Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 157]
| |
Hoofstuk III. Poësie.Voorbodes.‘Door de vallei van de schaduwen des doods,’ - so het die pad gegaan, waarlangs die Afrikanernasie van skijnbare ondergang gekom het tot nuwe lewe; waarlangs die Afrikanerpoësie gerijp het ‘van dilettantisme tot kunst.’ Vóór die oorlog het Kaapland en Natal, Vrijstaat en Transvaal wel ieder 'n afsonderlike bestaan gehad, maar daarná eers kon Celliers van 'n herbore en gelouterde, van 'n gemeenskaplike Afrikanerdom sing: Daar klink 'n lied,
daar bruis 'n roep
van Kaap tot ower Vaal,
van Oos tot Wes, van strand tot strand:
‘ons gee mekaar die broederhand,
ons smeed 'n sterke eenheidsband
van Afrikaanse staal!’
Vóór die oorlog was die Afrikaanse letterkunde als middel tot 'n doel hoofsakelik ondergeskik aan die taalstrijd. Daarna was die verhouding spoedig net andersom. Waar die Patriot-digters, met 'n enkele uitsondering hier en daar, gedig en gerijm het net maar vir die aardigheid, of om aan te toon dat Afrikaans ook ‘skrijfbaar’ was, daar bespeur 'n mens dadelik heeltemaal ánder motiewe bij die digters van daarná. Hier is dit nie meer tijdverdrijfGa naar voetnoot1) | |
[pagina 158]
| |
nie, maar diepe erns. 'n Mens voel dat hierdie digters sing omdat hulle moet, omdat daarbinne iets woel wat uiting soek en ook uiting vind in woord, klank en beeld, soos vóór die tijd onbekend was.
Die ou tradiesie het op kommando nog voortgeleef, soos blijk uit die Oorlogs- en andere gedichtenGa naar voetnoot1) van Oud-President F.W. Reitz. Daarin vind 'n mens in Afrikaans naas Engels, in ‘Hoog-Hollands’ naas ‘Hoog-Afrikaans’ al die wisselende stemminge van die avontuurlike kommandolewe. Die skrijwer gee self die volgende juiste karakteristiek van sij gedigte: Ik wil nou weer een bietjie sing
Oor ons Debat-vereniging,
‘Sing’ zeg ik - maar moet niet verwag
Een liedje, - want d'is boô mij mag.
Een mens, die wil wel veel, - maar dan
Blij nog die vraag - of hij dit kan.
En verder: Nou zoo's dit ook met mij gestel,
Een liedje zing, dat wou ik wel;
Maar hoe ik ook mij mond mag rek,
Te zing is boô mij vuurmaak plek.
Dus zal ik maar, om klaar te raak,
Nou net 'n korte rijmpie maak.Ga naar voetnoot2)
Maar al kan die skrijwer nie ‘sing’ nie, baje van sij ‘korte rijmpies’ is voortreffelik in hulle soort. Als hij op sij stukke raak dan deel hij links en regs kopskote uit, so tussen die oorlogshumor deur. Daar is b.v. die honende spot op die bekende ‘Lady Roberts’Ga naar voetnoot3): Lord Roberts is al huis toe,
Die Veldheer het getrap,
Maar d'on vrouw het hij hier laat blij,
Sij hou van ‘Mieliepap.’
| |
[pagina 159]
| |
Van ons arme families
Brant hij di huise af,
Di mans kan hij nie win nie,
Dus moet hij vrouwens straf.
* * *
Ja, Roberts van ‘Kandaar.’Ga naar voetnoot1)
Is nie Roberts van ‘Kanhier’,
En dat Tommy hier moet blijwe
Is nie enkel voor plesier.Ga naar voetnoot2)
Nog bijtender is die hekeling van Lord Kitchener se bekende ‘Papieren Bom’: Ik, Lord Kitchener van Karthoem
(Om andere titels nie te noem)
Krachtens machtiging gegeve
Door mij Koning ‘Etwart Zeve,’
Maak bekend en proklameer
D'is nou voor di laaste keer!
waarop die ‘proklamasie’ volg, wat aldus besluit: Kom dan Burgers al te zaam,
Dit smeek ik in Vredesnaam,
Laat mij nou maar voor die grap
Net maar op jul nekke trap.
Laat mij jul maar net oorwin,
Dan krij Chamberlain zij zin,
En miskien stuur hij zij schoen,
Dat jul toch daaraan kan zoen!
Dan 's die duizend-jarig rijk,
Dan is Boer en Brit gelijk
Dan 's die Britse Leo tam,
En slik die Afrikaanse lam.
| |
[pagina 160]
| |
Onder mijne hand gegewe,
Lang mag Koning Etwart lewe!
Getekend: Kitch'ner, maand en dag
Onder private witte vlag!Ga naar voetnoot1)
Dieselfde vlijmende satire ook in De Vrouwenkampen (of zoogenaamde ‘Refugee Camps’): Lord Roberts is zoo hoogst beschaafd
Met alle deugde ruim begaafd,
Zijn goedheid is zoo wonderbaar
Dit zeg hij zelf - dus is dit waar!
Als hij die oorlog teen die Boer,
Op gruwelike wijze voer
Dan is dit reg - dis eerder klaar,
Dit zeg hij zelf - dus is dit waar!
Hij zeg, die wrede Boer die wou
Zij vrouw en kind nie onderhou,
Zoo doet Lord Kitchener dit maar,
Dit zeg hij zelf - dus is dit waar!
met die volgende opwekking tot besluit: O, Afrikaner! wees getrouw,
Neem voorbeeld aan jou dappre vrouw
En luister, als sij jon vermaan,
God te vertrouw - en vas te staan.
Vroeger of later kom die dag,
Waarna ons Volk zoo vurig smag,
God zal den dwing'land zelf verslaan,
Vertrouw op Hem - en blij vas staan!Ga naar voetnoot2)
Dieselfde tekenende ‘bittereinder’-moed van hierdie laaste strofes kom ook tot uiting in verse als die volgende: 'k Moet somtijds verdriet aan die ellenboog klou
Maar 'n mens die moet sukkel, dus sal ik maar hou.
Mij vrolik humeur is 'n kostbare skat,
En mij Vrijheid is iets wat gen mens aan mag vat.Ga naar voetnoot3)
| |
[pagina 161]
| |
Ja! dierbaar ou Moeder Zuid-Afrika,
D'is die zwaarste ramp wat jij moet dra
Dat jou eie kinders tegen jou draai,
En burger zijn medeburger verraai.
Maar hou moed! - in Vrijstaat en ook in Transvaal
Is daar duizende nog, die nimmer aan Baal
Die knieë zal buig, maar wat dit ook kos
Getrouw zal staan, totdat God ons verlos.Ga naar voetnoot1)
Hierdie laaste twee strofes vorm die slot van 'n gedig, waarin die teenvoeter van die ‘bittereinder’ - Die Handsopper - ongenadig toegetakel word, en waarvan die aanhef lui: D'is 'n Uitlantse woord, en 'n Uitlantse daad,
En die ware beteek'nis is eind'lik verraad,
Al wat daarop rijm is net maar ‘opstopper’
En dis wat hij verdien, die gemene ‘handsopper.’
Daar is verder die verheerliking van die Mielie Pit: De mielie plant
Is door Gods hand
Aan ons Transvaal gegewe,
Dat mens en dier
Nog altijd hier
Kan ete en kan lewe.
Ons arme land
Is zwart verbrand
Door roekeloos gebroedsel,
Maar de mieliekop
Raak nog nie op,
Hij skenk ons drank en voedsel.
Gode zij dank
Nie die soort drank
Wat door ou Marks gestook is,
Maar mielie-nat
Die drink ons wat
In d' koffie pot gekook is, ens.
| |
[pagina 162]
| |
Daar is die weemoedige klaagsang (soos meer ander verse ernstige aard in Hollands gestel) op die dood van Danie Theron; oorwinningsliedere op Colenso, Maarsfontein, Spioenkop, en eindelik als teenhanger daarvan, tot slot van die oorlogsgedigte, die innigdroewe
Vaarwel aan die Vierkleur.
(Vereniging, 31 Mei 1902).
Niet langer mag de vierkleur wapperen,
Met tranen gaven wij haar af.
Zij is met onze dode dapperen
Verdwenen in een eervol graf.
Gelukkiger zijn zij die vielen,
Toen nog die vlag werd opgebeurd,
Dan wij die met bedroefde zielen
Haar zagen in het stof gesleurd.
Voor haar is daar geen blijde morgen,
Wij scheiden van haar voor altijd
In 't hart der Natie opgeborgen,
En aan 't verleden toegewijd.Ga naar voetnoot1)
En hiermee lewer die patriotiese oorlogsdigter tewens die bewijs dat hij bij wijle ook iets méér kon als ‘net 'n korte rijmpie maak.’ Want in hierdie verse snik daar iets van die stille smart wat die ‘bittereinders’ moes gevoel het, toe hulle na ‘zoveel strijds gestreden en zoveel leeds geleden’ daar bij Vereniging gestaan het rondom die graf van die ‘Vierkleur’, simbool van hulle verlore vrijheid. Dis dieselfde smartgevoel wat soveel heftiger opgevlam en met soveel meer hartstogtelikopstandige bitterheid deur Leipoldt se siel gesnij het in Vredeaand.
Dis opmerkelik dat Joubert Reitz op kommando ook nog die Patriot-toon aanslaan.Ga naar voetnoot2) Maar iets later, als hij op Bermuda gevange sit, dan klink daar 'n ander toon wat, merkwaardig genoeg, aanvankelik uiting vind in Engels. Dit is gedateer: Bermuda, Oct. 1901, en heet: | |
[pagina 163]
| |
The Searchlight.
When the searchlight from the gunboat
Throws its rays upon my tent,
Then I think of home and Comrades
And the happy days I spent
In the country where I come from
And where all I love are yet,
Then I think of things and places
And of scenes I'll ne'er forget.
Then a face comes up before me,
Which will haunt me to the last,
And I think of things that have been
And of happiness that's past.
And only then I realise
How much mij freedom meant,
When the searchlight from the gunboat
Throws its rays upon my tent.Ga naar voetnoot1)
Dit sou belangwekkend wees om te weet presies uit watter tijd die volgende Afrikaanse bewerking daarvan dagteken: Als die soeklig van die wagskip
op mijn tent skijn in die nag,
peins ik droef o'er huis en makkers,
en die speeltijd van weleer, -
skijn daar op die tentdoek beelde,
wat mijn denke t'rug-voer vér naar
ruigend veld in sonneweelde,
waar eenmaal só mooi gestaan 't
dié ou haardstee, dié ou thuiste,...
en dan breek daar, of 't 'n hart is,
snikkend déur mij siele-pijn -
als die soeklig van die wagskip
in die nag-uur op m'n tentdoek skijn!’Ga naar voetnoot2)
Dit was 'n nuwe geluid, soos in Afrikaans tot dusver nog nie gehoor was nie, 'n belofte vir die toekoms. En weldra het meer stemme hier en daar dieselfde geluid laat hoor, meestal ‘skugter- | |
[pagina 164]
| |
skamerig’ onder een of ander skuilnaam, alsof dit 'n sonde was om in die moedertaal uiting te gee aan 'n eie, ontwakende geesteslewe. Veral die enkele verse van Eugène Marais, in 1905 onder die weinig passende skuilnaam ‘Klaas Vakie’ (wat meer reg kon gelui het ‘Dagbreek’) in Land en Volk verskijn, het die bewijs gelewer dat daar 'n nuwe periode in die ontwikkelingsgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde aanstaande was. Wat bij hierdie digter al dadelik tref, is die verskeidenheid van kleur en toon in sij eerste gedigte. In Winternag gee hij in enkele fijne trekke 'n sobere maar gevoelde en gesiene ets van 'n stukkie Afrikaanse winternatuur. Dis geen beskrijwing nie, dis die winternag self, wat daar ‘in ster-lig en skade’ skimagtig opglans uit sij woordbeelding, met iets fantasties in ‘die grassaad aan 't roere, soos wenkende hande.’ Dis waarskijnlik nie 'n gewaagde gissing nie, dat Marais hierdie impressie van kommando af saamgebreng het. Want mense wat in die winter op die Hoëveld snags op brandwag moes gestaan het, sal hulle eie gewaarwordinge uit die tijd hier terugvind. In Hoe Lang? klink daar iets van die neerslagtige stemming van na die oorlog, wat egter nog nie wanhoop aan die toekoms nie: Vanwaar die lafaards wat daar meen
en ongestraf, met dom gebaar,
durf sê dat álles ijdel was voorheen?
Van waar?
Vanwaar die arme siele kom,
wat in geen eie toekoms staar,
en ons wil oplos in 'n vreemde drom?
Van waar?Ga naar voetnoot1)
Dieselfde hoopvolle stemming ook in Môre: Môre pluk ons blomme - môre
as die reen en mis eers o'er is,
as die modder opgedroog is,
as die son ons toelag - môre!
| |
[pagina 165]
| |
Die reen en mis en wolke,
wat ons son gekeer het gister,
keer hom maar vendaag nog.
Maar ons wag ver môre!Ga naar voetnoot1)
In Klaas VakieGa naar voetnoot2) deurleef die leser mét die digter nogeens die bekende ‘krakie-in-jou-nek’ toestand, waarin jij als kind so dikwels verkeer het, hier voortreffelik met kinderlik-digterlike oog gesien.
Winternag was vir Preller, wat toe net besig was om sij ‘Afrikaanse’ veldtog op touw te set, 'n ewe onverwagte als welkome bondgenoot. Waarom hij dit dadelik als 'n ‘mooi brokkie’ in die Volkstem (5 Julie 1905), sowel als in sij ‘Gedachten’-pleidooi gebruik het om teenstanders metterdaad te oortuig dat Afrikaans gladnie ‘geheel en al onvatbaar was voor uitdrukking van subtiele gevoelens’ nie, en dat dit bog was om nog langer ‘te praat van eentonigheid en sulke goeters.’ Als geestelike beskermheer van die ontluikende nasionale verskuns, het Preller enkele van die eerstelinge van ‘onbekende digters’ 'n blijwende plekkie besorg in sij inleiding tot Celliers se Vlakte-bundel. En dis seker te betreure dat daar nie méér van hierdie voorbodes uit die jare kort na die oorlog van die dagblad-vergetelheid gered is nie, omdat hulle van groot waarde is veral vir die toekomstige skrijwer van 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Nog 'n voorbeeld daarvan is die volgende sangerige natuurindruk van J. Krige, wat seker nie verdien om verlore te gaan nie:
Awend.
Sag roer die wind o'er die heuwel en vlei,
Blare en grassaad, - die dag gaat voorbij.
Stil sak die son in die westelik oord,
Skemerig donker in blomtuin en boord.
Maanlig en sterlig so skoon en so sag,
Lieflike awend en lieflike nag.
Dromerige beelde vlieg heen en vlieg weer,
Sangrijke liedre met woorde so teer.
| |
[pagina 166]
| |
Sag klink die lied van die suisende stroom:
‘Soet sij uw nagrus en soet sij uw droom.’
Berge en klipkop en blomrijke dal,
Afrika, u min ons ver bowe al!Ga naar voetnoot1)
Naas sulke oorspronkelike gedigte bestaan daar ook enkele bewerkinge uit hierdie tijd, wat vir die literatuurgeskiedenis nie sonder belang is nie. Daar is b.v. 'n bewerking van ‘Zij zullen het niet hebben, ons oude Nederland!’ van da Costa deur ‘Blikoor,’ waarvan die eerste strofe lui: Hul sal dit tog nie krij nie,
Ons sonnig vaderland,
Nie om hul slaaf te wees nie,
Het God ons hier geplant.
Hul sal dit tog nie krij nie,
Die Gode van ons tijd:
Ons het ons land met trane
En bloed die Heer gewijd.Ga naar voetnoot2)
Preller het dit selfs aangedurf om Shakespeare te verafrikaans, ook al weer onder 'n skuilnaam, ‘Vastrap,’ wat in elk geval veel tekender was als die van Marais. En dis seker nie toevallig nie dat hij onder hierdie skuilnaam en onder die toenmalige omstandighede juis die bekende Hamlet-alleenspraak: ‘To be, or not to be?’ gekies het. Ter vergelijking het Preller sij bewerking afgedruk naas die oorspronkelike teks en ten Kate se vertaling daarvan,Ga naar voetnoot3) en dit moet erken word dat hij gladnie 'n slegte figuur slaan naas die geroetineerde Nederlandse digtervertaler nie. Ondertussen was die sublieme sang van die Afrikaanse veld, nadat dit 10 jaar lang in Celliers se siel gesluimer had, eindelik tot uiting gekom in Die Vlakte. Maar nog 'n jaar lang het dit in onverdiende vergetelheid onder sij papiere begrawe gelê, tot in 1906. Self vertel hij van die ontstaan daarvan: | |
[pagina 167]
| |
‘In 1895 - bij geleentheid van die opening van die Delagoaspoorweg - het ik met 'n klompie maters naar Delagoabaai gegaan. Op die reis het, één agtermiddag, die vlakte 'n besondere indruk op mij gemaak. Die wese en siel daarvan het nog nooit so op mij gewerk nie als daardie dag. Dit was nabij ondergaande son. Van die tijd af het dit bij mij geblij als iets pragtigs en verhewens waarvan ik altijd deur geniet het, waaraan ik uitdrukking wou gee maar nie kon nie. Toen ik nou, in Pallens (sur Montreux), Shelley weer vir die soveelste maal lees, tref dit mij ineens soos 'n aangename verrassing dat die vorm van die onvergelijkelik skone gedig “The Cloud” net die vorm was wat ik kon gebruik om uitdrukking te gee, bevrediging te gee, aan die drang wat mij alsware vervolg het, geen rus gelaat het nie, - die stem van die vlakte van 10 jaar van tevore. Ik kon toen nie anders nie, ik moes skrijwe, ik was vol daarvan. Wandelende in die strate van Montreux het ik bajemaal hier of daar blij stilstaan, die papier teen 'n muur gedruk en iets opgeskrijwe, tot die ding klaar was. Maar, toen was hij nie naar mij sin nie, so vér benede wat ik gevoel het en wou uitdruk. En so het dit onder mijn papiere blij lê, tot mijn vrouw mij eendag beweeg het om dit aan mijn broer voor te lees. Sijn oordeel was so gunstig, het daarin so ooreengekom met die oordeel van mijn vrouw, dat ik dit toen naar die Volkstem gestuur het (1906). Hollandse blaaie het dit toen geheel of gedeeltelik oorgeneem uit die Volkstem. En Van Nouhuys het mij gevra om dit in Groot-Nederland te publiseer (Jan. 1907). Toen ik omtrent die tijd in Holland kom, vra hij mij of ik Perk gelees het, en die idee van die gedig van hom gekrij het. Naar waarheid het ik hom toen geantwoord dat ik Perk nog nie ken nie;Ga naar voetnoot1) en vir die eerste keer het hij mij toen, die middag, die pragtige Iris voorgelees. Dit het mij baje getref.’Ga naar voetnoot2) Met die verskijning van Die Vlakte in 1906 en die daaropvolgende eerste bundels van Celliers en Totius in 1908,Ga naar voetnoot3) was die nuwe periode, die kunsperiode in die Afrikaanse poësie definitief ingelui. |
|