Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekendAfrikaans in die skoolwêreld.Omdat die Afrikaanse taalbeweging sig aanvankelik weinig met die skool bemoei het, en Afrikaans eers sedert die Provinsiale Raadsbesluite van 1914 'n aktuële skoolvraagstuk geword het, dagteken die belangstelling daarvoor in offisiële onderwijskringe eers uit later tijd. Tog was die kwessie ook vroeër af en toe ter sprake in vaktijdskrifte en op onderwijskongresse; en hoe Afrikaans langsamerhand ook tot die skoolwêreld deurgedring het, kan die beste waargeneem word in die offisiële organe van die Hollands-Afrikaanse onderwijsersvereniginge in Kaapland, Vrijstaat en Transvaal. | |||||
[pagina 73]
| |||||
Kaapland.Soos reeds vermeld, was die redaksie van De Unie, orgaan van die Z.A.O.U.Ga naar voetnoot1), die beweging nie gunstig gesind nie.Ga naar voetnoot2) Op die tweede Z.A.O.U. kongres in Des. 1906, werd die vraag gestel: ‘Welke houding moet de Z.A.O.U. aannemen ten opzichte van de Afrikaanse taalbeweging?’ Uit die bespreking het al dadelik geblijk dat onder die geledere van die Z.A.O.U. 'n sterke antipathie bestaan het teen die beweging. ‘Men vergete niet dat Afrikaans, hoe goed en mooi ook, geen “kultuurtaal” is, en dat de strijd van Afrikaans tegen Engels een Leonidastegenstand is! Eens zal waarschijnlik de tijd komen, na 50, of 100 of misschien 200 jaar, dat Afrikaans een “kultuurtaal” wordt, doch als het tot die tijd alleen moet staan in zijn strijd tegen de machtige Engelse taal, dan zal het reeds lang te voren uitgestreden en gedood zijn!’Ga naar voetnoot3) Die verste wat die kongres dan ook kon meegaan met die beweging was om de A.T.V. bij monde van die voorsitter, dr. Viljoen, van sij steun te verseker ‘voor zover deze de spreektaal wenst te veredelen.’ Die kongres was dus blijkbaar van oordeel dat daar nog 'n ander soort taal moet bestaan het als die spreektaal!Ga naar voetnoot4) Daarmee was Afrikaans voorlopig aan die sorg van die A.T.V. toevertrouw, tot dat dit op die negende kongres van die Z.A.O.U. in Des. 1913, weer ter sprake gekom het naar aanleiding van 'n referaat in Afrikaans deur H.J.J. van der Walt (Steynsburg) oor die vraag: ‘Voorsien ons onderwijsstelsel in die behoeftes van land en volk?’ Met nadruk het die spreker gewijs op die inkonsekwensie om jaarin en jaaruit te ijwer vir die moedertaal-beginsel op die skool, en tog met alle mag te blij vasklem aan... Hollands! Nog op 'n vorige kongres in Des. 1911, was deur dr. G.G. Cillie 'n voorstel bepleit om die dubbele medium (Engels naas Hollands) nie vòòr die sesde leerjaar in te voer nie. Die spreker | |||||
[pagina 74]
| |||||
het hom daarbij beroep op die uitsprake van die Imperiale Opvoedingskonferensie van Londen (1911), met name op Owen Edwards van Wallis, ‘die met nadruk erop gewezen had, dat 'n kind in Wallis, dat door zijn moedertaal (“Welsh”) onderwijs ontvangen had, later beter Engels sprak, dan een kind dat onmiddellik met Engels als medium begonnen was.’Ga naar voetnoot1) ‘En als opvoedkundige’ - aldus dr. Cillie - ‘protesteer ik ten enemale tegen het aanleren van een tweede taal vóór men de moedertaal - pardon: huistaal! - behoorlik kent.’Ga naar voetnoot2) Die logiese gevolgtrekking uit dit alles - die Afrikaanse huistaal als taal en voertaal dwars deur die skool, en Hollands naas Engels alleen als vaktaal! - het vlak voor die hand gelê. Maar hierdie huis- en moedertaal pleidooi was ten gunste van... Hollands!Ga naar voetnoot3) Op bowegenoemde kongres (1913) was, naar aanleiding van genoemde referaat, die volgende voorstel ingedien: ‘Betreffende moedertaalonderwijs op onze scholen meent dit kongres dat in gevallen van Hollands als “moedertaal” verstaan moet worden de gewone spreektaal-vorm van onze taal,’ - maar verworpe deur... Afrikaanse onderwijsers! Die verste wat die mense eindelik, na ernstige beraadslaging, kon kom was om te verklaar ‘dat bij het aanvankelik onderwijs van afrikaanse kinderen de afrikaanse vorm van het Hollands dient gebruikt te worden, en dat de Hollandse vorm geleidelik moet worden ingevoerd’Ga naar voetnoot4) Dit was ten minste 'n offisiële bekragtiging van wat, uit die aard van die saak self, seker lang reeds bij die aanvangsonderwijs van toepassing gewees het, vir sover die nie Engels was nie. Die Provinsiale Rade moes egter eers deur wetgewing die aandag van ons onderwijsers bij 'n konsekwente toepassing van die moedertaal-beginsel bepaal. De Unie was dan ook gladnie in sij skik met die Langenhoven-besluit nie. ‘Hier ligt een slang in het gras, en hier liggen moeite en verdriet. En van die dingen hebben wij meesters toch al meer dan genoeg’ - skrijf ‘De Optimist’ op tamelik pessimistiese | |||||
[pagina 75]
| |||||
toon naar aanleiding daarvan.Ga naar voetnoot1) En tog is dit merkwaardig dat De Unie bij die bespreking van nuwe Hollandse leesboeke vir die skool, voortdurend daarop gehamer het, en ook volkome tereg, dat sulke boeke ‘in Afrikaanse geest’ geskrijwe moes wees om aan hulle doel te kan beantwoord. Maar niettemin moes die onmoontlike dualisme van 'n Afrikaanse gees in 'n Hollandse liggaam gehandhaaf blij. Geen wonder dat die resultaat die Afrikaanse taalgevoel ewe min kon bevredig als die Hollandse, omdat so'n lewensgevaarlike operasie in die meeste gevalle die dodelike verminking van beide Afrikaanse gees en Hollandse liggaam tengevolge moes hê. Die Z.A.O.U. het sig voorlopig nie baje oor die raadsbesluit in sake Afrikaans bekommer nie. Op die volgende kongres in 1915 was die saak selfs nie eens ter sprake nie. Maar op die duur was so 'n Gallio-houding nie vol te hou nie, en op die kongres van 1916 werd die saak dan ook eindelik met erns aangepak in 'n referaat oor ‘Afrikaans als voertaal op onze scholen’ deur S.G. Joubert (Tulbagh). Die veelbesproke ‘Taalordonansie van 1912’, waarin bepaal was dat ‘de voertaal bij het onderricht van ieder leerling in alle standaarden van een openbare school tot en met de 4de standaard, is de huistaal van de leerling,’ werd vir die eerste maal konsekwent opgevat in die sin dat Afrikaans in plaas van Hollands behoort gebruik te word - reeds sedert 1912 volgens daardie ordonansie moes gebruik geword het! - en nie alleen tot die vierde leerjaar nie, maar dwarsdeur skool en universiteit; of soos die voorsitter dit uitgedruk het: ‘elk kind onderwezen van z'n A.B. tot z'n B.A. door 't medium der media - de taal die z'n moeder spreekt!’ Die volgende voorstel werd eenparig aangeneem: ‘Het kongres heeft met genoegen vernomen dat er reeds wetgeving ingebracht is geworden voor wat betreft de Afrikaanse taal op de scholen en verzoekt het bestuur bij de autoriteiten erop aan te dringen, de Afrikaanse taal ook na Std. IV op de scholen en bij de universiteit als spreek- en schrijftaal (vak en medium) toe te laten.’Ga naar voetnoot2) Eindelik is op die jongste kongres (Des. 1917) met 5 teenstemme | |||||
[pagina 76]
| |||||
Afrikaans naas Hollands tot offisiële taal van die Z.A.O.U. verklaar. Een van die laaste besware was nog dat die Z.A.O.U. opgerig was om die belange van die ‘Hollandse taal’ te behartig, en ‘wanneer onderwijzers het kind Hollands moeten leeren, doch die taal zelf niet gebruiken, handelen zij vals.’Ga naar voetnoot1) Langenhoven was bij hierdie debat aanwesig en het die teenstanders versoek om konsekwent te handel, en dus ook in hulle huisgesinne Hoog-Hollands te praat; want als Afrikaans vir die kongres vernederend was, dan moes dit sulks ook vir die huisgesin wees. Op voorstel van dr. Cillie werd verder eenparig besluit om bij die Administrasie aan te dring op uitbreiding van die raadsbesluit van 1914, ten einde Afrikaans ‘als taal en voertaal op de lagere school’ ingevoer te krij. Veral die houding van dr. Cillie, aanvankelik een van die heftigste teenstanders van Afrikaans, is tekenend vir die gewijsigde opvattinge wat gaandeweg in onderwijskringe deurgedring het. Dit word egter meer dan tijd om op te hou met resolusies passeer, en die hand aan die ploeg te slaan, soos reeds sedert begin 1917 in die noordelike provinsies gedaan word. | |||||
Transvaal.Daar is reeds op gewijs dat De Unie en Het Kristelik Schoolblad, orgaan van die Transvaalse onderwijsers, dit roerend met mekaar eens was ten opsigte van die ‘vermetele onbesuisdheid’Ga naar voetnoot2) van die Afrikaans-skrijftalers. Waarom Afrikaans dan ook eers op die 15de jaarvergadering (April 1912) van die V.V.O.O.Z.A.Ga naar voetnoot3) offisieel te sprake gekom het, en wel op 'n enigssins vreemde wijze. Deur die afd. Lichtenburg was 'n voorstel ingedien ten effekte, dat die tijd gekom was om 'n kommisie te benoem ten einde ‘de Afrikaanse taal te herzien en zò te verbeteren wat taal en spelling betreft, dat de Afrikaanse taal de Hollandse taal op onze scholen zo spoedig mogelik als medium van onderwijs vervange.’Ga naar voetnoot4) | |||||
[pagina 77]
| |||||
‘Lichtenburg wierp 'n klein bommetje in de vergadering’ - skrijf 'n korrespondent - ‘met z'n beschrijvingspunt om 't Afrikaanse medium op onze scholen in te voeren. Gelukkig wist de voorzitter met de hulp van prof. le Roux, de schade door de ontploffing aangericht, tot 'n minimum te beperken. We hopen, dat de Lichtenburg broeders zijn heengegaan met de overtuiging, dat de tijd nog niet rijp is hun wensen in vervulling te doen treden...’Ga naar voetnoot1) Die voorsitter het daarop gewijs dat die voorstel in daardie vorm nie bespreek kon word nie, omdat 'n taal als sodanig nie vir hersiening of verbetering vatbaar was nie. Lichtenburg het egter voet bij stuk gehou, en na 'n warme diskussie moes die vergadering verdaag word. Bij nadere oorweging het Lichtenburg sij voorstel toe als volg gewijsig, waarop dit unaniem aangeneem is: ‘Deze vergadering is van oordeel, dat de tijd gekomen is om Afrikaans in onze scholen als medium van onderwijs in de aanvangsklassen toe te laten.’ Gewoonlik werd, na afloop van die jaarvergaderinge, alle besluite ter kennis van die Direkteur van onderwijs gebreng. Sij antwoord op hierdie besluit was: ‘Door de onderwijswet van 1907 wordt de moedertaal voorgeschreven als medium van onderwijs in stds tot en met de 3de, en door de Taalordonnantie van 1911 wordt de huistaal als medium van onderwijs voorgeschreven in stds. tot en met de 4de. Het besluit schijnt dus onnodig’Ga naar voetnoot2) Dit was 'n sakelike antwoord en 'n kopskoot vir die Transvaalse onderwijsers! En dis seker merkwaardig dat 'n Engelsman ons Afrikaanse meesters moes kom beduie wat die moedertaal en huistaal van hulle kinders was. Alsof hij wou sê: als Afrikaans nie die moedertaal is van die Afrikaanse kind nie, wat is dit dan? Maar die merkwaardigste is, dat die Transvaalse meesters hierdie teregwijsing blijkbaar nie verstaan het nie, want op die volgende jaarvergadering (1913) het die afd. Ventersdorp weer dieselfde voorstel ingedien als Lichtenburg. Na enige diskussie het die voorsitter die besluit van die vorige jaar voorgelees met die antwoord van die Direkteur daarop, en... ‘daar de | |||||
[pagina 78]
| |||||
inleider nu tevreden is, wordt van de zaak afgestapt!’Ga naar voetnoot1) Hierdie bedroewende klugspel van Afrikaanse pedagoge is geen ongewone verskijnsel in ons land nie. Daar word baje kongresse gehou en telkens breed en lang oor onderwijssake geredeneer, en eenstemmige resolusies gepasseer, maar als dit op die praktijk aankom, dan sit die een vir die ander en kijk. Al van 1907 af het die Transvalers volgens wet die reg gehad om Afrikaans op die skool te gebruik, en Preller het indirek sij uiterste bes gedaan om hulle daarop attent te maak, en tog kom hulle soveel jaar later nog vra of hulle dit mag doen! En dis te begrijp, dat 'n Engelse direkteur van onderwijs hom nie van sij kant sou gaan warm maak vir 'n saak, waaroor die Afrikaners dit nie self met mekaar eens was nie. Dit lijk of die Afrikaanse Taalgenootskap in Pretoria, getrouw aan sij politiek om buite skoolsake te blij, dit niet nodig geag het om die onderwijsers op hulle inkonsekwensie te wijs nie. En so het hulle op die direkteur gewag en die direkteur op hulle, totdat die Provinsiale Raad in 1914 eindelik die knoop deurgehak het. Die drie Raadsbesluite in sake Afrikaans staan in die Aug.-nommer (1914) van Het Kristelik Schoolblad afgedruk, sonder kommentaar! En wat nog opmerkeliker is, op die jaarvergadering van 1915 werd met geen enkele woord melding gemaak van die brandende kwessie, waardeur die hele Afrikaanse pers in beroering gebreng was, - nie in die jaarverslag van die sekretaris nie en nog minder in die openingsrede van dr. Hoogenhout, een van Preller se warmste medestanders en mede-oprigter van die Afrikaanse Taalgenootskap.Ga naar voetnoot2) Ewemin was dit die geval op die jaarvergadering van 1916, wat des te opmerkeliker is, omdat verskillende Provinsiale Raadslede bij die geleentheid teenwoordig was en Van Veyeren die vergadering toegespreek het o.a. oor die taalkwessie. Alleen word vermeld dat die volgende voorstel van Marico aangeneem werd, met weglating van die laaste deel daarvan: ‘Deze afd. vraagt het Kongres om de beste middelen aan te wenden om Afrikaans als vak zo spoedig mogelik in | |||||
[pagina 79]
| |||||
onze scholen in te voeren, alsook de Synoden van de verschillende kerken hierover te naderen.’Ga naar voetnoot1) Die kongres het dus alleen van die vraag kennis geneem, sonder om verder oor die beraming van die middele te beraadslaag. Dit alles is merkwaardig, gesien dat op dieselfde moment 'n Vrijstaatse onderwijserskongres in vuur en vlam was oor Afrikaans en moedertaal-onderwijs in kristelik-nasionale gees! In plaas van hulle aandag te wij aan 'n lang verwaarloosde lewensbeginsel vir die tog reeds so lang bestiefmoederde Afrikaanse kind, het 'n vergadering van Transvaalse meesters geduldig sit en luister naar 'n redevoering van die Direkteur van Onderwijs oor... die oorlog! Waarin hulle op die hart gedruk werd van hulle ‘plicht zowel als voorrecht’ gebruik te maak om ‘bij elke gelegenheid een positieve en bepaalde verklaring te geven van de rechtvaardigheid van de zaak, waarvoor wij vechten... Gode zij dank, wij kunnen dit doen zonder blozen. (Het die herinnering aan die Boere-oorlog hier deurgeskemer?) Het is, ik herhaal, nodig dat elke jongen en elk meisje op de banken van onze scholen weten, dat het Grote Rijk, waartoe wij de eer hebben te behoren, nooit met een schooner geweten in het veld gegaan is... Door verhalen van de dapperheid onzer soldaten moeten de (Transvaalse) kinderen tot trots en enthoesiasme voor de zaak van de geallieerden opgewekt worden. Zij moeten gevoelen, dat de zaak hun eigen zaak is, en dat zij niets beters kunnen doen dan iets op te offeren. hun leven zo nodig, voor het Rijk, dat een waarborg van vrijheid is.’Ga naar voetnoot2) Een les in oorlogspedagogiek! Die verslag maak nie melding daarvan hoe hierdie rede aangehoor werd nie. Maar indien ooit, dan was hier die Bijbelwoord van toepassing: ‘Ik zeg ulieden, dat, zo deze zwijgen, de (graf) stenen haast roepen zullen?’Ga naar voetnoot3) Die Afrikaanse Taalgenootskap in Pretoria het ten slotte die saak aangepak en 'n deputasie afgevaardig naar die Administrateur en Uitvoerende Komitee van Transvaal, om 'n bietjie te gaan gesels oor die uitvoering van die besluit-1914. Die gevolg hiervan was 'n nuwe besluit-1916: ‘Dat in alle lagere scholen | |||||
[pagina 80]
| |||||
van de Transvaal-Provinsie waar Afrikaans als voertaal ingevoerd isGa naar voetnoot1) (behalve waar schoolkommissies de voorkeur geven aan Hollands) Afrikaans ook als Taal moet onderwezen worden, met dien verstande dat deze bepaling in werking zal treden:
En so is daar dan eindelik 'n begin gemaak met Afrikaans. En blijkens die rapporte van die Transvaalse inspekteurs het die nuwe maatreël ‘reeds 'n seer heilsame uitwerking’ gehad.Ga naar voetnoot3) Dat Afrikaans sedert ook 'n kongres-onderwerp geword het, blijk uit die volgende: ‘Deze Algemene Vergadering (van Transvaalse onderwijzers, 1917) draagt het Hoofdbestuur op om 'n Kommissie van Advies te benoemen in zake 't Afrikaans als medium van Onderwijs en Eksamen. Deze kommissie plege overleg met de Z.-A. Akademie en 't Afrikaanse Taalgenootskap, doe aanbevelingen bij de autoriteiten en rapportere over haar werkzaamheden op 't e.k. Kongres.’Ga naar voetnoot4) | |||||
Die Vrijstaat.In teenstelling met die ander provinsies slaan die Vrijstaatse onderwijsers 'n veel gunstiger figuur ten opsigte van Afrikaans. Dit blijk al dadelik uit Het Schoolblad - The Teacher, die orgaan van die O.V.S.O.V.Ga naar voetnoot5) Omdat hierdie vereniging bestaan uit Afrikaans-sprekende sowel als Engels-sprekende onderwijsers, het die blad van sij ontstaan in Julie 1909 af, bijna angsvallig die tweetalige beginsel in toepassing gebreng, t.w. volkome gelijke regte vir Hollands en Engels, wat trouwens reeds deur sij naam aangedui word. Alle offisiële mededelinge het tegelijk in albei tale verskijn, en enige jare lang werd dan ook streng die hand aan die tweetalige medium gehou, so streng selfs dat om die | |||||
[pagina 81]
| |||||
maand Hollands en Engels mekaar afgewissel het, wat die voorrang op die tietelpagina betref. Dus vervolgens Het Schoolblad - The Teacher en The Teacher - Het Schoolblad om die beurt. Na 1914 het die blad egter gaandeweg van kleur verander. Bijdrae in Engels het al minder geword en in omgekeerde verhouding het Afrikaans veld gewin. Sedert 1917 bevat die blad nog maar bij uitsondering 'n artiekel in Engels, terwijl Afrikaans teenoor Hollands 'n oorwegende plek inneem; en sedert 1918 is ook die naam verander in Die Skoolblad - The Teacher. In beginsel word die dubbele medium dus nog gehandhaaf, maar Afrikaans het grotendeels die plek van Hollands sowel als Engels verower. Hieruit laat sig dus ook verklaar dat die Vrijstaters dadelik offisieel hulle instemming betuig het met die bekende Raadsbesluit-1914, soos blijk uit die volgende resolusie van die jaarvergadering-1914: ‘Die vergadering neem met genoege kennis van, en spreek sij warme waardering uit oor, die besluit van die Provinsiale Raad bij sij jongste sitting in sake die erkenning van die Afrikaanse taal als offisiële medium van onderwijs op onse skole, en onderneem geredelik aan hierdie besluit soveel mogelik uitvoering te gee; en ten einde sulks met sukses te doen, beveel hierdie vergadering aan dat aan Normaal (skool) studente, bij die praktiese voorbereiding soveel mogelik die geleentheid verskaf sal word om met die Afrikaanse medium bekend te word.’Ga naar voetnoot1) En op 'n Vrijstaatse kongres vir Kristelik Nasionaal Onderwijs op Bloemfontein gehou in April 1916, werd die volgende besluite geneem, wat vir sigself spreek: ‘Die kongres bring hulde aan die Afrikaanse Akademie vir wat hierdie liggaam al gedaan het en nog doen in verband met die uitgawe van Afrikaanse leerboeke vir die Lagere Skool en die daarstelling van 'n Afrikaanse spelsisteem. Die kongres versoek die Departement van Onderwijs beleefd dog dringend om voorsiening te maak dat 'n Afrikaner onderwijser minstens eenmaal per week aan Normaalstudente onderrig sal gee in Afrikaans. Die kongres rig een vriendelike versoek aan die a.s. Hoogeerwaarde Sinode om een kommissie aan te stel om op die kwessie van | |||||
[pagina 82]
| |||||
wenselikheid van die gebruik van Afrikaans in die Kerk in te gaan. Die lede van die kongres dring aan tijdig en ontijdig bij Skoolkommissie, bij Skoolraad, bij Dept. van onderwijs op doorvoering van die beginsel: moedertaal-onderwijs’Ga naar voetnoot1) Dat die Vrijstaatse sinode kort daarop Afrikaans als Kerk- en Bijbeltaal erken het, is reeds vermeld. Die Vrijstaatse onderwijsers het dan ook geen gras oor hierdie besluite laat groei nie, maar self die inisiatief daartoe geneem om Afrikaans op die skool ingevoer te krij. In Julie 1916 het 'n deputasie namens die hoofbestuur van O.V.S.O.V. 'n onderhoud gehad met die Administrateur en Uitv. Komitee, sowel als met dr. W.J. Viljoen Direkteur van onderwijs, waarbij definitiewe voorstelle gedaan werd om prakties uitvoering te gee aan die Raadsbesluit-1914, op dieselfde wijse als in Transvaal. Dr. Viljoen was intussen ook tot andere insigte gekom als in 1906 en het geredelik sij medewerking hiertoe verleen. Naar aanleiding hiervan skrijf Het Schoolblad (Aug. 1916) o.m.: ‘Die gebruik van Afrikaans als taal en medium op die skool kondig 'n nuwe tijdperk aan in die geskiedenis van onderwijs in S.A. Nou, vir die eerste maal, sal die Afrikaanse kind in der waarheid moedertaal onderwijs geniet. Dit is 'n groot gebeurtenis, en elke onderwijser wat die belange van opvoeding op sijn hart dra, moet meewerk om hiervan 'n volslae sukses te maak. En daartoe is nodig degelik voorbereidende studie. Die noodsakelikheid hiervan word erken op die Normaal Kollege, Bloemfontein, en daar word wekeliks 'n klas gehou in Afrikaans, wat uitstekend besoek word. Maar selfs die diensdoende onderwijsers het die voorbereidende studie nodig, want Afrikaans kom nie vanself nie.’ |
|