Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekendGroel.Een van die mees kenmerkende verskijnsele van die Afrikaanse ‘renaissance’, naas die gestadige opbloei van 'n nasionaal-Afrikaanse letterkunde, is die geweldige openbaring van nasionale bewussijn onder die geledere van Jong-Suidafrika in die laatste jare. Nog in 1912 moes Die Brandwag daaroor klaag dat die South African College Magazine, offisiële orgaan van die Kaapstadse studente, so goed als ‘pure Engels’ was. En in 1913 skrijf Die Brandwag nogeens: ‘Ons het die stille hoop gekoester, dat na die Taaldemonstrasie en die geesdrif wat daar te Kaapstad geheers het, die S.A.C. Magazine 'n nuwe blaadjie sou omblaai en sig sou bekeer van sij dwaalwege. Maar moenie glo nie! Geen enkele woord Hollands te vinde nie. Dis seker 'n allerbedroewendste verskijnsel, en toon ons nog 'n keer, hoe hopeloos dit met sommige van ons Kolleges gesteld is.’Ga naar voetnoot4) En in Junie 1918 is op 'n monstervergadering van Kaapstadse | |
[pagina 90]
| |
studente, Afrikaans- sowel als Engelssprekend, eenparig besluit om bij die Senaat van die Kaapse Universiteit daarop aan te dring om Afrikaans als studievak in die kurrikulum van die Universiteit op te neem, en tewens Afrikaans geleidelik als voertaal van die Universiteit in te voer.Ga naar voetnoot1) Ongeveer terselfdertijd werd deur die Transvaalse en Vrijstaatse studente petiesies gerig aan die Minister van Onderwijs en aan die Registrateur van die Universiteit van Suid-Afrika, vragende om die oprigting van leerstoele in Afrikaans aan die verskillende affiliërende kolleges van genoemde Universiteit, en om die erkenning van Afrikaans als voertaal. En reeds op die eersvolgende senaat-sitting is aan die laaste versoek gevolg gegee deur 'n eenparige besluit, dat Afrikaans voortaan als voertaal bij alle eksamens van genoemde Universiteit kan gebruik word; terwijl Bloemfontein pas (einde 1918) die voortouw geneem het deur dr. D.F. Malherbe te benoem tot professor in Afrikaans, 'n feit van groot betekenis in die geskiedenis van die Afrikaanse taalbeweging. Verder word Afrikaans aan die Stellenbosse Universiteit reeds als voertaal erken en deur verskillende professore op hulle kolleges gebruik, terwijl die instelling van 'n leerstoel in Afrikaans aldaar in die naaste toekoms kan verwag word.Ga naar voetnoot2) Ook word Afrikaans sedert 1916 naas Hollands en Engels toegelaat als medium, mondeling sowel als skriftelik, bij al die vakke van die Eerste-klas Onderwijserseksamens (Hoofdakte) in S.A. Die georganiseerde studentebeweging dagteken van 1911 af. Toen is daar op inisiatief van die Stellenbosse studentevereniginge Ons Spreekuur en A.T.V. die eerste studentetaalkonferensie op Stellenbosch gehou, als gevolg waarvan 'n permanente sentrale komitee in die lewe geroepe werd onder die naam Studenten Werda Komitee, en onder die leus: Wij zullen handhaven, ten einde onder studente propaganda te maak vir Hollands en Afrikaans. Als resultate van die Werda-organisasie kan o.m. genoem word die geesdriftige betoging van enkele duisende studente en skoliere in Kaapstad (1913) ter herdenking van die eerherstel van Hollands ingevolge art. 137 van die Unie-grondwet; en die viering van | |
[pagina 91]
| |
Heldedag in Kaapstad (1916). ‘Zo iets was er nog nooit in ons land’ - skrijf De Unie. ‘Honderden en duizenden van jonge mensen, die de hele dag zaten en stonden te luisteren naar de geschiedenis van onze grote mannen! Dit was 'n gezicht om nooit weer te vergeten. Onze geschiedenis wordt op de scholen verwaarloosd en nu heeft men een andere manier gevonden om het jonge geslacht met zijn geschiedenis bekend te doen worden. Of dit de beste manier is, weten wij niet. Maar wat wij weten is, dat het een zeer effektieve manier is.’Ga naar voetnoot1) Na alles wat die laaste jare gebeur was, is die Staat ten slotte ook verplig gewees om sij goedkeuring te heg aan die algemene erkenning van Afrikaans, wat op 19 Maart 1918, gebeur het deur die volgende Volksraadsbesluit: ‘Dit Huis beschouwt dat Afrikaans wordt inbegrepen onder Hollands als een van de officiële talen der Unie, en dat dit beginsel erkend behoort te worden voor alle Staats- en officiële doeleinden, behalve in gevallen van wetsontwerpen en wetten van het Parlement en van officiële dokumenten van een van de Huizen van Parlement, in welke gevallen slechts de vereenvoudigde vorm van Hollands gebezigd zal worden.’ Die bewoording van hierdie besluit lewer meteen 'n mooi voorbeeld van die houterige, Engels-gekleurde, sogenaamd ‘offisiële Hollands’, wat nog in Suid-Afrika op papier gehandhaaf word. En waarom die Volksraadsverhandelinge moes uitgesonder word, is gladnie duidelik nie. Tot dusver is Natal, ‘arme assepoetser onder die provinsies’, in hierdie oorsig nog nie genoem geword nie. Maar hoewel 'n oorwegend Engelse provinsie, is die klompie Afrikaners daar egter nie minder woelig nie. En ten slotte het Natal die ander drie provinsies nog uitgestof deur die instelling van partikuliere eksamens in Afrikaans. In 1917 het die Saamwerk-Unie van Natalse Vereniginge aan 300 geslaagde kandidate vir 'n skriftelike eksame in Afrikaans diplomas uitgereik. En in 1918 is deur genoemde liggaam twee skriftelike eksamens uitgeskrijf (hoër en laer), handelende oor Afrikaanse spelling, grammatika, voorgeskrewe werke in prosa en poësie, waarbij nogal strenge eise gestel word.Ga naar voetnoot2) Als bewijs dat Afrikaans mooi op pad is om die algemene | |
[pagina 92]
| |
kultuurmedium van Suid-Afrika te word, kan nog genoem word die oprigting deur ‘Die Nasionale Pers’ in 1918 van 'n Afrikaanse ‘wereldbibliotheek,’ onder die naam van ‘De Burger-Leeskring.’ Tweemaandeliks sal 'n Afrikaanse boekwerk van ± 250 bladsije uitgegee word, oorspronkelik of vertaald, waartoe die medewerking van die beste letterkundige kragte in S.A. verkrij is. Als eerste nommer van die Burgerleeskring-serie is reeds verskijn Voortrekkersmense, 'n oorspronkelike geskiedkundige verhaal, deur Gustav Preller. Ten slotte is in Aug. 1918 in Riversdal (Kaapland) 'n Afrikaanse Taalfees gehou, ter viering van die erkenning van Afrikaans als landstaal. Naar aanleiding daarvan skrijf Die HuisgenootGa naar voetnoot1) o.m.: ‘Die middelpunt van al die feestelikhede was ongetwijfeld ons Afrikaanse digter, Jan Celliers. Sij voordrag oor “Afrikaans in die Letterkunde” was 'n inspirasie vir elkeen wat die voorreg gehad het om daarna te luister... Hij het ons hart opnuwt oopgemaak vir die skoonhede en doeltreffendheid van ons Afrikaanse taal.’ Op hierdie fees is ook die gedagte uitgespreek om 'n gedenkfonds te stig, met die doel om aan Jan Celliers 'n werkkring te verskaf, waarin hij uitsluitend sij kragte sal kan wij aan die opbouw van die Afrikaanse letterkunde.
‘Als 'n vloedgolf stort 'n warme vaderlandsliewende geesdrif sig uit oor die land; dit kom tot uiting in 'n stroom van werke in Afrikaans, als tot nog toe onbekend was en onmoontlik geag werd. Dit woel selfs in kinders van sewe, ag jaar. Waar het ons ooit so iets in vroeëre tije beleef?’ Aldus Die Brandwag, Des. 1917. Deur 'n paar manne in beperkte kring begonne, is die tweede Afrikaanse taalbeweging, ten spijte van - en seker ook ten gevolge van - veel teenstand, in betrekkelik korte tijd aangegroei tot 'n volksbeweging, wat vandag die hele Suid-Afrika omvat, en wat 'n nuwe tijdperk aankondig in die wordingsgeskiedenis van die Afrikaanse nasie. Afrika word Afrikaans! |
|