Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekendOns Moedertaal.Met die bowevermelde Raadsbesluite was die Afrikaanse taalbeweging 'n nuwe stadium ingetree, wat gekenmerk werd deur 'n hernuwde geesdrif en verhoogde aktiwiteit op taalgebied, wat in die naaste toekoms tot verreikende gevolge sou voer. Een van die eerste uitinge daarvan was die oprigting, in Julie 1914, van Ons Moedertaal als orgaan van die Stellenbosse A.T.V., onder redaksie van prof. J.J. Smith, dr. T.B. Muller en G.C. Tomlinson. Die blad was uitsluitend in Afrikaans gestel en werd dadelik na sij verskijning als offisiële orgaan van die Kaaplandse A.T.V, erken.Ga naar voetnoot1) Een tweede uiting was die bijeenroepe van 'n A.T.V. kongres in dieselfde maand op Stellenbosch (24-25 Julie 1914.) Dit was reeds te voorsien dat die Afrikaans-voorstanders, na die eerste offisiële erkenning van die volkstaal, nie langer met sulke beskeie eise als bij die aanvang van die beweging tevrede sou wees nie, maar dat hulle nou ook bij die Kerk en die Staat en die universiteit sou aanklop om erkenning. Temeer, omdat in hierdie tijd 'n geesdriftige groep propagandiste uit die geledere van Jong-Suidafrika prominent op die voorgrond begin tree het. Dit het dadelik geblijk uit die gees van die besprekinge op bowegenoemde kongres en uit die volgende eenstemmige besluite:
| |||||||
[pagina 55]
| |||||||
Terselfdertijd het die kongres deputasies benoem om hierdie besluite bij die betrokke liggame voor te dra en te bepleit. Die Stellenbosse kongresbesluite was oorsaak dat die taalstrijd onmiddellik met hernuwde heftigheid opgevlam het, feller nog dan in die eerste stadium van die beweging. Die gemoedere was alreeds ontstem deur die enigssins kwetsende toon, wat Ons Moedertaal van die begin af aangeslaan het. So het die redaksie b.v. in die eerste nommer van enkele Hollands-skrijwende krante gewaag als ‘verroeste remskoene’; en verder gesê dat ‘sommige predikante al moed begin te vat om hul plig teenoor hul gehoor na te kom, deur te preek (eweals Kristus gepreek het) in die eenvoudige, pittige, harttreffende taal van die volk, in plaas van hul diepste oortuigings te omsluier met die gelapte gordijn van 'n geijkte, afgesaagde amper-Nederlands’Ga naar voetnoot2) En nou nog sulke radikale eise op die koop toe - dit was te veel geverg ineens! Dit het briewe gereent in die pers. Die ‘taalfanatisme’ van sulke ‘revolutionaire taaldilettanten,’ wat selfs die Bijbel nie meer ontsien nie, moes gebreidel word. Wat sou daar oorblij van ‘onze oude, schone en geliefde Hollandse taal,’ als 'n taal wat ‘door indiese en mozambiekse kindermeiden verbasterd en ontaard’ is, nou ons skrijftaal moet word? Als Afrikaans ons moedertaal is, dan het ons net soveel moedertale als moeders, want elke moeder praat anders. Oorsetting in Afrikaans beteken die skending van die Bijbel, omdat julle eie woorde dan die plek van Gods woord sal inneem; dit sal ont- | |||||||
[pagina 56]
| |||||||
erend wees vir die Opperwese en aanstotelik vir die toehoorders om deur middel van jij en jou aangespreek te word, want u is nie Afrikaans nie! ‘Afrikaans als voertaal wil zeggen: weg met de Hollandse onderwijsers! Weg met de Hollandse Bijbel! Weg met de Hollandse predikanten! Weg met de verwantschap met de Hollanders! De dood aan het Hollandse element in Zuid-Afrika!’Ga naar voetnoot1) ‘Bezint eer ge begint,’ waarskuw De Unie.Ga naar voetnoot2) ‘Haast u toch langzaam!’ is die meer besadigde raadgewing van prof. De Vos.Ga naar voetnoot3) Dit beteken: ‘Blij vinnig stilstaan!’ antwoord die redaksie van Ons Moedertaal, ‘en so 'n raad deug gaar nie vir 'n jeugdige Afrikanerdom, wat die lewe in elke polsslag voel en wat die toekoms entoesiasties tegemoet sien.’Ga naar voetnoot4) Nog maandelang het hierdie polemiek voortgewoed en dikwels het beide partije hulle selfbeheersing kwijt geraak, wat nie juis bevorderlik was vir 'n sakelike en oortuigende gedagtewisseling nie. En tot vandag nog duik die gewone leke-besware telkens weer op. So skrijt b.v. die vorige jaar iemand, wat reeds van 1906 af teen Afrikaans polemiseer: ‘De bewering dat Afrikaans onze moedertaal is, werp ik als Afrikaner met verachting van mij, en ik ben er zeker van dat onze geachte voorvaderen, indien zij uit hun graven konden spreken, hun stemmen met verontwaardiging er tegen zouden verheffen...’Ga naar voetnoot5) Dis volmaak nutteloos om besware als die voornoemde te weerleg, want hulle sal nie verdwijn nie, voor en aleer die verkeerde insig waarop hulle berus en wat voortvloei uit 'n ingewortelde skrijftaal-tradiesie, nie deur wetenskappelike taalonderwijs uit die weg geruim word nie. Vir die meeste mense in Suid-Afrika is die taal-in-druk van die Bijbel en die boek, van vammelewe se dae af die enigste bestaande en erkende taalnorm gewees; en al wat maar enigssins daarvan afwijk - en daaronder in die eerste plaas hulle eie daelikse spreektaal - kannie 'n ‘taal’ wees nie, omdat dit 'n ander skrifbeeld vertoon als die tradisionele. En omdat die spreektaal nog nie kant en klaar bespelreël, begrammatiseer en beskoolmeester is nie, nog | |||||||
[pagina 57]
| |||||||
nie voldoende ‘durch Bücher gefesselt’ is nie, kan dit in hulle oë ook nog nie als gesaghebbende ‘boektaal’ naas of in die plek van Hollands gestel word nie. Van toepassing is hier die opmerking van Klaus Groth: ‘Es bezeichnet so recht unsere papierene Zeit, dasz für sie nur das lebt und existiert, was man zu Papier gebracht, beschrieben, notiert und registiert hat’Ga naar voetnoot1) Een jonger geslag sal denkelik eers leer insien, dat die gesproke taal die enigste werkelik bestaande norm is, waarnaar die skrifbeeld sig so nouwkeurig moontlik moet rig. ‘De school leert, dat de geschreven taal de echte taal is. In der waarheid is zij enkel de kopie, de verbeelding der gesproken taal. Maar het gezonde origineel wordt verwaarloosd, en wettige kracht heeft alleen: het namaaksel! Schrijvers en schoolmeesters hebben het in den loop der tijden zoo ver gebracht. Men keurt het model af als het zijn eigen slecht geschilderd portret niet nauw gelijkt. De schoolmeester herhaalt duizend en duizendmaal deze ongerijmdheid en leidt het kind van de levende, borrelende bron der ware taal af. Zoo versterft de taal, gaat dood, krimpt in, totdat de verkrachte natuur ongedwee wordt en men zich opnieuw tot de oude taal wendt en tot het volk’Ga naar voetnoot2) Prof. de Vos redeneer als volg en De Unie beaam dit: ‘Het Afrikaans nu schooltaal te gaan maken zal naar mijn overtuiging de nadeligste gevolgen hebben. Stel u voor een kind, dat in het huis niets anders dan het Afrikaans hoort, tot de vierde standaard ook geen ander Hollands op de school leert. Als het dan, gelijk zo velen doen, de school verlaat, hoe zal dat kind zijn Bijbel of enig ander hollands boek lezen, of een preek verstaan? Zal het dan hoegenaamd geen nut mogen hebben van de ganse nederlandse literatuur? Verlaat hij de school zo vroeg niet, dan moet dat arme kind, nadat het één soort van Hollands heeft geleerd, van voren af een ander soort Hollands gaan leren! Zal dat de belangen van het Hollands in ons land bevorderen?’Ga naar voetnoot3) Hieruit blijk 'n nog algemeen bestaande begripsverwarring ten aansien van die verhouding van Afrikaans tot Nederlands, alsof | |||||||
[pagina 58]
| |||||||
die eerste die laaste heeltemaal sou uitsluit. Een oomblik nadenke moet egter tot die insig voer, dat van sodanige uitsluiting a priori reeds geen sprake kan wees nie. Want kragtens die oorsprong daarvan uit 17de eeuws Nederlands, is Afrikaans - naar die bekende formule van Preller - ‘Hollands verrijk met die Afrikaanse woordeskat, en sagter en buigsamer gemaak (lees: geword) in 'n Afrikaanse vormleer. Dis al.’Ga naar voetnoot1) Woordeskat en sinsbouw is grotendeels dieselfde, temeer waar die eerste, sedert die meer algemeen skriftelike beoefening van Afrikaans, voortdurend uit Nederlands aangevul word. Maar die vorm; grammatika, taaleie, idioom, ‘genius of the language’ - noem dit wat 'n mens wil - is anders, is in essensie verskillend. En hoewel hierdie kenmerkende verskil aan die een kant groot genoeg is om Afrikaans tot 'n afsonderlike taal te stempel, is dit aan die ander kant klein genoeg om die twee taalvorme onderling nog volkome verstaanbaar te maak, al is een daarvan ook feitelik uitheems. Wanneer die kind dus met beskaafde Afrikaans op die skool begin, dan leer hij reeds, kragtens hierdie nouwe verwantskap tussen die twee tale, terselfdertijd Nederlands. En daarbij kom nog die groot voordeel, wat dadelik in die oog moet spring, dat hij begin met 'n van huis uit bekende taalvorm, in plaas van 'n uitheemse, waardeur hij èn taalkundig èn opvoedkundig normaal ontwikkel kan word. Prof. de Vos erken ‘dat het tans een hopeloze taak is de jeugd van ons volk er toe te brengen, het Nederlands als haar moedertaal te beminnen en aan te leren en vooral te spreken’Ga naar voetnoot2) En tog moet die onderwijser maar voortsukkel en sij tijd verkwis aan 'n hopelose taak, waar die plig is om die kind, wat vroeg die skool moet verlaat, tenminste 'n degelike kennis van sij eie taal te verskaf - en nasionale selfrespek in te boesem! - in plaas van 'n uiteraard hopeloos gebrekkige kennis van die Nederlandse grammatika, wat hom daarna des te vatbaarder maak vir die invloed van Engels. En als die kind, wat langer op die skool blij, na die vierde leerjaar 'n begin maak met die studie van Hollands, lê dit voor die hand - en reeds die allereerste | |||||||
[pagina 59]
| |||||||
resultate bewijs dit!Ga naar voetnoot1) - dat hij met veel meer gemak die Nederlandse vorm sal begrijp en selfs geheel meester word, vir sover dit nodig mag wees. Maar dit spreek vanself, dat dit dan oorbodig sal wees om die Afrikaanse kind, tenminste op die laere skool, nog te gaan lastig val en kwel met al die spitsvondighede van die Nederlandse grammatika. Omdat Nederlands die hoofbron is waaruit hij sij Afrikaans moet verrijk, sal dit voldoende wees als hij Nederlands kan lees en verstaan, sonder dit noodwendig grammaties te kan praat en skrijf. Op sigself kan daar natuurlik nie die minste beswaar teen bestaan nie, dat 'n mens soveel tale als maar moontlik sal leer praat en skrijf. Maar met 'n degelike kennis van Afrikaans hoef die kind nie nog daarenbowe 'n grondige kennis van die Nederlandse spraakkuns te besit nie, om met gemak van die Nederlandse letterkunde als sodanig te kan kennis neem. Dit blijk trouwens reeds hieruit, dat die meeste ouere mense geen noemenswaardige grammatikaal onderwijs geniet het nie en tog met gemak Nederlands lees en begrijp. Daarom is dit onbegrijpelik dat prof. de Vos kan beweer, dat die kind na 'n vierjarige kursus in Afrikaans geen Hollandse boek of preek sal verstaan nie. Soos Langenhoven dit uitdruk: ‘Als 'n kind nu met vierde standaardse Afrikaanse onderwijs gewapend, geen Hollandse spreek kan verstaan, dan zal de totaal onbestandaarde kerkganger die nog minder verstaan.’Ga naar voetnoot2) Die literatuur-beswaar is ewe denkbeeldig, want ‘die Nederlandse letterkunde is gemeenskaplike goed en sal dit ook altijd blij, solang als die twee taalvorme nog onderling verstaanbaar is. Maerlant behoort ewegoed tot die letterkunde van die Afrikaner, als Caedmon en Chaucer tot die van die Engelsman...’Ga naar voetnoot3) Buitendien is die meerdere of of mindere verstaanbaarheid van Hollands, al volg dit vanself uit 'n grondige kennis van Afrikaans, nie hoofsaak nie, omdat die Afrikaner nie net gedurig moet hoor en lees nie, maar ook en veral moet praat en skrijf! Die vooroordele teen Afrikaans als Bijbel- en kerktaal, hoe sterk ook, sou op die duur nie bestand blijk nie teen 'n steeds | |||||||
[pagina 60]
| |||||||
wassende stroom in die kerk self. Want in hierdie jare is dit juis 'n klompie jong theologe, wat 'n leidende aandeel het in die Afrikaanse taalbeweging, en binne twee jaar sou de kerk besef dat dit nutteloos was om nog langer teenstand te bied. |
|