Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 168]
| |
Jan F.E. Celliers.Jan Celliers is gebore in Wellington in 1865.Ga naar voetnoot1) Van vaderskant is hij 'n afstammeling van Josué Sellier en Elisabeth Couvret, Franse Hugenote wat uit Orleans gevlug en, na 'n verblijf van enige jare in Holland, in 1700 naar die Kaap verhuis het. Sij grootvader van moederskant was Isaac Bisseux, wat als sendeling van die Parijse Sendinggenootskap in 1829 naar Suid-Afrika gekom het. Op nog jeugdige leeftijd is Celliers met sij ouers uit Wamakersvlei (Wellington) naar Kaapstad verhuis, waar sij vader werksaam was als sub-redakteur van Het Volksblad. Daar het hij sij eerste onderrig ontvang op 'n Engelse kinderskool, en later op 'n Skotse kerkskool vir blank en gekleurd deurmekaar. In 1874 is die famielie per ossewa naar Pretoria, waar die vorige jaar die bekende Transvaalse blad De Volkstem deur sij vader opgerig was. Die maandelange tog oor die onbegrensde Afrikaanse vlaktes, deur riviere en oor berge, het ongetwijfeld 'n blijwende indruk nagelaat op die kindergemoed van die toekomstige digter, want tot vandag nog besit Celliers 'n hartstogtelike liefde vir die vrije natuur, soos ook uit menige bladsij van sij poësie blijk. Van 1879 tot '82 was Celliers weer in die Boland, waar hij in Wellington en Stellenbosch skool gegaan het. Daarna onder ou meester Louis van Pretoria. In 1887 het hij naar Holland vertrek om in Delft en Leiden te studeer, en drie jaar later met die landmetersgraad huistoe gegaan. Maar die werk het hom nie beval nie, sodat hij 'n paar jaar later staatsbibliothekaris geword het, wat hij geblij is tot aan die oorlog toe. Dis merkwaardig dat Celliers, so totaal in strijd met sij eie aanleg, wiskunde als studievak gekies het. Hij het altijd 'n voorliefde gehad vir taalstudie, terwijl wiskunde hom van jongs af 'n afkeer ingeboesem het. Soos hij self sê: ‘Ik krij nou nog 'n soort van rilling van afkeer als ik net 'n koper instrument sien, wat misskien daaraan toe te skrijwe is dat ik mij bepaald gemartel het, amper tot malwordens toe, om tóg te oorwin.’ Dit was 'n | |
[pagina 169]
| |
dure prijs vir iemand wat bestem was vir die letterkunde. Maar agteraf is hij tog dankbaar vir die ‘geestesdiscipline’ wat hij daardeur opgedaan het, omdat hij dit als onmisbaar beskouw ook bij letterkundige werk. Met die uitbreek van die oorlog het Celliers die pen verwissel met die mouser, nadat hij nog 'n Hollandse gedig in die Ekspres geplaas het om sij medeburgers te staal vir die komende strijd. Dwarsdeur het hij geveg tot die bittere end toe, en één keer selfs als vrouw verkleed deur die vijandelike linies uit Pretoria ontsnap. Wat hij in sij ‘oorlogs-cyklus’ neergelê het, is dus deurleefde ervaring. ‘Hij het die smart van sijn volk beleef en opgevang - die sterwenssug van die vrouwens en kinders van sijn volk. Uit sijn gedigte hoor ons die hartstog vir die vrijheid; die weeklag om hulle, wat nie meer is nie; die geloof in loutering en versoening, wat blomme sien groei op die graftes van die kinders, wat hulle tere lewens vir die land gegee het.’Ga naar voetnoot1) Deur die sorg en beleid van sij vrouw, was hij in staat om na die oorlog met sij gesin naar Europa te gaan, waar hij hom 'n aantal jare ongestoord aan letterkundige studie kon wij. ‘Ik sou seker nooit tot skrijwe gekom het nie’ - vertel hij - ‘als ik nie die paar jaar in Switserland vrij was van alle sleurwerk, en heeltemaal tot mijselwe kon inkeer. Die paar vrije jare in Switserland, en veral ook die 9 maande in Holland daarna, was van baje betekenis vir mij geestelike en letterkundige vorming.’ Die meeste gedigte in die Vlakte-bundel dagteken uit die Switserse periode. Die Ossewa, vertel hij verder, ‘het ik in Holland geskrijwe, en wel nadat ik vir die eerste keer kennis gemaak het met Gezelle. Die Twee Horsen het mij dadelik ingepak. Ik het 'n meester daarin herken, en dit was vir mij een van die mooiste dinge van die soort wat ik ooit gesien had.’ Uit die tijd dagteken ook die samestelling van ‘Ons Leesboek voor oud en jong’ (1905), waaruit Celliers se rijke belesenheid blijk. Op kommando het dit hom dikwels getref, sê hij in sij ‘woord vooraf,’ hoe groot die dors naar kennis was bij sij minder bevoorregte landgenote, wat hom laat besluit het om bij die eerste geleentheid ‘een nuttig en aangenaam leesboek’ saam te | |
[pagina 170]
| |
stel met die oog op die volksopvoeding veral van buitemense. Dat hij die voorneme reeds so spoedig ten uitvoer kon breng, was te danke aan die medewerking van die A.N.V. en die N.Z.A.V. in Holland. In 1907 is Celliers weer in die vaderland terug, waar hij dadelik 'n leidende aandeel geneem het in die Afrikaanse taalbeweging en o.m. meegewerk het tot die oprigting van Die Brandwag en die stigting van die S.A. Akademie. Ongelukkig moes hij weldra weer sij tijd en kragte verspil aan ‘sleurwerk’ in regeringsdiens, wat hom o.a. die volgende versugting in die pen gegee het: 'n Goeie genius gee 'n pen
en sê mij: ‘Skrijf daarmee.’
Maar ik staan bedroef met die pen in mij hand
so vol vertrouwe gegee:
Die pen is net sterk in 'n meester se mag,
wat son tog die geefster van mij verwag? -
Ik staan verleë daarmee.
Ik wil die pen in die hemelblouw,
in die geur van blomme doop,
in awend-gloed,
in helde-bloed,
in son en more-douw.
Maar 'n kwelgees ruk mij die pen weer af,
en doop dit diep in swijne-draf
en grijns: ‘dê, skrijwe nou!’Ga naar voetnoot1)
In 1919 sal daar egter verandering in kom. Beseffende dat manne als Celliers te skaars is in ons land om hulle lewe in regeringskantore te moet verslijt, het die beheerders van die Jan Marais-fonds in oorleg met die Universiteitsraad Celliers 'n buitengewone professoraat aangebied aan die Stellenbosse universiteit, wat hom in staat sal stel om verder uitsluitend werksaam te wees in belang van die opbouw van ons Afrikaanse letterkunde. ‘Jan Celliers is 'n man met 'n hart van goud, vol eenvoud en goedheid, en goedheid en eenvoud, 'n siener wat in die moeilik- | |
[pagina 171]
| |
hede van die lewe die tijdelike op sij weet te skuif als sijnde bijsaak en die oog te rig op die eeuwige wat ons omring. Ons het hom gesien, sittende onder die laning bome wat hij self geplant het, saands, wanneer die geluide van al kante op hom aandring; ons het hom gevind onder sij vijeboom, in die sonneskijn van die wintermôre, in gedagte verdiep, of besig om te lees. Ons ken hom in sij famieliekring, vol hartelikheid, vol grappies en 'n vrolik klinkende lag. En dikwels het ons bij ons self gedenk: Jan Celliers is die gelukkigste man in ons land! Nietteenstaande al die moelikhede, wat die lewe dikwels ook vir hom oplewer.’Ga naar voetnoot1) Van Celliers het reeds verskijn: Ons Leesboek (1905); Die Vlakte en ander gedigte (1908, 4de dr. 1917); Die Revier (1909); Liefde en Plig, 'n toneelstuk (1909); Unie-Kantate (1910); Martjie (1911, 2de dr. 1916); Die Saaier en ander nuwe gedigte (1918). Verder is hij een van die vrugbaarste skrijwers in Die Brandwag.
Celliers se eerste Afrikaanse gedig dateer uit 1894. Dis 'n berijmde herinnering aan 'n vrolike piekniek, waarvan Melt Brink die skrijwer kon gewees het. Hoe ver ons hier nog verwijder is van die Vlakte-digter; kan uit die volgende paar koeplette blijk: Dis vroeg in die môre, die son 's nog nie op.
Ik skrik wakker, en kijk naar die klok bo mijn kop:
dis vier, so waar! en half vijf moet ons trek,
want anders dan kom ons te laat op die plek.
Alla mattie! ik gee net één spring uit die kooi,
hardloop naar die venster - die weer is net mooi!
‘Jannewarie, April, is die osse al daar?
Kleinbooi, sal jij gouw-maak! Maar hoor, jul is baar!’
Een-twee-drie is die mandjies en trommels gepak -
sasaties en koek en soet-wijn en tabak.
Dis klaar om te trek, maar die vrouws is weer laat:
hier staan hul te draai en daar staan hul te praat.
| |
[pagina 172]
| |
Om ses uur is eindlik die span bijmekaar,
gepak soos serdiens in 'n blik sit hul daar;
of soos die Engelsman ook sê ‘close by’,
maar gin-een het gekla nie hij sit te nouw, raai!
Later het hij gedigte in Hollands begin skrijwe, waarvan daar enkele voorkom in Ons Leesboek en die Vlakte-bundel. Daarin staan hij meestal nie ver van de Genestet af nie. Dat Celliers tijdens sij verblijf in Holland (1887-90) niks van die Nieuwe Gids-beweging gemerk het nie, is daaraan te wijte dat die beweging in Holland self maar eers na 1890 in ruimer kringe belangstelling begin wek het. Buitendien het sij studie heeltemaal in 'n ander rigting gelê, sodat hij eers na 1905 kennis gemaak het met die literatuur van '80. Daarom bepaal sij keuse in Ons Leesboek sig, wat Hollandse poësie betref, nog tot 'n vroeër tijdperk en wel uitsluitend tot de Genestet, Staring en van Zeggelen. Dit kan wees dat hij veral rekening gehou het met die aanleg van die leserskring wat hij wou bereik, maar dis seker nie toevallig dat juis hierdie digters hom destijds die meeste aangetrek het nie. Want dieselfde eienskappe wat hulle poësie kenmerk, tref ons later telkens ook bij Celliers aan: innige vroomheid en huiselikheid, maar daarnaas ook 'n uitgesproke sin vir die geestige, die humoristiese kant van die lewe. In Ons Leesboek kom ook een van die weinige gedigte voor, wat op kommando reeds geskrijwe is: Ou oom Willem aan sij verslete ou baatjie, waarin herinneringe aan 'n gelukkige verlede, aan die leed van die oorlog hom voor die geestesoog verbijgaan. Maar waaruit ook die onwrikbare geloof in 'n betere toekoms spreek: Nee kom, ou maat, als is jij vuil
en op-gelap en naar,
ons twee gaan same weer naar huis,
als mij die Here spaar.
Vir ou-nooi en die kindertjies
sal ons twee ver moet rij;
die Here weet of hul nog leef,
of ons weer één sal krij.
| |
[pagina 173]
| |
Ons bouw die huis weer uit sij as,
- of ons nou lag of lij -
ou maat, en ons blij altijd saam
totdat die dood ons skei.
In 1905 begin eers Celliers se eigenlike loopbaan als digter. Na die bijna driejarige worsteling met al sij smart en ellende het hij in die stille eensaamheid van die Switserse berge tot homself kon inkeer. En terwijl hij daar in stille weemoed gepeins en getreur het oor ‘tije wat was’ en ‘siele wat rus’, het die digterstem in hom langsamerhand wakker geword en het hij homself bewus geword van sij roeping om ook te getuig ‘van trane gedroog’ en ‘van tije wat kom’: Van tije wat kom
hoor ik fluist'rend vertel,
gedagtes wat breek en gedagtes wat bouw,
en die voëltjies blij stil om te hoor wat daar brouw
en die windjie gaat lê, als met huiwering stom
vir tije wat kom!Ga naar voetnoot1)
In 1918 herdenk hij nog die tijd van wééropstaan in Pallens: Pallens, nessie in die wijngaard-berge,
onder dorpies, dwerg van dwerge,
rus en troos, na swaar verdriet,
mog ons in jouw skoot geniet.
Pallens, maar jij 't meer gedaan
dan die droë van 'n traan -
na verlore strijd en strewe
meer dan balsem ons gegewe
op die wonde diep geslaan:
lewens-salf vir nuwe lewe,
bene om weer op te staan!Ga naar voetnoot2)
In Dichters uit Zuid-Afrika (1917) het ek ons opkomende Afrikaanse verskuns ingelei met Die Vlakte en daarop laat volg Die Ossewa en Trouw. En nie sonder opset nie. Want die opmerksame leser sal in genoemde volgorde meteen die korte ontwikkelings- | |
[pagina 174]
| |
gang van die Afrikaanse poësie sedert 1905 geteken sien. Eers spore van buitelandse invloed, Engelse in die eerste en Vlaamse in die tweede gedig. Maar daarna in Trouw die pragtig-forse selfbewustheid van die Afrikaner, wat sij eie man wil staan en ook kán staan. Die ontwikkeling van die poësie loop evenwijdig met die van die taal, soos in die vorige hoofstuk geskets. Oor die wording en die literair-historiese betekenis van Die Vlakte is reeds gehandel. Wat die gedig self betref, kan opgemerk word dat dit nie orals op dieselfde hoogte staan nie, en ons het reeds gesien dat Celliers self nie heeltemaal daarmee tevrede was nie. Maar dit bevat enkele strofes wat in hulle soort 'n plek verdien onder die beste voortbrengsele van die Dietse letterkunde. Waar elders is b.v. - behalwe misskien in De Oogst van Streuvels - die alles versengende hitte van die middagson aanskouweliker geteken als in die derde strofe? In die ‘lage lande bij die see’, die lande ‘van mest en mist, van vuilen, kouden regen...... vol killen dauw en damp’ (die woorde is van de Genestet!) is so iets trouwens nie denkbaar nie. Maar dis veral in die vierde strofe waar m.i. die klimaks van die gedig bereik word, ook omdat die inhoud daarvan so tiepies Afrikaans is. Wie ooit 'n Afrikaanse donderstorm in al sij huiweringwekkende skoonheid aanskouw het, sal die snel wisselende verskeidenheid daarvan hier, in klank en ritme uitgebeeld, terugvind. Dis weer geen beskrijwing nie, dis die donderstorm self wat daar voor en oor ons verbij trek. Onwillekeurig sien 'n mens in die swoele atmosfeer van so'n drukkende somerdag die eerste wolkie stadig aansweef, ‘soos 'n vlokkie skuim uit die sfere se ruim’; jij sien dit aangroei ‘tot 'n stapelbouw van marmer wat krul en leef’, rustend als 'n ‘kolossaal monument op sij swart fondament, waar die bliksem in brul en beef’. En dan verskijn daar eensklaps op die vlakte als dansende voorbodes van die naderende storm - die warrelwindjies, wat als uit die stof opspring. In versnelde tempo wieg 'n mens saam op die lugtige, dartelende ritme van die stofwindjies, wat aanstonds aanswel tot 'n stormwind wat die gras laat jakker en golf, ‘soos mane en sterde van jaënde perde’. En dan val die eerste groot druppels, weer in langsamer, sterk-beklemtoonde tempo ‘met dófsware plóf, soos koéëls in die stóf - tot 't ruis alom so deur | |
[pagina 175]
| |
die gebrom en gekraak van die donderweer’. Dán is dit dat 'n Boer se hart lekker krij, als hij so bij die venster, met bene oor mekaar en pijp in die mond, sit en luister naar die musiek van hierdie reën-geruis na 'n droogte. Nie omdat dit in sigself vir hom so mooi is nie, maar omdat hij denk aan sij veld en vee en gesaaide. Maar die genot is nie altijd onvermengd nie, want dikwels volg daar op so'n sware bui nog 'n vernielsugtige haelwolk ‘met klouwe vooruit om te grijp en buit, - soos 'n perdekommande wat dreun oor die lande’. Met sulke oorspronkelik-tekenende beelde en vergelijkinge als die laaste, weet Celliers hier telkens die aanskouwelikheid van sij woordbeelding te verhoog. Die storm is verbij. Rustig skijn die aandson weer oor die geurende veld, en deur die volgende strofes sweef daar iets van die kalme aandstemming na so'n douderbui, wanneer die waterlopies gesels en lag en die verjongde natuur 'n danklied laat hoor. Dis seker 'n seldsame merkwaardigheid dat twee beginnende digters, en albei aankondigers van 'n nuwe tijdperk in die letterkunde van twee nouw verwante volke, deur Shelley geinspireer geword is tot sulke soortgelijke - en tog geheel afsonderlik van mekaar ontstane en in wese verskillende - uitinge als Iris en Die Vlakfe. Dis verder merkwaardig dat dieselfde Gids ('n woord wat gewoonlik wegwijser beteken!), wat aan ‘de hoogste en meest stralende stijging van de ziel die Jacques Perk was’ 'n plek in sij gewijde kolomme geweier het, dertig jaar later met siekelikbekrompe minagting sou gewaag van die ‘zoowaar moderne pogingen in dat doofstommentaaltje’ van Jan Celliers. Vir die tweede maal het De Gids dus die bewijs gelewer dat hij, sedert Potgieter die roer laat vaar het, sij roeping nie meer verstaan nie, en dat dit vir soekers naar nuwe paaie veiliger is om van sij dienste geen gebruik te maak nie.
Als geheel staat Die Vlakte benede Die Ossewa. Hierdie gedig, hoewel onder direkte invloed van Gezelle ontstaan, is daarom nie minder als Twee Horsen en ook nie minder Afrikaans nie. Laat 'n mens maar gerus die klankskildering en ritme, die alliterasies en alles op rekening van Gezelle set, dan blij die wa en osse nóg van Celliers en van die Afrikaanse transportpad. Of sien 'n mens daar nie die breed-geskofte en swaargehoornde span Afrikaner- | |
[pagina 176]
| |
beeste in al hulle karakteristieke gedweeheid, hulle stoere forsheid, in lewende lijwe in die volgende verse uitgebeeld nie? Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke, al drukkend hul skowwe,
hul dra dit getroos en tevree.
Die middag-son brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag,
hul swaai heen en weer in die stroppe
- en vér is die tog van die dag.
En sien en hoor 'n mens in die volgende verse nie die ou Gramstadter van die togganger op die grootpad nie, kreunende en kruipende onder sij sware vrag teen die stowwerige opdraend uit? En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna;
die dowwe rooi stowwe, al dampend.
tersij op die windjie gedra.
Dit kraak deur die brekende brokke,
die opdraens is ver en is swaar;
dit knars in die knakkende knokke,
maar hul beur, en die vrag breng hul daar.
Die hele skildering wek die indruk van onmiddellik waargenome en in woord- en klankbeelde vasgelegde werkelikheid. Nie minder treffend als bij Gezelle nie is die klankskilderende alliterasies in sulke versreëls als: stille al stuiwend en stampend kom stadig die wa - 'n deur klanke veraanskouwelikte beeld; gebuk in hul beurende krag - kragtig-beeldende klanke, uitsingende die inspanning van die stoere beeste; lê vér op die velde verlaat - wat 'n intense verlatenheid! Als daar ooit ‘meevoelende bewondering’ bij die wording van 'n gedig in die spel was, dan het ons hier 'n sprekende voorbeeld daarvan. En als bewuste navolging altijd tot sulke resultate lei. dan is daar niks teen in te breng nie. | |
[pagina 177]
| |
Daar is indertijd veel te doen gewees oor die navolging van Celliers e.a. Albert Verwey het b.v. van Celliers en Totius se poësie, in teenstelling met die van Leipoldt, gewaag als ‘niet de onmiddellijke weergave van de dichterlijke inhoud van Zuid-Afrika; zij was, in de taal van Zuid-Afrika, de beproeving van nu deze dan gene uitheemse vorm. Het hier Gezelle, daar Shelley, elders Perk gelijk te doen, werd niet als 'n toevallig bereiken bij machte van meevoelende bewondering, maar als een opzettelijke en onmachtige poging, in de gedichten van deze en die dichters waargenomen.’Ga naar voetnoot1) Met verwijsing naar die daarop gevolgde polemiek tussen prof. Kamp en Verwey,Ga naar voetnoot2) wil ek hier alleen opmerk dat hierdie ‘krasse uitspraak’ in sij geheel wonderlik misplaas is bij 'n digter wat meer dan iemand anders, en seker veel meer dan Celliers en Totius, uit Shelley en Keats geput het,Ga naar voetnoot3) soos met tal van voorbeelde deur Edward Koster aangetoon is.Ga naar voetnoot4) ‘In welke heerlijke verzen’ - sê Koster - ‘heeft hij in zijn Persephone, Demeter en andere gedichten de schoonheden der groote Engelschen in onze taal gezongen! Hij, die een ander mooi nazingt, geeft mij meer genot dan hij, die ruw, smakeloos en baldadig origineel is.’ En verder: ‘Dit (“Maanden, die als maagden zijt, ens.” in Rouw om het jaar) behoort weer tot het schoonste, dat ik ooit in eenige taal las......’ En hier is navolging van Shelley se Dirge for the Year en Autumn, a Dirge onmiskenbaar, soos reeds die tietels aandui. Waaruit blijk dat ooreenkoms en selfs bewuste navolging op sigself nog geenssins afkeurenswaardig is nie. ‘Het behoeft onze nationale trots niet te krenken dat een jonge litteratuur zich gewoonlik ontwikkelt onder vreemde voogdij. Is dat in alle kunst niet het geval? De vraag is maar of de kunstenaar aan de opvoedende invloed ontgroeit. Een zwak talent brengt het niet verder dan geesteloze nabootsing; een krachtig talent komt langs de weg | |
[pagina 178]
| |
van leergrage aanpassing tot bewuste wedijver en zelfstandigheid.’Ga naar voetnoot1) ‘Elk groot kunstenaar heeft geïnnteerd. Bij elk vindt men den invloed van modellen, grootere of kleinere voorgangers wier vindingen hem behulpzaam waren, wier schoon hem prikkelde tot ontwikkeling van eigen schoon...... Een hoofdfout onzer moderne kunstkritiek is het nu, het schoon uitsluitend in het bizondere te zoeken en niet goed te vinden dat het eene werk op 't andere lijkt, door rechtstreekschen invloed of door overeenkomstige wording uit gelijksoortige ziel...... Het is natuurlijk en vanzelf sprekend dat elk kunstenaar navolgt of met navolging begint. Hij is gevoeliger voor schoon dan die om hem heen, en wordt dus dieper door eenig schoon van anderen getroffen. Hij neemt daarvan bewust of onbewust iets over, het zich eigen makend deel van zichzelf, omdat hij het zoo diep voelt. Daar is het hart der kwestie en het criterium tusschen goede en slechte navolging. Of hij het schoon van wat hij navolgt zóó diep voelt dat het hem eigen, een deel van hemzelf geworden is. Waar dit het geval is, blijft de kunstenaar origineel op wie zijn werk ook moge gelijken. Waar niet, daar ontstaat een holle, vooze schijn, een jammerlijk nagedoe van uiterlijkheden, het beste ontheiligend.’Ga naar voetnoot2) Naar aanleiding van Verwey se uitspraak kan dus die volgende konklusies vasgestel word: 1e. Als ‘de beproeving van nu deze dan gene uitheemsche vorm’ afkeuring verdien, dan gaan die ‘Tachtigers’ met Leipoldt ook niet vrij uit nie, tensij 'n mens aanneem dat alleen die sonnetvorm internasionaal is. Buitendien, ons sien tog nie in die gebruik van een of ander versvorm die geniaalste van 'n digter nie, maar in die meesterhand wat so'n maatskema met klank en kleur, ritme en lewe, harmonie en musiek besiel. Wat sou daar anders oorblij van die heerleger van klinkdigters, beoefenaars van die vormelikste van alle vorme, van Dante af tot op Leipoldt toe? 2e. Als ander ‘gelijk te doen’ (wat van Celliers ten opsigte van Perk nie geld nie) sonder nadere omskrijwing laakbaar is, dan het Verwey in Celliers (ten opsigte van Shelley) homself | |
[pagina 179]
| |
gevonnis. Of sou alleen Verwey hier aanspraak mag maak op 'n ‘toevallig bereiken bij machte van meevoelende bewondering’, terwijl Celliers dit nie verder kon breng als ‘een opzettelijke en onmachtige poging’ nie? 3e. Als Celliers se bewuste navolging van Gezelle ‘een onmachtige poging’ moet heet, dan beroep Verwey hom in sij antwoord aan prof. Kamp, ter stawing van sij eie oordeel, heeltemaal ten onregte op prof. de Vooys. Want die laaste vind juis dat een van die mees opsettelike poginge, Die Ossewa, ‘behoort onder Celliers z'n beste gedichten.’ 4e. Dat Die Vlakte en Die Ossewa twee van die frappantste voorbeelde van bewuste navolging is, het Celliers self nooit onder stoele of banke weggesteek nie, waar ook geen rede voor was nie. Maar dat hulle dáárom als ‘onmachtige poginge’ veroordeel moet word, staat om te bewijs aan wie dit beweer. En selfs met erkenning daarvan dat die eerste meer ‘een kunststuk van schriftuur’ is als ‘onmiddellijk geschreven vaderlandsche spraak’ (in die sin waarin Verwey hierdie terme opvat), wil die geval dat ons hier niettemin juis twee voorbeelde het van wat bij uitstek kan geld als ‘de onmiddellijke weergave van de dichterlijke inhoud van Zuid-Afrika’, albei tieperend in hulle soort. Laat die vorm dan ‘uitheems’ wees, die inhoud en uitbeelding is in albei gevalle suiwer inheems. Wat daar vir die Afrikanerleser, wat uit eie aanskouwing sij vlakte en sij ossewa ken, tussen en agter die versreëls in konkrete, lewende gestalte oprijs, is die vlakte en die ossewa self. Ongetwijfeld het Celliers meermale uit buitelandse, veral Engelse en Duitse, skrijwers geput, maar dit het sij oorspronkelikheid op die duur ewe min geskaad als die van Jacques Perk of Albert Verwey. Ongetwijfeld is sij taalbehandeling bajemaal ‘te literair’ en sij poësie dikwels minder ‘spraak’ als die van Leipoldt b.v. Maar dat dit daarom nie die digterlike inhoud van Suid-Afrika sou weergee nie, is te veel gesê. En van dieselfde standpunt besien, hoeveel van die Nederlandse poësie sedert '80 sou dan nie onder Verwey se banvloek moet val nie als ‘kunststukken van schriftuur’ in plaats van ‘onmiddellik geschreven vaderlandse spraak’, - o sulke gekunstelde kunststukke, dat sommige daarvan ten slotte doodgeloop het in ‘de allerindividueelste expressie van de allerindividueelste emotie’! | |
[pagina 180]
| |
Veel juister is daarom die standpunt wat prof. de Vooys teenoor Celliers inneem: ‘Zijn melodieën herinneren telkens aan de meesters, maar er zit ook eigen klank in. Ondanks kosmopolitiese belangstelling blijft de kern Afrikaans.’Ga naar voetnoot1)
Jan Celliers, soos ons hom reeds in die Vlakte-bundel leer ken, is 'n mooi tiepe van die rasegte kristen-patriot; 'n man van die daad, soos hij homself onbewus ten voete uit geteken het in Trouw, in kragtig-forse trekke als in graniet gebeitel. Als daar ooit 'n gedig is wat klassiek sal word in die Afrikaanse letterkunde, dan is dit Trouw. Want daar is geen ander waarvan soveel besieling uitgaan nie, geen ander waarin die polsslag van die Afrikanerhart suiwerder en gespierder slaan als hier nie: Vir mij d' Afrikaner van durf en daad
wat Mammons eer en loon versmaad,
sij hoofd en sij hand
vir sij volk en sij land
en 'n trap van sij voet vir laag verraad!
O, ik hou van 'n man wat sij man kan staan,
ik hou van 'n daad wat soos donder slaan,
'n oog wat nie wijk
wat 'n bars kan kijk,
en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan!
Hoewel 'n bittereinder, is Celliers geen rassehater nie: Hier 's mij hart en hier mij hand
neef Brit.
Die hand wil ik in joue lê,
maar daarbij net 'n woordjie sê,
dis dit:
Baas nog kneg is jij of ik
ou maat;
en, sal ons handgee soos 't behoort,
dan moet dit blijk uit elke woord
en daad.
| |
[pagina 181]
| |
Deur alles heen het Celliers sij vrolike kijk op die lewe behou, wat hier en daar 'n welkome afwisseling verskaf aan sij poësie. Gesonde Afrikaanse volkshumor en geestige vernuf straal uit gedigte als Afrikaner-troos, 'n Snaakse vrijerij en Môre-mal. Hoe geestig-bekoorlik is die skalkse Hannie Waal geteken en die vrijerij waarbij Japie Brink se hand in die as geslaan word. Dis genoeg om iedere jongkêrel se mond te laat water. En wat 'n uitbundige lewenslus koers daar deur die ritme van Môre-mal, sig onstuimig botvierend als 'n skuimend-dartele bergstroom. Soos Keet dit uitdruk: ‘'n gedig wat 'n stuk rasegte afrikaanse boerelewe weergee en waarin ons vind die verbeeldingskrag van Celliers, die eenvoudige, rake, natuurlike taal van Leipoldt en die humor van Melt Brink op sij beste.’Ga naar voetnoot1) Uit menige vers spreek Celliers se gehegtheid aan die voorvaderlike, innige huiselikheid. Wat 'n aandoenlik-tere tafereeltjie is daar in Die laaste aand geskilder, des te aangrijpender omdat dit geen fantasie is nie maar deurleefde werkelikheid, helder belig teen die donkere agtergrond van die naderende verwoestingsoorlog, wat dit in soveel gevalle inderdaad tot die laaste aand gemaak het. Later op kommando nog eens so 'n vlugtige herinneringsbeeld in: Ons abba 'saands die kleingoed weg
als hul naar kooi moet trek,
- 'n blote voetjie in elke hand,
die armpies om mij nek.
In sulke tafereeltjies voel 'n mens die verwantskap met de Genestet se ‘Onder-onsjes’, terwijl Klein Ondeug die volgende van René de Clercq voor die gees roep:
Zorg en Zegen.
Van 's morgens tot den avond,
slovend,
slavend,
verlegen hier, en daar verlaân,
heeft moederken nooit gedaan.
| |
[pagina 182]
| |
En laten allen rusten
lasten,
lusten,
bij 't wiegsken houdt ze nog de wacht,
en moederken heeft geen nacht.
Doch komt de zon maar even
boven
beven;
er kraait een kind, er klinkt een lach:
in moederkens hert is 't dag.Ga naar voetnoot1)
Net soos Leipoldt is Celliers eers reg in sij element, wanneer hij met alle sintuie gespanne buite kan ronddwaal om die natuur te beluister en te bespied. Maar hij is Leipoldt se meerdere in gevoelvolle uitbeelding daarvan. Leipoldt geséls graag met die dinge wat hij daar raakloop, Celliers laat die dinge self praat. En soos naar aanleiding van Die Ossewa reeds opgemerk is, weet hij sij eie waarneming en gewaarwording dikwels presies in sij verse te beliggaam en op die gevoelige leser oor te breng. Hoe voel 'n mens die nagtelike stilte onder die Afrikaanse sterrehemel in Eensaamheid. En is die volgende nie 'n moment-opname op die lewe betrap nie? Die osse, met koppe gebuie,
herkouwe nog stil in die nag,
tot één vir één buk
en gaat lê bij sij juk,
met 'n sug, na die trek van die dag.Ga naar voetnoot2)
Oor die betowering wat van so'n nagvuurtjie op die eensame veld uitgaan, skrijf Celliers elders: 'n Vuurtjie in die veld maak van die ruwste transportrijer, van die mees verwaarloosde omswerwende woes-haar, 'n digter, 'n denker, 'n dromer. O, die geselskap daarvan, die trek daarvan, wat betower en bind, tot die blik daarin vasgroei en die wije staar van die gevange oog alsware met gretige teue 'n besieling indrink, wat in bedwelming en slaap sou oorgaan als 'n mens nie wakker gehou | |
[pagina 183]
| |
word nie deur die buitengewone en aangename gewaarwording van wakende aanskouwing van drome. Dis die onreëlmatig dansende, buiende, laaiende, lewende vuurvorme alleen wat dit vermag te bewerk. Die uur van inkruip onder die kombers word tot later en later uitgestel, en op-laas gaat die dromer slegs lê omdat die vuur doodgaan deur gebrek aan brandstof, wat die baas nie kon opgooi nie juis omdat hij deur sij vuurtjie-self onmagtig vasgehou word.’Ga naar voetnoot1) Hoe weet Celliers die vredige Sondagoggendstemming te suggereer in Dic Dorp-Sondag, waar die landelike stilte alleen verstoor word deur 'n enkele hanekraai en die klokgebengel wat die mense kerkwaarts roep: Als uit Hemels-vredebron
daal die liewe môreson
so op veld en bome neer,
soos 'n glimlag van die Heer;
stralebundels, skoof op skoof,
strooi hij deur die koele loof,
om op stille stoep en muur
sonne-skijfies te borduur.
Voor geslote luik en deur
speel die vooltjies ongesteur,
en waar skaduws langgestrek
oor die straat hul bane trek.
Hoor die klokke roep nog om:
sondaars kom, kom sondaars, kom!
En die weerklank sprei en draai
met die verre hane-kraai,
tot die blouwe heuwel-rij,
wijd oor akker, tuin en wei,
waar die diere dromend staan
van hul knellend tuig ontdaan,
waar die vliegies gons en dans
in die goue sonneglans.
Dan die stil-warme middaguur, wanneer nog net die boomsingertjies hulle stem laat hoor: | |
[pagina 184]
| |
Blindend rus die volle vloed
van die laaie middag-gloed
op die strate leeg en lang,
waar in skrijnend koorgesang
uit die hangend wilge-loof
bésies ook hul Skepper loof, -
of die warmte weerklank vind
in hul deuntjie, wat dit bind.
Hier soos dikwels elders tref ons die verwantskap tussen Celliers en Gezelle in hulle vrome natuurliefde, wat in en deur die skepping vanself tot die Skepper uitgaan. Eindelik nog so'n stukkie skemer-plastiek, gehuld in 'n waas van geheimsinnigheid, herinnerend aan sommige gedroomde skilderstukke van Eduard Karsen: Op die trouwe wagGa naar voetnoot1) verlate,
donkerwallend langs die strate,
staan die huisies, slaap-bevang
deur die verre kikker-sang,
nag-omslote trouw bijeen,
... liggies blussend, - éen vir éen...Ga naar voetnoot2)
Wat Celliers ook met pragtig-skilderende prosa weet te bereik, wat als sodanig op één lijn kan gestel word met die impressionistiese prosa van skrijwers als Jac. van Looy en Ary Prins, kan die volgende fragment uit Strand-indrukke laat sien. Dis die see self in rustelose wisseling van kleur en lijn, beweging en geluid: ‘Die see in die rotse! O, nêrens soos hier is die water 'n beeld van krag - dronk, mal van pret, van selfbewuste eie weelderige oordaad, sigself oortreffend, oorrollend, oorbotsend in aksie-begeerte teen hindernis, swelgend in oordaad van alles-oorswalpende aanstorming, melkwit oorsoppend die rotsbanke se skulpskurfte, swoep! opdoeffend teen blinde klip, oppluimend, uitspattend in 'n wolk van skuim wat bo in puntjies uitpeil en wind-verwaaid neerswiets in die siedende karning omlaag; na aanstorming waggel-wild wegvallende elke keer, in rotstregters ingesuie, maar opgudsend weer na halwe wegsakking, in altijd-durende dans van strijdlustige durf en ongeduld.... | |
[pagina 185]
| |
in vlekke, strepe, bane, - 'n simfonie van kleure, wegdowwende in 'n mistieke purpere wasigheid op die horison, waar die ontmoetingslijn van see en lug nie te sien is nie. In teenstelling met hierdie weelderige skildering word dikwels 'n ewe treffende uitwerking bereik met slegs enkele impressionistiese kleurvege, soos b.v. in Dis al Dis die blond,
dis die blouw:
dis die veld,
dis die lug
en 'n voël draai bowe in éensame vlug
- dis al.
Dis 'n balling, gekom
oor die oseaan.
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan
- dis al.Ga naar voetnoot2)
Of in so'n gevoelige stemmingsbeeld uit die oorlog als Berusting: In berustende sug
van die awend-lug
en awend-skijn
staat 'n maagd op die lande
met gevouwe hande
- so stil... so rein;
haar blik naar omhoog
en 'n traan in haar oog
- waar niemand siet;
en 'n fluist'ring versterwe
op die aand-rood se verwe:
‘Uw wil... geskied!’Ga naar voetnoot2)
Die moderne Afrikaanse poësie is grotendeels 'n ‘kind der smarte’. En dis ook so vanselfsprekend dat gebeurtenisse wat 'n volk tot in die afgrond van weedom en vertwijfeling gevoer het, | |
[pagina 186]
| |
wat op die volksiel ‘'n merk vir die eeuwe gebrand het’, in die eerste plaas weerklank moes vind en tot uiting kom bij die digters van die volk. Temeer nog waar hulle die oorlogswee uit eie aanskouwing geken, die vrijheidsstrijd self gestrij het. Vandaar soveel herinneringe aan die oorlog. Celliers se oorlogs-cyklus bevat 'n reeks afsonderlike taferele, waarin verskillende momente uit die loop van die oorlog in beeld gebreng word. En in losse kronologiese volgorde opgestel, laat die geheel ons 'n stuk intens-geleefde lewensgeskeidenis sien van 'n volk, worstelend om vrijheid, sterwend, maar hopend tot die laaste snik, en sig eindelik weer opheffend na verlore strijd. Geskiedenis, maar deur digterverbeelding gesien en nog eens deurleef, deurvoel en in poësie vertolk. 'n Mens voel dadelik dat dit hier in die eerste plaas nie te doen is om woordkuns nie, waarom dit juis dikwels soveel egter is als elders. Die grondtoon is ernstig, want Dit is bestem in die Here se raad
dat die wat mekaar altijd lief het gehad,
moet skeie;
maar ag, is die uur van skeie daar,
dan is 't swaar.
En so laat die digter als in 'n rolprent-vertoning al die droewige tonele aan ons geestesoog verbijgaan, en veral sulke tonele waarin die Afrikanervrouw 'n hoofrol speel. Als verpersoonliking van die rasegte voortrekkersdogter, afstammelinge van Geus en Hugenoot, is dit sij wat hier sterk is; wat haarself met haar kinders willig ten offer breng en haar man in 'n oomblik van weifeling weet te inspireer en tot 'n man te maak; wat haar brandende woning, met haar kind aan die bors geklem, ontvlug om eindelik op 'n skamele sterfbed in 'n konsentrasiekamp nog sterwensmoed te put uit die gedagte dat man en seuns trouw geblij het aan God en land en eer. Hoor die Afrikanervrouw op haar beste: Vergeet dit nooit, Albert, geen strijd is verniet,
selfs daar waar die wereld slegs nederlaag siet.
Nee, nimmer of nooit was mij Albert so laag
om te rus en vermije waar ander moet draag;
nooit sal ik hom soek
in die lafaard se hoek,
als sij land in haar nood om haar manne kom vraag.
| |
[pagina 187]
| |
Saam met die digter deurleef ons in verbeelding die laaste aand, so sober geteken maar daarom juis so veelseggend. Vir wie daar oog voor het, staan hier so ontsaglik veel tussen die reëls te lees. Hoe sien ons die kleintjies in hulle nagjurkies ‘met Pappie rol en stoei en stoot’, onbewus van wat hulle wag en vol bevreemding oor die trane wat Paatjie nie kan verberg nie. Láát blijf hulle speel, maar eindelik is alles stil in die huis en Wijd oor huis en velde
rus al lang die nag
als so bij die bedjies
twee nog bid en wag,
wakend tot die môre
- wrede skeidings-dag...
Na die afskeids-môre word dieselfde refrein nog eens gehoor, maar in 'n ander toonaard wat in droewe fluistering wegsterf in die stilte van die nag als so bij die bedjies
éen nog bid en wag,
- bid om troos en kragte
na die skeidings-dag.Ga naar voetnoot1)
Duidelik tree die onderskeid tussen die ou skool en die nuwe, tussen dilettantisme en kuns, aan die lig als 'n mens hierdie verse van Celliers lê naas Hendrik en Letti ('n verhaal uit di Transvaalse Vrijheidsoorlog, 1883) van ds. S.J. du Toit, waarin dieselfde onderwerp behandel word. Hoe pover lijk ons die afskeid tussen Hendrik en Letti hier voorgestel: Ag Hendrik, 'k werk liifs nes 'n meid
Onder di Britse heerskappij;
As jij moes sneuwel in di strijd,
Ag, wat wen ek dan tog daarbij?
‘Mijn hart, ek sal mijn lewe geef,
En jij sal dan in vrijheid leef.’
| |
[pagina 188]
| |
Terwijl sij nog haar trane droog
Het Hendrik reeds sijn perd gesaal;
Mar voor hij wegrij uit haar oog,
Roep hij nog ver di laaste maal:
‘Vaarwel, lig siet ek jou nooit weer,
Mar ek beveel jou an di Heer!’Ga naar voetnoot1)
Daar word ons dan verder vertel wat Letti gedenk het na Hendrik se vertrek; bij Celliers sien ons alleen 'n biddende moeder, en ons voel geen behoefte om te verneem wat haar gewaarwordinge was nie, omdat ons dit self ondergaan. Celliers se Vrijheidslied is ernstig gestem. Die uittrekkende burgers is vervuld met die gedagte aan hulle ‘vrome vaad're, fier en groot.’ En daaruit put hulle besieling vir die strijd: Op dan broers, en druk hul spoor,
voorwaarts, broers, die vierkleur voor;
laat die veld ons krijgs-roep hoor:
Vrijheid, Vrijheid!
Jukke mag vir slawe wees,
manne-harte ken geen vrees,
duld geen boei vir lijf of gees:
Vrijheid, Vrijheid!
Ook die Patriot-digter slaan in sij strijdroep 'n toon aan wat gunstig afsteek bij die slappe rijmelarij in sij owerige verse. Dis een van die weinige gevalle waarin die Patriot-poësie sig verhef ‘bokant die woorde geping-pong van iedere dag se rijmelarij’. Daar sit beweging in: Na Langnek! Na Langnek! so klink deur Transvaal.
Na Langnek! Jaag daarheen nou, helde!
Di vijand hiir binne is vas allemaal;
Na Langnek, o'er heuwels en velde!
Want Colley kom an van Natal met sijn mag,
Hij sal o'er ons grense nie kome;
Na Langnek! daar sal ons di Rooies opwag,
Hul bloed moet op eie grond strome!...
| |
[pagina 189]
| |
Dan verval die digter weer in die ou dreun, waar hij van die strijd self vertel: Bloedrood verrijs di dageraad
Ower di heuweltoppe,
Toen Smit onder sijn manne staat,
Hij kon hul ni meer stoppe:
Want voorwaarts ruk reeds Colleys mag,
En elk staat klaar nou ver di slag.
Van dri kante lat Smit toejaag,
En drijf hul uit die rante;
Di Boere storm gants onversaag,
Dring in van alle kante.
Hulle vrees gen bom, kanon, geweer,
En skiit di kanonniirs selfs neer...
Stel hierteenoor Die Strijd van Celliers: Droef en lang was die nag,
grijs en guur breek die dag
- vér ruis die reën...
In gebede geskaar,
in die reën bijmekaar
smeek ons af in gevaar,
Vader, Uw seën!
Stil, soos skaduws wat kom
sluip die vijande om,
- nader en nader...
Daar 's 'n blits! daar 's 'n knal
hoor die slaë dreunend val!
Voorwaarts éen, voorwaarts al!
- Lei ons, Al-vader!
Va'erlands-grond drink die bloed,
nog vol vrijheid se gloed
- warm uit die wonde;
menig sterwende sug
dra 'n groet deur die lug
bo die wapen-gerug,
- ver in die ronde.
O, die lippe wat bleek
om 'n waterdronk smeek,
- wonde wat brande!
Ongehoor, ongeag
menig kermende klag
waar die woelende slag
dreun oor die rande...Ga naar voetnoot1)
Of die volgende plastiese skildering uit Unie Kantate, waarin die hijgende ademtog van die slag self deur klank en ritme spook: Ei, daar blits
'n bliksem-flits!
Nog een! nog een!
Dit knal, dit bars,
dit knor, dit knars,
knetterend kraak die klein-geweer!
| |
[pagina 190]
| |
Kranse herhaal
die woeste kabaal
- soos donderweer!
Koeëls, kartetse
fluit en gons,
beuk en bons,
morsel die rotse tot spattend gruis!
Dampe staan
waar die bomme slaan,
vore ploegend, met hels gedruis!
In sulke verse verneem 'n mens die naklanke van Theodor Körner: Vater, ich rufe Dich!
Brüllend umwölkt mich der Dampf der Geschütze,
Spühend umzucken mich rasselnde Blitze.
Lenker der Schlachten, ich rufe Dich!
Vater Du, führe mich!
Of: ‘Die Wunde brennt, - die bleichen Lippen beben’...... In Die Brandwag (15 April 1913) het Celliers 'n waarderende artiekel gewij aan die nagedagtenis van hierdie jong digter, wat 'n eeuw tevore gevalle was in die strijd vir sij vaderland. Daarin kom ook enkele vertalinge voor uit Körner, later herdruk in Die Saaier. Dis begrijpelik dat sij onstuimige moed, vaderlandsliefde en godsvrug Celliers se bewondering moes gewek het. Die Brand, met sij pragtig-skilderende aanhef, 'n gedig wat seldsaam mooie gedeeltes bevat, voer ons weer terug van die slagveld naar die toneel van Die laaste aand. Maar alleen om alles in rook en vlamme te sien opgaan, die moeder met haar kind uitgedrijf in die winternag. Nog eens 'n soortgelijke beeld in Veld-brand, weer tekenende plastiek: Rooi word die lug
oor die bulte se rug;
en swart teen die gloed sprei die bome hul arme,
soos smekende hande wat roep om erbarme...
En daarna: Die rouwkleed lê wijd in die lig van die maan,
waar nakende gewels als wagters blij staan;
en rokies trek opwaarts, nog hier en nog daar,
- soos kwijnende walm bij 'n dooie se baar...
| |
[pagina 191]
| |
En so trek die een tafereel na die ander verbij: Die Kampsuster, herinnerend aan In die konsentrasiekamp van Leipoldt; In Memoriam; Berusting; Die Kindertjies, herinnerend aan Viermaal Gesien en Kindergraffies van Totius; Terugkeer en tot slot Oorwinning. Ook die suiwer historiese Japie Greyling behoort tot hierdie reeks.Ga naar voetnoot1) Oorwinning is tekenend vir Celliers se optimisme en die kannie-dood moed van sij volk. Welgemoed kijk die ou Boer terug op sij ‘trouwdag-môre’, sestig jaar gelede: Dit was 'n weg van lije,
van strijd en bloed en rouw;
maar met jouw hand in mijne,
Agneta, mij ou vrouw,
het ons barbaar en Brit trotseer
deur vuur en water, wind en weer,
en ons land gebouw;
gebouwe soos van 's lewe
ons huisie, sterk en heg:
die klei het jij gedra,
die stene het ik geleg;
geen storm of brande strijk hom neer
of uit sij as verrijs hij weer
en staat weer klaar en reg.
Die pad was lang en opdraëns
maar d' uitspan 's nabij nou,
en uit ons stramme hande
vat onse kroos die touw.
En hand in hand wag ons gedwee
tot Vaërlands grond ons rusplek gee,
Agneta, mij ou vrouw.Ga naar voetnoot2)
Wat President Steijn deur die beeldhouwer Anton van Wouw bij Bloemfontein tot stand gebreng het in brons, dit het Celliers, Totius en Leipoldt gedaan in hulle oorlogsverse: 'n onuitwisbare monument gegrif in die hart van hulle volk als 'n blijwende heugenis aan bitter lije en verdriet, maar ook aan innige Godsvertrouwe en nooit weifelende hoop op 'n skone toekoms; 'n beskeie monument-in-verse, die nagedagtenis waardig van man, kind en vrouw ‘wat so geworstel en so gesterwe het.’ Natuurlik is Celliers se geluid nie orals ewe suiwer nie. Als dit die geval was sou sij beeld als baanbreker onvolkome gewees het. Naar aanleiding van sij taalbehandeling is reeds opgemerk dat | |
[pagina 192]
| |
sij meesterskap oor die tegniek hom dikwels verlei het tot 'n virtuositeit, wat aan die gesogte en gekunstelde grens en weinig gemeen het met die sobere Afrikaanse karakter en taalwerkelikheid. 'n Voorbeeld daarvan is Die Vool, weer in die maatval van Die Vlakte, tegnies-knap met enkele mooi strofes, maar te veelseggend en daarom weinig-sprekend. In die 12e strofe b.v. sien 'n mens niks meer van die vool nie, jij hoor alleen nog die digter fantaseer. Celliers lijk hier veel op Joubert, of juister, Joubert lijk baje op Celliers, soos hij hom in sulke gedigte als hierdie vertoon. Veral sij tweede, uitvoeriger gedig, Die Revier, is om genoemde rede als geheel minder bevredigend.
Die Revier (1909) bevat 'n dertiental afsonderlike, min of meer fragmentariese, natuurindrukke wat in al te losse samehang verband hou met die loop van die stroom, van sij oorsprong af tot aan die see. ‘Uit die klippe nouw omknellend, uit die diepte donkerwellend glip 'n straal,’ - en dit groei aan tot 'n bergstroom wat eindelik koers krij vlakte toe, oor ‘die plaas’, langs ‘die watermeul’, deur 'n dorpie, verbij ‘Koba's dam’ en ‘die murasie’, tot dit later oor die grens in die see verdwijn. Op sij gang breng die stroom verkwikking aan ‘lande lijdens-moeg’, hij word deur 'n storm gevoed en rig verwoestinge aan, hij is getuie van oorlog aan die grens, en vertel ten slotte aan die see wat hij so al in sij loop ervaar het. 'n Mens kan Celliers se digterlike fantasie hier en daar bewonder, maar daar is iets onklaars in sij voorstelling als geheel. Anders dan gewoonlik krij ons hier dikwels meer bespiegeling als 'n beeld van die stroom self. Soms klink daar iets van Goethe, b.v. van sij Gesang der Geister über den Wassern, terwijl die Storm 'n sterke ooreenkoms vertoon met Schiller se skildering van die ‘Brand’ in Das Lied von der Glocke. Doorgaans word die trochaiese versmaat gebruik, wat op sigself kragtiger maar minder welluidend is als die jambiese, en veral storend werk op die ritme waar dit, soos hier veelal, in tweevoetige versreëls aangewend word. Hierdie streng-gebonde versmaat, nog verder beperk deur rijmdwang, veroorsaak dikwels iets hortends en stotends in die versgang en gee aanleiding tot sulke gekunstelde woord-kombinasies als in: | |
[pagina 193]
| |
Ik was bij in kelders onder
waar die wilde bajert donder,
sidderwoedend
in s'n boeie, lede-knellend,
spiere-spannend, ader-swellend,
wrake-voedend.
Niettemin bevat Die Revier ook voorbeelde van keurige woord-skildering, soos b.v. in die aanhef van Storm: 'n Blits
se flits
in sidderstraal
is neergedaal
in blouw-gebankte wolke swaar...
Skilderagtig is so'n weerspiegeling van die oggend-hemel in die watervlak weergegee: Tere blossies
verwe lossies
witte wolkies wijd gestrooi,
spieël-dansend
glimmer-glansend
op die water, wind-geplooi.
In die legende van Koba's Dam voel 'n mens iets van die Afrikaanse spook-atmosfeer, terwijl Die Murasie self daar voor die verbeelding oprijs ‘met dode-oge starend in die west......’
Unie Kantate (1910) is 'n feeslied en in sover 'n geleentheidsgedig als dit betrekking het op die tot stand kom van die Unie van Suidafrika. Hierdie gebeurtenis word egter alleen in die slotsang verheerlik en verder merk 'n mens niks van die ‘geleentheid’ nie. Als geheel is hierdie Kantate veel verdiensteliker als Die Revier. Dit sit goed in mekaar, met 'n doorlopende leidende gedagte, en vorm 'n afgeronde geheel; die taalaanwending is veel minder boekagtig en suiwerder Afrikaans; daar sit gang en beweging in van begin tot end. Deur middel van recitatiewe, koor- en solosange krij 'n mens in 'n reeks snel wisselende taferele 'n vlugtige beeld | |
[pagina 194]
| |
van Suidafrika se geskiedenis van vóór sij ontdekking af tot op 31 Mei 1910. Lang voordat iemand nog iets afweet van die bestaan van Afrika se suidpunt, heers daar die ‘Geeste van die Wildernis’, gelukkig temidde van die ongerepte natuur waar Wolke lê op stille berge,
strome ruis in donk're woud,
vrede rus in groene dale,
op die vlaktes, sonnegoud.
Daar 's ons woning, daar bewaak ons
Heer, Uw kuddes, ons vertrouwd.
Vrijheid,
blijheid
is die lewe
ons gegewe.
Antilope
sonder tal
wei oor rande
en in dal.
Vooltjies kwetter in die bome,
vissies wentel in die strome,
sonneskijn is oweral.
Maar hulle rus word verstoor deur die ‘Wereld-gees’, wat aankondig dat die aarde bevolk moet word. In opdrag van sij koning onderneem die ‘Seevaarder’ om die suiderland se rijkdomme te gaan bemagtig. Janmaat jubel dit uit: Op dan, maats,
die seegat uit!
Avontuur is Janmaats bruid!
Wie gaat mee?
Hoesee, hoesee!
naar d' sonnig land
in suider see!
Goede Hope
sal ons lei.
Onse leus is:
vrij en blij!
Oor die waat're, vér van huis,
naar die land van d' Suider Kruis
Die ‘Geeste van die Wildernis’ roep die orkaan te hulp om die naderende skepe te vernietig, maar die ‘Wereldgees’ belet dit. ‘Inboorlinge’ kijk verbaas toe hoe die witman land en orals kruise plant, met 'n boek in één en 'n roer in die ander hand. Jare verloop en die ‘Landbewoners’ hef 'n vrijheidslied aan in hulle nuwe vaderland. Maar die geluk is van korte duur, want Kijk, sowaar wil hebsugs klouw
ons nog steeds in knegskap hou!
Dwing'landij
laat ons nie vrij,
waar ons vrijheid
vond, en blijheid,
is weer boeie,
trane en rouw...
| |
[pagina 195]
| |
‘Noordwaarts met mij, ik sal u lei!’ roep die ‘Vrijheidsgees’. Die trek vang aan, en die strijd tussen Boer en Barbaar. Die ‘Vrijheidsgees’ sing van oorwinning en die ‘Landbewoners’ kniel neer in dankgebed. Maar die ‘Spotgees’ lag hulle uit: ‘Of hul denk dat hebsug slaap!’ ‘Mag is reg’, verkondig die ‘Gees van Geweld’ en roep/sij legioene op. ‘Te wapen!’ is die kreet van die landbewoners: Manne, hoor
dis hij, dis hij,
die dwingeland
van daë verbij -
Te wapen!
Op dan, broers,
die dag is daar,
perd gesaël
en roere klaar!
God met ons
teen oormags skaar!
Te wapen!
Die ‘Spotgees’ lag van plesier en die ‘Aardgeeste’ vertel van die bloedige strijd. ‘Vrouwe’ weeklaag in hulle smart en word deur ‘Engele’ vertroos en bemoedig. 'n Kind sterf en die eensame Moeder treur: Vaarwel klein mart'laar, laaste van die skaar.
Kom neem mij, Vader, lê mij naas haar.
Mijn man is nie meer, mijn taak is volbrag.
Vader, ik roep U! word 't haas dag?!
‘Geeste van Verligting’ kondig 'n nuwe tijdperk aan en dan weerklink die ‘Unie-Lied’: Daar blink 'n ster
van Goede Hoop
in onse Suider Kruis.
Die oorlogsfakkel is gedoof,
so sal dan niemand ons ontroof
die blije toekoms ons beloof
in Eendrags skoon Tehuis.
Onder Celliers se uitvoeriger gedigte neem Martjie (1911, 2e druk 1916) sonder twijfel die eerste plek in. Hij staan hier heeltemaal op Afrikaanse bodem, los van alle buitelandse invloede. En dit was 'n gelukkige gedagte om nou 'n slag die skoolse vorme en | |
[pagina 196]
| |
digterlike tradiesie so goed als geheel te negeer. Want Celliers is ons liewer, waar hij in natuurlike ongedwongenheid uiting kan gee aan sij spontaan-menselike liefde vir mense en dinge om hom heen; waar sij vrolike huiselikheid, sij ongeveinsde vroomheid, sij natuur- en vaderlandsliefde onmiddellik tot ons spreek, sonder gebruikmaking van allerlei dikwels al te literaire kunsvorme. Op die laaste vorm Martjie 'n welkome uitsondering en is daarom nie minder kuns nie. Want dit is lewe wat ons hier het, die idylliese Afrikaanse plaaslewe in al sij bevallige werkelikheid, sij hartelike eenvoud, mooi gesien en sober maar raak uitgebeeld. Martjie is 'n verhalende gedig. ‘Mijn bedoeling was’ - sê Celliers - ‘'n eenvoudige skildering te gee van 'n liefdesverhouding tussen 'n Afrikaanse meisie en jonkman in Afrikaanse omgewing, 'n algemeen-menselike thema op eie toneel opgevoer. Alle begeerte naar avontuurlikheid of ingewikkeldheid in die verhaal was dus uitgesluit. Die inkleding, wat gebeurtenisse, natuurbeskrijwing, ens. betref, moes net voldoende wees om, teen passende agtergrond, die hoofdmotief duidelik te laat uitkom.’Ga naar voetnoot1) En hierin is hij geslaag. ‘Uitkijk's noointjie’ met haar ondeuende vrolikheid, haar erns en diepte, verower van die staanspoor af al ons belangstelling en hou dit vas tot die end toe. Sterkwillend. puntenerig en op haar plek, maar magteloos ten slotte, als ‘gevange in die krag-greep van 'n reus’, moet sij die ongelijke strijd tussen hart en wil opgee. Mooi deurvoeld word ons hierdie gestadige sielsproses van Martjie uitgebeeld. Ewe simpatiek is die mannelik-beskeie figuur van Roelof, en daarnaas ou oom Koot, eenvoudig en hartelik, en tant Mieta, die moederlikheid self. Die ontknoping...... ja, ook dit vorm 'n uitsondering op die reël. Maar al kan 'n mens beswaar hê teen die omstandighede waaronder dit plaasvind, dis in elk geval in passende ooreenstemming met die karakters van die hoofpersone. Die agtergrond van die idylle bevat weer verskéie tafereeltjies wat meesterstukkies kan heet van liefdevolle waarneming en uitbeelding. Celliers is op sij beste waar hij kan skilder met die pen, en reeds in die eerste paar bladsije lê daar vóór ons 'n tiepiesbolandse boerderij, - kant-en-klaar in sij dromend-vredige son- | |
[pagina 197]
| |
dagsrus, met brokkies natuur so op die lewe betrap, soos Gezelle ook dikwels laat sien, b.v. in sij Pachthofschilderinge. Kijk maar naar ou Jafta. Net 'n paar krabbels, maar daar lê hij: Onder die rusbank op stoep,
sijn lede rekkend van luiheid,
lê Jafta die huishond te slaap,
geterg deur die gonsende vlieë.
En naar die hoenders ‘in klompies, swijgend en gapend.’ Maar veral die pentekening van die otjie is kostelik, sprekendmooi in sij vuilheid: Nabij die klip oor die voortjie
lê Adam, die otjie in die water
en dam dit op, téén s'n sije,
- stil-brommend van innig genot
na rukkies van roereloos drome.
Ons krij ook 'n blik naar binne deur die lange huisgang ‘wegduist'rend naar agter in skeem'ring’: Die tafel in die kombuis
is blank geskuur vir die Sondag,
en daar staat, in eensaamheid singend,
die ketel op die gele komfoortjie.
Deur die half geopende luikie
val skuins op die vloer, in die middel,
'n goudgerf van léwende sonlig,
deurwemeld van drijwende stoffies,
deur-flits van die dartele vlieë
wat, gonsende ook op die ruite,
die dreune-deuntjie stem
van somer-námiddag-vrede.
En verder naar buite, wat 'n rustige stemming oor die omgewing, hier en daar 'n ‘lui-kronkelende rokie’, die ‘dromende wilge’ bokant die water, die ‘singende bésies’, en verder weg ‘die dorpie daar in die laagte’, nouweliks sigbaar ‘deur die béwerige waas van die warmte’. Hoe bekoorlik is die toneeltjie ge- | |
[pagina 198]
| |
teken, waarin die hoofpersone van die verhaal aan ons voorgestel word. En kijk naar so'n stukkie plaaslewe, in die aand: Die somer-aand is swoel;
en ope, wijd,
staan deure en rame, bundels lamplig strooiend
buiten-toe,
tot diep in d' eike-blare.
Die plaasvolk kom naar huis toe uit die dorp,
'n deuntjie singend bij die hees geluid
van hulle konsertina,
trappend op die maat;
en als hul oor die baan van lamplig tree,
wat val uit Roelofs kamer,
draai die hoofde 'n oomblik om
en word hul groet gehoor:
‘Naand basie!’...
En so lijk die anders vrolike ‘Uitkijk’ op 'n winterdag, als daar oorlog in die land is en Martjie alleen sit en treur: En grijs en driestig is die winterdag:
in lange rije lê die wolke,
swaar gebank,
eenselwig-vaal en roerloos, of hul so
nog honderd jaar kan draal
in trage rus
- die folterpijne ongeag
van harte wat daar kwijn,
van harte wat daar ween en bid
om sonneskijn.
Die wind wil maar gaan lê,
want moeg gesug
is reeds die oue eike voor die deur.
Net nou en dan
kom nog 'n snikkie na,
als teen die ruit
'n dooie blaartjie tik.
Ook hierin is Celliers 'n voorloper en baanbreker, dat hij telkens nuwe wege soek: in beskrijwende poësie, afgewissel deur | |
[pagina 199]
| |
lyriese, in die drama, die kantate, die idylle. Als voorbeeld van die laaste is Martjie 'n welkome eersteling in Afrikaans. Want dit is die soort poësie waar ons volk, als geheel nog weinig toegankelik vir lyriek, vandag die meeste behoefte aan het; wat die meeste berekend is om die volk verlief te maak op die skoonheid en bruikbaarheid van sij taal, om belangstelling te wek vir literatuur. Ook die eenvoudigste leser sal hom hier thuis voel, omdat hij homself in eie omgewing en op sij beste hier terugvind. Al kan Martjie eigenlik geen ‘gedig’ heet nie, dit ontleen sij bekoorlikheid vir geen geringe gedeelte juis aan die afwesigheid van die tradisionele versvorm. Die natuurlikheid van die voorstelling kom daardeur tot sij reg, terwijl die aanwesigheid van 'n bepaalde ritme tog die indruk van die versvorm bewaar.
Dis opmerkelik dat Celliers ook in sij laaste bundel, Die Saaier en ander nuwe gedigte (1918), oor die algemeen veel minder als vroeër aandag bestee aan sij versvorm. Dis hom nie meer, soos vroeër dikwels, in die eerste plaas te doen om suiwer woordkuns, om 'n bekoorlike klankespel nie, maar om die gees en die inhoud. Hij is hier veral ‘die saaier’ van gedagtes: Saaier, saai! Dis Gods gebod,
al verdroë vrug en blare,
al verslaat die hael die are.
Saai die sade van gedagte,
laat die oes aan nageslagte...
Saaier, saai die goeie saad:
manlik woord en kloeke daad;
maar in stille hartlikheid
ook die woordjie op sij tijd,
vrinde-handdruk, onbespied,
met 'n glimlag aangebied.
Val daar saadjies op die stene,
vlie die voëls daarmee hene,
mog dit in die dorings val,
saaier, saai! en sê: ‘ik sal!’
Die Saaier is 'n bundel versamelde gedigte uit Die Brandwag en ander tijdskrifte. Dit bevat meestal korte gediggies, invallende gedagtes so tussen die sleurwerk deur, oor mense en dinge, oor die raadsele van die lewe, oor die natuur, oor God. Dikwels hoor 'n mens hier die denker, die vorser wat soek om deur te dring | |
[pagina 200]
| |
tot die agtergrond van die verskijnsele om hom heen, en wat onbewus streef om sij volk voor te lig:
Ondersoek alle dinge.
Op skool het ou meester ons altijd gesê:
‘Kindertjies, wie wil nog uitleg hê?
Vrees nie, maar vra als jou blief.’
Die skool is nog daar, en die meester is God.
‘Vrees nie, maar vra,’ is Sij wens en gebod -
God het die vrager lief.
Vandaar menige vraag ook bij die digter: Waarom,
waarheen,
vanwaar
'n mensie hier, 'n starre dáar?
So peil die vraag van eeuwe nog
uit hart en oog
omhoog...
En elders: Hoe is al wat is?
Ons wens dat ons wis.
En 'n kleinheid gevind
maak ons blij soos 'n kind
wat gehoor het
iets wat hij herken,
sinds sij thuis-daë ontwen
en verloor het.
Maar ons voel: dit is wel
dat daar perk is gestel
aan ons wense, -
soveel skoner die dag
wat ons ander-kant wag,
oor die grense.
Nederige vroomheid en kinderlik vertrouwe spreek uit menige vers, soos b.v. in Gebedjie: Als ik 'saands mij kindjie sien,
geknield aan sij moeders skoot,
dan denk ik aan haar wat mij moeder was -
mij moeder lank al dood.
Dis die selfde gebedjie nog
wat ik toen het opgesê,
en 'k sê dit nog soos mij kindjie op,
eer 'k mij te ruste lê:
| |
[pagina 201]
| |
‘Ik ben 'n kindjie klein,
O, maak mij hartjie skoon,
opdat daar bowe U, o Heer,
tog niemand in mag woon.’
Daar is enkele gedigte van vaderlandse inhoud, waaronder Dingaansdag, herinnerend aan The Charge of the Light-Brigade van Tennyson, met enkele mooi skilderende strofes; Na Blouwkrans, 'n dramatiese fragment uit die voortrek, waarin die Afrikanervrouw verheerlik word, soos ook in Bij die Vrouwebetoging. Papbroek-land is 'n geestige satire op die papbroeke en lamsakke wat niks voel vir taal en nasionaliteit nie. Verder die treffende reëls op die dood van President Steijn: Dis skoon vir 'n held om te val
aan die voete van wie hij gedien het,
skoon vir sij skeidende gees
dat moeders die laaste nog wees
wat sij sterwende oog gesien het.
Maak hom 'n graf op die grond
wat sij liefde gewij en geseën het:
dis skoon vir 'n held om te rus
aan die voete van wie hij beween het.Ga naar voetnoot1)
En hierdie puntdig op die Uitvaart van Mevr. Genl. Joubert: Stille moeder, vaarwel!
Uw liefde sal weeg en uw lije sal tel
als die som eendag geld van die trane en rouw
wat 'n nasie bouw.
Daar is verder enkele brokkies lewende natuur, soos alleen Celliers die kan weergee: Stille Werkers, 'n gevoelige silhoeët ‘teen rooi van awend-lug’; Namakwa Duifies; Op 'n aandwandeling; Waghondjies, ‘een geestig krabbeltje dat Busch en | |
[pagina 202]
| |
Hendschel jaloersch zou maken’. Een mooi pendant van die laaste is die volgende ‘krabbeltje’ van Ma en Pietjie: Dis moeder Makou en haar kleine Piet.
Als jij nader kom, dat sij dit siet,
dan lig sij haar kop en kijk vir jou
alsof sij vra: ‘Wat is dit nou,
wil jij Pietjie hê, wil jij Pietjie steel -
mij liewe klein bolletjie goud-verweel?’
En sij sê met haar omdraai en skuddende stert:
Nee, die hele wereld is Pietjie nie werd, -
kom, ons loop.’ En hij volg haar in trippeldraf klein
op sij sagte voetjies van geel satijn.
Als sij waak, sit hij slaap, onbewus van haar angs,
of hij trippel rond op 'n goggatjies-vangs,
pik mis en te laat naar 'n motjie wat vlug,
en struikel onhandig en val op sij rug.
Die wereld daar-buite mag staan of mag val,
ons erf is, vir Pietjie en Ma, die heelal,
want Ma het vir Pietjie en Piet het vir Ma, -
daar 's niks wat hul meer van bul daggie vra
dan, totdat hul daggie word opgesê,
net lief te hê, net lief te hê.Ga naar voetnoot1)
En eindelik die volgende besielende oproep aan Jong-Suidafrika, karakteristiek vir Celliers se eie lewensopvatting:
Komaan!
Daar 's 'n nasie te lei,
daar 's 'n strijd te strij,
daar 's werk!
Daar 's nie naar guns of eer te kijk,
daar 's nie naar links of regs te wijk,
daar 's net te swijg en aan te strijk,
Komaan!
| |
[pagina 203]
| |
Wees trouw!
Daar 's 'n volk te leer
om sigself te eer,
te bouw,
om God, om God alleen te vrees,
aan aard en taal getrouw te wees, -
gesond en waar van hart en gees,
Komaan!
Wees fier
op 'n voorgeslag waard,
in wil en daad
gespier!
Hul lewensweg het ons gewijs
om trouw te wees aan waarheids eis, -
wie laak mag laak, wie prijs mag prijs,
Komaan!
So verskijn Jan Celliers ons in sij gedigte als 'n vrome, stilbeskeie, stoere werker, met 'n ope oog en 'n ope hart vir wat daar goeds en skoons is in die lewe, met 'n onwrikbare geloof in die toekoms van sij volk en vaderland: Ik voel nog so fris, of die strijd net begin,
en kijk met 'n glimlag die toekoms in,
soos mij vlaktes so vrij,
soos mij blouw lug so blij,
want ik voel ik kan aanhou en weet ik sal win
in mij land Suid-Afrika!Ga naar voetnoot1)
|
|