Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 93]
| |
Hoofstuk II. Taal.Taaleenheid is die uitvloeisel van volkseenheid en 'n noodsakelike voorwaarde vir 'n algemene, nasionale kultuur. Waar in 'n land dus verskillende afsonderlike dialekte bestaan, kan taaleenheid alleen tot stand kom, wanneer één van die dialekte 'n bepaalde hegemonie oor die ander verkrij. So 'n proses, wat deur allerlei maatskappelike faktore bepaal word, hoef egter nie noodwendig gepaard te gaan met totale verdwijning van die orige dialekte nie. Want 'n gemeenskapstaal beteken geen doodse eenvormigheid nie en sal op sigself eweveel verskeidenheid-in-eenheid vertoon als die gemeenskap self, terwijl allerlei tussenskakeringe sal blij bestaan tussen die gemeenskapstaal en die nog voortlewende lokale taalgroepe. Als eigenlike moedertaal het die laaste ook reg van bestaan binne die staatsverband en naas die eenheidstaal, en hoef op sigself nog nie onbeskaafd te wees nie. Maar op die duur kan en mag die beperkte streektaal die vorming van 'n gemeenskapstaal, van 'n Algemeen Beskaafd nie in die weg staan nie. Met die oog op die Afrikaanse taalverhoudinge is dit van belang om in kort na te gaan hoe die taaleenheid in Nederland tot stand gekom het. In die Middeleeuwe bestaat daar geen algemeen Nederlandse taal nie, want die volkseenheid ontbreek. Elke streek of gewes praat en skrijf sij eie dialek, en als in die 12de eeuw 'n aanvang gemaak word met 'n letterkunde in die volkstaal, gaan die mees ontwikkelde streke daarin voor. Eers waarskijnlik Limburg (Hendrik van Veldeke), daarna in die 13de eeuw die bloeiende Vlaamse stede (Jacob van Maerlant), terwijl Brabant in die | |
[pagina 94]
| |
14de eeuw die leiding oorneem met Antwerpen als brandpunt van letterkundige beskawing (Jan van Boendale, Jan van Ruusbroec, e.a.), wat deur die uitvinding van die boekdrukkuns tot ver oor die gewestelike grense deurdring. Hoewel die Brabantse invloed ook in die Noorde merkbaar is, veral in die 15de eeuwse devote literatuur (Geert Groote, Johannes Brugman, Hendrik Mande), behou die suidelike Nederlande deur die ekonomiese betekenis van Antwerpen tot die end van die 16 eeuw 'n besliste oorwig. In die middeleeuwse literatuur is daar dus meer verskeidenheid als eenheid: ‘velerlei gesproken taal klinkt in de letterkundige werken door; zowel de keuvelende konversatietoon van geleerden als Maerlant en Boendale, als de tintelende geestigheid van de Reinaert, en de rauwe realiteit van volkslied, kluchten en boerden.’Ga naar voetnoot1) Teen die end van die 16de eeuw kom daar egter 'n plotselinge omkeer, waardeur die geestelike en ekonomiese swaartepunt van die Suide naar die Noorde verplaas word. Als gevolg van die Hervorming en die opstand teen Spanje word die provinsie Holland na die val van Antwerpen (1585) verrijk met 'n ‘geestelike keurbende’ van uitgeweke Vlaminge en Brabanders. Aanvankelik gee hulle die toon aan in Hollandse kringe, maar met die snelle opbloei van verskillende Hollandse stede, veral Amsterdam, word Brabants en Vlaams geleidelik in Hollands opgelos. Tijdens die groot bloeitijd in die 17de eeuw word die hegemonie van Hollands oor die ander noordelike dialekte verder uitgebrei. Hoe ver ons hier reeds verwijder is van die vroeëre Brabantse bloeiperiode, blijk uit wat Vondel, self van Brabantse afkoms, in 1650 in sij Aenleidinge verklaar: ‘Wat onze spraeck belangt, die is, sedert weinige jaren herwaert, van bastertwoorden en onduitsch allengs geschuimt (gesuiwer) en gebouwt en geeft den leerling nu veel vooruit, om naer den palmtack in dit renperck te rennen tegens en voorby henlieden, die met zulck een zure moeite en arbeitzaamheit dit spoor onlangs begosten te leggen...Deze spraeck wort tegenwoordigh in 's-Gravenhage, de Raetkamer der Heeren Staten, en het hof van hunnen Stedehouder en t' Amsterdam, | |
[pagina 95]
| |
de maghtighste koopstadt der weerelt, allervolmaecktst gesproken, by lieden van goede opvoedinge, indien men der hovelingen en pleiteren en kooplieden onduitsche termen uitsluite: want out Amsterdamsch is te mal, en plat Antwerpsch te walgelijck, en niet onderscheidelijck genoegh.’ Hier is dus reeds die grondslag van 'n Algemeen Beskaafd aanwesig. Maar bij die drang naar eenheid vertoon die 17de eeuwse literatuur nog 'n rijke verskeidenheid. Tussen die beskaafde renaissance-taal van digters en prosaïste, van rederijkers, diplomate, theologe en geskiedskrijwers, klink orals die volkstaal in allerlei skakeringe deur, veral in die werke van Bredero, in klugte en blijspele, pamflette en reisjoernale. Die taal van Cats is Seeuws, die van Huygens Brabants gekleur. Die verfijnd-letterkundige taal van Spieghel en Hooft berus op beskaafd Amsterdams, terwijl Vondel, wat aanvankelik nog onder Brabantse invloede staan, later die beskaafde spreektaal van ‘'s-Gravenhage en 't Amsterdam’ tot norm kies. Die hegemonie wat Holland tijdens die republiek verwerf, word gehandhaaf ook na die staatkundige eenwording in die begin van die 19de eeuw, wat reeds hieruit blijk dat ‘Holland(s)’ sedert lang in die buiteland sinoniem is met ‘Nederland(s)’. Deur toenemende verkeer en verbeterde onderwijs ontwikkel Hollands sig gedurende die 18de en 19de eeuw gaandeweg tot 'n gemeenskapstaal, waaraan die nog bestaande plattelands- en stadsdialekte ondergeskik word. Selfs Fries, wat reeds 'n afsonderlike letterkunde besit en nog veel verder van Hollands verwijder is als Afrikaans, word binne die staatsverband ondergeskik aan die gemeenskapstaal. So kom dit dat die meeste Nederlanders vandag feitelik ook tweetalig is. Naas die dialek, die eigenlike moedertaal, moet die algemene volkstaal op skool aangeleer word, sodat daar naas die intieme 'n tweede taal bestaat vir algemene omgang, wat altijd min of meer 'n beswaar blij. Hierdie beswaar word egter veel groter in lande waar drie tale met mekaar konkureer, soos in Vlaandere en Suid-Afrika. Na die 16de eeuw word die volkstaal in die Suidelike Nederlande gaandeweg agteruit gedring deur oorheersende Franse invloede, en als daar in 1815 'n gewelddadige toenadering tussen Nederland en België tot stand kom, word Hollands in die Suide als 'n | |
[pagina 96]
| |
vreemde taal gevoel en om godsdienstige redes deur 'n verfranste geestelikheid teengewerk. Na die afskeiding van 1830 word Frans die enigste offisiële taal in België, maar terselfdertijd ontstaat die Vlaamse Beweging, wat soveel moontlik aansluiting soek bij die Noorde en waarbij die Hollandse boektaal tot rigsnoer vir eie taalgebruik gekies word. Ewe min als in Suid-Afrika kon egter langs die weg 'n egte volkseie literatuur tot stand kom. Omstreeks 1860 tree die Vlaamse digter Gezelle als kampvegter op vir die geminagte volkstaal, maar omdat hij hom nie wou en kon bedien van die Noord-Nederlandse ‘digterlike taal’ nie, word hij èn om die godsdienstige karakter van sij poësie èn om sij ‘partikularisme’, sowel deur die liberale Flamingante als deur die Frans-gesinde geestelikheid misken en gekrenk, met die gevolg dat hij ongeveer dertig jaar lang swijg. Sij invloed werk egter gestadig deur en omstreeks 1890 bloei sij kuns weer met hernuwde frisheid en oorspronkelikheid op saam met die van 'n groep jongere Vlaamse kunstenaars, waaronder die bekende Hugo Verriest en Stijn Streuvels. Die betekenis van hierdie letterkundige herlewing werd in die Suide aanvankelik nie ten volle gewaardeer nie. Deur letterkundige taalgebruik verkeerdelik te vereenselwig met algemene taalgebruik, kon die meeste Flamingante in die Westvlaamse partikularisme alleen 'n gevaar sien vir die wordende taaleenheid met die Noorde. Later het die bestrijders daarvan egter ingesien dat die lewende Vlaamse woord van Gezelle en Verriest als uiting van eie nasionale lewe nie alleen reg van bestaan had naas 'n algemene taal nie, maar ook 'n kragtige steun was vir die Vlaamse beweging. Maar aan die ander kant is bij die partikulariste die besef nog nie algemeen nie, ‘dat uit de reeks West- en Oost-Vlaamse, Brabantse en Limburgse dialekten bij konsekwent partikularisme nooit een zelfstandig Zuid-Nederlands Beschaafd zal ontstaan, omdat geen van de middelpunten, nòch Leuven, nòch Antwerpen, nòch Gent, nòch Brugge daartoe een algemeen erkend geestelik en oekonomies overwicht bezit.’Ga naar voetnoot1) Dit vind sij oorsaak hierin dat de ‘politische, economische en intellectueele hegemonie haar uiting vindt in het Fransch.’ Om dus die oorheersende Franse | |
[pagina 97]
| |
invloede op die duur met sukses te kan bestrij, sal Vlaandere naas sij partikularisme moet aanstuur op 'n taaleenheid op algemeen-Nederlandse grondslag, wat na die Europese oorlog waarskijnlik meer dan ooit noodsakelik sal wees. Bij veel ooreenkoms met Suid-Nederland vertoon die verhoudinge in Suid-Afrika egter ook aanmerkelike verskilpunte. Soos in Vlaandere teenoor Frans ontstaat in Suid-Afrika in die laaste kwart van die vorige eeuw 'n reaksie teenoor Engels. Ook hier is daar twee partije: die Taalbond, wat aansluiting soek bij Holland, eweneens met die ‘vereenvoudigde’ Hollandse boektaal als rigsnoer vir skriftelik taalgebruik, en daarnaas die ‘partikularisme’ van die Afrikaanse Taalbeweging. Ook hier word die laaste aanvankelik beskouw als 'n gevaar vir die stam-en taaleenheid met Nederland. Maar die groot verskil tussen Suid-Afrika en België ten opsigte van Nederland lê hierin, dat België als aangrensende land veel meer kanse tot 'n gereëlde aanraking en wisselwerking bied, terwijl Nederlands deur die skool, die pers en veral deur 'n uitgebreide en gesaghebbende literatuur daar reeds veel dieper gewortel was als in Suid-Afrika. Daarom was die moontlikheid hier totaal uitgesluit dat Engels ooit deur Nederlands sou kan verdring word. Die strijd sou dus tussen Afrikaans en Engels moet uitgeveg word. Dat die laaste reeds mooi op weg was om als ‘beskaafde’ taal die hegemonie te verkrij oor die ‘kombuistaal’ van Suid-Afrika, net soos Frans oor die ‘patois’ van Vlaandere, is in die inleiding reeds aangetoon. Die oorlog van 1900 was ten slotte hier die groot skeppende mag van die volkseenheid, van 'n nasionale herlewing, van 'n eie literatuur. En deur die afwesigheid van afsonderlike dialekte was die volkstaal ook dadelik in 'n veel gunstiger posiesie als Vlaams om die algemene kultuurtaal te word van die Diets-Afrikaanse bevolking, sodra geskoolde skrijwers en kunstenaars hulle daarvan sou gaan bedien. Hoe verbasend snel Afrikaans sig van ‘kombuistaal’ opgewerk het tot Algemeen Beskaafd naas en in die plek van Engels en Hoog-Hollands, waarbij veral die Suidafrikaanse Akademie 'n belangrijke rol gespeel het, is eweneens in die vorige hoofstuk uiteengeset. Soos uit die vervolg sal blijk, is daar aanvankelik 'n sterke | |
[pagina 98]
| |
inwerking van Engelse en Hollandse invloede op die taal en literatuur uit die beginstadium van die nuwe beweging waar te neem. Maar gaandeweg kom daar meer stabiliteit op suiwerder Afrikaanse grondslag, hoewel die voeling met Hollands nergens heeltemaal prijsgegee word nie. Bij 'n verdere ontwikkeling sal sulke brandpunte als Stellenbosch, Bloemfontein, Potchefstroom en Pretoria waarskijnlik normgewend word vir die hele Afrikaanse spraakgebied, terwijl die tweetalige kultuur natuurlik ook in die toekoms wedersijds tot uiting sal kom in die twee landstale. Watter van die twee uiteindelik 'n besliste oorwinning sal behaal, sal afhang van toekomstige maatskappelike verhoudinge en van allerlei ekonomiese en industriële vraagstukke. Maar die snelle opbloei van 'n Diets-Afrikaanse literatuur in die laaste vijftien jaar, in teenstelling met die feitelike afwesigheid van 'n Engels-Afrikaanse literatuur na 'n hegemonie van meer dan 'n eeuw, is 'n aanduiding van die rigting waarin die geestelike evolusie sig gestadig voortbeweeg.Ga naar voetnoot1)
Wanneer 'n mens die aanvankelike verhouding tussen Taalbond en Afrikaanse Taalbeweging nagaan, dan blijk 'n merkwaardige verskil van opvatting. Enersijds werd Hollands als ‘moedertaal’ beskouw en dikwels met Afrikaans vereenselwig, terwijl dit andersijds als ‘vreemde taal’ teenoor Afrikaans gestel werd. Jare lang het die voorstanders van Hollands met die grootste stelligheid volgehou, bijna alsof dit nog altijd vanselfsprekend was, dat Hollands die taal van die Afrikanernasie was; terwijl die Afrikaanse partij daarenteen dieselfde posiesie, en met veel meer grond, vir Afrikaans opgeëis het. ‘Een gezonde pedagogie eist, dat de kinderen hun eerste onderricht ontvangen in en door middel van de taal, waarmee ze als 't ware in de wereld komen. Alle onderwijs moet dus, in z'n eerste stadium altans, aan hollandsprekende kinderen gegeven worden in het Hollands tot minstens het einde van de derde standaard.’Ga naar voetnoot2) | |
[pagina 99]
| |
Stelliger kan dit seker nie. En buiten die verband sou 'n mens nie anders denk als dat hier sprake was van Nederlandse kinders, in plaas van Afrikaanse. Net so met die volgende uitspraak: ‘Het kind, dat niets dan Hollands gesproken heeft in zijn huiselike omgeving, dat in Hollands heeft leren denken, dat zijn eerste onbewuste opvoeding door middel van het Hollands ontvangen heeft, ziet, zodra hij de school binnentreedt, plotseling zijn ganse ontwikkeling afgebroken. Al het materiaal, dat hij tot nu toe in zijn geest heeft bijeengebracht is voor hem nutteloos. U hebt een kind, dat spreken kan, naar school gezonden, het wordt behandeld als een doofstomme.’ En verder: ‘Denkt u niet, dat het hoog tijd wordt, dat er een einde komt aan dat belachelik kluchtspel, dat elke dag in de meeste scholen van ons land kan worden gezien: dat een Afrikaans meisje, dat thuis meestal Hollands spreekt, staat voor een klas van Afrikaanse jongens en meisjes, die eveneens thuis Hollands spreken, en dat beiden zich aanstellen of zij hun leven lang nooit iets anders dan Engels gesproken hebben, en geen woord Hollands kunnen verstaan? Ik weet niet of ik om zulk een komediespel lachen of wenen moet, want waarlik, het is bespottelik genoeg, indien het maar niet zo treurig was!’Ga naar voetnoot1) En tot vandag nog heet dit: ‘Het is, om het minste ervan te zeggen, een dwalende onjuistheid om te beweren dat het Afrikaans onze moedertaal is. Hollands en niets anders dan Hollands, onze Bijbeltaal, is onze moedertaal en die taal wordt door een ieder die er enigszins kennis aan heeft, goed begrepen...Ga naar voetnoot2) Hierdie aanhalinge vorm 'n treffende bevestiging van Bradley se opmerking, dat ‘in all matters of language the influence of tradition is extremely powerful.’Ga naar voetnoot3) Die ‘Hollandse’ partij het dan ook altijd heftig geprotesteer als ‘een valse demokratie’ die ‘gevaarlike dwaalleer’ durf verkondig het, dat Hollands vandag vir ons volk feitelik 'n vreemde taal is. Want - so redeneer hulle - van die ‘Trap-der-jeugd’ se dae af het die Afrikaner nog altijd Hollands geleer op die skool; hij lees en verstaan nog altijd sij Statenbijbel, sij Hollandse lektuur en | |
[pagina 100]
| |
Hollandse krant; hij luister elke Sondag naar 'n goeie Hollandse preek; Hollands is die taal van sij gebed en sij huisgodsdiens; dit was nog altijd die offisiële skrijftaal; die tweede taal van skool en universiteit; van die staatsdiens en die volksraad (selfs uitsluitend in die gewese republieke); die tweede ‘offisiële’ landstaal. Hoe kan dan in erns beweer word dat Hollands vir die Afrikaner 'n ‘vreemde’ taal is? Niemand sal die waarheid van hierdie redenering in twijfel trek nie. En tog, dit bewijs alleen nog maar dat Hollands die moeder is van Afrikaans. Dit bewijs niks meer nie als dat Hollands, die taal van 'n oorspronkelik suiwer Hollandse volksplanting, die grondslag vorm van en tot vandag nog na verwant is aan Afrikaans, die taal van 'n splinternuwe nasie, wat buiten die Hollandse kern ook 'n aansienlike hoeveelheid Franse, Duitse en Engelse bloed bevat.Ga naar voetnoot1) Voorgaande redenering berus op 'n halwe waarheid, omdat dit nie rekening hou met die afkoms en die wordingsgeskiedenis van die Afrikanernasie en met die daaruit voortvloeiende ontwikkeling van sij eie spraak nie. Want wie nie net tevrede is met lees en verstaan nie, maar wil weet of die gemiddelde Afrikaner Hollands ook kan skrijf en veral praat; of dit die natuurlike, alledaagse vorm is waarin die Afrikanernasie als geheel vandag uiting gee aan sij gedagtes, die sal, als hij eerlik en onbevange oordeel, tot die gevolgtrekking moet kom dat daar ergens 'n skroef los is, en al sedert lang los was, met die Hollandse ‘moedertaal.’ Hij sal insien dat hierdie opvatting alleen nog maar berus op 'n histories-verouderde skrijftradiesie en gladnie meer op die taalwerkelikheid van vandag nie. En, soos in die vorige hoofstuk reeds aangetoon is, die hoogste wetgewer op taalgebied is nie die skrijftaal nie, - ‘de geschrevene, de gedrukte, de gelezene taal, de starre, stomme, klanklooze dame met haar gesminkte kaken,’Ga naar voetnoot2) hoe oud en eerbiedwaardig sij ook mag wees, - maar die gesproke taal wat in die mond van die ‘spraakmakende gemeente’ leef. Sij uitspraak alleen is finaal en beslissend, waarom taal ook met 'n veel tekenender woord genoem word spraak. Een Afrikaner hoef dan ook maar enkele dae in Holland te | |
[pagina 101]
| |
vertoef om tot die ontdekking te kom, dat selfs sij beste ‘Hoog-Hollands’ nie meer Nederlands is nie; en net so 'n Nederlander in Suid-Afrika om te weet dat sij ‘Algemeen Beschaafd’ nie meer ons volkspraak is nie. Dit kàn ook eenvoudig nie, omdat die twee volke sedert eeuwe 'n volkome aparte ontwikkelingsproses in twee aparte werelddele deurgemaak het, waardeur elkeen se spraak vandag die uitdrukking is van 'n volkome eie, aparte volksiel. ‘Ik zal het nooit toestemmen, dat het Afrikaansch, zooals thans door velen gesproken, soms met opzet zoo laag mogelijk (?), de taal van mijn voorvaderen was.’Ga naar voetnoot1) Jawel, maar ons leef nou eenmaal nie meer in die goeie oue tijd van ons Hollandse voorvaders nie. En die van ons wat Franse, Duitse en Engelse voorvaders het, wat almaal nog veel later in die land gekom het als die Hollandse? Sou ons dan ook ons gemeenskappelike Afrikaanse nasionaliteit moet negeer en ons beroep op die moedersprake van ons afsonderlike voorvaders? Of sou hulle eers almaal Kaapse Hollanders geword het vòòrdat hulle Afrikaners geword het? ‘Het Afrikaansch heeft zich historisch ontwikkeld tot een zelfstandige taal; onze tegenwoordige spreektaal en a fortiori onze schrijftaal is voor den Afrikaner een vreemde taal geworden, die hij wel is waar gemakkelijker leert dan eenige andere (behalwe Engels!), maar die nimmer voor hem de taal zal worden waarin hij zijn eigen zieleleven kan uitdrukken.’Ga naar voetnoot2) En selfs waar Hollands so aangeleer word dat dit grammatikaal volkome in die haak is, soos bij menige voortreffelike kanselredenaar, daar is die siel daarvan tog nie meer suiwer Hollands nie, kàn 't dit selfs nie wees nie, eenvoudig omdat die dominee op 'n Afrikaanse preekstoel staan en dus onwillekeurig allerlei beelde, begrippe, gesegdes, ens. aan sij omgewing, aan die volksmond ontleen. Als ons op grond van die feit dat Afrikaners Hollands lees en verstaan, en vir 'n deel selfs ook kan skrijf en praat, volhou dat dit dààrom geen vreemde taal is nie, dan sou ons met nog veel meer reg kan beweer dat Engels vir ons volk geen vreemde | |
[pagina 102]
| |
taal is nie, omdat dit als tweede landstaal onteenseggelik veel meer deur Afrikaners gebesig word als Hollands. Ook die ontwikkelde Nederlander lees en verstaan, behalwe sij eie taal, minstens nog Duits, Frans en Engels, en praat die tale selfs met gemak. Maar niettemin blij hulle vir hom ‘vreemde’ tale, omdat hulle nie onder sij volk ‘inheems’ is nie. Waaruit blijk dat dit nie die meerdere of mindere verstaanbaarheid is wat hier die deurslag gee nie. En selfs die woordeskat, die groot aanknopingspunt tussen Afrikaans en Hollands, maak die laaste nog nie inheems nie, omdat die essensiële verskil tussen die twee opgeslote lê in die idioom, die taaleie. Op grond van dit alles het ons dus, selfs met erkenning van die nouwe verwantskap tussen Nederlands en Afrikaans, die volste reg om te beweer dat Nederlands vandag so goed als 'n vreemde taal in Suid-Afrika kan beskouw word; dat die gewijsigde skriftelike vorm daarvan, wat nog in Suid-Afrika gangbaar is - die sogenaamde Hoog-Hollands - 'n ‘papiertaal’ is en, vir sover dit gepraat word, 'n suiwer kunsmatige spreektaal, omdat dit nòg op die Nederlandse nòg op die Afrikaanse volkspraak berus; dat dit derhalwe 'n uiters gesogte redenering is om die een of die ander vandag nog te wil laat deurgaan vir die ‘moedertaal’ van die Afrikanernasie. Hierdie insigte bevat niks nuwts nie. Al sedert 1875 is dieselfde mening reeds meermale in een of ander vorm verkondig geword. En dit sal denkelik nog meermale herhaal moet word alvorens dit bij ons algemeen ingang sal vind.
Die eerste skrijwers in die volkstaal, die ‘Regte Afrikaners,’ het met één slag die algemeen geldende skrijftradiesie omver gegooi, in beginsel ten minste, en hulle op die bodem van die taalwerkelikheid geplaas deur als leuse voorop te stel: skrijf soos jij praat! Dit spreek egter vanself dat hierdie beginsel, in teorie maklik genoeg geformuleer, in die praktijk aanvankelik tot allerlei inkonsekwensies moes voer. Want dit gaat nie so maklik om sommer ineens 'n diepgewortelde gewoonte af te skud nie, en hierdie skrijwers sou die nuwe wapen nog moet leer hanteer. Vandaar dat die spore van die ou skrijftradiesie nog duidelik merkbaar | |
[pagina 103]
| |
is in die eerste pennevrugte van die ‘Regte Afrikaners,’ soos blijk uit die volgende koeplet uit 'n Liid fan di Foortrekkers:Ga naar voetnoot1) ‘O God, wil ons behoede,
En send ferlossing neer!
Dat nooit in owermoede,
Ons trotse fijand weer
Mag trag om op ons hile
Te trede met sijn foet.
Mar in di stof mog knile
Bij d' siin fan wat Gij doet.’
Dis egter begrijpelik dat veral hier die leer nog sterker was als die natuur, omdat hierdie lied 'n berijming is van Ps. 130, wat dit vir die skrijwer des te moeiliker sal gemaak het om hom heeltemaal los te maak van die oorspronkelike teks en versmaat. Buitendien is dit 'n kenmerk ook van latere digters, dat hulle bij die behandeling van onderwerpe van godsdienstige aard onwillekeurig hulle Sondagspak aantrek. Die Afrikaner is op stuk van die godsdiens uiters behoudend van aard en daarom is dit begrijpelik dat juis dààr die taal-tradiesie tot vandag nog die strengste gehandhaaf word. Hiernaas kom egter ook menige oorspronkelike gedig voor, wat in suiwer Afrikaans gestel is. Die allereerste publikasie van die Genootskap is daar 'n voorbeeld van, die bekende Afrikaanse Volkslied waarvan die eerste koeplet lui: ‘'n Ider nasie het sijn Land,
Ons woon op Afrikaanse strand.
Ver ons is daar geen beter grond
Op al die wij'e wêreldrond.
Trots is ons om die naam te dra
Van kinders van Suid-Afrika.’Ga naar voetnoot2)
In die prosa, veral waar die verhaaltrant gekies word, gaat dit vanself natuurliker om uitdrukking te vind in die vorme van die spreektaal, hoewel ook daar nog die invloed van die boektaal kan | |
[pagina 104]
| |
waargeneem word. Daarbij was die groot struikelblok natuurlik van die staanspoor af die spelling. Prof. te Winkel het die leus skrijf soos jij praat genoem ‘inderdaad een onzinnige eisch, waaraan niemand met den besten wil van de wereld kan voldoen’, omdat dit tengevolge sou hê ‘evenveel schrijftalen als spreektalen.’Ga naar voetnoot1) Die skrijwer stel hom hiermee op die doktrinaire standpunt dat daar maar één algemeen erkende, deur skoolse wette gereglementeerde, manier van skrijwe kan en moet bestaan; 'n soort van vir-die-pen-alleen taal dus, wat dan met die gesag van ‘skrijftaal’ beklee word als iets afsonderliks van die gewone taal en waaraan alle skrijwers hulle angsvallig moet vashou. Afgesien daarvan dat so'n ‘taal’ op sigself geen grond van bestaan het nie,Ga naar voetnoot2) word hier oor die hoof gesien dat daar eenheid kan wees in verskeidenheid en dat 'n absolute uniformiteit bij skrijf net so ongewens en ontmoontlik is als bij praat, omdat dit eenvoudig geen ruimte laat vir die individuele taal-stijl van die kunstenaar nie. Voorts wijs prof. te Winkel daarop dat Melt Brink ‘een ander Afrikaansch’ skrijf als du Toit, dat sommige skrijwers ‘het platte Patriotsch’ voorstaan en ander ‘een wat meer beschaafd Zuidafrikaansch. Daar is geen bidden voor: wie eene spreektaal tot schrijftaal wil maken, moet eene lange periode van chaotische verwarring door, vóór er door langzame verbetering en verfijning, door strijd en willekeurige maatregelen ten slotte eene algemeene schrijftaal tot stand komt.’Ga naar voetnoot3) Dat 'n ‘algemene’ skrijftaal, in die betekenis wat prof. te Winkel daaraan heg, geen noodsakelike voorwaarde is vir die ontstaan van belangrijke kunswerke nie, blijk duidelik genoeg uit die welluidende poësie van Hadewijch en die meesterlike strofiese gedigte van Maerlant (albei reeds uit die 13de eeuw!), sowel als uit die gestileerde prosa van Ruusbroec uit die 14de eeuw. Dieselfde ‘wondere ontluiking’ van die Middeleeuwe, wat sig teen die end van die 19de eeuw nogeens in Vlaandere herhaal in die poësie van Gezelle, neem ons ook in Suid-Afrika waar. Daar moes alleen | |
[pagina 105]
| |
maar enkele geskoolde geeste met 'n sekere taalaanleg en kunstbesef onder die volk opstaan om metterdaad die bewijs te lewer, dat dit volstrek onnodig was vir Afrikaans om ‘zich met kunsten vliegwerk in korten tijd door enkele taalwetgevers tot eene algemeene, bruikbare schrijftaal te laten fabrieken’. Want die ‘ongekultiveerde’ volkstaal was net soos in die Middeleeuwe tot alles in staat, waartoe die kunstenaar wat dit volkome beheers, in staat was. Verder verwijt hij die ‘Patriotte’ dat hulle al dadelik genoodsaak is ‘als kleine tirannen hunne spelling, hunne uitspraak, hunne taalwendingen op te dringen aan allen, die zich bij hen aansluiten,’ omdat één van hulle geskrijf het: ‘Stuur op mar gedigte! Oom Jan sal reg maak;
Al wat daar verkeerd is, breng hij in di haak:
En wat hij te kort kom, daar sal hom Neef Jan
Te hulp kom, so veul hij met molikheid kan.’
Tereg sien prof. te Winkel van sij standpunt hierin 'n verlogening van die skrijf soos jij praat beginsel, dus 'n regvaardiging van sij eie sienswijse. Die beginsel sou voer tot eweveel aparte ‘skrijftale’ als skrijwers en om dit te voorkom, gaan die ‘kleine tiranne’ wette voorskrijwe. Maar hierdie ‘reg maak’ prosedure laat m.i. juis uitkom hoe hulle die beginsel wou toegepas sien. Natuurlik nie letterlik in sij uiterste konsekwensies nie, omdat ‘het rustige, weloverwogen spreken-op-papier andere duidelikheidseisen heeft dan het spreken oog in oog, wanneer een aanduiding in-woorden soms maar een aanvulling is.’Ga naar voetnoot1) Daar moes 'n sekere mate van eenheid in hulle skrijfwijse kom, wat nog glad iets anders is als doodse uniformiteit, en hulle voorskrifte het veral betrekking gehad op die taalvorm en die spelling en, in hierdie bepaalde geval, op maat en rijm, omdat hier sprake is van ‘gedigte.’ Guido Gezelle verklaar in sij ‘Verantwoordinge’ (Dichtoefeningen): ‘Natuurlijk zal een Vlaming geen ruw en ongezuiverd Vlaamsch gaan schrijven, zoo als hij 't op straat hoort; even zoo min zou hij met ongemeulend koorn durven naar de markt | |
[pagina 106]
| |
gaan.’ Daarom het hij hom in sij skrijwe toegelê op die ‘zuivere volkstaal,’ die eerste woord opgevat in albei sij betekenisse. So skrijf hij b.v. nie ‘'t en è chee waâ,’ maar ‘'t en is geen waar’; nie ‘mettak weg was kwampi,’ maar ‘met dat ik weg was kwam hij’, ens. In hierdie woorde is ook die strewe van die ‘Regte Afrikaners,’ sowel als later van die nuwe beweging, uitgedruk. Dus: die onvervalste volkstaal, maar in sij mees beskaafde, d.i. onder beskaafde Afrikaners mees gebruikelike, vorm. Beluister diè spraak en ‘skrijf dan soos jij praat.’ Daarbij moes veral teen twee uiterstes gewaak word: tradisionele skrijf- of boektaal en minder beskaafde taal. (Een derde gevaar, n.l. Engelse invloed, kom later ter sprake). Die volgende aanhalinge lewer enkele voorbeelde van genoemde twee uiterstes en verskaf meteen geleentheid om die strewe van die ‘Regte Afrikaners’ nader toe te lig. Die eerste is 'n aanhaling uit die ‘Samesprake tussen Klaas Waarsegger en Jan Twijfelaar’ (1861), dus tewens een van die oudste voorbeelde van geskrewe Afrikaans, wat bewaard geblij is: ‘Nou, die Baaijse mense, en de mense van de andere grens dorpe wat ik opgenoem het, wil de maatschappij met de Kaap verbreek. Laat hulle hulle eige gelt vermors zoo as hulle wil, en ons zal onze gelt bestee tot nut van onse lant. Ons wil ook goede paaije hebbe, en brugge over onze rivier, en Jutse van onze eige, wat op de grens woon en kantore waar ons onse eige testamente kan registreeren, en onze plaase kan laat overzit, zonder hope met gelt aan Kaapse agente te betaal. Ons wil onse eige Gofferneur en andere hooge beamte hebbe, wat onder ons woon, en ook dezelfde paaije en riviere moet deurrij wat ons gebruik...’Ga naar voetnoot1) Die volgende is uit 'n brief van ‘Klaas Waarsegger Jr.’ (C.P. Hoogenhout) aan ‘Ware Afrikaander’ (Ds. S.J. du Toit), in die Zuid Afrikaan, 24 Okt. 1874: ‘Beste Neef, - Dat jij soo fluks op in die koerante skrijwe, het mijn hart banja goed gedaan. Jij sal wel gesien het dat ek ook soo dan en wan van mijn laat hoor. Dit skijn, dat die mense nog al ons stukke lees... Maar jij seh miskien, wat skrij Klaas aan | |
[pagina 107]
| |
mijn, ons ken makaar nie; nou juis, ek wil graag met jou kennis maak, en daarom mot jij die neef Koerantdrukker permissie gewe, om stiltjes ver mijn te seh wie jij is. Ek het banja met jou oer die Afrikaanse taal te praat, daar mot tog een taalkunde gemaak word, en vaste regels, hoe een mens mot spel, soo dat ons nie soo maar hot en haar skrijwe nie. Jij mot daar oer een bietjie in die koerante skrij, en jij mot ook een dag een stuk in Afrikaans skrijwe om ver mijn te laat sien hoe jij die woorde spelde. Ons kerels wat voor die Afrikaans is, mot met makaar kennis maak, dan kan ons saam werk, dat sal banja beter wees...’Ga naar voetnoot1) Ds. S.J. du Toit, die stigter en woordvoerder van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’, merk self naar aanleiding van die taalgebruik in hierdie en ander stukke op, dat die eerste op ‘gebrekkige waarneming’ berus en daarom nog te veel Hollands gekleur is, terwijl die tweede soms weer ‘te plat’ is. Daarom keur hij enersijds sulke vorme als goede, over, de, hebbe, registreeren, ens. af; en andersijds mot, skrij, Gorment, ravier ens.Ga naar voetnoot2) Waaruit voldoende blijk hoe hij die leuse skrijf soos jij praat opgevat het. Dat du Toit en sij volgelinge daarbij dikwels misgetas het en sowel in die een als die ander uiterste verval het, hoef niemand te verwonder nie. Daarvoor was hulle baanbrekers. En bij so'n uitgebreide spraakgebied kon ook onmoontlik met enige sekerheid bepaal word, wat wel die algemeen geldende, beskaafde spreekvorm was; temeer omdat daar toe nog geen skriftelike gegewens uit alle dele van Suid-Afrika bestaan het nie. Dit val seker nie te ontken nie dat die taalgebruik van hierdie skrijwers dikwels 'n merkbaar lokale, spesifiek ‘Bolandse’Ga naar voetnoot3) kleur vertoon (oek, oer, koert, mijn (pers. vnw.), metjies (vuurhoutjies), banjang, aans, pilsier, hoe lijken dit vir jou, ens.) Want hoewel daar nog geen sprake is van afsonderlike dialekte nie, in die gewone betekenis van die woord, bestaan daar ongetwijfeld reeds gewestelike nuanseringsverskille in uitspraak, wat | |
[pagina 108]
| |
b.v. die Bolander als sodanig onderskei van die Transvaler of Vrijstater. Dit is histories ook maklik te verklaar. En als 'n mens bedenk dat die Kaaplandse spraakgebied reeds meer dan honderd jaar aan Engelse invloede blootgestel is, van regeringswege sowel als deur immigrasie (landverhuisers van 1820 b.v.), wat met die gewese republieke nie die geval was nie, dan mag dit inderdaad merkwaardig heet dat die Afrikaanse spraakgebied in sij geheel nog so weinig dialektiese afwijkinge vertoon. Maar dis seker onbillik om ‘Patterjots’ te vereenselwig met met ‘platte taal,’ soos dikwels gedaan word.Ga naar voetnoot1) Ook het Preller ongelijk waar hij in sij inleiding tot Celliers beweer dat die ‘Regte Afrikaners’ ‘hulself kort gekniehalter-span het deur te denk en te doen of hul wonders kon tower uit ons mondjievol kwalik geskrewe woorde, sonder Hollands. Dit was 'n fatale fout, wat van baje vandaag nog die gewillige pen verlam, en toentertijd uitgedraai 't op 'n tengerige, treurig kroeserige strengetjie verse.’Ga naar voetnoot2) In die vorige hoofstuk is reeds aangetoon dat dit a priori onmoontlik is om van Afrikaans als sodanig te praat sonder Hollands. Ons woordeskat bewijs dit. Daarom kan die skrale oes nie dààraan toegeskrijf word nie, maar soos Preller verder self betoog, aan die ‘agterlike nasionale ontwikkeling.’ Die mense moes buitendien gedurig bakklei teen ingekankerde vooroordele en daarbij nog hulle eie wapen smee en leer hanteer. En die vernaamste van al, dit het ontbreek aan die ‘digter vol van moed,’ wat deur die ‘arme boerenooi’ (Afrikaans) tot ‘koning in die land’ kon gemaak word. Soos Preller tereg opmerk: ‘Baje het versies gemaak, wat g'n flouwe besef van poësie had nie.’ Of sou die ‘sonder Hollands’ 'n sijdelingse toespeling wees op die so vaak beweerde vijandskap van die ‘Genootskap’ teen Hollands? Prof. te Winkel het op grond van één enkele rijmpie van Herholdt, waarin o.m. die reëls voorkom: ‘werk Hollans mar uit, stuur weg met di skuit! Di Engels kan blij, mar hou hom opsij...’, beweer dat die lede van die Genootskap ‘het Nederlandsch nog vijandiger gezind waren, dan het Engelsch en voor | |
[pagina 109]
| |
hun Zuidafrikaansch slechts naast. het Engelsch recht van bestaan eischten, terwijl zij het Nederlandsch geheel uit Zuid-Afrika wilden verbannen.’Ga naar voetnoot1) En Rompel o.a. het dieselfde storie nog 'n paar keer herhaal.Ga naar voetnoot2) Dis egter in die hoogste mate onbillik om die Genootskap aansprakelik te stel vir die op sigself staande uitlating van Herholdt, waar die stigter en woordvoerder daarvan nadrukkelik verklaar: ‘Afrikaans het sig dan oek nooit vijandig getoon teen Hollans ni, mar alle pogings tot behoud van Hollans teeno'er Engels ondersteun, in die o'ertuiging dat Hollans hiir tog di erfdeel is van Afrikaans.’Ga naar voetnoot3) En verder: ‘Ver mij lijk dit nou, ons moet hulle (die Taalbond) help so veul as ons kan, want al wat hulle win of behou is ons erfgoed.’Ga naar voetnoot4) Sou prof. te Winkel hierdie uitlatinge ook als ‘niet altijd volkomen betrouwbaar’ beskouw het? Die bewijse wat du Toit daar tot stawing van sij stelling aanvoer is egter oortuigend genoeg. Dit is later ook deur De Unie erken geword. In 1907 was die beweerde vijandigheid teen Hollands nogeens ter sprake gebreng. Enkele ou lede van die Genootskap het toe daarteen geprotesteer en met die feite aangetoon, dat die Genootskap veel meer boeke in Hollands uitgegee het als in Afrikaans. Na vermelding van een en ander laat die redaksie van De Unie volg: ‘Bovenstaande aanhaling is zeker genoeg om de oude Patriotpartij te zuiveren van de onverdiende aantijging, van vijandig gezind tegen het Hollands te zijn.’Ga naar voetnoot5) Die enigste grief, wat 'n mens ten slotte teen die ‘Regte Afrikaners’ sou kan inbreng, is dat hulle later 'n oordrewe fonetiese spelling gevolg het. En alleen in diè opsig kan, soos dr. Hesseling opmerk, die leus skrijf soos jij praat ‘onzinnig’ genoem word, omdat dit prakties onuitvoerbaar is. Hoewel hierdie spelling natuurlik aan die taal self niks verander het nie, was dit uit 'n taktiese oogpunt ongetwijfeld ‘'n fatale fout’, omdat so'n radikale en vir-die-oog hinderlike afwijking van die tradisionele skrijf- | |
[pagina 110]
| |
manier juis berekend was om die verset teen die beweging nog aan te wakker. Daarbij het dit alleen maar 'n onnodige kloof geskep tussen die skrifbeelde van Afrikaans en Hollands, wat vir die eerste op die duur seker nadelig sou gewerk het omdat dit die laaste minder maklik toegankelik sou gemaak het.
Dat die ‘Regte Afrikaners’ en veral die skrijwers van die nuwe beweging voortdurend hulle woordvoorraad uit die Dietse taalskat aangevul het, vir sover die woorde nie reeds in hulle spreektaal aanwesig was nie, en dit nog altijd doen, is heeltemaal vanselfsprekend. ‘Want elke wettige en reggeaarde kind het reg op 'n erfenis en alle tale (behalwe die basters en die diewe!) het so geërwe.’Ga naar voetnoot1) Daarom is dit volkome onbegrijpelik wat prof. te Winkel bedoel als hij sê: ‘Reeds nu moet iemand als du Toit in zijne geschriften meer dan de helft zijner woorden aan de Nederlandsche schrijftaal ontleenen, omdat hij ze in de spreektaal der boeren niet aantreft; en hij bedriegt ons, wanneer hij, door ze op zijn Afrikaansch te verminken en ze opzettelijk anders te spellen dan wij gewoon zijn, ons wil diets maken, dat ze tot de spreektaal van Zuid-Afrika behooren.’Ga naar voetnoot2) Als dit so is, dan blij daar feitelik niks van Afrikaans oor nie; dan is hij feitelik van kop tot pootjies ‘verminkte’ oftewel ‘opsettelik anders gespelde’ Nederlands! Tereg het dr. Hesseling teen hierdie sonderlinge voorstelling geprotesteer: ‘Zoo doet elk volk en het verrijkt daardoor onophoudelijk zijn woordenschat. Onze voorouders hebben op dezelfde wijze Latijnsche, Fransche, Engelsche en Duitsche woorden verminkt en wij gaan daar dagelijks mee voort; geen van die woorden behoort, wanneer zij opgenomen worden, tot de spreektaal van 't geheele volk. Zij doen ook geen afbreuk aan 't nationale karakter van de taal, juist omdat zij op die wijze “verminkt” worden.’Ga naar voetnoot3) Prof. te Winkel het seker gelijk als hij die gebruik van ‘Nederlandsche woordvormen’ bedenkelik noem. Want hoewel verklaarbaar, is sodanige gebruik beslis af te keur, omdat dit in | |
[pagina 111]
| |
strijd is met die Afrikaanse taaleie. Maar owerigens skijn hij die leus ‘skrijf soos jij praat’Ga naar voetnoot1) te wil beperk tot ‘skrijf alleen wat jij praat.’ En op watter gronde sou dan moet bepaal word wat wèl en wat nie tot ‘de spreektaal der boeren’ behoort? Of sou die teenswoordige Nederlandse ‘skrijftaal’ ook net berus op ‘de spreektaal der (Hollandse) boeren?’
Waar die taal van die eerste skrijwers dikwels 'n ‘muf-insulaire bijsmakie’ gehad het en hulle oor die algemeen als baanbrekers en dilettante hulle taal-materiaal nog met weinig smaak gehanteer het, terwijl die oordrewe fonetiese spelling van die laaste jare onwillekeurig van Hollands àf gestuur het, daar kom die skrijwers van die tweede Afrikaanse taalbeweging aanvankelik heeltemaal op 'n ander plan te staan. Hier is dit bijna sonder uitsondering geskoolde en veral Nederlandskundige skrijwers en kunstenaars, wat hulle van die volkstaal gaan bedien. Daarbij staan die meeste van hulle aanvankelik sterk onder invloed van die nuwere oorseese Dietse en Engelse letterkunde, waardeur hulle taalbehandeling vanself 'n ander karakter krij. 'n Mens hoef maar die eerste digbundels uit hierdie periode te raadpleeg om dadelik te sien hoe sterk die inwerking van uitheemse modelle is, veral ten opsigte van die taaltegniek. Bij alle individuele verskille is daar duidelik 'n algemene strewe merkbaar om die Hollandse en Afrikaanse taaluiterstes soveel moontlik met mekaar te versoen, deur sig in taal en spelling so nouw moontlik bij Hollands aan te sluit, selfs op die gevaar af van ook deur uitheemse vorme die Afrikaanse taaleie geweld aan te doen en 'n kunstmatige taal-op-papier in die lewe te roep. Celliers b.v. doen al dadelik bewuste konsessies aan Hollands, waar hij hom in die voorberig van sij eerste bundel (1908) meen te moet verontskuldig dat hij die Afrikaanse vorme mij en sij gebruik. ‘In ongebonde stijl sou ik als besitt. voornaamw. mijn en sijn gebruik om nie te veel van Hollands af te wijk nie, maar in gebonde stijl gee ik die voorkeur aan ons Afrikaanse mij, sij, se, | |
[pagina 112]
| |
omdat mijn en sijn mij hier te veel hinder.’ Verder sê hij: ‘Ik het die onvolm. verl. tijd van die werkwoord ingevoer;Ga naar voetnoot1) ons kan sonder dit nie klaar kom nie.’ En vir ‘mense wat nog gewend is aan die onsijdig lidwoord het (hulle was maar altijd baje skaars!), en die nog 'n beetje hard (?) vind’, gebruik hij die afkorting d'. ‘Wil hul dan nie sê die water nie, kan hul d'water sê en skrijwe, in uitspraak verskil dit tog niks van 't water.’Ga naar voetnoot2) Malan, die skrijwer van Boer en Barbaar (1913) gaan nog veel verder en verklaar: ‘Die imperfektum behieldGa naar voetnoot3) ik in elk opsig, en mog dit nooit gebeur nie, dat, als so iets mo'elik is in 'n beskaafde taal, dit uit Afrikaans sal geweer word. Die verleden deelwoord van sterke werkwoorde behield ik in die meeste gevalle. Verder tragtte ik in die woordkeuse en waar enigsins doenlik, ook in die uitspraak (?) bij die Neerlands te blij.’Ga naar voetnoot4) Hieruit blijk duidelik genoeg dat Malan heeltemaal gevange sit in die ou skrijftradiesie, waardeur sij kijk op die taalwerkelikheid so vertroebel is, dat hij in één adem praat van behou en weer. Want hoe kan die imperfektum behou word als dit nie in Afrikaans (behalwe bij 'n paar hulpwerkwoorde) bestaan nie, en waarom sou dit uit Afrikaans geweer word als dit wel aanwesig was? Malan skrijf dan ook 'n verhollandste ‘papier-Afrikaans,’ wat nergens gepraat word nie, soos die volgende aanhalinge bewijs: ‘Die vader stapte die huis alleen binne. Vir die laaste maal in sij lewe. Met die vetkers in sij lantern sog hij in al die kamers of niks vergeet geblewe was. Die ruitjes lantern gooide lange, flikkerend-rustelose ligdrade op die gladde misvloer te'en die met wit of rooi klei gewitte mure. Die velbroek wrijwing floot-floot spookagtig in die huisledigheid. Die voetstappe stompte stadig, dof-swaar als van afgematte bene’...Ga naar voetnoot5) ‘Bij die hoofingang stond 'n grote boom en verder af 'n paar andere melkbome. Daar sat die kommando in die skaduw die middag, waar Owen hulle 'n besoek brag. Dingaan liet weet dat die boere die gewere en perde van Sikonyela afgenome, | |
[pagina 113]
| |
ook aan hem moes o'erhandig. Pieter Retief, welkeGa naar voetnoot1) die dag 58 jaar, twee maande en enige da'e oud was, wees Dingaan se boodskapper naar sij grijsende hare en sei aan hem om aan sij baas te sê, dat hij dit nie met 'n kind te doen had nie’...Ga naar voetnoot2) Dr. Besselaar juig hierdie ‘letterkundige taal’ toe op grond van die feit dat Afrikaans nog ‘in statu nascendi’ verkeer. ‘Waar er dus nog gekozen, gekweekt en gekoesterd kan worden, behoort het een gewetenszaak te zijn der Afrikaner letterkundigen, om een taalvorm te kiezen, die niet nodeloze verwijdering brengt van die van Nederland en Vlaanderen.’Ga naar voetnoot3) Sij bedoeling word verder toegelig met voorbeelde van wat hij ‘Hoog-Afrikaans’ noem uit Liefde en Plig van Celliers: gevonde vir gevind, doel waar sij naar streef vir: wat sij naar strewe, weglating van die tweede nie bij 'n ontkenning, getroffe, gebrag, sig, ens. Enkele van die verder aangehaalde voorbeelde is gewoon Afrikaans en ander berus bloot op verskil van spelling. Besselaar is hier op 'n dwaalspoor, omdat 'n konsekwente toepassing van sij beginsel eenvoudig tot gevolg sou hê presies dieselfde kunsmatige teenstelling tussen skrijf en praat, waaraan die Afrikaanse taalbeweging pas 'n end gemaak het. Want die gewone beskaafde volkspraak ken sulke ‘Hoog-Afrikaanse’ vorme nie, en waar hulle toevallig voorkom, is dit niks anders als fossiele van die ou skrijftradiesie wat hier en daar nog blij hang het. En wat Besselaar hier voorstaan beteken ten slotte dat ons skrijwers, in plaas van hulle eie spraak tot uitgangspunt te neem, met die Nederlandse ‘boektaal’ als grondslag kunsmatig 'n nuwe ‘skrijftaal’ moet gaan kweek, wat niks anders als 'n tussending kan wees nie tussen Afrikaans en Nederlands, soos duidelik genoeg blijk uit die taal wat Malan skrijf. Daar kan alleen sprake wees van ‘een taalvorm kiezen,’ waar Afrikaans self oor verskillende vorme beskik waarvan die een om bepaalde redes voorkeur verdien bo die ander. Want dis duidelik dat 'n skrijwer wat in Afrikaans wil skrijwe, geen keus het tussen Afrikaans en Hollands nie. En selfs met erkenning daarvan dat ‘letterkundige taal’ ook in suiwer Afrikaans ander | |
[pagina 114]
| |
eise stel als die algemene ‘skrijftaal,’ ‘behoort het (wat die vorm aangaan) een gewetenszaak te zijn der Afrikaner letterkundigen, om een taalvorm te kiezen, die niet nodeloze verwijdering brengt van’... die Afrikaanse taalwerkelikheid! Besselaar noem die gebruik van sulke ‘Hoog-Afrikaanse’ vorme ‘geen toeval, geen slordigheid; het is weloverdacht opzet. Celliers doet het, Malan doet het, en niet die twee alleen, alle jongeren doen mee, Totius zeer sterk. Hun taal, hun denkwereld staat hoger, is edeler, rijker, gekuister dan die der voor-deoorlogse dichters.’Ga naar voetnoot1) Alle jongeren! Sou die skrijwer dit vir sij argument gerieflik gevind het om b.v. van Engela, Malherbe, en veral Leipoldt hier glad geen notiesie te neem nie? En als hij kon voorsien het dat juis Totius sij herdruk van Bij die Monument 'n radikale verjongingskuur sou laat ondergaan in teenoorgestelde rigting, dan sou hij hom waarskijnlik versigtiger uitgedruk het. Net so sterk oordrijf Besselaar waar hij beweer: ‘de ontwikkelde, de lezende Afrikaner gebruikt de genoemde buigingsvormen (van Malan), omdat de grotere lenigheid en spankracht van zijn gedachten die eisen, en Malan schrijft voor mensen, die lezen en denken.’Ga naar voetnoot2) En vir wie sou Leipoldt en de Waal en Langenhoven en die ander dan skrijwe? Die ontwikkelde Afrikaner gebruik sulke vorme al ‘lezende’ seker, waar hulle geboek staan, maar nie wanneer hij sij moedertaal suiwer praat nie! Natuurlik is die ‘rustige, weloverwogen spreken-op-papier’ nie absoluut sinoniem met die alledaagse spraakgebruik nie. En die individuele taal-stijl van die kunstenaar sal uit die aard van die saak ook altijd min of meer verskil selfs van sij eie gewone spreekmanier, omdat, soos Albert Verwey dit uitdruk, ‘schrijven is een gestyleerd spreken, een schoon spreken.’Ga naar voetnoot3) Maar dit wil nog gladnie sê dat skrijwe nou juis 'n ‘edeler, rijker, gekuister’ taalvorm vereis als praat nie. ‘De schoonheid, de nauwkeurigheid kunnen andere taalmiddelen vereisen dan die tot het dagelikse spreken behoren, maar ook met behulp van het soberste, meest alledaagse taalmateriaal kan voortreffelik geschreven worden. Niet | |
[pagina 115]
| |
het materiaal, maar de vormende geest bepaalt de stijl.’Ga naar voetnoot1) Gezelle vra in sij ‘Verantwoordinge’, waar hij pleit vir die gebruik van die volkstaal: ‘Waarom zou nu een schrijver of dichter moeten zeggen: vaak voor dikwijls, ettelijke voor sommige, regtvaardig voor regtveerdig? Als ik heb van doen beter van de lippen wil, waarom uitkomen met het schort mij aan of ik ontbere? Waarom is “de van honger en gebrek stervende grijsaard” beter als “de stok oude man, die van honger en gebrek om sterven ligt”? Zoo willen 't nochtans sommige, en zoo worden onze jongens geleerd dat hun eigen Vlaamsch geen Vlaamsch is, en ze moeten inderdaad, in plaats van eene, twee vreemde talen aanleeren, t.w. Fransch en Vlaamsch.’
Die gebruik van sulke ‘Hoog-Afrikaanse’ taalvorme en veral die opsettelike invoering van die imperfektum kom mij op taalhistoriese gronde onverdedigbaar voor. Celliers meen dat ons sonder die laaste nie kan klaarkom nie. Maar hoe is dit dan te verklaar dat die imperfektum, trots ‘de bewarende en verrijkende werking van de letteren’ wat Besselaar b.v. so hoog aanslaan, so goed als verlore gegaan het en deur die historiese praesens of die perfektum vervang is? Die spreektaal ken nog enkel die vorme kon, had, was, wou, sou, moes, wis, dag of dog, mog (om 'n wens uit te druk); werd, hoewel geen gewone spreekvorm nie, word sedert die Patriotbeweging algemeen gebruik in die ‘skrijftaal’ en is dikwels handig. Als die imperfektum werkelik so onontbeerlik was als wat ons ‘in-het-zweet-onzes-aanschijns’ gekweekte Hollandse ‘skrijftaal’-gevoel ons nog altijd laat denk, dan sou daar seker meer spore van bewaard geblij het. Alleen die ou skrijftradiesie is oorsaak daarvan dat menige Afrikaanse skrijwer vandag met die imperfektum sukkel. Want solang als 'n mens praat, merk jij daar totaal niks van nie, maar net sodra jij jouw gedagtes op papier wil set, dan dring die ou vorme waaraan jij bij die skrijwe gewoon geraak het, hulle (sig!) onwillekeurig orals op. En in baje gevalle sou dit ook beslis makliker wees om jou daarvan te kan bedien. Maar dis nou eenmaal in strijd met die Afrikaanse taaleie, en als 'n mens dit | |
[pagina 116]
| |
in die één geval wel doen, dan moet jij dit ook konsekwent deurvoer soos Malan. En dan blij daar van Afrikaans nie meer veel oor nie. Mij Afrikaanse taalgevoel sou desnoods nog vrede hê met die imperfektum van die sterk werkwoord, waarskijnlik omdat dit hier enkel 'n kwessie van ‘ablaut’ is, wat in die meeste gevalle nie so 'n groot onderskeid maak nie. Maar sodra die verlore uitgange de en te van die swak werkwoord weer aangelas word, wil dit gladnie meer strijk nie. Daarteen kom mij Afrikaanse taalgevoel beslis in opstand. ‘Im Verbum steckt das Leben der Sprache mehr als im Adjektiv oder gar im Substantiv. In den Sprachen germanischer Zunge ist das Verbum recht eigentlich das Haupt-Wort.’Ga naar voetnoot1) En juis omdat die werkwoord die woord bij uitnemendheid is, wat alsware die hoeksteen vorm van die hele taalgebouw, lê m.i. daarin ook die kern van die verskil tussen Afrikaans en Nederlands. Vervang die werkwoord deur 'n Nederlandse vorm, en die hele sin krij dadelik 'n ander kleur. Op grond hiervan lijk dit mij verlore moeite om die stempel, wat 'n historiese taalontwikkeling op Afrikaans afgedruk het, opsettelik te wil gaan uitwis. Dit kannie ongedaan gemaak word nie, selfs nie deur 'n ‘skrijftaal’ nie. Alle eeuwe deur het die lewende tale hulle eie gang gegaan, hoe skoolmeesters en skrijwers ook al probeer het om hulle boeie aan te lê, want in die laaste instansie is dit die ‘spraakmakende gemeente’ wat beslis, en nie die grammatika nie. Ook Langenhoven, wat anders tamelik afkerig is van vreemde invloede, sien daar geen beswaar in om die imperfektum volkome te herstel nie. ‘Om dit in die skrijftaal allengs te introduseer moet noodwendig lei tot die stadige herstelling daarvan in die spreektaal.’Ga naar voetnoot2) 'n Mens kan hier gerus 'n groot vraagteken agter plaas. Langenhoven vergeet dat die imperfektum nog altijd in die offisiële ‘skrijftaal’ bestaan het en nog bestaan, wat desniettemin nie verhinder het nie dat dit uit dié spreektaal, behoudens die paar uitsonderinge, verdwijn het. En watter rede het ons om aan te neem dat die nuwe ‘skrijftaal’ soveel meer sal vermag als die oue, dat dit vorme, wat 'n eeuwelange papierheerskappij van die laaste, selfs met behulp van die Kerk- en Bijbeltaal, nie | |
[pagina 117]
| |
bij magte was om in die lewe te hou nie, weer uit die dode sal opwek? En als die nuwe ‘skrijftaal’ op hierdie punt die ou tradiesie gaan handhaaf, dan is hij ook, in verhouding tot die lewende taal, sommer van die staanspoor af oud, vlak na sij geboorte. Ou leersakke deug nie vir nuwe wijn nie. En buitendien: ‘Men past een volk eene taal zoo maar niet in den mond lijk een peerd zijn gebit!’ Veel juister is wat Langenhoven iets verder opmerk: ‘Sal 'n groot Afrikaanse letterkunde ooit ontstaan, dan sal hij groot wees omdat hij Afrikaans is: Afrikaans in sinsbouw, idioom, taalgenie, taalopvatting, taalgevoel, taalstandpunt.Ga naar voetnoot1)
Bekijk 'n mens nou die taal van die vernaamste skrijwers van die nuwe beweging 'n bietjie nader, dan blijk dadelik dat Preller, wat 'n eerste plek inneem onder die prosaskrijwers, hom onderskei deur 'n sterk persoonlike taal en stijl, wat behalwe 'n rijke woordeskat veral gekenmerk word deur 'n besondere voorliefde vir uitheemse woorde. Dit geld hier natuurlik 'n kwessie van smaak, waaroor nie te redeneer val nie. Preller het nou eenmaal 'n afkeer van ‘afgebeulde, seer-rug woorde’ en als sulke uitheemse woorde berekend is om die duidelikste en kragtigste sij bedoeling weer te gee, kan daar geen ernstige beswaar teen gemaak word nie. Veral ook omdat woorde op sigself nog nie die idioom als sodanig behoef aan te tas nie. 'n Ander vraag is egter, gelet op die stadium waarin die algemene volksontwikkeling verkeer, of dit wenselik is om 'n oordrewe gebruik te maak van sulke woorde als: tonalisasie, appresiasie, verifieer, volume, militante, insipide, sanguiniese, e.d. Hoeveel sou die gemiddelde Brandwag-leser b.v. begrijp het van die volgende ontboeseming: ‘Waar ons probeer (om fees te vier), daar is ons feesvreugde onafskeidelik verbonde aan vuurwerk-rumoer: goedkoperige lokaal-oratoriese- of duur ingevoerde pyrotechniese-vuurwerk. Of 't neem ook die gedaante aan van 'n gesilwerpapierde karnaval van blinkerige bog, so's die komende koelie-krismis te Kaapstad, - 'n “made in England”, “historiese” optog, met kanongebulder en kopere bende gesketter, waaraan net die tom-toms | |
[pagina 118]
| |
ontbreek om die o'ereenkoms te voltooi met 'n mohamedaanse moharrum-fees.’Ga naar voetnoot1) Sou 'n mens Preller daar nie met reg 'n verwijt van kan maak nie dat hij hom hier en elders, wat sij woordkeus betref, bajemaal besondig juis aan dieselfde nasionale gebrek wat hij hier hekel, deur namelik te veel ‘made-in-England’ woorde te gebruik? Of sou sij ‘fysionomie’ hier opsettelik 'n ‘angelsaksiese plooi’ aangeneem het om des te beter die ingevoerde ‘blinkerige bog’ te kan parodieer? Die Brandwag-lesers het dan ook gladnie ongelijk gehad nie, toe partij van hulle gekla het dat hulle ‘Hoog-Hollands’ nog veel beter kon verstaan als Afrikaans! Dit moet egter erken word dat Preller altijd 'n pittige en lewendige stijl skrijf, en dat hij Afrikaans verrijk het met 'n mooi klompie tekenende samestellinge en uitdrukkinge. Die volgende is hier en daar terloops aangestip: woorde geping-pong, kniehalterspan, skugter-skamerig, sahara-dor, kalahari-kaalte, goor-oue gesegdetjies, sukkel-lewe, lawaaierige luidrugtigheid, koerante-voorbarigheid, rooiste rooi-jingo, muf-insulaire bijsmakie, bobbejaan-spektakels, dweperig-dekadente doedoe-liedjies. Rolprent en tikskrif (tikmasjien, tikster, ens.), albei ongetwijfeld veel meer tekenende woorde als die Engelse film en typewriting (typewriter, ens.), is waarskijnlik ook deur toedoen van die Volkstem in gebruik gekom. Dat die Afrikaanse taalvernuf in hierdie opsig besonder vindingrijk is, blijk uit 'n massa dergelijke woorde, soos die bekende vuurhoutjie (lucifer), trapsoetjies (kameleon), wag-'n-bietjie (soort doornboom), afnemer (fotograaf), e.d. Preller kom later meermale in flagrante teenspraak met die beginsels, wat hij vroeër so welsprekend verdedig het in sij ‘Gedachten over de aanvaarding ener Afrikaanse schrijftaal.’ Waar hij b.v. in genoemde Brandwag-artiekel naar aanleiding van Celliers se ‘Shangaanwijsie’ in Unie-Kantate (Hau! die witman maak nie mooi nie, ons het hom nog nooit genooi nie ens.) opmerk dat die enigste verdienste daarvan is, ‘dat 't sommige van ons kan leer hoe maklik sulke woorde als hom in so inboorling-verhemelte pas!’ - daar plaas hij hom feitelik op die ou kombuistaal-standpunt, wat hij self in 1905 bestrij het, toe hij | |
[pagina 119]
| |
met vurige oortuiging gepleit het vir ‘Afrikaans soas ons hom praat.’ In strijd met hierdie beginsel is ook die volgende bewering van Preller: ‘Ek (voor ik) beskouw ik als 'n onduldbare afwijking van beide die oorspronkelike woord en die beskaafde Afrikaanse uitspraak daarvan. Ons strewe moet wees om 'n slegte uitspraak nie te bestendig nie, maar te verbeter. Ek voor ik is helemaal te snaaks en nie algemeen genoeg om gangbaar te word. Als dit ons nie te doen is om sonderling te lijk nie, kan ons ook maar gerus in plaas van die mondvol hom hem skrijf en naderhand ook seg. Dit sal ons van homselwe en baje ander rariteite red.’Ga naar voetnoot1) Preller weet wel beter. ‘Slegte uitspraak’ is 'n baje betreklike begrip, soos hij self aangetoon het in sij bekende verweer teen Scharten,Ga naar voetnoot2) waar hij hom o.a. beroep het op die argument van dr. Hesseling ten aansien van die beweerde ‘onwelluidende’ uitspraak van versturven en verkurven, terwijl dieselfde klank in murmelen en vermurven ‘selfs iets digterliks’ bevat. Dis niks anders als die kannie-dood skrijftradiesie, wat nog altijd probeer om sij heerskappij oor die lewende volkspraak te behou. Want daar is ongetwijfeld geen ander woorde in Afrikaans wat so algemeen gebruikelik, so springlewendig is in die volksmond als ek en hom nie, al val dit nie te ontken nie dat ik en hem nog sporadies voorkom. Maar waar dit die geval is, kan 'n mens so 'n uitspraak gerus als kunsmatig aangeleer, op rekening van die boek- en kanseltaal set. En als daar sprake kan wees van ‘snaaks’ en ‘nie algemeen gangbaar nie,’ dan is sodanige kwalifikasie sonder die minste twijfel veeleer van toepassing op die ik en hem spraakgebruik. Die kwessie van ek versus ik is enige tijd gelede ter sprake gewees in Die Huisgenoot (Febr. 1917), en later nog eens breedvoerig behandel geword in 'n uitgebreide korrespondensie.Ga naar voetnoot3) Bij hierdie bespreking was die ek-praters en skrijwers baje ver in die meerderheid. Daar was maar twee ernstige ik-voorstanders, albei beproefde voorstanders van Afrikaans en, opmerkelik genoeg, | |
[pagina 120]
| |
albei predikante. Hoewel die Afrikaanse taalgeleerdes, wat Afrikaans voorstaan, sonder uitsondering ek-mense is, heers daar bij ons digters en skrijwers nog 'n tamelik verskillende opvatting ten aansien van die skriftelike gebruik van ek, al is dit duidelik dat hierdie vorm langsamerhand veld win. En als daar in die vervolg van hierdie werk gewijs word op die gebruik van ek of ik, dan moet dit hoegenaamd nie beskouw word als 'n kriterium vir die al of nie suiwerheid van taal bij die een of ander skrijwer nie. Want Leipoldt b.v. gebruik nog konsekwent ik, terwijl sij taal als sodanig veel suiwerder Afrikaans is als die van menige ek-skrijwer. Dis m.i. ten slotte 'n kwessie van heeltemaal ondergeskikte belang, wat mettertijd vanself sij oplossing sal vind. Hoewel Preller van die begin af 'n ik-skrijwer was (en dit nog is), staan sij Afrikaans in die eerste stadium van die nuwe beweging veel nader aan die volkspraak als later. Dis veral opmerkelik dat hij in sij eerste polemieke in die Volkstem, waar hij sij eie lesers probeer oortuig het van die bestaansreg van hulle taal als skrijfmedium, konsekwent sulke vorme gebruik als hom, ver of v'r, as,Ga naar voetnoot1) wat (relatief), sij (possessief), ons-ons, ens. B.v.: ‘Daarom klem ons ons vas aan Afrikaans’; ‘'n taal wat hom net so goed leen aan die fijnste uitdrukkinge van onse gedagtes as enige taal onder die son’; ‘as daar in ons taal nog niks geskrijf is nie,’Ga naar voetnoot2) ens. Gaandeweg word sij taalgebruik deftiger en als Piet Retief vir die eerste maal verskijn, dan loer die ou ‘skrijftaal’-vorme hier en daar om 'n hoekie. B.v.: ‘die werkie wat die welwillende leser hier aangebode word; wat daar van die grote Voortrekker geskrewe is; deur die skrijwer bijeen gebrag; historiese biesonderhede die tot mijn kennis gekome was; om in hem 'n Afrikaanse Willem de Swijger te sien; biesonderhede wat hier voor die eerste maal aangebode word.’Ga naar voetnoot3) Hoewel sulke ‘Hoog-Afrikaanse’ vorme nie konsekwent gebruik word nie, neem hulle stadig aan toe. In 'n bespreking van Melt Brink se Gijsbert van Graan kom al sulke vorme voor als: | |
[pagina 121]
| |
‘hulpmiddele, die hem te dienste staan; verlaat hij slg voor sijn humor op die taal self; die meest in het oogvallende eigenskappe van sijn persone; getoetst, gesegd, teruggevonde, ens.Ga naar voetnoot1) En in bowegenoemde ‘appresiasie’ van Johannes van Wijk, waarin ook die beskouwing oor ek voorkom: ‘als sij iets te segge had; met hem te spreek; word daarop gewese; geleend, aangetoond, aangevoerd, uitgesproke, geblewe, ens.’ Preller skrijf later selfs sulke onafrikaanse vorme als: ‘is 't nodig dat men sig’Ga naar voetnoot2); ‘in verskeie sake moet wij ons weg nog voel en ons sal altoos blij wees om suggesties te ontvang; vandaar dat wij bij ons medewerkers daarop aandring; wij hou ons daaraan; buitendien stel wij ons voor.Ga naar voetnoot3) Dis veral belangwekkend om te sien hoe Piet Retief, naar mate die werk uitgebrei word, al ‘beskaafder’ word in taal. Die imperf. kom al meer in gebruik, hoewel nie konsekwent nie en alleen bij die sterk werkw. Verder word orals stertjies aangelas: onderhandel in die eerste druk (1906) word in sesde (1909) onderhandeld, laaste > laatste, gerusgestel > gesteld, uitgestuur > gestuurd, ens. Uit die volgende sin kan blijk hoe Preller soms tegelijk verhollands en verafrikaans: ‘Van sij eie gesante het hij toen verneem waar en hoe die beeste terug gekrege was’ (1e dr., bls. 80). In die 6e druk (bls. 131) is die gekursiveerde woorde vervang deur: sijn eige, vernome, gekrij. Hier sien 'n mens duidelik die strijd tussen die tradisionele skriftuur en die lewende volkspraak, wat bij die meeste skrijwers uit die eerste periode van die nuwe beweging kan waargeneem word.
Bij de Waal, die touwleier van die nuwe span, is dit nie in die eerste plaas die ou skrijftradiesie nie, maar veral die tweede landstaal, Engels, wat hom aanvankelik lelik in die wiele rij. Johannes van Wijk, veral soos die roman oorspronkelik in die Goede Hoop verskijn het, laat duidelik sien hoe de Waal se Afrikaans moes worstel om koers te krij tussen Engels en Hollands deur, en ook gladnie sonder klereskeur anderkant uitkom nie. Op oortuigende wijse blijk hier dat Afrikaans al mooi op weg was om 'n mengeltaal te word onder Engelse invloed, veral | |
[pagina 122]
| |
in Kaapland, en dat die Afrikaanse taalbeweging nog net bijtijds gekom het om 'n gestadige verval in hierdie rigting te stuit. Johannes van Wijk laat sien hoe bitter weinig die Hoog-Hollandse ‘skrijftaal’, met al sij letterkundige skatte, ten slotte vir ons beteken het in die strijd teen Engels. Want als selfs 'n bekende Hollandskundige soos de Waal, lid van ‘De Leidsche Maatschappij van Nederlandsche Letterkunde’, nie bestand was teen Engelse invloed nie, hoeveel te minder die grote res van meer Engels- als Hollandskundiges? Johannes van Wijk bevestig wat voorstanders van Afrikaans voortdurend op gehamer het, dat nie ons konvensionele ‘skrijftaal’ nie, maar alleen die sistematiese beoefening en gebruik van die lewende volkstaal bij magte sou wees om op die duur die strijd teen die tweede lewende landstaal vol te hou en die behoud van die Dietse stam in Suid-Afrika te verseker. En als eerste pennevrug van die tweede Afrikaanse taalbeweging het hierdie roman ook meteen die absolute noodsakelikheid en bestaansreg van die beweging regvaardig. Dit krioel letterlik van anglisismes in Johannes van Wijk.Ga naar voetnoot1) En dis nie alleen afsonderlike woorde nie, wat op sigself nog nie so erg is nie, maar veral sinswendinge en uitdrukkinge wat soos 'n kanker die Afrikaanse idioom ondermijn, soos blijk uit die volgende: ‘terwijl sij haar man 'n veelbétekende (?) kijk gee; met 'n skerpe kijk; hij het mij kom kijk; ekskuus mij vir 'n minuut; 'n korte swijging volg; ek behoort jou ni nou vir uitleggings te vra ni; 'n kerm verlaat di keel van Gert; ek sou dit ni lijk ni; terwijl 'n musiekbende strelende uitvoeringe lewer; vervolg hij met 'n gesakte stem; di dorpi van Stellenb.; fluister aan hom; buiging aan haar; in gehoorsaamheid aan die raad van sij dokter; ek haat om vir allerhande dinge gebruik te word; krij hom uit (die tronk); Debora bring 'n skrikgeluid uit; di saal was fraai opgelig; waarvoor neem jij mij; op één geleentheid; laat hom afstaan (stand off); net 'n paar lijntjies skrijwe; rondpromeneer; invitasi; aspersies (aspersions); kreek; koertsaal; getuieboks; fouteloos, ens. Bij 'n vergelijking van die oorspronkelike teks (1904) met die tweede druk (1908) blijk dat de Waal heelwat hinderlike angli- | |
[pagina 123]
| |
sismes verbeter het. B.v. ‘Onwilliglik neem Johs. di ruiker op’ word huiwerig, ens.; ‘nou waarskuw jij mij teen bij haar gesien te word’ - ‘om ni bij haar gesien te word ni’; versoen an > met, ens. Verder is verskillende minder beskaafde vorme deur ander vervang, soos b.v. vreet, opnukker deur opeet, opstopper, e.d. Daar kan natuurlik nie die minste beswaar teen bestaan nie om ons woordeskat ook uit Engels aan te vul nie, waar die behoefte daaraan werkelik ontstaat. Dis trouwens heeltemaal natuurlik dat so iets sal voorkom in 'n land waar 'n gemengde kultuur heers, wat dus vanself tot uiting moet kom in die taal. So het ons in die loop van die tijd 'n massa Engelse woorde oorgeneem, wat vandag gemeengoed is in Afrikaans en wat die taal ook inderdaad verrijk het. Om slegs enkele te noem: bokkie (buggy), briek (brake) naas remketting en remskoen, relings (van 'n wa), reisiesjaag, reisiesperd, perdeskoen, jokkie, horsweep, ponie, keb, handsop (per), handicap, tank, konsertina, jentelman, jurie, dagbreek, koffie maak, eendag, ek wonder, fairplay (beteken nog iets anders als eerlik), e.d. En omgekeerd het Engels weer tal van woorde uit Afrikaans oorgeneem, soos b.v.: kopje, kraal, drift, veld, lager, stoep, pondok, springbuck, in- en ontspan, e.d. Verder bestaan daar als gevolg van die tweetalige kultuur 'n massa woorde en uitdrukkinge, waarvan sommige uit 'n puristiese oogpunt misskien nog afkeuring verdien, maar waarvan die meeste reeds so ingeburger is dat hulle feitelik nie meer als anglisismes gevoel word nie. B.v. besigheid (doen), besigheidsman, boycot, jingo, koöperasie, platform, kosprijs, spesialis, brekfis, ruggraat besit, eleksie, sessie, resolusie, mosie, parlement, resés, debat, klub, record, tijdgenoot (van 'n krant), ingee (toegeven), opgenome met, 'n sitplek boek, iemand afsien, die ander dag (onlangs), applikasie maak, 'n fout maak, 'n lewe maak, geld maak, eksamenpapier (opgave), reg of verkeerd hê (gelijk of ongelijk) iemand se been trek, iemand 'n kans gee, 'n goeie kans staan, 'n spiets afsteek e.d. Een van die jongste ‘aanwinste’ is: die oorlog deursien. Veral waar dit sulke spesifiek Engelse sake geld als sport, handel en industrie, is die inwerking van Engels baje sterk gewees. Dis duidelik dat sulke anglisismes als die voorgaande nie onvoorwaardelik kan afgekeur word nie. Want 'n woord of uitdrukking is nie juis verwerpelik net omdat dit van Engelse | |
[pagina 124]
| |
oorsprong is nie, ewe min als 'n ander altijd aannemelik is net omdat dit van Hollandse oorsprong is. Wat hier die deurslag moet gee is die motiewe van die gebruiker, en sulke uitdrukkinge kannie almaal eenvoudig oor dieselfde kam geskeer word nie. Daar moet onderskeid gemaak word tussen ‘haastigheids-anglicismen van journalisten, onbeholpenheids-anglicismen van slechte vertalers’, papier-anglisismes van die skool aan die een kant, en anglisismes aan die ander kant, wat op meer diepgaande motiewe berus, wat uit die omgang voortgekom is omdat daar behoefte aan was, wat goed diens kan doen als kleingeld op die mark. Dis natuurlik moeilik om hier altijd die juiste skeidslijn aan te gee. Daarvoor sou 'n mens iedere woord of uitdrukking afsonderlik moet nagaan, die omgewing waarin dit ontstaan is, die motief van die gebruiker daarvan, die graad van algemeenheid wat dit bereik het, ens. Maar als 'n anglisisme sover deurgedring het dat dit algemeen gebruikelik is in die volksmond (nie net onder die skooljeug nie), dan is dit dwaas en bowendien nutteloos om dit nog langer als ‘uitheems’ te brandmerk. Dan het dit ook reeds burgerreg verkrij. Een Engelse skrijwer het opgemerk dat ‘the ideal of purity (in language) is really in its essence a political and not a philological one; that it is due to political aspirations or resentments.’ En verder ‘that most modern races, however pure their language, are of mixed origins, and that many races speak a tongue borrowed either from their conquerors, or from the peoples they have themselves subdued. And as we are all of a mixed race, so our civilization is equally derived from various sources.’Ga naar voetnoot1) Daar sit ongetwijfeld veel waarheid in hierdie beskouwing. En dat 'n gemengde taal op sigself nog gladnie verwerpelik is nie, blijk juis uit ‘so hopelessly mixed a language’ als Engels. Maar dieselfde skrijwer sê iets verder: ‘An independent nation, conscious of its strength, and not afraid of being overwhelmed by foreign influences, does well, therefore, to welcome the foreign names of foreign products. It does not thus corrupt, but really enriches its language.’ En daar lê nou juis die knoop, wat dit | |
[pagina 125]
| |
vir die Afrikaner onmoontlik maak om die taalkwessie enkel van 'n nugter-wetenskappelike standpunt te bekijk. Want daar bestaat 'n groot verskil tussen 'n wêreldmag van soveel miljoen siele, met 'n gevestigde kultuur en literatuur, ‘independent and conscious of its strength,’ - en 'n handjievol mense wat als nasie nog grotendeels in wording is, wat nog maar pas die grondslae gelê het vir 'n eie kultuur en literatuur. Die verskil word nog groter waar so 'n wêreldmag die handjievol mense nie alleen wederregtelik van hulle vrijheid beroof het nie, maar bowendien alle poginge in die werk stel om hulle volksbestaan ook geestelik te ondermijn. Daarom is die Afrikaner beweging, soos hiervoor in die inleiding reeds aangetoon is, oneindig veel meer dan 'n negatiewe anti-Engelse agitasie en gladnie in die eerste plaas ‘due to political aspirations or resentments’; maar 'n positiewe, doelbewuste strijd om geestelik-nasionale selfstandigheid, - presies dieselfde beginsel wat deur die Europese oorlog so duidelik op die voorgrond gestel is. Hoewel 'n oordrewe purisme of nasionalisme in die Afrikaanse taalbeweging dus enersijds op wetenskappelike en praktiese besware stuit, kan die Diets-Afrikaanse element andersijds nie eenvoudig die deure oopset vir 'n oorheersende kultuur van die Engels-Afrikaanse element nie. Ten slotte is ‘ieder zichzelf het naast.’ Daarom is ons in die eerste plaas aangewese op eie middele en op ons natuurlike bondgenoot - die Dietse stamland. Daarom ook moet sulke ‘papier-anglisismes’ als wat hierbo uit Johannes van Wijk van de Waal aangestip is, ten strengste afgekeur word. Sodanige taalgebruik is absoluut ongemotiveerd, omdat dit enkel voortvloei uit slordigheid of gemaksug. Waar dit die gevolg is van onbeholpenheid, of die natuurlike uitvloeisel van ongesonde skooltoestande, kan 'n mens dit nog begrijp. Maar bij 'n skrijwer, wat als voorvegter in die Afrikaanse taalsaak reeds sij spore verdien het, behoort sulke dinge gladnie voor te kom nie.
Die anglisisme is nie enkel 'n Afrikaanse verskijnsel nie. Als noodsakelike gevolg van die internasionale wereldverkeer, van die wedersijdse betrekkinge op die gebied van wetenskap, godsdiens, kuns en lettere, is daar veral sedert die vorige eeuw 'n sterke wisselwerking gewees tussen die Europese kultuurstate | |
[pagina 126]
| |
onderling. En deur sij besondere ligging tussen drie groot state in, is veral Nederland voortdurend blootgestel gewees aan buitenlandse invloede. Eers is dit Frankrijk wat 'n leidende aandeel het in die Nederlandse beskawing, maar met die begin van die 19de eeuw begin die Duitse en Engelse bure hulle invloed te laat gelde, sodat Nederlands vandag ook heelwat voorbeelde van germanismes en anglisismes aan te wijs het. En menige anglisisme in Afrikaans is dan ook nie regstreeks aan Engels ontleen nie, maar deur tussenkoms van Nederlands, soos reeds deur Schonken aangetoon is.Ga naar voetnoot1) Hier volg enkele voorbeelde van Nederlandse anglisismes, oorgeneem uit 'n artiekel van prof. de Vooys,Ga naar voetnoot2) waarvan bij voorgaande beskouwinge ook gebruik gemaak is. Uit die seemanstaal: reeling, reiltop, schoener, treiler, mailboot, paketboot, stomer (naas stoomboot), tank-stomer, bunker, allehens aan dek, volspied, bottel e.d.; spoorwegverkeer: rails, tender, waggon, lorrie, buffer, tram, tunnel, stoppen, e.d.; letterkundige wetenskap: ballade, bard, robinsonnade, humor, humorist, romantiek, essay, bombast, detective-roman; parlementaire instellinge: parlement, minister, motie, reces, debat, club, budget (naas begroting), debatingclub, maidenspeech, meeting, platform, e.d.; journalistiek: reporter, interview met die afleidinge interviewer en interviewen. Veral op sportgebied wemel dit van Engelse terme: cricket, crocket, rugby, tennis, golf, hockey, match, record, handicap, jury, referee, umpire, trainen, starten, spurten, pacen, scoren, e.d. Daarnaas dring egter gaandeweg ook Hollandse terme deur, veral bij voetbal: opgooi, doel, doelpunt, doelverdediger, strafschop, voorhoede, linksbinnen en -buiten, e.d. Net so sterk is die inwerking op die gebied van handel en industrie, waarvan hier alleen enkele voorbeelde kan opgesom word: film, affilmen, typiste, type-writen (waarnaas tiepen, machineschrijven of tikken), cheque, safe deposit, rubber, sunlightzeep, kodak, gasfitter, cokes, free-wheel, handle, ens. Verder word in genoemde artiekel gewijs op die massa Engelse woorde wat betrekking het op kleding, voeding, woning, meubels | |
[pagina 127]
| |
en gebruiksvoorwerpe; op die ‘deftigheids-anglicisme’ in die kringe van high-life, van die upper ten; op sulke letterlike vertalinge als die volgende, wat ook in Suid-Afrika algemeen gangbaar is: geld maken, dat spreekt boekdelen, hij is in zijn element, naar komplimentjes vissen, zijn geld op interest uitzetten, ruggegraat hebben en spreekwoordelike uitdrukkinge als Kennis is macht, Tijd is geld, Eind goed, al goed, e.d. Die meeste Nederlandse anglisismes is egter beperk tot bepaalde kringe, en waar Nederland naas 'n eie kultuur met 'n rijke literatuur maar één offisiële landstaal besit, is die inwerking van Engels ook veel minder gevaarlik als in Suid-Afrika waar die verhoudinge soveel anders is. Waarom die Afrikaner ook vanself anders teenoor sulke Engelse invloede kom te staan als die Nederlander.
Hoewel de Waal konsekwent ek en hom gebruik, terwijl die imperf. gladnie bij hom voorkom nie, raak hij tog ba jemaal verseil in die ‘Hoog-Hollandse’ vaarwater. Dit is veral die geval met die infinitief hê in sinne als: ‘ek kon maklik weggevlug hê; wat hom ongetwijfeld sou vermoor hê; na afgesaal te hê en niks bespeur te hê nie; ek behoort gesien te hê; na di vrouw bedank te hê, ens.’ In die tweede druk van Johannes van Wijk word hê vervang deur het. Dus: ‘ek kon weggevlug het; na hul afgesaal en niks bespeur het nie, ens.’ Maar dit gebeur alleen in die eerste paar hoofstukke, terwijl verder die hê-vorm bij die verl. tijd van die infin. gehandhaaf word. Volgens die algemene spraakgebruik moes die laaste twee sinne egter lui: ‘ek behoor te gesien het; [na di vrouw te bedank het.’Ga naar voetnoot1) Hoewel die spraakgebruik enkel die vorm wat als relatief ken, gebruik de Waal meestal die. Dis egter ongewens nie alleen om genoemde rede nie, maar ook omdat die reeds diens doen als bep. lidwoord en dikwels ook als demonstratief: Daardeur kan dus 'n opeenhoping van dieselfde vorm ontstaan, wat dikwels hinderlik kan word. B.v. in so 'n sin: ‘Die man die die drenkeling gered het die nie kon swem nie, wou die beloning die die omstanders hom aangebied het nie aanneem nie.’ Buitendien sou 'n mens dan voor die moeilikheid kom om ook dat te moet skrijf na | |
[pagina 128]
| |
onsijdige woorde, en dus weer die geslagsonderskeiding moet invoer, wat tot hopelose verwarring aanleiding sou gee. B.v.: ‘die kind, die...’ is net so onmoontlik als ‘die kind, dat...’ Verder kom bij de Waal oorspronkelik sulke vorme voor als dese en uwe, wat later verdwijn, terwijl sig vervang word deur hom, hul. Ook sij stijl is aanvankelik nog baje krukkerig en dikwels onbeholpe. B.v.: ‘Hoe verskillend was di gemoedere van di drie: die ou man teleurgesteld en beangst, di stiefseun nijdig en wraakberamend, di neef droefgeestig en naar sijn vader verlangend’ (2de druk, bls. 12); ‘aan sijn breë mond kon jij sowel sijn skertsende gees als sijn gebiedende geaardheid lees...’ (bls. 51). Hoe verder hij egter met sij verhaal vorder, des te beter kom hij ook op strijk met sij taal en stijl, behoudens sulke rariteite hier en daar als: ‘in die gesig te aanstaar; sijn vrou haar seun skrob hij af (afskeep); met een opgeflikkerde gelaat; bespieder (verkenner); boodskapsdoener, e.d. Ook in sij tweede bundel (Stompies, 1911) woeker die Engelse invloed nog voort, soos blijk uit: ‘die maand van April; hij het op mij 'n grap gespeel; tot die skok van die jonge dame; hij was alweer sijn vrolike self; na dapper die brekende branders te gekruis het; weer was daar 'n poos; die warme belang wat ek in jou stel; sij antwoord hom met 'n veragtelike kijk; om ook 'n kijkie te gee; vir die kortste van oomblikke; vir 'n volle jaar; fouteloos van uiterlik; attak van influensa; kompartiment, stomer, geadmitteer, ens. Die gebruik van sulke ongemotiveerde ‘made-in-England’ Afrikaans word egter gaandeweg minder. Want gepaard gaande met die steeds toenemende selfbewuswording van die Afrikanernasie en die gevolgelike hoogskatting van sij eie taal, is daar in alle kringe 'n ernstige strewe merkbaar om die taal ook so suiwer moontlik te praat en te skrijf. En als Afrikaans weldra op skool en universiteit die aandag en studie sal erlang wat dit so lang moes ontbeer het, kan 'n mens verwag dat dit ook nie meer dan beslis noodsakelik is als gevolg van die tweetalige kultuur, 'n verdere vervorming onder die invloed van Engels sal ondergaan nie.Ga naar voetnoot1) | |
[pagina 129]
| |
Ons het reeds gesien dat Langenhoven die invoering van die imperfektum voorstaan. In reeds gemelde artiekel verklaar hij verder: ‘Ik skrijf altijd: sag, maakte, ens., en na 'n bietjie oefening kan dit noch vir skrijwer noch vir leser vreemd voorkom. Om dit weg te gooi, sou mij die skade aandoen dat ik soms nabij mij bedoeling kon kom maar nie presies daarop nie.’Ga naar voetnoot1) Langenhoven het egter bij hierdie uitspraak nie voldoende rekening gehou met sij Afrikaanse taalgevoel nie, en als hij vandag nog hierdie sienswijse toegedaan is, kan hij maar gerus sij eie werke nog 'n slag lees om hom daarvan te oortuig, dat hij glad-en-gladnie altijd ‘sag,’ ‘maakte,’ ens. skrijf nie. Inteendeel, hij skrijf hulle betrekkelik selde, en waar hij dit wèl doen, krij 'n mens ook gladnie die indruk dat hij daarmee nader aan sij bedoeling kom als daarsonder die geval sou gewees het nie. Soms begin hij met die imperfektum, maar dit duur nie lang nie of hij skrijf sonder om dit te merk weer pure Afrikaans. Sij taalgevoel is veels te gesond en sij stijl veels te natuurlik om so 'n gekunstelde taal op die duur te kan verdra. Die volgende aanhaling lewer daar 'n mooi voorbeeld van: ‘Verlede jaar al, mij neef, was daar mense wat vir ou oom op die gedagte gebreng het, dat ik mij oue metgesel maar moes verlos uit sij sware oudag se lijding uit. Ik het gedenk oor die saak en dit kwam mij naderhand so voor, dat dit altemit selfsugtig van mij was om hom langer aan 't lewe te wil hou. Toen liet ik een aand vir Willem Ruiters, een van mij bijwoners, roep en ik gaf hom mij agterlaaier en ik sei, hij moes die ou hond saam neem naar sij huis toe en hom die aand of die volgende oggend daar doodskiet en daar begrawe. Ik het gedog dit sou maklik gaan om die afgeleefde, verlamde ou ding vas te bind; maar jij sou jou verwonder het om hom te sien spook, toen Willem met die riem aankom. Ik was verplig om bij die vasmaak te help; maar toen ik bij kom om te help, het hij hom sommer oorgegee en onderwerp. Net maar die oogblikGa naar voetnoot2) van die hond, toen sij eie oubaas hom help vasbind om hom van 'n ander man te laat wegneem - die blik,Ga naar voetnoot2) mij neef, waarmee | |
[pagina 130]
| |
die hond mij agterna gekijk het, sal helder in mij geheuge blij tot in mij graf...’Ga naar voetnoot1) Dit gebeur meermale dat Langenhoven so in die loop van 'n tiepies Afrikaanse gesprek plotseling en sonder die minste noodsaak met so 'n enkele imperfektum die geselserij kom steur. So b.v. waar ou ‘Verkeerde Faans’ van sij nagtelike wederwaardighede met 'n vark vertel. Alles gebeur in die gewone hist. praesens en dan kom daar meteens opvloog, wat geen mens sou droom om te sê nie: ‘Naderhand trap hij met sijn skerp klouw op mij kaal kleintoontjie. Ik haak af met die bijl om hom 'n raps te gee, wat nie al te sag sou wees nie; hij gee pad, en ik slaat mij tegen mij eige skeen, die bene onder mij uit. So's jij weet, neef Kerneels, ik is 'n geduldige man, maar toen ik daar opvloog, wou ik die vark verpletter. Ik hol met die bijl agter hom aan, kaalvoet, maar hij was te rats...’Ga naar voetnoot2) Dikwels weer gebruik hij die Hollandse imperfektum en die Afrikaanse perfektum deurmekaar sonder 'n bepaalde plan: ‘Sondags namiddage, wanneer die jongmense van die plaas naar aloude gebruik bijmekaar kwam onder die groot eikebome van ou Oom Klaas, kwam die regeling van die sitplekke altijd vanself so dat Wijnand en Dina bijmekaar gesit het. Daar was 'n stilswijgende algemene erkentenis dat dit so behoorde. Van die naburige plase het jongetjies gekom om te vrij...’Ga naar voetnoot3) Al sulke gevalle is, om Langenhoven se eie woorde uit een van sij sketse, ten opsigte van die gebruik van Engelse woorde, aan te haal: ‘mangelwortels in jouw beetrije inboet.’ Alleen in één van sij ‘fantasieë’ - Ons almaal se erfenis - gebruik hij konsekwent die imperfektum. Maar dit is 'n ‘allegorie’ wat heeltemaal in Bijbeltrant opgestel is, soos dadelik uit die aanhef blijk: ‘'n Seker vader had vier seuns, en toen hij op sij sterfbed lag, maakte hij 'n testament... En die vader stierf en die seuns begroef hom en bedreef rouw oor hom. En toen die dae van hulle rouw voleindig was, toen ging hulle uit in die wije wereld, ens.’Ga naar voetnoot4) Maar owerigens, veral in sij ‘samesprake en alleensprake,’ | |
[pagina 131]
| |
hoe omslagtig ‘Tant Lenie’ ook al is, hoe ingewikkeld ‘Jan se boodskap,’ hoe welsprekend ‘Ou Dolf’ oor karakter of ‘Ou Sors’ oor dokters en medisijne, - hulle merk gladnie dat daar so iets als 'n imperfektum bestaan nie. En hulle praat almaal voortreffelik, sodat jij hulle bijna kan hoor en sien. 'n Mens voel dadelik dat die skrijwer sij eie mense deur en deur ken, net soos hulle is en soos hulle praat. Dis opmerkelik dat Langenhoven bij die herdruk van sij Stukkies en Brokkies (1911) in Ons weg deur die wereld (1914) verskeie spreekvorme 'n bietjie ‘opgepoets’ het: ek, re'en da'e, wa'e, eie, getuie, sê, veul, teue, verle'e, vo'els, ens. word vervang, hoewel nie altijd konsekwent nie, deur: ik, regen, dage, wage, eige, getuige, seg, veel, tege, verlege, vogels ens. Ook is hij nie absoluut vrij van Engelse invloed nie. Hij gebruik b.v. sulke woorde als: lewensmiddel (= means of living), opstoring van energie, opbreek van die skool, senter van opmerksaamheid, partikulier (= presies, puntenerig), mistijk, blof, jollie, kanvasserij, malfakterij, kondesensie, indulgensie, lokomosie, eksplanasie, inkantasie, diwinasie, revelasie, e.d. Maar sulke woorde is gelukkig baje seldsaam en doen buitendien nie die minste afbreuk aan sij idioom nie, soos die geval is met de Waal. Sij Afrikaans is altijd kerngesond, behoudens die gebruik van die imperf. en ander klein afwijkinge hier en daar. Uit Langenhoven se stijl blijk, veral in sij honderdtal uitgewerkte spreuke, dat hij 'n heldere en logiese denker is. Sij woorde en sinne sit inmekaar gemessel, soos rije bakstene in 'n muur. Hij skrijwe maklik en eenvoudig, en wat hij sê is pakkend, padlangs en kant-en-klaar.
Soos reeds opgemerk, is dit veral in die eerste digbundels uit hierdie periode dat 'n mens die ‘skrijftaal’-invloed kan waarneem. Celliers se taalvorm is aanvankelik baje sterk Hollands gekleur, so ook sij spelling. Die eerste strofe van Die Vlakte b.v., soos dit oorspronkelik in die Volkstem verskijn het (12 Mei 1906), sien daar als volg uit: Ik slaap in die rus van die eeuwe gesus,
ongezien, ongehoord,
en dof en loom in mij zonne-droom,
ongewekt, ongestoord.
| |
[pagina 132]
| |
Tot die ijl-blouwe bande der ver-verre rande
schuif mij breedte uit,
wijdkringend aan 't puur alomwelwend azuur,
dat mij zwijgend omsluit.
Verder: zwevend, levenskracht, 't geheim, 't verlede, zie 'k ens. In die tweede druk van die Vlakte-bundel (1909) is die gekursiveerde lettertekens geskrap of gewijsig volgens die Afrikaanse klank. Celliers gebruik die imperfektum, maar nie konsekwent nie. Dus naas vorme als wrong, brag, dorst, sloot, ens. ook: het jij gedra, het ik geleg, ens. Konsekwent word die Hollandse verkleinings-uitgang-tje en -dje gebruik, selfs in suiwer Afrikaanse woorde soos seuntje, noitje, soetjes, speultjes, ens. Maar daarnaas ie in pluimpie, halfie, stukkie, koppie, ens. Hij het 'n besondere voorliefde vir die genetiefs s, waarskijnlik onder Engelse invloed, soos uit die apostroof blijkGa naar voetnoot1): genade's guns, misteries's wonderwege, vergetelheid's kust, vijand's lood, arbeid's sorg, e.d. Maar daarnaas ook weer dwingland se juk, vijand se buit, huweliksdag se lente, die Vader se skoot. In strijd met die uitspraak handhaaf hij die t in sulke woorde als feest, list, angst, woest. Daarenteen: ‘haar lus, haar las, haar vreug.’ Dat hij die t in sulke gevalle egter nie hoor nie, blijk uit sulke rijmpare als: vorst-bors, bloos-oost, kust-rus, gast-gewas, wist-beslis, ens. Waarom hij die t in die één woord wel skrijf en in die ander nie, is nie duidelik nie. Konsekwent word hem gebesig. In Liefde en Plig (bls. 49) laat die skrijwer Bêrend sê: ‘Dan praat ik liefs mijn Afrikaanse taal.’ Als dit inderdaad die geval was met sij persone, dan kon b.v. Japie moeilik gesê het: ‘Die vat hem bij s'n nek en smijt hem uit’ (bls. 24). Als 'n boereseun se ‘bloed warm word,’ sal hij kortweg sê: ‘Die vat hom aan sij nek en smijt hom uit.’ Dit maak soms bijna 'n komiese indruk om die deftige hem naas so'n doodeenvoudige lê te sien staan, soos b.v.: ‘ik sien hem lê’ (bls. 11). Dis merkwaardig dat Celliers in teenstelling met hem weer | |
[pagina 133]
| |
ewe konsekwent die Afrikaanse relatief wat gebruik. Sover mij bekend, bestaan daar maar één voorbeeld van die: ‘geen grein, die 'k verlore laat gaan.’Ga naar voetnoot1) Maar verder lui dit: ‘Ik hou van 'n man, wat sij man kan staan,’ en so orals elders. Verder kom nog dikwels sulke ou naamvalsvorme voor als: ‘boesem der grote see, van der vaad're vroomheidstrouw, ten dood vermoei, u ten lewe, in 's Heren hand, naas die Here se raad, e.d.’ Hoe weinig Afrikaans Celliers se taal dikwels klink, blijk uit 'n strofe als die volgende: ‘In d' sterwens-ure sag sij brekend oog
d' o'erwinnings-vaan van dwinglandij omhoog,
maar bo hul dronke feest en blij gejuig
stond waarheid's kalm gelaat hem toegebuig,
voorspellend aan haar held in d' stof gekrom
d' o'erwinnings-dag wat eendag kom.’Ga naar voetnoot2)
Maar dis veral in sij tweede bundeltjie, Die Revier (1909), waar die Hollandse vorme hoogtij vier. In menige vers hoef 'n mens net die spelling te wijsig om suiwer Nederlandse versklank te krij, soos uit 'n paar voorbeelde kan blijk: Ruisende strome
luisterend woud,
nakende kranse
in zwijge veroud
- starende wagters
in verre verskiet
hopeloos vragend
wat d' eeuwigheid bied!Ga naar voetnoot3)
Bliksem-ligte
uit die digte
swerk ontla'en -
plots verskijnend
plots verdwijnend -
toon die wije vloed verbolge
waarin huis en haard verswolge
ondergaan....Ga naar voetnoot4)
Die veelvuldige gebruik van partisipiële samestellinge, soms skilderagtig, soos b.v. ‘witte wolkies wijd gestrooi, spieël-dansend, glimmer-glansend op die water, wind-geplooi’; soms gekunsteld soos: donker-wellend, sidder-woedend, ader-swellend, - gepaard gaande met die veelvuldige aanwending van sulke woorde als | |
[pagina 134]
| |
heling, knekelhof, boesem, kolk, swerk, noen, staag, woon (snw.), troon (werkw.), nat (snw.), wel (snw.), gloor, loos, moede, onverlaat, siet alomme, te-moet, e.d. werk daartoe mee om die totaalindruk van die gedig 'n spesifiek Hollandse stempel te gee. Sulke uitdrukkinge als tot gehore (= om te gehoorsaam) en vergode nul (= niksnuts) is selfs onhollands. Verder openbaar hij hier en in Liefde en Plig 'n eienaardige voorliefde vir die vorme m'n en s'n als besitt. vnw., wat nog minder Afrikaans is als mijn en sijn.
Een Hollandse kritikus het naar aanleiding van Celliers se taalgebruik beswaar gemaak teen 'n ‘opeenstapeling van gezochte klankeffekten en alliteraties,’ teen 'n ‘on-Afrikaans aandoende genegenheid voor kunsttermen, die in strijd schijnen te geraken met het analyties karakter van het Afrikaans.’Ga naar voetnoot1) En later nog eens: ‘Wie een dichter van het Afrikaanse volk wil zijn, moet in de taal van het Afrikaanse volk zingen, die anders is dan de naar de lamp en de Tachtigers riekende woordepraal van Celliers en Totius in goede, van Joubert in minder gunstige zin.’Ga naar voetnoot2) Daar sit ongetwijfeld veel waarheid in hierdie opmerkinge. En in die voorgaande bladsije is reeds meermale daarop gewijs, dat die taalbehandeling in die eerste stadium van die nuwe beweging, omdat dit te veel op uitheemse lees geskoei was, nie selde die grense van die Afrikaanse taaleie en volkseie te buite gaan nie. Aan die ander kant moet egter nie oor die hoof gesien word nie, dat so iets uit hoofde èn van die ou skrijftradiesie èn van die inwerking van nuwere oorseese letterkundige modelle, aanvankelik feitelik onvermijdelik was. Ons verkeer hier nog in die periode van die Afrikaanse vroeg-renaissance, en daarom sou dit eigenlik wonderlik gewees het als 'n mens geen spore van die invloed van bewonderde voorgangers kon ontdek het nie. Dis trouwens 'n algemeen bekende verskijnsel, wat altijd en orals in die literatuurgeskiedenis kan waargeneem word. Denk b.v. aan 'n soortgelijke inwerking van die Pléiade op die vroeg-renaissance digters in Holland en later nogeens van die Franse prosaïste en die Engelse ‘Lake Poets’ op die ‘Tachtigers.’ | |
[pagina 135]
| |
Bij onderlinge verskille dra Totius se taalvorm in sij eerste bundels soms 'n nog suiwerder Hollandse karakter als die van Celliers. Ook hier geld wat van Celliers se taalbehandeling opgemerk is. Menige vers is, behoudens die spelling van enkele woorde, feitelik suiwer Hollands. Dit kan die beste deur 'n paar voorbeelde aangetoon word: Die blommetaal sijn hart deursneed;
hij lange stond en staarde.
‘Mijn rosekind, ik moes van hier,
ik moes’, so sprak die howenier,
en nam haar op,
sijn roseknop,
sijn blommetjie van waarde.Ga naar voetnoot1)
* * * Swaarrollende ossewa! die trek is aangevange.
Maar ag, hoe skud en skok uw moederskoot so bange? -
Gij houd 'n jonge volk nog liefderijk omklemd,
nie vir 'n paradijs, maar wildernis bestemd.Ga naar voetnoot2)
* * * U sing ik, grote jukverbreker!
want vrijheid soek gij bowe-al;
gij siet haar beeld, o onregwreker!
hoog-glansend als uw hemelhal,
en eind'loos deinend als uw velde;
haar soet gesweef kom u vermelde
die brede blasing van uw wind;
volmaak is u haar towerkring,
gelijk die verre rande-ring;
hààr soek gij, vrije veldekind!Ga naar voetnoot3)
* * * 'n Late wandelaar stil peinsend gaat er
en luister naar die felle dreuning.
'n Troostelose minnaar lustloos staat er
en buig sig ingedagte o'er bruggeleuning.
| |
[pagina 136]
| |
Vermoeide pelgrim nou sijn pakke laat er,
terwijl sijn rug langs wilgerstam soek steuning....
En almaal luister swijgend naar die water,
en aller siel wieg weg in doffe deuning.Ga naar voetnoot1)
* * * 'k Sie u, stroompie,
dartlend,
spartlend -
druppels sprinklend
langs uw baan -
blijde kinklend
verder gaan...Ga naar voetnoot2)
Volgens prof. J.W. Muller is ‘gij in de levende taal volstrekt ongebruikelijk: iemand die met gij begint, maakt op ons den indruk dat hij eene plechtige redevoering gaat houden; hetgeen hij zegt is door dat ééne woordje plotseling als 't ware witgedast en zwartgerokt geworden.’Ga naar voetnoot3) En dat daar in Nederlands ten opsigte van die vnw. van die 2de persoon so 'n groot verskil bestaan tussen praat en skrijf, beskouw hij als ‘een ramp’, 'n mening wat ook deur ander taalgeleerdes gedeel word. Waaruit blijk hoe ver Totius in sommige opsigte van die lewende Afrikaanse spraak afwijk, waar gij enkel nog voorkom op die preekstoel en in die gebed. Maar al blij dit 'n beswaar, volg hieruit egter nog nie dat gij absoluut af te keur is nie. Daar kan gevalle wees waarin 'n digter werkelik behoefte kan hê aan so'n plegtige boekwoord, en veral in die godsdiens sal gij seker nie maklik deur U vervang word nie, ewe min als b.v. die Engelse thou, thy, thee deur you, your. En hoewel gij ook in Nederland ‘volstrekt ongebruikelijk’ is in die gewone spraakgebruik, word dit tog nog dikwels in redevoeringe gehoor en behoef dit onder bepaalde omstandighede ook geen aanstellerige indruk te maak nie. Dikwels is Totius ook nie vrij te pleit nie van wat Preller genoem het 'n ‘gewelddadige omkering, ten einde die werkwoord aan die end van 'n rijm-reël te krij’,Ga naar voetnoot4) - een van die vernaamste | |
[pagina 137]
| |
kenmerke van die ou skool, waar dit die digters in die eerste plaas te doen was om die rijm. So word b.v. in Hulle kom nie weerGa naar voetnoot1) telkens die vorm wederkeer gebesig (die morge wederkeer, die rokie wederkeer, ens.), en alleen ter wille van die rijm. En verder: ‘tot hij weer het van sijn baas gehoor’; ‘vijandige magte mijn bestaan het gedurig omsweef’; ‘mijn top die osse se tong het gepluk’Ga naar voetnoot2). Soms is 'n gladde maat die enigste motief vir hierdie ‘ontwrigting’, soos b.v. in: ‘die wind die puin het weggewaai.’ Hier is seker van toepassing die waarskuwing van Vondel: ‘Men vermijde, gelijck een pest, de woorden tegens den aert onzer tale te verstellen.’ En verder: ‘Men magh om het rijm en de maet de tael niet vervalschen, en gelijck een kint stamelen en struickelen. Het rijijmwoort schijne niet gevonden om het rijm te vinden, maer zij zoo gestelt of het geen rijmterm waer. Het vaers schijne oock geen rijmelooze rede, maer trecke den aert van een vaers aan, en sta wacker op zijne voeten. Heeft het geene zenuwen, zoo hangt het slap en vadzigh: is het te gedrongen, zoo staet het stijf, gelijck een lantknecht in zijn harnas.’Ga naar voetnoot3) Dikwels is so'n afwijking van die gewone spraakgebruik onvermijdelik, en waar die ritmiese gang van 'n vers of gedig dit vereis, soos b.v. in Mag en Reg, sal niemand dit waag om 'n digter skoolse wette te gaan voorskrijwe nie. Maar als 'n bewuste verkragting van die idioom enkel voortvloei uit oorweginge wat 'n onberispelik gladde maat en goeie rijm ten doel het, dan is dit onverdedigbaar, omdat hierdie eienskappe twee van die mins essensiële kenmerke is van ware poësie. Wat die deurslag moet gee is die lewende ritme, die onmiskenbare polsslag van alle digterlike ontroering. Selfs so iets als ‘poetic licence’ sal Totius hier en elders nie kan vrijpleit van 'n sekere onnatuurlike geforseerdheid van taal en stijl nie. Soos uit menige vers blijk, is hij aanvankelik dikwels meer versifikateur als digter. En bij meedere rijpheid was hij later self die eerste om dit in te sien. Waarom hij, soos straks sal blijk, die herdruk van sij | |
[pagina 138]
| |
eersteling ook grondig ‘hercastijd en hergekleed’ het, 8 jaar later. Waar die poësie van die vrome Vlaamse sanger so'n onmiskenbare invloed op Totius uitgeoefen het, is dit begrijpelik dat ook sij taalbehandeling aanvankelik spore van die invloed vertoon. Vandaar dat veral die ou Vlaamse woordvorme, wat so veelvuldig bij Gezelle voorkom, ook telkens bij Totius aangetref word, b.v. harte, ruste, mane, lanterne, sprake, siele, lange, bange, kimme, wrake, hope, blomme (enkelv.), daaromme, omlage, omleeg, omlegewaarts, peerlend, lijk (als), e.d.
Malherbe se taalvorm is veel meer Afrikaans als die van Celliers en Totius. Hij gebruik b.v. konsekwent ek en die Afrikaanse verkleiningsuitgang, terwijl die imperfektum maar één keer voorkom. Tog kan hij hom nie heeltemaal losmaak van die ou skrijftradiesie nie, soos uit die volgende aanhalinge blijk: ‘Toen 'n vo'eltjie, vaalgevederd,
sig kom neerset aan mijn voet,
vlerke-spreidend, rondom blikkend,
ongeduldig, haastig mikkend,
of hij dadelik vliege moet’Ga naar voetnoot1)
* * *
‘Hij sien hoe die reg van sijn vaadre
deur 'n hogere volk word betwist,
wil sijn laaste kragte vergaadre
en sijn vrijheid herwinne met list...’Ga naar voetnoot2)
Verder gebruik hij nog allerlei ‘digterlike’ boekwoorde soos: vogelijn, gloor, lamgeblaat, woon (snw.), siltig, maagd, nat (snw.) gaarde, tartend, e.d.; en Hollandse vorme soos: hem, list, rust, moe, gesog, skouwe, beroere, onttoge aan wroegende wee, ens. Hier en daar skemer ook Duitse invloed deur, soos b.v. in jaarduisende en lagerend.
Joubert span die kroon onder die Afrikaanse digters in sij oordrewe sug naar die uitheemse en die ‘überkünstliche.’ Hij | |
[pagina 139]
| |
skijn homself hoegenaamd geen rekenskap te gee nie van die noodsakelike verband wat daar moet bestaan tussen spraak en skriftuur, wil die laaste nie ontaard in 'n absoluut gekunstelde ‘papiertaal’ nie. Die gevolg is dat hij 'n kunsmatig gevormde, uiters individueel-‘digterlike’ taal skrijf, wat 'n skerpe kontras vorm met die Afrikaanse taalwerkelikheid. In woordkeus en woordvorming, taalvorm en taalaanwending is hij so onafrikaans moontlik, en dikwels selfs onhollands. Dit is reeds grotendels die geval in sij eerste werk, Verse oor Piet Retief e.a. gedigte (1911), maar hij oortref homself daarin nog ver in sij tweede bundel, Dageraad en Sonneskijn (1918). Hierdie bundel van Joubert word ingelei met 'n gedig oor ‘Mij Taal,’ waarvan die eerste strofe lui: Mij taal is vol soos 'n magtige see,
lewend, lewend-vol van akkoorde,
in duisende beurend oor bruisende boorde,
melodie-groot uit die worstling getree.
So is dit inderdaad. En hiermee gee hijself die grondtoon aan, wat in al sij verse deurklink. Sij taal sit vol, ‘lewend-vol van akkoorde.’ 'n Mens tref hulle aan in alle variasies en toonaard: bronakkoorde en stroomakkoorde, kosende en vloeiende akkoorde, soete en vreugdevolle akkoorde, salwende en stille, swewende en fluisterende, tinkel-klare en engele-akkoorde! Dis ook so'n handige rijmwoord op boorde en oorde. Verder wemel dit van sulke spesifiek Nederlandse woorde als: soel, mat, mals, kil, tuur, puur (werkw.) hunker, kout, struweel, gloor, wade, krogte, luierend, vrijheids woon, skoonheids ruim, lonkeval, lonkend asuur, malse melodij, gluipende glanse, maagdekoon, passie, admirasie, ekstase, stasieus, grasie, grasieus, ens...Ga naar voetnoot1) Soos Celliers, wat 'n merkbare invloed op hom gehad het, is Joubert deurvoed met die taaltegniek van die ‘Tachtigers’ en die ‘Lake Poets.’ Veral Perk moet vir hom 'n buitengewone bekoring gehad het, want sulke Perk-agtige woorde als: kosend, posend, lonkend, bolle koon, loom, lommer, kolk, swerk, e.d. is skering en inslag in sij taalgebruik. En uit 'n bespreking van | |
[pagina 140]
| |
sij poësie sal later blijk hoe sterk Perk hom beïnvloed het. Joubert besit 'n buitengewone vaardigheid om ‘digterlike’ woordkoppelinge te fabriseer. In hierdie opsig is hij inderdaad sonder weerga onder die Afrikaanse digters, en bijna op iedere bladsij van sij poesie tref 'n mens sulke terme aan als die volgende: vuurge vreugd-ekstase, ekstase-koestering, skuimendruig, gloed-omhulde dag, son-bespoelde dag, leed-bevragte lug, angst-bevange lug, kil-omklemmend duister, onheil-sware duister, sneeuw-geklede vee, loof-gestreelde strale, purper-goue strale, goud-gekruinde woon, wasig-goue land, passie-kussies, liefde-skuur, admirasie-vuur, God-skoon gesig, verrukkings-pijn, illusie-droom, droom-bekoorlik, dromend-lome dale, siel-bedwelmende drome, drome-saaiende maan, room-belade droom-gewade; duislend, griefvergruislend klankgedrang, ens., ens. Als 'n egte outijdse rederijker hul Joubert hom van begin tot end in so 'n wierookwalm van aroom-asuur-emerald-karmosijn ‘poetic diction!’ Hierdie samestellinge is grotendeels oorspronkelik, maar Engelse invloed is daar seker nie vreemd aan nie. Vergelijk b.v. bij Shelley: love-laden soul; moonlight-coloured may; rain-awakened flowers; million-coloured bow; pestilence-stricken multitudes; star-inwrought; bij Keats: rain-scented eglantine; cool-rooted flowers, fragrant-eyed; drear-nighted December; softhanded slumber; tender-taken breath; leaden-eyed despairs; bij Tennyson: grey-eyed morn; emerald-colour'd water; willow-veiled margin; dewy-dark, ens. Joubert is soms so verdiep in sij handwerk dat hij, om sij maatskema vol te krij, sij ‘Afrikaans’ nog ‘Hoog-Hollandser’ maak als Nederlands self. So b.v. in die volgende onbeholpe stukkie gerijmel: ‘Wel, breng bewijs van uw bewering,
dan breng u wis mij tot bekering,
en dan ontvang u van mijn hand
een stuk van mijne skone land.’Ga naar voetnoot1)
En verder: sijne veergeslag (= voëls), sijne ogeskaar (= douwdruppels), uwe vree-geslag, uwe wolkekleed, heug jij nog, e.d. | |
[pagina 141]
| |
Albert Verwey het volkome gelijk, waar hij van Totius se verse opmerk dat ‘zij door hun toon in het minst geen afrikaansche indruk maken, maar zeer bepaald een nederlandsche. Zij zijn nederlandsche versklank, in zuidafrikaansche woorden en voorstellingen.’Ga naar voetnoot1) Dit geld ook van Celliers, maar nog meer van Joubert. Want hier is dit nie alleen ‘nederlandse versklank’ nie, maar ook oorwegend nederlandse taalvorm, soos b.v. in die volgende verse: ‘Wenend, wenend wanhoopsblare,
eensaam staat een boom te stare
naar die rande in die rond,
klaag'lik kwijnend, onbeskene
deur die glans van kroost verdwene,
weggemarteld van die grond.
O! ik hunker naar die vrede
van die vreugdevol verlede,
naar die weelde van weleer.
Voor die kil-omklemmend duister
lokkend glom ons prag en luister,
liggend op een lowermeer...’Ga naar voetnoot2)
Dit kan nie ontken word nie dat Joubert dikwels ook gelukkige vondste gedaan het bij sij taalkweek, en dat b.v. enkele van die bowegenoemde samestellinge tekenend aangewend is in die verband waarin hulle voorkom. Maar oor die algemeen is dit wat Klaus Groth noem ‘überkünstliche Formen, die alle erdacht, ersonnen sind, nicht durch die einfache Anschauung geworden; sie sind Erzeugnisse der Studierstube, nicht der freien Natur; sie sind Krankheiten der Schriftsprache, die die gesunde Mundart nicht kennt.’Ga naar voetnoot3) Reeds meermale is opgemerk dat iedere skrijwer reg het op sij persoonlike smaak, sij individuele taalstijl, en dat daar geen beswaar kan gemaak word teen 'n verstandige en doeltreffende gebruik van vreemde woorde of uitdrukkinge nie, inteendeel. Want alleen op die manier kan ons woordeskat rijk en kragtig | |
[pagina 142]
| |
word. Buitendien het die ‘skrijftaal’, en veral letterkundige taal, behoefte aan groter verskeidenheid van uitdrukking, aan 'n ruimer woordkeus, als die ‘spreektaal’; dus ook aan allerlei woorde wat nou nie juis elke dag gehoor word nie. Maar waar so'n woord of uitdrukking gebruik word, moet die leser ook dadelik voel dat dit net die juiste woord op die juiste plek is. En wat veral van betekenis is, die leser moet hom thuis voel bij die skrijwers van sij volk. En nou is dit m.i. juis in hierdie opsig, dat Joubert te veel oor die touw trap. Hij hou nie genoeg rekening met die karakter en die spraak van sij volk nie. Hij skijn van die verkeerde onderstelling uit te gaan, dat die taal van sij volk nie goed genoeg is vir die poësie van sij volk nie. Waarom hij allerlei uitlandse steggies op die Afrikaanse stam probeer ent, en die meeste daarvan uitgebloeide ‘digter-steggies’, wat nie meer voldoende lewensvatbaarheid en groeikrag besit om uiteindelik bij ons te kan aard nie, ook in die volksmond. Wordsworth verklaar in sij ‘Preface to the Lyrical Ballads’ dat hij in sij poësie veral gestreef het naar ‘a selection of language really used by men.’ En verder: ‘There will also be found in these pieces little of what is usually called poetic diction; as much pain has been taken to avoid it as is ordinarily taken to produce it... This has necessarily cut me off from a large portion of phrases and figures of speech which from father to son have long been regarded as the common inheritance of Poets. I have also thought it expedient to restrict myself still further, having abstained from the use of many expressions, in themselves proper and beautiful, but which have been foolishly repeated by bad Poets, till such feelings of disgust are connected with them as it is scarcely possible by any art of association to overpower...’ Joubert verklaar in sij ‘Antwoord op Die Brandwag s'n kritiek oor mijn Verse oor Piet Retief:’ ‘Als ons onse tuin van Afrikaanse literatuur wil laat ontwikkel en groei tot een lushof van edele taal, waar die goue woorde ons toelag als soveel lonkende bloeme uit een weeldelaning en die volsinne ons omstroom als een bruisende en verjongende bron van skoonheid; als ons die tuin wil laat verrijs tot een natuur-paleis met lommergewelwe van ruisende akkoorde en met om die suile spelende goue skoon- | |
[pagina 143]
| |
heidsbeelde, sodat selfs die vermoeide vreemdeling uit andere lande daar verkwikking, herlewing en inspirasie kan ontvang; dan moet die tuin gedelf en omgewerk worde tot vrugbare waarde en skoonheid, dan moet aan die tuin die hand gedurig gehou worde en moet die tuinman met een kunstenaarshand die verstikkende onkruid van versletenheid en die wreedklewende struikgewas van vervelendheid en banaliteit bedwing en onderdruk...’Ga naar voetnoot1) Uit hierdie aanhalinge sou 'n mens op die eerste gesig aflei dat die Engelse en die Afrikaanse digter op dieselfde standpunt staan ten opsigte van ‘poetic diction’. Dit is egter maar skijnbaar die geval, want Joubert se skrijftrant teken hom hier al dadelik als teenvoeter van Wordsworth. En waar die laaste opsettelik alle boektaal vermij het en hom uitsluitend bepaal het tot die lewende taal, ‘the language really spoken by men’, bedien Joubert hom juis bij voorkeur van die boektaal, van allerlei Nieuwe-Gids-agtige klank- en kleurkombinasies, omdat hij die alledaagse taal skijn te beskouw als afgeslete, banaal. Dit moet 'n mens ten minste opmaak uit die hele strekking van sij betoog. Die Brandwag het veral beswaar gemaak teen ‘die ongewone, die gekunstelde, die grillige’ in Joubert se taalaanwending. ‘Alsof die oorspronkelikheid gewortel is in die alledaagse!’ roep die digter uit, in antwoord daarop. En iets verder: ‘Al wat kan en moet van 'n kunstenaar verwag word is om sijne persone en taferele en sijne gewaarwordinge u voor die gees in beeldrijke taal te roep, sodat uit die beeld, die skildering self u uwe indrukke en gewaarwordinge ontvang. Dit het ik in sekere mate gedaan...’Ga naar voetnoot2) Uit voorgaande bespreking van sij taalgebruik, sowel als uit hier die aanhalinge uit sij ‘remonstransie’, blijk duidelik genoeg dat Joubert ‘digtertaal’ als iets essensieel verskillends beskouw van die gewone volkspraak. Dit is egter 'n dwaling, soos straks nader sal blijk. Joubert wil oorspronkelik wees, hij wil 'n ‘treffende en beeldrijke taal’ skrijwe. En dit is seker prijsenswaardig in iedere skrijwer. Maar hij soek die treffende en die beeldrijke op 'n verkeerde plek. In plaas van sij onmiddellike omgewing tot uit- | |
[pagina 144]
| |
gangspunt te kies, het hij deur lektuur en ernstige studie, (wat op sigself ook prijsenswaardig is), veral van ‘Perk, die groot woordkunstenaar en natuurdigter,’ vir eie gebruik 'n bepaalde kunsterminologie geskep, wat ongetwijfeld dikwels met goeie resultate aangewend word. Maar deurdat hij sekere woorde, klank-kombinasies en samestellinge van soortgelijke aard telkens en telkens herhaal, raak hulle baje gouw opgebruik, afgerinkink, stereotiep. Daarbij het hij oor die hoof gesien dat die taal, wat bij Perk so ‘helder opklink in sij gebeeldhouwde sonnetten’ en wat vir hom en die ‘Tachtigers’ ook inderdaad fris-oorspronkelik en digterlik was, vandag nie meer in alle opsigte dieselfde heldere klank het nie en veral nie bij dekadente van die groot meesters, wat bij gebrek aan 'n eie geluid vandag nog wil sing in die digterlike taal van '80. Die gevolg van dit alles is dat Joubert, èn deurdat hij te veel gebruik maak van 'n reeds enigssins stereotiep geworde digtertaal - wat buitendien nog nie eens wortel in Afrikaanse bodem nie, - èn deurdat hij sij eie oorspronkelike kuns-taal self stereotiep maak deur maar altijd op dieselfde ‘snare te tokkel,’ in dubbele mate te lande kom juis in die ‘verstikkende onkruid van versletenheid en die wreedklewende struikgewas van vervelendheid en banaliteit,’ wat hij gemeen het om te vermij. ‘Een goet zangmeester kent zijne stem, en spant de keel niet uit hare kracht. Lichtvaerdige dertelheit, zotte pracht, en ongeschickte overdaet is geen cieraet, dat een gezond oordeel vergenoeght. Elck ding wil met zijn eige maniere van spreken uitgebeelt, en niet al te verre gezocht worden.’Ga naar voetnoot1)
Als 'n merkwaardige, 'n mens kan amper sê unieke, uitsondering staan Leipoldt teenoor die voorgaande skrijwers en digters. Hij is, wat sij taalvorm en taalbehandeling betref, Afrikaans in hart en niere. Tereg merk prof. de Vooys op: ‘Hij staat met beide voeten op Afrikaanse bodem en schijnt niet anders te kennen dan de taal die hij van zijn moeder leerde. Hij zingt zoals de “windswaal” zingt, zonder aangeleerde kunst. | |
[pagina 145]
| |
Daardoor is hij de tegenvoeter van Celliers (en veral van Joubert), die zijn Europees-getinte kultuur nergens verbergt. Maar daardoor krijgt de taal van Leipoldt vaak een gaafheid en een kracht, die Celliers mist. We voelen de zeggenskracht, de gevoelsdiepte die aan het eenvoudige woord eigen kan zijn. Door zulke poëzie moet hij zijn land- en tijdgenoten in het hart grijpen. Zulk een eenvoud kan een hechte basis worden voor de opbouw van een echt nationale letterkunde.’Ga naar voetnoot1) So is dit inderdaad. Als ‘Oom Gert’ begin vertel, skuif die leser onwillekeurig sij stoel nader om te luister. Want hij hoor in die onopgesmukte verhaal nie alleen 'n stem nie, maar ook 'n taal waarin die lewe nog natril en wat die indruk maak of dit so pas uit die mond van Oom Gert opgeteken is. En dieselfde klank hoor 'n mens die hele bundel deur. Of Leipoldt nou al in Amsterdam ‘bij die vuurherd sit’ en droom, of ronddwaal op ‘die asvaal ou Karroo,’ dit maak geen verskil nie. Hij blij altijd suiwer Afrikaans. Als 'n mens sij taalgebruik met die van ons ander skrijwers vergelijk, dan blijk dadelik hoeseer Leipoldt hulle meerdere is in sij beheersing van die Afrikaanse taalvorm, al is sij tegniek in baje opsigte ook veel minder versorg. Waar die ander voortdurend opvallend gehinder word deur die ou skrijftradiesie, skijn Leipoldt daarvan heeltemaal onbewus te wees. Of hij nou al 'n streng-geordende sonnet neerskrijf of 'n slampamperliedjie, hij blij altijd ewe ongedwonge en natuurlik.
Prof. Kamp het in 'n aankondiging van Totius se Trekkerswee die opmerking gemaak, ‘dat onze dichters, die partij kiezen voor 't uitsluitend gebruik van de gesproken Afrikaanse taalvormen (over 't algemeen kortaf, soms hard en stug) zeer op hun hoede moeten zijn, om de klankschoonheid te handhaven, die een onmisbare eigenschap is van volkomen poëzie.’Ga naar voetnoot2) En in 'n bespreking van Leipoldt: ‘Van die tere dichterstaal (ge weet wel, van die aangezweefde!) vindt men bij Leipoldt niets; hij werkt net met de woordenschat van ons alledaagse Afrikaanse leven, waar hij zo goed in thuis | |
[pagina 146]
| |
is. Maar dat hij in die taal ook echte poëzie schrijven kan, bewijzen vooral het versje Die Sterretjie, en enkele verzen uit Woltemade sijn spook. en meer nog: ‘Die see het juwele, robijne, ens.’Ga naar voetnoot1) Waarom sou prof. Kamp soveel nadruk lê op die ‘gesproken Afrikaanse taalvormen’? Moet 'n mens daaruit aflei dat daar nog ‘ongesproke’ of ‘onspreekbare’ vorme ook bestaan, wat alleen ‘skrijfbaar’ is? En sou dit misskien die ‘aangezweefde dichterstaal’ wees, wat Leipoldt nie ken nie, omdat hij net die ‘woordeschat van ons alledaagse Afrikaanse leven’ gebruik? Of sou hij daarmee bedoel wat Besselaar noem ‘Hoog-Afrikaanse’, d.w.s. Hollandse taalvorme? Dit lijk baje of ons hier weer te doen het met die hardnekkige ‘spreektaal-skrijftaal’ begrip wat maar aldeur dwing om 'n sloot te grawe tussen taal-om-te-praat en taal-om-te-skrijf. Temeer, als 'n mens die volgende uitspraak van prof. Kamp met bowestaande in verband breng: ‘De dichter moet zijn gevoelvolle verbeeldingen in ons bewustzijn overbrengen. Zijn voertuig daartoe is de taal. Doch zijn taal, als voertuig van verbeeldingen, moet noodwendig iets andersGa naar voetnoot2) zijn dan de taal, die het denkend verstand gebruikt, om begrippen te vertolken. Daarom spreken we van “dichtertaal” of “poëtiese diktie” als van iets heel aparts,Ga naar voetnoot2) een eigen domein in het wijde gebied van het Woord. Het dichterlik aangewende woord moet een levend beeld zijn van de verbeeldingen, die bij de dichter opkwamen, en rhytme en klank moeten meewerken en saamstemmen tot de vertolking van zijn gewaarwording.’Ga naar voetnoot3) Als die skrijwer met ‘poëtiese diktie’ dieselfde bedoel als ‘dichterlik aangewende woord,’ dan is daar niks teen in te breng nie. Maar dan het hij hom hier ongelukkig uitgedruk. Want, soos Wordsworth sê, ‘it may be safely affirmed, that there neither is, nor can be, any essential difference between the language of prose and metrical composition.’ Verder sê hij: ‘Het begrip wil gevat zijn in juiste woorden; het beeld vergt bovendien het treffende, het verrassende woord, dat als een spoorslag op onze verbeelding werkt.’ Stellig, maar daarom hoef die ‘treffende’ woord nog nie ‘noodwendig iets anders’ of | |
[pagina 147]
| |
‘iets heel aparts’ van die ‘juiste’ woord te wees nie. Die treffende en verrassende lê nie in die woord op sigself nie, maar in die woordaanwending, die manier waarop en die verband waarin die digterlike intuïsie met ‘het Woord’ in al sij omvang te werk gaan. Alleen in hierdie sin kan daar sprake wees van 'n afsonderlike ‘poëtiese diktie.’ Niemand het hier van treffender bewijs gelewer als Wordsworth nie. En hij het hom bij voorkeur bedien van ‘a selection of language really spoken by men. This selection, wherever it is made with true taste and feeling, will of itself form a distinction far greater than would at first be imagined, and will entirely separate the composition from the vulgarity and meanness of ordinary life; and if metre be superadded thereto, I believe that a dissimilitude will be produced altogether sufficient for the gratification of a rational mind.’ En verder: ‘The Poet thinks and feels in the spirit of the passions of men. How then, can his language differ in any material degree from that of all other men who feel vividly and see clearly? It might be proved that it is impossible. But supposing that this were not the case, the Poet might then be allowed to use a peculiar language when expressing his feelings for his own gratification, or that of men like himself. But Poets do not write for Poets alone, but for men...’ En dit, veral die laaste, mag die Afrikaanse digters nie uit die oog verloor nie, omdat hulle vooralsnog in die eerste plaas volksdigters moet wees en dus ook bij voorkeur die onvervalste volkstaal moet gebruik. Prof. Kamp gaan nog verder en verklaar: ‘De taal van de dichter moet nobel van toon zijn, mijdende alle woorden en wendingen, die door alledaags gebruik banaal geworden zijn.’Ga naar voetnoot1) Als dit konsekwent gedaan moes word, sou daar vir die digter ten slotte maar weinig materiaal oorblij en sou hij inderdaad genoodsaak word om sij eie taal kunsmatig te skep, ongeveer soos Joubert gedaan het. En dan sou hierdie nuwe taal ook al gauw weer ‘banaal’ word en dieselfde proses dus telkens herhaal moet word. | |
[pagina 148]
| |
Maar is 'n ‘nobele toon’ onbereikbaar of onverenigbaar met alledaagse eenvoud van taal? Indien wel, dan is daar geen enkele vers van Leipoldt, of om 'n konkrete voorbeeld te noem, geen enkele woord in Aan 'n Seepkissie wat nie ‘banaal’ is nie! Waaruit duidelik genoeg blijk dat dit nie ‘alledaags gebruik’ is nie, maar wel misbruik, wat woorde en wendinge banaal maak; misbruik veral deur onbeduidende skrijwers, wat geen eie oorspronkelikheid besit nie en dan deur geestelose nabootsing net so probeer skrijwe als ander vòòr hulle gedaan het. So ontstaan die retoriek en die egte ‘poetic diction.’ Prof. Kamp maak nie streng genoeg onderskeid nie tussen digterlik-individuele taalaanwending, (wat natuurlik 'n eerste vereiste is vir iedere oorspronkelike digter, maar nog geen afsonderlike taal vereis nie) en ‘poetic diction.’ Daardeur loop hij gevaar om 'n onding als die laaste nie alleen 'n aparte ‘domein’ als ‘digtertaal’ toe te ken nie, maar nog bowendien aan die leser voor te hou als kenmerk bij uitnemendheid van ware poësie. En dit kan tog moeilik sij bedoeling wees. In hoeveel ander ‘domeine’ sou die ‘wijde gebied van het woord’ dan nie nog moet afgebaken word nie? Uit wat hier van Wordsworth aangehaal is, blijk voldoende dat 'n digter net so min 'n aparte, op-sigself-digterlikerdan-die-alledaagse, taal nodig het als b.v. Rembrand 'n ekstrakunstige verfsoort gebruik het vir sij kunswerke. En dat die kunswerk van die digter of skilder 'n eie stempel dra, wat dit dadelik als sodanig onderskei van alle maakwerk, is dus nie 'n gevolg daarvan dat hij 'n ander soort materiaal gebruik nie, maar dat hij die gewone materiaal met smaak en gevoel weet te kies en met meesterhand weet te hanteer. ‘De Taal - het instrument dat de dichter bespeelt - wordt onder zijn handen telkenmale anders, naarmate idee en visueel beeld zich wijzigen, die hij weergeeft. Zij kan wezen als de moker, die de keien beukt uit het plaveisel om de barricaden te vormen der opstandigheid; zij kan wezen als de sirene, die haar hatend gilgeluid uitscheurt boven elk weeker sentiment; zij kan zingen met de weeldetoon van de cello en zoet wezen als de timbre van de fluit, maar altijd is zij in klank wat de ontroering was voor 't gevoel, wat het beeld | |
[pagina 149]
| |
was voor de plastiek. Daarom heeft de dichter de Taal in haar ganschen omvang nodig.’Ga naar voetnoot1)
Als 'n mens nou die korte ontwikkelingsgang van die besproke skrijwers nagaan sedert die verskijning van hulle eerste werke, dan doen sig die verrassende verskijnsel voor dat hulle taalgebruik, met uitsondering van Joubert, in die laaste jare al meer spesifiek Afrikaans word in vorm en toon. Nie plotseling nie, maar gaandeweg maak die soms so verfijndliteraire kunstaal van vroeër plaas vir die meer volkseigene, bij die een meer bij die ander minder. Veral Totius lewer hiervan 'n merkwaardige en uit taalkundig oogpunt buitengewoon belangwekkende voorbeeld. Reeds in Rachel (1913) val 'n kentering waar te neem, maar in Trekkerswee (1915) herken 'n mens nouweliks die skrijwer van Bij die Monument (1908) en Verse van Potgieters Trek (1909). In taal en digtrant, klour en toon, kom hij daarin feitelik vlak naas Leipoldt te staan. En daarom verwonder dit ook nie dat die herdruk (1917) van sij eerste bundeltjie 'n ‘dugtige hersiening’ ondergaan het ten opsigte van die taalvorm. Self sê Totius daarvan: ‘Sonder toon, karakter of inhoud van die gediggies te wil verander, het die skrijwer ewewel gemeen, dat hul 'n dugtige hersiening moes ondergaan. Heelwat veranderings werd dan ook aangebreng en in sommige gevalle werd die gedigte heelmaal oorgeskrijwe. In hoever die veranderings 'n aanwins is, moet die belangstellende leser self beoordeel. 'n Hoofgebrek, wat om herstel geroep het, betref die taalvorm van die skrijwer, wat in 1908 op verskeie plekke nog al te Hollands was.’ Dis seker nie 'n maklike taak om gedigte van 'n bepaalde vorm te gaan verander nie, en so 'n poging is selfs nie sonder bedenking nie, als 'n mens aanneem dat poësie nie gemaak is nie maar geword. Dat Totius dit tog aangedurf het, selfs op die gevaar af van sij verse misskien te bederf, kan hom alleen als verdienste aangereken word. Dis egter nie iedereen wat die ‘beskawingskuns’ van Staring verstaan nie, omdat hij daarmee | |
[pagina 150]
| |
sij verse juis minder ‘glad’ gemaak het. En 'n mens voel hierdie beswaar als jij die tweede redaksie naas die oorspronkelike lê. Dis dan ook nie toevallig nie dat een van die beste gedigte in die herdruk nie 'n omgewerkte is nie, maar 'n nuwe gedig, n.l. Vergewe en Vergeet, wat in die plek gekom het van Haar laaste woord. Die volgende voorbeelde, waarbij die tweede redaksie onder die eerste afgedruk word, kan dien om die vormverandering te laat sien: Uit Die lied van die ossewa.
Hoor hoe sing ik mijn lied op die osse se pas
met mijn klanke dan skel, dan weer diep in die bas.
Op die straat, so gelijk, word mijn klank nog gesmoord,
maar daar vér op die grootpad, dáár word ik gehoord;
en ik sing met geweldige klem mijn geluid
o'er die wije, die luistrende grasvlaktes uit.
Hoor hoe sing ik mijn lied als die osse so stap
langs die wijd-ope veld, waar die voorslag-punt klap,
waar 'n wonder van stilte mij alkant omsweef
als ik rustloos-alleen langs mijn grootpad blij streef;
ja, daar vér in die veld, dáár word ik gehoor,
waar geen straatklank mijn klinkende stem kom verstoor;
en ik sing met geweldige klem mijn geluid
oor die luistrende vlak van die graslaagtes uit.
* * * Uit Mag en Reg.
...waar sij donkre hoekies vond
en haar strootjies samebond.
...waar sij skuiling het gevind
om haar strootjies saam te bind.
En die skepping stond weer wijd.
En sij sog weer
en sij wrog weer
ver 'n ander huisgesin
in 'n ander boomtak in.
| |
[pagina 151]
| |
En die wereld word weer stil.
En dit groei weer,
en sij broei weer
vir 'n ander huisgesin
in 'n jonge miktak in.
* * * Uit Hulle kom nie weer.
...So is dan eindelik gekom
die langverwagte stond,
waarin hij strijdens-swerwensmoe,
sijn erve wedervond.
...want eindlik is die dag gekom,
die langverwagte tijd,
dat hij sijn erfgrond mag betree
na droef-verlore strijd.
Maar hoe daarbinne reggemaak?
Daar skrijn die oue wee!
‘Die muurtjies, sug hij, nog hier stond,
die keteltjie kwam mee;
die plat is op; die rokie in
die skoorsteen wederkeer;
alleen blij weg mijn vrouw en kind,
maar hulle kom nie weer.’
Maar hoe daarbinne reggemaak,
waar d' oue prikkel brand?
‘Die platjie, sug hij, lê weer reg
die mure hou nog stand,
en in mijn oue skoorsteen het
die koffie-rokie weergekeer;
maar net mijn vrouw en kind blij weg,
en hulle kom nie weer.’
* * * Uit Die Besembos.
Maar al kom deur mijn blare die vlamme gevare,
verterend mijn tak en mijn steel;
al kome die winde, die kwalik gesinde,
om saam met mijn asse te speel;
| |
[pagina 152]
| |
al kom al die diere, hul eetlus te viere,
en die mense mijn stamme uitkap;
al bak mij van bowe die son als 'n owe,
en die droogte verslind al mijn sap -
Nogtans sier ik mijn hoogte in die vreeslikste droogte,
en die winde verdor nie mijn top;
mijn wortels verdure selfs die vlamme en vure,
en ik staan uit mijn asse weer op.
Laat die mense, die diere, die droogte, die viere,
met al wat hul kwaad het versin,
maar skroeie maar kappe, maar brande maar trappe,
Ik leef en sal lewe: mij doodkrij is min.
Maar al slaat om mijn stam die woedende vlam
wat knettrende vonke saai;
al kom al die winde, die kwalik gesinde,
om mijn as uit die wereld te waai;
al kom watter dier om sijn eetlus te vier;
al word ik gekap en gekloof;
al word ik gestowe deur die son daarbowe,
wat mijn laaste sappe wil roof -
nogtans sier ik mijn hoogte in die vreeslikste droogte
met mijn altijd groenende top;
en mijn wortels verduur en droogte en vuur,
ja ik staan uit mijn asse weer op.
Laat dan mense en diere en droogte en viere,
met al wat hul kwaad het versin,
maar kom om te kap, te brand en te trap -
ik leef en sal lewe; mij doodkrij is min.
Hierdie voorbeelde lewer voldoende bewijs van Totius se ernstige wil om sij verse meer in ooreenstemming te breng met die Afrikaanse taaleie. Dat hij daar nie volkome in geslaag het nie, was a priori eigenlik te wagte. Want waar sij verse aanvankelik grotendeels op Hollandse lees geskoei was, kon hulle moeilik heeltemaal op Afrikaanse lees oorgeskoei word sonder tewens die hele struktuur daarvan te wijsig. Vandaar dat hier en daar nog 'n Hollandse vorm moes blij staan. Alles in aanmerking geneem, mag dit egter merkwaardig heet dat sulke ingrijpende veranderinge in die taalvorm kon aangebreng word met behoud van die oorspronkelike struktuur, en veral dat Totius daarin | |
[pagina 153]
| |
geslaag is om die aanvankelike teenstelling tussen spraak en skriftuur hier tot 'n minimum te beperk. Nog duideliker blijk uit Trekkerswee watter merkwaardige ontwikkeling die digter sedert 1908 deurgemaak het ten opsigte van sij beheersing van die Afrikaanse taalvorm.
Ook bij Celliers is 'n soortgelijke verandering waar te neem, al is die ook veel minder opvallend en minder sterk als bij Totius. In Martjie (1911) b.v. is sij taal en stijl veel natuurliker en losser als in sij vroeëre werke. Die ‘Hoog-Afrikaanse’ vorme, wat Besselaar aan ‘weloverdacht opzet’ toegeskrijf het, word hier grotendeels vervang deur gewoon-Afrikaanse. Dit is veral die geval in die herdruk (1916) van hierdie bundel. So b.v. konsekwent ek en hom; gebrag > gebreng; getroffe > getref; Oom Koot s'n (> se) plaas; meteens gespronge (> opspringend) van haar stoel; wat of hij sig (> hom) wel sou verbeel; had sij sig (> haar) ge-erg gevoel; vraag sij aan sigself (> haarself); met sigselwe (> haarselwe) ontevree, ens. Die vorme sig(self) en haar of hom (self) word sonder 'n bepaalde opset nog deurmekaar gebruik. Opvallend is ook dat die gebruik van die imperfektum bijna uitsluitend tot die sterk werkw. beperk is. Dis veral opmerkelik dat Celliers, waar hij in sij voorberig tot die Vlakte-bundel (1908) als stelreël aangeneem het ‘om nie te veel van Hollands af te wijk nie,’ en feitelik verskoning gevra het vir die gebruik van sekere Afrikaanse vorme, hier in sij voorwoord tot die herdruk van Martjie opmerk: ‘Ter wille van maat en ritme, en alleen om die rede, het sommige woorde onafrikaanse vorme gekrij, b.v. skaduw in plaas van skadewee, bowe in plaas van bo, ens. Om dieselfde rede is die dubbele ontkenning hier en daar verwaarloos.’ Dit is seker tekenend vir die gewijsigde verhoudinge, wat sedert 1908 langsamerhand ontstaan het. Die ou ingeskoolmeesterde leer het egter nog altijd 'n sekere bekoring vir Celliers blij behou, en dat hij hom heeltemaal van die Hollandse vorme sal kan losmaak, is nie waarskijnlik nie. 'n Mens kan dit ook nouweliks verwag, omdat dit op enigssins gevorderde leeftijd nie altijd maklik gaan om 'n ou gewoonte kwijt te raak nie. En binnen sekere perke hoef die gebruik van sulke vorme ook geen afbreuk te doen aan sij poësie nie. | |
[pagina 154]
| |
Dit blijk nogeens uit sij jongste bundel, Die Saaier en ander nuwe gedigte (1918), waar ou skrijftaalvorme nog dikwels diens moet doen. Hoewel sulke vorme als ‘boek der eeuwe’, ‘werk des Here’, e.d. feitelik geijk is, kan 'n skrijwer tog nader aan die spraakgebruik kom met ‘boek van d' eeuwe’ en ‘werk van d' Here’. Maar dis alweer 'n kwessie van smaak, en Celliers hou van afwisseling. Opmerkelik is dat hij hier weer konsekwent ik naas hom gebruik (die laaste vorm ook waar sprake is van God), maar ook ewe konsekwent mij en sij als besitt. vnw. Ook die ‘witgedaste’ gij kom nog 'n paar maal voor, en die bekende deftige genitiefs s (Almag's woning, eeuwigheid's swijge, vijand's lood, ens.). Die gebruik van die imperfektum is tot 'n minimum beperk, en waar dit voorkom is dit nie altijd 'n digterlike noodwendigheid nie. So b.v. in die volgende strofe: ‘Want wie kan Almag's wet weerstaan,
of wil wat Almag's wil nie is?
Hij maakte lig en duisternis,
en het gesien dis wel gedaan.’
Sonder die minste beswaar vir ritme of rijm kon die derde versreël gelui het: ‘Hij 't lig gemaak en duisternis’, temeer waar die ‘Afrikaanse imperfektum’ onmiddellik op die Nederlandse volg. Of sou ‘de grotere lenigheid en spankracht van zijn gedachten’ dit so vereis het? Hoe ook al, vir die Afrikaanse taalgevoel bots die twee essensieel verskillende vorme beslis teen mekaar in. Ook kan hier nie sprake wees van verskillende tije van die werkw. nie, omdat die sin in albei gevalle die imperfektum vereis. Dit blijk uit die teks wat die digter hier voor die gees gesweef het: ‘En God zag het licht, dat het goed was; en God maakte scheiding tussen het licht en (tussen) de duisternis’ (Gen. 1:4). Die taalgebruik hier lewer meteen 'n verder bewijs van wat vroeër reeds opgemerk is, dat die tradiesie veral dáár baje sterk is, waar 'n godsdienstige toon heers. Celliers verklaar in die voorberig van sij jongste bundel: ‘Die leser sal opmerk dat mijn keus tussen geoorloofde woordvorme (ik, ek, mij, mijn, sij, sijn, ens.) in hierdie boek misskien in sommige opsigte verskil met mij vroeëre werk. Om die waarheid te sê: ik laat mij hierin lei deur die luim van die | |
[pagina 155]
| |
oomblik of die geaardheid van die stuk of gedig wat ik skrijwe, en wil mij hierin graag vrij voel. Vir mij is die keus iets van heeltemaal ondergeskikte belang; en dit grief mij om te sien dat daar mense is wat hierin so gevoelig is dat hulle die waarde van 'n gedig of geskrif afmeet naar die mate waarin die skrijwer se keus van vorme al dan nie met hul eie ooreenkom. Laat bij skrijwer sowel als leser die gees van 'n geskrif tog in die eerste plaas in aanmerking kom. Dis verkeerd om 'n jonge uitgroeiende taal te streng te wil skoolmeester, - hij sal dit ook maar sleg verdra.’ Volkome waar. Bij sulke ondergeskikte vorme wat ten slotte niks aan die idioom afdoen nie, sou dit dwaas wees om die ou harnas sommer van die staanspoor af deur 'n nuwe te gaan vervang. Daarom het die Akademie seker verstandig gedaan om in sulke gevalle voorlopig nog speelruimte te laat. Maar nou is dit juis die afgedankte skrijftradiesie wat in baje gevalle nog probeer om ons ‘jong uitgroeiende taal te wil skoolmeester’. En dit sal hij seker hoe langer hoe minder verdra.
Ook die ander skrijwers het merkwaardige vorderinge gemaak die laaste jare. Preller handhaaf in sij latere werke sij kernagtig-tekenende stijl, maar sij taal is veel suiwerder Afrikaans in vorm en toon. Die 8e druk van Piet Retief het weer grotendeels die Nederlandse ‘jas’ deur die Afrikaanse ‘baatjie’ vervang, en sien daar dààrom nie minder ‘gekleed’ uit nie, inteendeel. Selfs die later versmade hom is weer in ere herstel, soos blijk uit Jack Hindon (1916) en Dagboek van Louis Trigardt (1917). Preller se skrijfvorm het in sommige opsigte dus feitelik 'n hele sirkelloop afgelê van Afrikaans via Hollands terug naar Afrikaans. Hoewel de Waal nog nie die onsmakelike lijk kwijtgeraak het nie (‘sou jij dit lijk’, ens.), waarvoor daar tog 'n ruime keus bestaan tussen: sou jij daarvan hou, dit goedvind, goedkeur; sou dit jou beval, aanstaan, in jouw smaak val, ens.; en dit soms nog op sij senuwies krij als hij in die koert 'n kijkie gee in plaas van neem, lê daar tog 'n groot afstand tussen Johannes van Wijk (1904) en Die tweede Grieta (1914). So ook tussen Karrooblommetjies (1909) en Klokgrassies (1914) van Malherbe. Maar veral Vergeet Nie (1913) lewer die bewijs dat Malherbe die ou skrijftradiesie heeltemaal afgeskud het. | |
[pagina 156]
| |
Sij Afrikaanse prosa is kerngesond, sij stijl vloeiend en natuurlik. En als 'n mens die taal van Die Brandwag uit die laaste jare vergelijk met die van die eerste jaargange, dan blijk nogeens op oortuigende wijse dat ons Afrikaanse skrijwers begin koers krij met hulle taal. Net so in Die Huisgenoot en ander tijdskrifte. Ons besit vandag reeds 'n hele klompie voortreffelike skrijwers en skrijfsters, waaronder verskeie jongere kragte in die laaste tijd op die voorgrond begin tree. En als 'n mens bedenk dat nog geen één van hulle die voorreg gehad het om op skool reeds hulle moedertaal te leer praat en skrijf nie, dat almaal maar stroomop moes leer swem het, dan is die vorderinge op sigself merkwaardig genoeg om nie te streng te oordeel nie oor die gebreke wat hulle taal hier en daar nog aankleef. Dat die een meer voorliefde het vir uitheemse woorde als die ander, is 'n kwessie van smaak en opvoeding en dit hoef nog nie afbreuk te doen aan die algemene karakter van Afrikaans nie, mits sodanige gebruik voldoende gemotiveer is en nie indruis teen die Afrikaanse taaleie nie.
Daar is dus in die laaste jare bij die meeste Afrikaanse skrijwers, waarvan alleen die vernaamste hier kon bespreek word, 'n bewuste neiging waar te neem om die beskaafde volkstaal soveel moontlik te benader. Waar hulle moet kies, gee hulle die voorkeur aan die lewende woord. Nie dat die skrijwers hulle angsvallig hoed vir Nederlands als sodanig nie, inteendeel. Maar waar hulle dit nodig vind om uit die Dietse taalskat te put, word dit gedaan mèt behoud van die Afrikaanse vorm en taaleie. Dit is ongetwijfeld die juiste standpunt. Want enersijds sou 'n opsluite in 'n benepe Afrikaanse partikularisme getuig van 'n verkeerde insig en noodwendig lei tot taalarmoede, terwijl andersijds die onnodige gebruik van onafrikaanse vorme tot gevolg sou hê 'n kunsmatige ‘papiertaal’, wat geen beeld sou wees van die lewende taal nie en alleen maar 'n ongewenste kloof sou skep tussen spraak en skriftuur, wat altijd 'n ramp is vir die gesonde bloei van 'n volkséie literatuur. ‘Deze mensch spreekt gelijk een boek - is een kranke lofrede. Dit boek spreekt gelijk een mensch - zoo moet het zijn.’Ga naar voetnoot1) |
|