes belaân.
Aan miljoene, miljoene van buigende blaar
hang die windjie se asem in ruisend gesweef...
hoor die sug van verlange uit die swellende aar,
die stem van die Lente wat sê: ek wil leef;
verlange wat groei met die stijgende son,
verlange om te rijp tot goudgeel prag,
so sterk soos die drang van 'n borrelende bron
om te beur uit die aarde na die lig van die dag.
| |
[pagina 273]
| |
Die stem van die wind oor die halmgekoes,
halms nog groen van jong geluk,
is die siddering van hoop op die somer se oes
als die waens sal kraak van die gerwe se druk.
So ver als mijn oog oor die buigende blaar
kan wei, staan die grond met groenheid oorlaân,
en mijn siele wieg mee met jul spelend gebaar
o belowende, lewende lande vol graan!
In die eerste ses reëls, waarvan veral die laaste skilderagtig is, krij die leser 'n mooi beeld van die voorjaarse graanvelde in die Boland. Maar dan laat die digter plotseling sij objektiviteit vaar om verder te vertel wat uit sij woordbeelding self moes geblijk het. En wat bij daar vertel is niks besonders nie. 'n Mens kan daar selfs nog heelwat bij fantaseer. ‘Die stem van die wind’ - vertel die digter - ‘is die siddering van hoop op die somer se oes’. Maar dit doen ons gladnie aan als 'n natuurlike of digterlike noodwendigheid nie, want dit kan net so goed 'n ‘siddering van vrees’ vir die somer se droogte of vir sprinkhane wees. En so kan b.v. die douwdruppels wat smôrens aan die blaartjies hang, trane van blijdskap wees omdat die son weer skijn, ensovoorts. ‘Künstler rede nicht, bilde nur!’ Want wat hier van die digter verlang word is nie dat hij ons in soveel woorde sal meedeel watter verlangens en gedagtes daar in die groen halme se koppe omgaan nie, maar dat sij woordbeelding, deur skoonheid en juistheid van siening en segging, met onmiddellike noodwendigheid sij eie gewaarwordinge en skoonheids-ontroeringe op sij leser sal oorbreng. ‘Where words like leaves do most abound, much sense of fruit is rarely found’. So skrijf Malherbe twintig strofes van ses reëls elk vol oor Die Eikeboom, en aan die slot daarvan soek 'n mens nog naar 'n tekenende beeld van die boom self. Klokgrassies bevat egter enkele gedigte wat kan meetel onder die beste wat tot dusver in Afrikaans verskijn het. Een daarvan is die volgende sonnet: | |
[pagina 274]
| |
Slaap.
Wat is die slaap een wondersoete ding
Sag op haar blouwe oë daal die vaak
soos maneskijn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.
Vir laas beef oor haar lippe 'n fluistering:
‘Nag Pappie.’ Ek merk hoe langsaam hij genaak,
wat drome soet tot werklikhede maak...
in vaderarms rus mijn lieweling.
Sluit so mijn oë, God, wanneer vir mij
Uw Engel wenk ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat mij dan soete drome huistoe sus
en sterke Hand deur duisternisse lei.
Sluit so mij oë, God, als ek gaan rus.
Maar veral die volgende behoort tot die beste wat Malherbe nog geskrijf het. En dis merkwaardig dat die eienskappe wat in sij suiwer Afrikaanse natuurbeeldinge so dikwels ontbreek, juis aanwesig is bij so'n veelgetekende beeld als die van die see, Uit hierdie verse rijs daar iets van die see-eindeloosheid op, terwijl 'n mens in die ritme die sag-deinende golfslag verneem ‘op maat van eindloos kom en keer’. Veral die eerste en laaste koeplette is mooi van klank. Sulke verse laat sien wat Malherbe wel kan bereik als sij objektiviteit nie deur allerlei subjektieve bijkomstighede vertroebel word nie.
Die see is vol van Eeuwigheid.
Die see is vol van eeuwigheid,
van golwedeining op en neer
tot wiegelwêrelde uitgespreid
op maat van eindloos kom en keer.
Uit watergraftes diep gedolf
rijs langvergete mensewee,
die winde dra van golf tot golf,
van golf tot kus die treursang mee.
Die see is vol van klaaggeluid,
van stemme wat geen rus kan krij,
van siele wat eeuw-in eeuw-uit
in smart-herhaling hooploos lij.
Oor waterwijdtes om en om
tot marmerrand van verre kus
ruis daar van oos tot wes, alom,
'n eeuwesang van nimmer-rus.
Die golwe kom, die golwe keer,
in vreugdespel van sonnelus,
in pikswart nag van stormeweer,
en sing hul lied van nimmer-rus.
Daar's eeuwigheid in seegeluid,
in ver gedreun van kus tot kus,
waar golwe wieg eeuw-in eeuw-uit
op maat van nimmer-nimmer-rus.
|
|