Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 239]
| |
Dr. C. Louis Leipoldt.Leipoldt is in Worcester (Kaapland) gebore in 1880. Sij grootvader het in 1818 als sendeling in Suid-Afrika aangekom en sij vader was aanvankelik ook als sendeling werksaam op Sumatra, maar in 1879 is hij terug naar die Kaap, waar hij predikant geword het van die Ned. Geref. Kerk op Clanwilliam. Daar het Leipoldt sij jeug deurgebreng. Skool het hij nie gegaan nie, maar thuis onderrig ontvang van sij vader. Gedurende die sittinge van die Sinode het hij egter later geleentheid gehad om in Kaapstad enkele kolleges in sielkunde en plantkunde te volg. Na matrikulasie het hij hom aan die joernalistiek gewij, eers aan die ‘Dagblad’ van ds. S.J. du Toit en later aan die ‘South African News’. Met die uitbreek van die oorlog het Leipoldt als oorlogskorrespondent vir verskillende buitelandse blade opgetree, o.a. ‘Nieuws van den Dag’ (Amsterdam), ‘Petit Bleu’ (Brussel), ‘Chicago Record’ en ‘Manchester News’ - almaal pro-Boer organe. Gedurende 1900-1901 was hij spesiale verslaggewer van die Rondgaande Hof, wat sitting gehou het oor die Kaapse rebelle. Daarna het hij redakteur geword van die ‘South African News’, en na die stopsetting van die blad onder krijgswet in 1902 is hij naar Europa, waar hij eers als joernalis rondgeswerf en o.a. die stakinge in Holland, België, Spanje en Frankrijk gerapporteer het, waarop hij hom als mediese student laat inskrijf het in Guys Hospital, Londen. Gedurende sij studentetijd was Leipoldt redakteur van ‘The Hospital’ en het hij als sodanig persoonlik kennis gemaak met al die groot hospitale in Europa en Amerika. Na sij artseksamen in 1907 het hij nog verskillende Duitse en Amerikaanse universiteite besoek om kindersiektes te bestudeer, waarna hij weer in Engelse hospitale werksaam was. In 1911 het hij wegens gesondheidsredene 'n seereis onderneem naar Oost Indië, waar hij Java, Sumatra en Borneo besoek het. Na sij terugkeer is hij aangestel als skooldokter van Hampstead in Londen, en sedert 1914 in dieselfde hoedanigheid werksaam in Transvaal. Seker 'n merkwaardige loopbaan vir iemand wat na soveel lotswisselinge en veelsijdige mediese werksaamhede ten slotte nog naam sou maak als 'n eenvoudige Afrikaanse digter. | |
[pagina 240]
| |
Leipoldt het van kindsbeen af literaire neiginge gehad. Als knaap het hij Nederlandse skrijwers begin lees en reeds op sij agste jaarn treurspel geskrijf naar aanleiding van Limburg Brouwer se ‘Akbar’. Op twaalfjarige leeftijd het sij eerste verhaaltjie in Engels in die ‘Cape Argus’ verskijn, en daarna het hij meermale stukke gelewer vir die ‘Argus’, ‘Cape Monthly’ en ‘Cape Times’. Gedurende die oorlog het daar van hom twee prosasketse in ‘Elseviers Maandschrift’ verskijn, De Rebel en Bambinelino, waarin dieselfde stof behandel werd als in sij latere oorlogsgedigte. Verder enkele soortgelijke sketse in Engelse tijdskrifte. Later het hij egter so opgegaan in die journalistiek en medisijne, waaroor hij 'n massa geskrijwe het in vaktijdskrifte, dat daar vir letterkundige werk maar min tijd oorgeblij het. En tot vandag beskouw hij die laaste als bijsaak; lewenstaak is vir hom sij werk als skooldokter.Ga naar voetnoot1) Leipoldt het hom egter, soos hij self vertel, sedert jare ‘vermaak met versies draai en met die loop van tijd het ik 'n hele boel van die rijmpies in mijn tafellaai opgegaar. Dit was, en is, 'n onnosel vermaak, waarmee ik net maar mijselwe gekwel 't, deurdat ik somtijds nie 'n rijm in die hande kon krij nie, en nog meer kere nie goed in woorde kon uitdruk, wat ik gevoel en ondervind 't.’ Bekend is hoe sij vrind Johs. Smith (nou professor in Afrikaans op Stellenbosch) op 'n goeie dag toevallig toegang gekrij het tot die tafellaai, met die gevolg dat Oom Gert vertel en ander gedigte; voorsien van 'n ferme pleidooi vir Afrikaans van die hand van die ‘ontdekker’, in 1911 die lig gesien het en dadelik in Holland sowel als in Suid-Afrika algemeen die aandag getrek het.
‘Die meeste van die gediggies’ - sê die digter - ‘is gemaak geword, toen ik nog half flouw was met die skok van die oorlog, en toen die donder van die Engelse kanonne nog altijd in mijn ore was. Misskien het dit mijn snare al te veel laat tril. Misskien is dit beter dat ons nie meer oor sulke goed praat of sing nie. Maar daar is ook 'n ander kant: dit kan wees dat daar onder mijn lesers is, wat niet maklik vergeet nie, hoe gouw hul ook vergewe.’Ga naar voetnoot2) ‘Ons onthou!’ is dan ook die grondtoon van Leipoldt se oor- | |
[pagina 241]
| |
logsverse. Nie dat hij dit als bewuste tendens vooropstel nie, maar onwillekeurig word sij herinneringsbeelde deur die één onvergetelike op die agtergrond gedring, wanneer hij al peinsende oor die verlede sij gedagtes laat dwaal naar die land van sij liefde. Hoe is al dadelik in die opdrag ‘aan almaal wat voorgegaan het’ sij herinneringe aan sij mooi ou Karrooland saamgestrengel met die onvergetelike beelde van ‘tien jaar verbij’. Als 'n grootse panorama vol kleur en geur rijs die Afrikaanse natuur daar voor sij geestesoog op, maar als hij die oog net 'n oomblik sluit dan word die wierookgeur van aandblomme deur kruitdamp verdring: Sag is die nag en slaaprig al die wêreld -
Sag als die wit gesiggie van 'n kind.
Dof in die maanlig skitter net die sterre,
En rustig in 'n klipskeur skuil die wind.
Die maanlig gooi 'n silwerwaas oor velde,
Waar eens die grijs kruitwolke het gerol;
En elke plaas wat vroeër van rook geruik het,
Is met die geure van aandklossies vol.
Maar selfs die silwerlig kan nie verberge
Die tekens van die tijd tien jaar verbij:
Maak net jouw oë toe, en tussen wierook
Bespeur jij nog die kruitrook op die vlei!
Ja, man, wat op die slagveld het gesneuvel,
En in die kinderkampe, kind en vrouw,
Slaap rustig stil, julle, wat so geworstel,
En so gesterwe het - want ons onthou!
Of soos hij dit in een van sij ‘slampamperliedjies’ kernagtig uitdruk: Twee dinge sê ik vir jou, ou boetie -
die een is: ‘Vergeet, wat jij kan!’
Die ander: ‘Onthou, wat jij moet, ou boetie!’
Is dit nou te veel vir 'n man?
Twee dinge sê ik vandag vir mijselwe -
die een is: ‘Onthou, wat jij kan!’
Die ander: ‘Vergeet, wat jij moet!’ Dis amper
te veel om te verg van 'n man!
| |
[pagina 242]
| |
Dikwels gaan daar hewige trillinge deur sij snare bij sulke herinneringe. Luister maar naar Oom Gert in die eerste gedig van die bundel. Dis 'n simpele verhaal van twee Kaapse ‘rebelle’ wat aan die galg geknoop werd, omdat hulle... nou ja, omdat ‘'n mens tog iets vir sij nasie moet doen!’ Maar die aandagtige toehoorder kan die onopgesmukte ‘storie van ons sterfte’ nie sonder ontroering aanhoor nie. Daar is menigeen, sê Oom Gert: Wat jou die storie goed agtermekaar,
En met 'n les daarbij, en meer begrip
Van al die politiek ook, kan vertel
Als ik: ik weet maar uit mijn eie siel,
En kan maar grawe uit mijn eie hart,
En dit is baje oud en amper dood -
Mijn hart, meen ik - en waarlik, als jijself
Soveel het deurgemaak, soveel gelij,
Soveel geworstel, en soveel gesien,
Van wat jij liewers nooit nie het gesien,
Dan was jouw hart ook nie meer sonder kraak.
Maar kom - wat kan ik nou vir jou vertel?
'n Lang geskiednis is dit! Treurig ook,
Want daar gaan snikke en trane deur, ou neef!
Wil jij dit aanhoor? Goed!...
Ja, daar gaan snikke en trane deur. Dis of Oom Gert telkens 'n knop in sij keel krij en dan die draad van sij verhaal moet loslaat om eers sij aandoening meester te word. So b.v. waar hij vertel van die afskeid onder die galg: Toe het hul met die predikant gepraat;
En ik, als naaste bloedverwant van Ben,
Het met hom naar die galg gegaan en daar...
Nee neef, dis maar die rook! Ik word al oud,
En jouw tabak is al te sterk vir mij.
Ikself rook swak tabak: jij weet, dit maak
Mijn oë nie so seer.
Nou waar was ik?
Ja, toe het ons hul almaal handgegee.
Geeneen van ons kon praat nie; Piet was stom
En net so naar als ik, en een van ons -
Ik weet nie, wie dit was - het hard gesnik.
| |
[pagina 243]
| |
Maar bij die laaste toneel word dit die ou man te magtig. Hier kan sij brekende stem nie verder nie, en daarom sê hij so veel: Die kakies het oor Bennie se gesig
'n Sakdoek, of 'n kopdoekie of iets
Net soos 'n mus wil trek, maar Bennie vra -
En nog op Engels ook: hij kon dit praat -
Of hulle hom nie sonder dit kon hang.
Die kolnel knik: en toe...
Nee neef, laat staan!
Wat vat jij weer mijn hand? Laat blij mijn hand!
Vervlaks, hoe kan ik nou vir jou vertel,
Als jij mij somaar afbring van mijn rijm?
Blaas net jouw rook uit naar die ander kant:
Mijn oë is te oud vir jouw tabak!
(En, hartlam, haal vir pa 'n sakdoek.)
Nou
Daar is nie meer. Ons het weer thuisgekom,
En in die kamer hier het ons gekniel;
'n Korte bidstond het die predikant
Gehou vir ons - en daarna was dit uit.
Leipoldt ken ons ou Boermense deur en deur, en hij weet wat humor is. Nie dat hij dit soek nie, maar dit is hier, volop. Hoe weet hij in 'n paar forse trekke 'n sprekende karikatuur te teken so dwars deur die tragiek heen. Oom Gert soek naar die Kolonel se naam: Sijn naam - nou Gerrie, wat was ook sijn naam?
Jones? Nee, kind, dit was maar sijn offisier -
Jij weet, die aap met strepies op sijn mouw -
Ik het dit! Wilson was die vent se naam:
'n Dik vet kêrel, met 'n grijsgeel snor,
En lang slagtande, en rooi in die gesig.
Die mense sê, hij suip; maar ik het nooit
Hom dronk gesien, en wil ook nou nie meer
Agter sijn rug die man beskinder nie,
Al was hij ook 'n deugniet - dit maak niks!
Bennie, ‘'n regte mooi soort vrouwmens-kêreltjie’, en sij maat Johnnie, ‘'n opgeskote kêreltjie, nog nie heel droog agter die ore’, | |
[pagina 244]
| |
die twee kon dit nie langer onder ‘Martjie Louw’Ga naar voetnoot1) uithou nie. En hoe Oom Gert ook al vermaan, hulle was vas beslote om bij ‘ons mense’ aan te sluit. Oom Gert het nog twee perde gehad, en die moes hulle hê. Gouw-gouw was die ‘knapsak volgeprop met biltong en beskuit’, en Oom het ‘self die saalsakkies met hardgekookte eiers en ander padkos volgelaai’, en die twee is weg. Maar die volgende oggend moes Oom Gert die spit afbijt: Die môre was die heel gespuis om mij!
Die kolnel, als 'n brommer, gons en gons
En vloek en maak lawaai - maar ik staan pal.
Ik kon mosGa naar voetnoot2) nie gehelp het, dat die perde
Nog in die tuin gestaan het, en ik sê,
Dat dit sijn skuld was, en nie mijne nie;
Maar van die biltong en beskuit en eiers
Het ik hom toe maar liewers niks gesê.
Sien 'n mens in die laaste reëls nie 'n ondeuende glimlag in Oom Gert se oog so deur die trane heen nie? Maar als die digter dit met 'n kind te doen het - hij is kinderarts! - dan is daar geen plek vir humor nie, dan krij hij self trane in die oge. Maar nie in weemoedige berusting soos bij Totius nie; dis brandende trane wat aan 'n skrijnende gemoed ontpers word en waardeur daar bij wijle vonke skiet: Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Vouw maar jouw handjies saam, mijn kind:
Hoor tog hoe huil die noordewind!
Hier in die kamp is alles stil,
Net maar die wind waai, soos hij wil;
Net maar jijself kan kreun en steun:
Niemand sal hoor nie, niemand, seun!
Almaal is besig! Oor die land
Drijwe 'n wolk van die noordekant -
Swart als die rook uit die skoorsteen puil,
Swart als die nag, en als roet so vuil:
Vouw maar jouw handjies dig tesame,
Sluit maar jouw ogies en sê ame!
| |
[pagina 245]
| |
So ook in Aan 'n Seepkissie, een van Leipoldt se mees bekende gedigte: Hulle het jou in England gemaak, seepkissie,
Om hier in ons land als 'n doodkis te dien;
Hulle het op jou letters geverwe, seepkissie,
En ik het jouselwe als doodkis gesien.
Klein Jannie van ouboetie Saarl, seepkissie,
Het hier in die kamp met sijn sussie gekom -
En jij was bestem, soos jij weet, seepkissie,
Daar oorkant in England als doodkis vir hom!
Klein Jannie van ouboetie Saarl, seepkissie,
Was fluks en gesond, vir sijn jare nog groot;
Maar hier in die kamp, soos jij weet, seepkissie,
Was hij maar drie weke, en toe - was hij dood!
Onthou jij vir Jannie? Jij weet, seepkissie,
Hij het in sijn speletjies met jou gespeel;
Die son het sijn krulkop geskilder, seepkissie,
So blink als sijn strale, als goud so geel.
Op die Vrijdagmôre, onthou jij, kissie,
Het Tannie gesê: ‘Ag, klein Jannie die hoes!’
En die Vrijdagaand, soos jij weet, seepkissie,
Was Jannie sijn lewe al half verwoes.
Hulle het jou op Saterdagmiddag, seepkissie,
Gedra naar sijn tent als 'n doodkis daar!
Die wit gesiggie - jij weet, seepkissie,
Die handjies gevouw en gekruis oormekaar.
Hulle het jou in England gemaak, seepkissie,
Om hier vir ons kinders als doodkis te dien:
Hulle het vir jou lijkies gevinde, seepkissie,
En ik het jouselwe als doodkis gesien.
En in Die Konsentrasiekamp, waarvan die laaste strofe lui: Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?
Die smarte, die angs, het so baje gepla!
Die ijster het gloeiend 'n merk vir die eeuwe
Gebrand op ons volk, en die wond is te na,
Te na aan ons hart en te diep in ons lewe -
‘Geduld, o geduld, wat so baje kan dra!’
| |
[pagina 246]
| |
En wat 'n wêreld van sielsroering weet die digter met so 'n niksbeduidende ding als 'n ‘armsalige ou blikkie’ te wek. Watter Afrikaanse moeder kan dit lees sonder 'n traan in haar oog? Wat is die ding, wat jij daar hou?
Wat droom jij oor 'n blikkie, vrouw?
'n Armsalige ou blikkie?
Wat is die ding tog nou vir jou?
‘Ik wil hom skoonmaak, dat hij blink
Soos silwer in die sonskijn: dink,
Die armsalige ou blikkie,
Daaruit het Gert en Griet gedrink.’
En so sus die moeder haar smart deur blomme te plant in die ou blikkie, waaruit Gert en Griet hulle laaste afgemete slukkie melk gekrij het. En al is die plaas afgebrand en altwee haar kinders dood in die kamp, sij kan God nog dank vir so iets als verbeeldingskrag. Dis aangrijpend, die bijna naïewe moederlikheid: ‘Ik luister; en dit skijn vir mij,
Klein Gert is weer hier aan mijn sij
Bij jou, armsalige ou blikkie,
Om weer 'n slukkie melk te krij;
En Grietjie staan daar bij die deur -
Ja, kijk, haar voorskoot is verskeur!
Ag, armsalige ou blikkie
Hoe kan ik eensaam wees en treur?
Met jou het Griet en Gert gespeel,
En ik het nog in jou 'n deel;
Ag, armsalige ou blikkie,
Laat ik mij maar nog iets verbeel!
Verbeelding - dit is alles nou,
Wat ik nog het: laat mij dit hon!
Ag, armsalige ou blikkie,
Jij is mijn anker teen die rouw!’
Een man wat jare lang gespook het vir vrijdom, wat sij geboortegrond sien verander het in 'n woestenij, wat sij vrouw en kinders sien doodkwijn het in 'n sterfkamp, wat na dit alles nog 'n eed van trouw moes sweer aan die oorwinnaar - 'n eed waar sij hart geen deel aan had nie en nooit kón hê nie! - so 'n man en so 'n volk weet wat vrede soms kan beteken. En als verpersoonliking van sij volk het Leipoldt dit alles gevoel, beleef, ondergaan en in Vredeaand vertolk. Met hartstogtelik-opstandige bitterheid het dit hier deur sij brein gespook en sij siel-snare verward deurmekaar gepluk, als van 'n man wat in verbijsterde wanhoop 'n onvergetelike smart wil verdrink in 'n roes van vergetelheid; wat jou aanroep met 'n stem, wat geen geluid wil gee nie en aankijk met oge, wat geen trane het nie: | |
[pagina 247]
| |
Dis vrede, man; die oorlog is verbij!
Hoor jij die mense skree, die strate vol?
Sien jij, die hele wêreld is op hol?
Kom, hier 's 'n bottel soetwijn; laat ons drink!
Ons het ons nasie in die see gesink;
Ons het geen land meer nie: dis klaar met Kees!
Dis vrede nou: kom skree - of is jij hees
Van lag? Nou, lag maar, want die storie 's uit:
Ons nasie 's weg, ons kan daarnaar maar fluit!
Drink, drink jouw glas!.....
Hoera! hoera! Skree saam met mij:
Dis vrede nou; die oorlog is verbij!
Dis dieselfde stemming wat ook in 'n ander vers tot uiting kom: Mijn land is nie meer mijne nie;
Mijn volk is doodgestrij;
Mijn moed is nie meer heldemoed -
O God, vergewe mij!
Maar als die digter aan die vrouw denk, dan keer sij kalmte gaandeweg terug en krij hij weer moed: Sij was die sterkste van ons almaal, sij
Die met gebed en hoop het mee gestrij!
Sij het die swaarste deel van onse lot
Gedra, gehelp, getroos, gesteun deur God.
Op rots het sij gebouw, en nie op sand -
Heldin en vrouw! Die beste, wat ons land
Nog voortgebring het! Skree hoera vir haar,
Als jij moet skree - maar liewers, man, bedaar,
En skink weer met mij in 'n glas vol wijn:
Dit sal nie ditmaal suur smaak soos asijn,
Maar heuningsoet, als suiker - en met mij
Drink op haar naam: die oorlog is verbij!
Dis vrede nou; die oorlog is verbij!
Dis vrede, ja! Wat sal ons nou begaan?
Sal ons die vrouw daarbinne weer laat staan
Om kos te kook, te braai, te stook, te smoor?
Nie meer haar steun verlang nie? nie meer hoor
| |
[pagina 248]
| |
Haar stem, wat in die onweer het geklink?
Sal ons haar siel laat roes? Dié het geblink
Tot aan die kruis-ster, toen die donker nag
Rondom ons was, en niemand van ons dag
Verwag het nie: toe het haar lig gestaan
Als lei-ster vir ons; ligter als die maan,
En als 'n son geskijn - toe was dit nood!
Dis vrede, maar dié siel is nog nie dood:
Dit lewe nog om ons te lei, en maak
Die swaar, swaar vrede plig; die harde taak,
Wat voor ons lê, die lewe, wat ons wag,
Ons donker pad, so helder als die dag.
Waak oor die stem; let op die siel; behou
Die beste, wat ons nasie het - die vrouw!
Gooi neer die glas; die stukkies skop opsij:
Daaruit sal ons geen ander heildronk drink
Als dié aan haar! Maar roep, man, tot dit klink:
Dis vrede nou; die oorlog is verbij!
Hiervoor is opgemerk, dat die na-die-oorlogse poësie grotendeels 'n ‘kind der smarte’ kan genoem word. Maar daarnaas is telkens ook op 'n tweede vername kenmerk daarvan opmerksaam gemaak: 'n kanniedood optimisme, 'n nooit weifelende toekomsgeloof, wat blomme sien groei op kindergraffies en kindergesang beluister na weegeklag en rouw. En hierin is die poësie ook 'n trouwe weerspiegeling van die diepgewortelde lewensmoed, wat 'n grondtrek vorm van die Afrikaanse volkskarakter. Dieselfde optimisme kenmerk ook Leipoldt se poësie. Ons sien dit reeds in die laaste strofe van Vredeaand weer die oorhand behaal oor die opstandige bitterheid van die eerste strofes. Dit spreek ook uit verse als die volgende: Waar ons nou net bitter trane
klagte, sugte, smart gewaar -
Waar die koringvelde kaal staan,
en die droogte druk so swaar,
Wijs die toekoms diamante
en die koring in die aarGa naar voetnoot1).
| |
[pagina 249]
| |
'n Skoenlapper die vlieg daarbo
En fladder oor die rose daar:
Ik sien hom en ik word gewaar
Die son die skijn daarbuite, glo.
Netnou was dit nog wolkerig,
En outa Adam het gesê:
‘Kleinbaas, ons sal weer donder hê;
Ja waarlik, basie, kijk hoe dig!’
Nou is die wolke weg: die straal,
So geel als goud, lê oor die rooi,
Die skoenlapper die speel weer mooi,
En vlieg weer op om neer te daal.
So is dit in ons wêreld: nou
Is alles weer so wolkerig,
Die toekoms swart, met donker dig;
Dan somaar speel die son om jou.Ga naar voetnoot1)
Maar dit kom veral tot uiting in wat prof. Kamp genoem het die ‘summum’ van Leipoldt se lewensbeskouwing:
Die Einde.
Gee vrede en rus vir ons almaal, wat lam is van swerwe,
Moed en geduld vir ons almaal, wat bang is te sterwe;
Gee vir ons hart soos in somer die sap vir die bome;
Gee vir ons krag vir die werk en verstand vir die drome;
Gee, dat ons lag, als die lewenslas druk op ons harte;
Gee vir ons hoop in die donkerste nagte en smarte;
Gee vrede en rus vir ons almaal, wat lewe en erwe
Smart en verdriet, met die reg om uiteindelik te sterwe.
Gee vrede en rus; en ons vra nie iets anders, en luister
Stil naar die wind, wat so sag in ons ore kom fluister:
‘Moed, mense, hou moed!
Die kwaad sal verander in goed:
Die môrelig kom uit die duister.’Ga naar voetnoot2)
| |
[pagina 250]
| |
Met sij volk besef die digter egter dat alles nie somaar vanself weer sal regkom nie: En ons? Ons wil 'n nasie wees!
Ook agter ons lê vuur en bloed;
Ook ons het vir ons land gestort
'n See van trane: ja, dis goed!
Maar verder - wat? 'n Nasie word
Nie somaar als die koring groot:
Dit moet deur werk, deur vlijt, deur smart,
Deur lewe ook word voortgestoot.Ga naar voetnoot1)
En elders: Gee vir mij 'n trouwring;
Gee vir mij 'n vrouw;
Gee vir mij 'n babetjie:
Neem die res vir jou!
Wat wil jij met trouwring?
Wat wil jij met vrouw?
Wat wil jij met babetjie?
Jij, nog in die rouw?
Neem die werk als trouwring;
Neem jouw land als vrouw;
Die toekoms als jouw babetjie:
Dis genoeg vir jou!Ga naar voetnoot2)
Wil 'n mens die ‘summum’ van Leipoldt se digterlike geloofsbelijdenis, dit lê in die volgende ‘slampamperliedjie’ opgeslote: Ik sing van die wind, wat tekeer gaan;
Ik sing van die reën, wat daar val;
Ik sing van ons vaal ou Karrooland;
Van blomme, wat bloei bij die wal;
Van water, wat bruis oor die klippe;
Van duikers, wat draf oor die veld;
Van vools, wat daar sing in die bossies -
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!
| |
[pagina 251]
| |
Vir mij sing maar liewers van blomme;
Van al, wat die vlei laat verkleur;
Van al, wat die sonskijn laat spartel;
Van voorjaar en najaar se geur;
Vir mij sing maar liefs van die water;
Van duikers, wat draf oor die veld;
Van rotse en branders en wolke -
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!
Is dit reeds 'n logenstraffing van die ‘onnosele vermaak’, waarvan die digter so geringskattend in sij voorrede gewaag, die volgende spontane belijdenis maak dit nog duideliker dat daar bij hom dieper motiewe aanwesig is als net ‘versies-draai vermaak’: Jij sê vir mij: ‘Ou boetie, wat moveer jou?
Dink jij, die mense lees jouw versies? Glo,
Ons het nog ander goed om oor te babbel
En hou nie van slampampertjies hier bo.’
Nou goed, ou boet; ik skrijwe nie vir jou nie.
Die windswaal sing - nou waarvoor moet hij sing?
Vir jou en mij? Nee, wragtie, vir homselwe,
Net om hij iets moet sê, iets, iets, moet bring!
En ik ook, soos 'n windswaal, maak mijn versies
Nie maar vir jou - nee, glad nie; want ik weet
Jij hou mos nie van versies, jij, wat trots is,
Omdat jij dink, jij het die wijsheid beet.
Ik sing net vir mijself: uit puur verstrooiing
Maak ik slampamperliedjies net soos dié:
'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit,
En ik moet versies maak, of praat met - wie?Ga naar voetnoot1)
Dis 'n ou waarheid wat in hierdie twee slampamperliedjies uitgedruk is, so oud als die poësie self. Goethe het o.a. dieselfde gedagte uitgespreek in ‘Der Sänger’: Die goldne Kette gib mir nicht,
Die Kette gib den Rittern,
Vor deren kühnem Angesicht
Der Feinde Lanzen splittern...
| |
[pagina 252]
| |
Ich singe, wie der Vogel singt,
Der in den Zweigen wohnet;
Das Lied, das aus der Kehle dringt,
Ist Lohn, der reichlich lohnet.
Leipoldt is 'n uitbundige natuurvriend. Veral die uitgestrekte Karroovlaktes, wat op die gewone reisiger alleen die indruk maak van ‘één waterloze zee van golven, steen en rots’, besit vir hom 'n buitengewone bekoring. Reeds als kind het hij die eienaardige natuurskoonheid van die Boesmanland leer liefkrij: Vaal rotse rondom, met vaal sand en klei,
En boesmangras en varings geel en groen -
Wat 'n mooi wêreld hierdie! - -
Hier was mijn thuiste in mijn woeste jaar,
Toen ik nog kind was, sonder pijn of vrees,
Want ou PaaiboelieGa naar voetnoot1) self was toe te klein!
Al die rooi klippies het ik ingegaar,
En al die varings was vir mij gewees
Maters, wat elke somer het verdwijn.Ga naar voetnoot2)
Hij ken ‘die oudste doringboom in ons doringboomland’, die soutpan in die ou sandwêreld het hij in sij doodse rus bespied: So arm die wêreld hier, en tog so mooi:
Stil, als 'n oumens amper oor sijn reis
En met die Dood se skade op sijn gesig.
En hoe vertrouwelik kan hij gesels met die kriekie, die apie, die akkedissie en hulle uitlok om hulle geheime te vertel. Leipoldt is 'n gebore ‘interviewer’. Uit menige vers blijk dat hij baje mense in sij lewe uitgevra het, dat hij die kuns bij uitnemendheid van dokter en joernalis goed verstaan. En af en toe gebeur dit selfs dat die digter heeltemaal verdwijn agter die ‘interviewer’. Maar hoe weet hij soms, enkel deur middel van so'n vraaggesprek, een of ander voorwerp te tiepeer. Kijk b.v. naar so'n sprekende krabbel van die sekretarisvool: Sekretarisvool met jouw lange bene,
Met jouw penne agter die ore stijf,
Met jouw stadige stappies, wat maak jij hier?
| |
[pagina 253]
| |
Sekretarisvool met jouw lange bene,
Met jouw vaalgrijs vere en lang, lang lijf,
Met jouw groot, groot oë, wat maak jij hier?Ga naar voetnoot1)
En als iemand vra, wat 'n mens nou eigenlik aan ‘sulke versies, sulke vrae’ het, dan antwoord die digter: Ik het jou al gesê
Ou boet, ik sing alleen:
Verstaan jij daarvan niks - nou ja,
Jij is nog nie gespeen.
Vir die meeste mense is die verkleurmannetjie net 'n ding om jou 'n koue rilling oor die lijf te ja, als jij 'n tak aftrek om die lekkerste vrugte in die hande te krij en ‘kleurklasie’ sit daar vlak voor jou. Maar hoor Leipoldt met hom gesels: Daar op die vijboom sit die vabond,
So sedig als 'n predikant;
Maar glo tog nie, dat hij so vroom is:
Nee, regtig nie, hij is astrant!
Als jij hom aanraak, dan verkleur hij,
Geel, rooi, grijs, bruin en blouw en groen,
En al sijn vel blink soos die skulpies
Se binnekant met perlemoen.
So teemrig sit hij op sijn takkie
Die muggies met sijn tong te vang,
En met sijn ronde oë maak hij
Die spinnekoppe algaar bang.
Hij draai sijn nek soos 'n toktokkie,
Of soos 'n papie uit die klei;
En kijk so sedig naar die vliegies
Als hij die goed nie beet kan krij.
Arrie, ik hou van jou, kleurklasie!
Jij gaan jouw lewe deur so mooi;
Jij steur jou nie, aan wat die mense
So praat of skinder en flikflooi.
| |
[pagina 254]
| |
Hoe lewendig en aanskouwelik skilder hij die Afrikaanse lentebedrijwigheid in Lenteliedjie en Oktobermaand: Al die veld is vrolik;
Al die vooltjies sing;
Al die kriekies kriek daarbuite;
Elke sprinkhaan spring.
Al die koggelmannetjies
Kom om fees te vier;
Hier galop 'n goggatjie,
Daarso dans 'n mier.
Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blouw en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!
Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand;
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand;
So blouw en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
die asvaal ou Karroo.
Dit is die maand Oktober:
die kokewiet is uit;
Boomsingertjies en kriekies
die hoor jij orals fluit;
Fiskaal is op die oorlog:
daaronder bij die sluis,
Daar is 'n dor ou doorngboom
sijn spens en sijn kombuis.
Dit is die maand Oktober:
ik dink, die mense vier
Vir eeuwig in die hemel
Oktobermaand soos hier!
En selfs waar hij in Amsterdam ‘moedersiel alleen bij die vuurherd sit’ in die aand, met die ‘galm en gons en steun’ van ou Amsterdam rondom, leef dit alles nogeens helder voor sij verbeelding op, soos voor die van so menige Afrikaanse student: Dan dink ik aan die veld, en aan
Die doringbome bij die krans,
Waar koggelmannetjies die son
Hou vir 'n maat om mee te dans;
En aan die duine, waar die wind
'n Wierook naar die see toe waai,
En aan die dam, waaroor die vools
So vrolik in die nessies swaai;
En aan die seekoeigate, waar
Die kafferskuil en ruigte groei -
'n Donker groen, die water oor,
'n Tuin, wat nooit nie word gesnoei;
| |
[pagina 255]
| |
En aan die koppies, waar die son
Ons Afrikaanse klippe soen,
En aan ons ou Karroo, so mooi
In al sijn geil Oktober-groen!
En als sij aardse taak afgedaan is, dan is daar maar één plekkie op die ou wêreld waar hij graag sou wil rus - op mijn ou Karroo: Hier wil ik rus, op ons vaal Karroo,
Hier, waar die veld 'n leegte is,
Hier bij die slang en die akkedis,
Hier met die hemel blouw daarbo.
Grawe hier, boetie, 'n graf vir mij:
Hier is ik thuis, mijn land is hier;
Hier, waar die korhaan bruilof vier -
Hier wil ik lê in ons grouwgeel klei.
Stel nie 'n klip of 'n kruis daarbo,
Skrijwe geen teks, wat 'n mens kan lees;
Sê net: ‘Hij slaap, waar hij wou wees -
Hier in die skoot van ons vaal Karroo.
Hoewel Leipoldt liewers als ‘skooldokter’ wil beskouw word en nie als digter nie, het die ou ‘vermaak’ gelukkig nog altijd 'n sekere bekoring vir hom blij behou, sodat daar sedert sij terugkeer naar Suid-Afrika heelwat verse van sij hand in Afrikaanse tijdskrifte verskijn het.Ga naar voetnoot1) Enkele dagteken reeds uit vroeër tijd, waaronder die volgende twee sonnette, wat blijkens die inhoud geskrijwe is tijdens sij besoek aan Oost- Indië. Die eerste gun ons 'n interessante blik op Leipoldt se letterkundige simpathieë, terwijl die tweede die oorweldigende indruk weergee wat die Oosterse natuur op hom gemaak het.
Aan Multatuli.
Kind van die noordewêreld, waar die kou
Van winter weerga vinde in 'n volk
Wat kalm blij, als jij kokend is, en flouwGa naar voetnoot2)
En nie jouw taal verstaan nie sonder tolk!
| |
[pagina 256]
| |
Die warmer Ooste, waar die son ontstaan.
Het jou tot man gemaak, en van jouw hart
Die ijsgekorste kettings afgeslaan,
En jou geleer daar lê ook vreug in smart,
En in ellende grootsheid! Ik, als een
Met wie die Ooste ook gepraat het, gee
Hier, waar Adinda's spook bij maanlig ween
Oor Saïdjahs graf in eensaam stille wee.
Mij huldegroet aan jou als blijk daarvan,
Apostel, hoëpriester, lijder, Man!Ga naar voetnoot1)
Insulinde.
Mirakelland van oerwoud en vulkaan,
Ik groet jou in jouw glorie! Elke teug
Van die koel suidewind hernuw mijn jeug,
En maak mij amper kind weer, en verslaan
'n Dampwolk van gedagtes en die waan.
Dat net maar in die Wes die lewensvreng
'n Weerklank vinde, en dat trouw en deng
Alleen kan bloei in lande, waar die maan
Oor louter ijs en wit kapok sijn glans
Op wintermôres werp. Ag, ik gewaar
Mijn liefde bloei tot bijna bo verstand!
Ken ik nie meer mijn eie koppie en krans,
Mijn boland-vlak van Beaufort tot Die Aar?
Leen dan vir mij 'n nuwe Vaderland!Ga naar voetnoot2)
In sij latere verse hoor 'n mens telkens weer die optimistiese toon van vroeër, naas 'n hartstogtelike liefde vir die vrije natuur. Wat 'n uitbundige lewensvreugde vol ‘somer en son en safier’ tintel daar in die volgende verse:
Die Beste.
Geil lusern in die laagste landjie,
Geil groen blare en blomme blouw,
Alwijn rooi op die voorste randjie,
Rooi soos bloed teen die rotse grouw;
| |
[pagina 257]
| |
Somer en son en safier daarbowe,
Ruik van die keurbos rondgesprei,
Kort klein skaduws oor die klowe;
Somer en son en safier vir mij!
Wonder van kleure uitgesprei -
Wat is daar meer wat die dood berowe?
Somer en son en safier vir mij!
Hoog oor die water skommel die vinkies
Vol van die vreug van die somerdag;
Blij die gekwetter van klein tinktinkies,
Blijer die son wat goudgeel lag.
Algaar wat lewe, algaar tevrede,
Hoog op die heuwel en laag op die vlei;
So was dit gister en so is dit hede,
Somer en son en safier vir mij!
Heer, wat die hemel oor mij sprei,
Dit is mij eerste en laaste bede:
Somer en son en safier vir mij!
Roem van mense, rijkdomme, pragte -
Alles vergaan soos die mis op die vlei;
Sterre wat skiet in dikdonker nagte
Het langer lewe dan roem kan krij.
Boetie, als ons nou 'n keus moet wae
Hier op die wêreld, wat vra jij?
Roemrijke lewe en lengte van dae?
Somer en son en safier vir mij!
Boetie, als jij nou jouw keus kan krij,
Wat is die wens wat jouw hart sal wae?
Somer en son en safier vir mij!Ga naar voetnoot1)
Ook Leipoldt het sij oomblikke van vertwijfeling geken, hij was op ‘Moed-verloor se vlak’: Ja, ik was op die vlakte
Waar mense moed verloor:
Daar het ik in mijn siel gebewe,
Daar bitter ure deurgelewe,
Daar baje dinge aangehoor;
Maar ik is uit die vlakte
En bo sijn skaduws oor.Ga naar voetnoot2)
| |
[pagina 258]
| |
En ‘aan 'n korrespondent wat vra: Waarom skrijwe jij nie iets oor die oorlog?’ antwoord hij: Geen woord het ik om weemoed te vertolk,
Geen stem om smart te slaak.
Geen woord het ik om prijs te gee of blaam;
Geen stem in koor te sing.
Net maar Geloof, wat twijfel kom beskaam,
En troos in trane bring.
Geloof: dat alles wat ons is en het,
Nog groter groot sal groei:
Uit afgeleefde jare, bloed besmet,
Nog beter jare bloei;
Geloof: 'n volk wat soveel bloed en smart
Vir vrijheid het verpand,
Ook lewe en werk en ijwer, en sij hart
Kan offer vir sij land.Ga naar voetnoot1)
Maar Leipoldt blik ook ver oor die grense van sij eie land heen, en als die volgende oorweginge uit Vandag die toon kon aangee bij die vredestigters van die wêreld, sou daar meer kans bestaan op 'n ‘duursame vrede’: Leer dat die louter liefde vir jouw land
Die groter liefde vir jouw medemens
Nie uit - maar insluit; dat die paradijs
Nie meer op die manier van Mohamed
Alleen bevolk word deur soldate-dood;
Leer dat die band, wat volk aan volk moet gesp,
Nie meer gesnij moet worde deur 'n hand
Wat nie almagtig is nie. Dat die see,
Die lug hierbo, die aarde waar ons trap,
Vrij vir elk mensekind moet wees en blij;
Nie afgebaken soos 'n agterwerf
Vir een of ander wat die sterkste is.
Leer dit en wandel naar jouw leer, en lij
Totdat jouw wêreld ook dieselfde les
Geleer het en wat mens is mensheid ken.
| |
[pagina 259]
| |
Die Brandwag van 25 Mei 1917 bevat 'n aantal gedigte van Leipoldt uit 'n derde versbundel, wat in wording is en onder die tietel Dingaansdag sal verskijn. Daarin word die gebeurtenisse behandel wat gelei het tot Dingaansdag. Uit die ‘brokstukkies’ wat die digter reeds in die lig gegee het, blijk dat hij nog altijd ewe spontaan is in sij uiting, maar veel rijker geword het in klank en ritme, en ook in beeldingskuns. Kijk en luister b.v. naar so 'n skildering van Die Onweer: Soos 'n slang wat daar kronkel
En glij en verdwijn,
Eer die son op hom fonkel
En die goud op hom skijn,
So skitter en bewe die blits, en die donder gee 'n luid refrein.
Almagtige winde
Dwaal rond op die vlei;
Hul vreet wat hul vinde
En breek wat hul krij,
Op wilde verwoesting gepeil, van die skuld van vergelding bevrij.
Dof donkerblouw bande
Versluier die nag;
Die veraf berg-rande
Is swart in hul prag,
En swarter die haelswanger wolke, belaai met die onweer se mag.
Dit bars en dit kraak
En die hemel skiet vuur;
Die wolke neem wraak
Op die middernag-uur;
En die wêreld is moeg met die worstel, en slap met die strijd die natuur.
Of die huppelende gesang van Die Vlakte, waarvan die slotstrofe lui: Die klowe is steil en die berge is hoog;
O, gee mij die vlakte, die vlakte.
Al is dit ook winter en alles is droog
En geel op die vlakte, die vlakte.
Want hier is dit vrij en die wereld is stil,
Met nêrens 'n weerklank, met nêrens 'n gril,
En weelde van lewe soveel als jij wil,
O, hier op die vlakte, die vlakte.
| |
[pagina 260]
| |
Of die volgende, vir Leipoldt kenmerkende, natuurbeeld na die moord ‘bij Blouwkrans’: Die koperkapel kom uit sij gat
En sluip die randjie rond.
‘Dit het gereent, die veld is nat
En nat die rooigeel grond.’
En mierkat kom en sij ogies blink
En hij staan veraf en wag.
En die stok-ou ijstervark sê: ‘Ek dink
Die reën kom weer vannag.’
Maar die geitjie piep: ‘Dis gladnie reën;
Dis klewerig swart en rooi:
Kom jij sulke reën in jouw lewe teen,
So glad, so stijf, so mooi?’
En die wijs ou steenuil wa sij woord:
‘Dis bloed, dis mensebloed.
Dis lewensbloed wat ongestoord
Ons bossiewêreld voed.’Ga naar voetnoot1)
In 'n beskouwing van prof. Kamp oor Oom Gert vertel kom die volgende opmerking voor: ‘Waar Leipoldt ver in achterstaat bij Celliers en Totius, dat is in zangerigheid en in keurige beeldingskunst. Daar zijn verzen - en niet weinige - die horten en stoten, strompelen en struikelen in plaats van luchtig te zweven; die kraken en knarsen in plaats van te klinken. En 't blijft toch maar waar, dat echte poëzie ook muziek, ook zang is.’Ga naar voetnoot2) Ongetwijfeld is Leipoldt se tegniek dikwels veel minder versorg als die van Celliers en Totius, en bevat sij eerste bundel rijp en groen deurmekaar, berijmde gesels-maar-raak praatjies naas poësie wat kan meetel onder die beste van die ander twee. Maar menige ‘struikel-strompel’ rijmpie dagteken waarskijnlik reeds van vóór die oorlog, dus uit 'n ‘versies draai’ periode, toen Celliers en Totius nog gladnie gesing het nie, of ook nog maar opgedreun het in ouderwetse trant. Waar Leipoldt egter nie in agterstaan nie maar vóór, is dat hij met albei voete vasgeplant staan op Afri- | |
[pagina 261]
| |
kaanse bodem, wat met sij mededigters lang nie altijd die geval is nie. Hij is nie alleen thuis in die wêreld waarin hij hom beweeg nie, maar hij is ook volkome vertrouwd met die taalmateriaal uit die alledaagse Afrikaanse lewe. En daarom is sij poësie, soos Albert Verwey opgemerk het, veel meer ‘spraak’ als die van Celliers of Totius; nie juis omdat hij bij voorkeur die volkstaal gebruik nie, maar omdat ‘zijn zegging de onmiddellijke indruk maakt van het gesproken woord.’Ga naar voetnoot1) In 'n aankondiging van Trekkerswee haal prof. Kamp die volgende ‘kombuis-tafereel’ van Totius aan: Binne die huis is dit vandag
nie al te rustig, want
moeder en dogters moet bak en slag
vir die grote fees van die land.
En dan - die Kaffers is so baar!
‘Daar staan die brood al uitgerijs
en die oond is koud! Dis werkelik waar,
'n mens moet hul ook alles wijs.
In die ou Kolonie had jij nog
oorlamse skepsels, wat gouw-gouw leer.
Wat het mijn man met die lange togGa naar voetnoot2)
in vredesnaam tog gemankeer?’
Maar die dogters staan hul moeder bij
met opgestrookte arm:
dit knee die deeg en maak pastei;
en die oond is ook al warm.
Die jong goed kan nie so ernstig wees,
of 'n grap word tusse-deur gegôi.
‘Hierdie tert is nie vir die fees,
maar vir Willem s'n takhaarnôi.’
Net sluip weer Willem deur die kombuis
langs 'n tamelik donkere hoek.
‘Willem, wat loop jij so deur die huis
nes 'n hoenderhen wat lêplek soek?
| |
[pagina 262]
| |
en laat dan daarop volg: ‘De vraag is al gedaan, of dit nu niet “te realisties” is; of dit nu geen proza heten moet. Och, wanneer worden we voorgoed verlost van de opvatting, dat poëzie mooi-maakwerk wezen moet; dat ze bij de minste aanraking met het gewone leven van elke dag aanstonds de woordverguldsel-kwast hanteren moet? Ziet men dan niet, hoe ook dit alledaagse werktafereeltje daar staat in de zachte glans van “Silwere Strale”, dat 't een vredig stukje leven is, in eigen atmosfeer gezet door de geestes-stemming van de werksters?’Ga naar voetnoot1) Presies! En hier, soos bijna doorgaans in Trekkerswee, staan Totius vlak naas Leipoldt! Die onopgesmukte verhaal van ‘Oom Gert’ - waarvan prof. Kamp alleen terloops gewaag - is ook geen ‘mooi-maak-werk’ nie. Dit bevat selfs niks wat 'n mens sangerig of beelderig of lustig swewend kan noem nie, eenvoudig omdat Oom Gert se hart ‘baje oud en amper dood’ is en sij stem nie meer helder nie. En tog is dit ook poësie, omdat... ja, dit sou jammer wees als 'n mens dit alles haarfijn kon uitrafel en beredeneer. Maar laat 'n kunstenaar soos Modest Lauwerijs b.v. hierdie meesterlik-van-eenvoud kombinasie van humor en tragiek vertolk, en 'n mens voel wat 'n ontroerende skoonheid soms in sulke soort realisme skuil, ook sonder ‘muziek en zang’.
So het elkeen van ons drie eerste digters 'n eie plek en eie geluid, en vul hulle mekaar aan: Celliers digter-patriot, sanger ‘van durf en daad’, mannelik-fors; Totius digter-profeet, sanger van vrouweleed en Afrikanerwee, vrouwelik-teer; Leipoldt digterprater, sanger van ‘somer en son en safier’, kinderlik-spontaan - baanbreker driemanskap in die jong-Afrikaanse digterwêreld. |
|