Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekendOffisiële erkenning van Afrikaans.Die jaar 1914 sal vir altijd in die geskiedenis van die Afrikaanse taalbeweging met rooi letters aangeteken staan als 'n annus mirabilis, omdat in daardie jaar eindelik die allereerste en mees vanselfsprekende opvoedkundige beginsel deur wetgewing in Suid-Afrika erken geword is, namelik: dat die Afrikaanse kind sij eerste onderrig op skool sal ontvang in en deur middel van sij eie taal! Aan die invoering van Afrikaans op die skool is die naam van adv. C.J. Langenhoven onafskeidelik verbonde; en aan sij onversettelike wilskrag het die Afrikaanse kind dit te danke, dat hij vandag nie langer als 'n vreemdeling in sij eie land behandel word nie, en dat eindelik die grondslag geleg is vir die normale ontwikkeling van 'n eie kultuur. Dit was nie die eerste keer dat Langenhoven vir die erkenning | |||||
[pagina 49]
| |||||
van Afrikaans gepleit het nie. Reeds sedert jare had hij met besielde oortuiging geveg teen die ongesonde dualisme tussen praat en skrijf, en alleen die gunstige geleentheid moes sig nog voordoen om sij woorde ook in dade te kan omset. In 1911 skrijf Langenhoven naar aanleiding van die taalkwessie: ‘Hoe lank sal ons blij hink op twee gedagtes? Als Nederlands ons taal is, waarom praat ons hom nie? Als Afrikaans ons taal is, waarom skrijf ons hom nie? Is die één te hoog om te praat en die ander te laag om te skrijf? Dan is die posiesie eenvoudig dit: vir één soort gebruik is die taal van ons moeders nie goed genoeg nie, en vir die ander soort gebruik is die kinders van ons moeders nie goed genoeg nie. En so staat ons voor die oog van die wereld als die èèn en enigste nasie op die aarde, wat ons op die aansprake van ons moedertaal beroep, terwijl ons nie weet wat ons moedertaal is nie!’Ga naar voetnoot1) Uit so'n toestand sal nooit 'n letterkunde gebore word nie, en daarom behoort daar 'n end aan gemaak te word deur Afrikaans sonder versuim als offisiële skrijftaal te erken. Daar was selfs besliste voorstanders van Afrikaans, wat die laaste mening van Langenhoven bestrij het. Naar hulle oordeel was die tijd nog nie rijp om Afrikaans offisiëel, dus in plaas van Nederlands, als kultuurmedium te aanvaar nie. Kan ons die student belles lettres, wetenskappelike lektuur, teksboeke oor wijsbegeerte, theologie, regsgeleerdheid, skone kunste, ens. aanbied? vra adv. W.J. van Zijl.Ga naar voetnoot2) Is die kunsgevoel en skoonheidssin van ons skrijwers genoeg ontwikkel? Is ons wereldbeskouwing breed en ruim genoeg? Wat is ons letterkunde, vergeleke bij die van die Europese kultuurtale? Dit alles moes verkrij word deur gestadige evolusie en nie deur revolusie nie. Langenhoven het daar tereg op geantwoord, dat dit juis een van die dringendste redes was, waarom ons dadelik moes begin, begin die om die bron te suiwer waaruit al daardie armoede voortvloei, anders sou ons nooit daardie stadium bereik nie. 'n Mens leer nie swem op droë grond nie, en 'n kind wat heeldag op die arm gedra word, leer nie gouw loop nie.Ga naar voetnoot3) Langenhoven | |||||
[pagina 50]
| |||||
kon daar bijgevoeg het, dat dit 'n gebrek aan historiese perspektief openbaar, meer nog, dat dit eenvoudig 'n dwaasheid is om 'n begin-literatuur te wil gaan vergelijk met kunswerke wat die resultaat is van eeuwe en eeuwe beskawingsgeskiedenis en taalbeoefening. Want hoewel Suid-Afrika natuurlik nie vandag eers uit 'n ‘middeleeuwse’ slaap wakker word nie, maar reeds in meerdere of mindere mate deel het aan die algemene geestesbeskawing van die teenwoordige tijd, word al te dikwels uit die oog verloor dat ons, ten aansien van die beoefening van die volkstaal, nog maar in die stadium van die Afrikaanse ‘vroegrenaissance’ verkeer, en dus in die eerste plaas moet vra naar wat dieselfde periode bij die Europese kultuurvolke opgelewer het. En of ons vroeër of later tot dieselfde hoogte sal opklim, sal afhang nie van ons taal als sodanig nie, maar wel van die ontwikkeling van die volk wat die taal praat; en dis duidelik dat hierdie ontwikkeling alleen moontlik is, wanneer dit tewens gegrond is op die sistematiese beoefening van ons eie spraak. Langenhoven het hom egter nie laat ontmoedig nie deur medestanders, wat ‘briek aangedraai het teen die opdraand uit’, maar die eerste geleentheid aangegrijp om 'n besliste poging te waag. Met die eersvolgende sitting na sij verkiesing tot lid van die Kaapse Provinsiale Raad, het hij, na sorgvuldige voorbereiding agter die skerme op 25 April 1914 die volgende voorstel ingedien en bepleit: ‘Deze Raad hecht zijn goedkeuring aan de toenemende handhaving door het onderwijsdepartement van deze Provinsie van het gezonde beginsel van onderwijs door medium van de moedertaal der leerlingen, zoals neergelegd in de onderwijsordonantie; en beveelt aan, dat dat beginsel verder uitgebreid worde door het gebruik van Afrikaans-Hollands als medium op onze lagere scholen tot en met de vierde standaard, waar het Hollands volgens wet de voertaal is; mits dat geen leesboeken, in het Afrikaans geschreven, voorlopig worden toegelaten, tenzij dezelve voorzien zijn van een getuigschrift van goedkeuring door een of meer personen van erkende bevoegdheid, daartoe benoemd door hetzij de Superintendent van Onderwijs, hetzij de “Zuid-Afrik. Akademie voor Taal, Letteren en Kunst”, en mits het gebruik van zodanige leesboeken niet toegelaten worde waar het betrokken schoolkomitee bezwaar ertegen heeft.’Ga naar voetnoot1) | |||||
[pagina 51]
| |||||
Dit was tenslotte so'n vanselfsprekende maatreël, dat selfs die Engelse lede in die Raad daar geen beswaar teen gemaak het nie, sodat dit bij eenparig besluit deurgegaan het. Hierdie onverwagte sukses het nie sonder uitwerking geblij op die noordelike provinsies nie. Met verrassende snelheid het hulle die voorbeeld van Kaapland gevolg, deur ongeveer tegelijk die volgende mosies, eweneens bij eenparig besluit, aan te neem: | |||||
Oranje Vrijstaat (15 Junie 1914 - voorsteller Havenga):Deze Raad is van gevoelen, dat ten einde de voorschriften van Ordonantie no. 2 van 1912, met betrekking tot onderricht in en door middel van de ‘huistaal’, behoorlik uit te voeren, het woord ‘huistaal’, voor zover het Hollands bedoeld is, dient opgevat te worden in de zin van Nederlands en Afrikaans, en yerzoekt het Uitvoerend Komitee de nodige stappen te doen om naar gelang van omstandigheden deze uitleg bij het Openbare Onderwijs prakties toe te passen.’Ga naar voetnoot1) | |||||
Transvaal (24 Junie 1914 - voorsteller Ludorf):‘Deze Raad, lettende op het feit dat de huistaal der leerlingen van de lagere school, vooral in de buitendistrikten van deze Provinsie, overwegend Afrikaans is; en lettende op de omstandigheid, dat tans het onderwijs aldaar niet door middel van de huistaal der leerlingen geschiedt, en om die reden minder doeltreffend is; en lettende verder op de wenselikheid om in het belang van het onderwijs het gezond pedagogies beginsel van huistaal-medium in algemene toepassing te brengen, besluit het Uitvoerend Komitee op te dragen ervoor te zorgen dat:
Met hierdie besluite was egter nog maar die eerste stap gedaan, en Langenhoven het ingesien dat dit nou veral saak was om sorg te dra dat daaraan ook inderdaad uitvoering sou gegee | |||||
[pagina 52]
| |||||
word. Daartoe was in die eerste plaas nodig, dat sonder versuim voorsiening gemaak sou word vir die nodige leermiddele in Afrikaans. En aangesien dit nie waarskijnlik was dat die betrokke onderwijs-autoriteite hulle voorlopig erg warm sou maak oor Afrikaans nie, was die Akademie die aangewese liggaam om in hierdie saak die voortouw te vat. Maar ongelukkig kon daar nog nie op die onverdeelde steun van die Akademie gereken word nie. Daarom het Langenhoven die eerste geleentheid te baat geneem om op die volgende Akademie-sitting, wat kort daarop geval het (Bloemfontein, 2-4 Julie 1914) sekere voorstelle in die rigting in te dien en te ondersteun met 'n deurwrogte lesing oor ‘Afrikaans als voertaal,’ in die woorde van Preller, - ‘een der krachtigste en welsprekendste argumenten voor 't Afrikaans, waarnaar spreker ooit heeft mogen luisteren.’Ga naar voetnoot1) Nog eens het Langenhoven daarin met hartstogtelike oortuiging gepleit vir Afrikaans, en veral nadruk gelê op die grondoorsaak van die afwesigheid van 'n eie literatuur - een van die hoofbesware van die teenstanders: ‘Die inspirasie ontbreek! ontbreek!! ontbreek!!! in ons heerlike Suid-Afrika, waar elke berg en elke vlakte skreeuw om digters, waar elke tafereel uit ons roemrijke geskiedenis skreeuw om skrijwers. En diè kostelike erfenis, wat ontgin moes word om ons volk te besiel met 'n hartstogtelike besef van wat hij is en waar hij vandaan kom, word verwaarloos: nie net agtelosig verwaarloos nie, maar opsettelik afgesluit onder strenge waarskuwing: “Geen Toegang! Op las van die Staatsman, van die Leraar, van die Onderwijser.” En generasie op generasie het onse Vondels en Goethes en Miltons daar verbij gegaan worstelende om verlos te word uit hulle barensnood, om die lewende siel vir hulle volk voort te breng volgens die ingewing en bevel van hulle God, en het die uithangbordjies gesien en maar aangehou op hulle onvrugbare weg naar die graf. Baje van hulle is reeds daar vergaderd, menere, en ons kan geen één van hulle terugroep nie. Hulle werk is vir eeuwig vir ons veriore - vir ons Afrikaners wat dit die minste van alle volke kan mis. Was ons alleen in ons land, net ons Afrikaners alleen, dan was dit gruwelik om ons nasie deur kunsmatige afsluiting | |||||
[pagina 53]
| |||||
ontstoke te hou van die kultuur-voorregte tot opbouw van verstand en siel, gevoel en vernuf, karakter en burgerskap, wat die taken for granted alledaagse besitting van ander nasies is. Maar ons doen dit in 'n land waar onse wedijweraars ten volle, ja tot owervloed toe, toegerus is met die wapens wat ons met voorbedagte raad vir ons eie mense uit die hande hou.’Ga naar voetnoot1) Die teenstander beweer: ‘Afrikaans is nog nie 'n gevormde skrijftaal nie: ergo, ons kan hom nie als skrijftaal aanneem nie. Ons onderwijsers is self nie deur behulp van hom als medium opgelei nie: ergo, hulle is onbekwaam om hom als medium te gebruik bij die onderrig van andere. En daarom sal ons wag, terwijl éen generasie na die ander verbij gaat, totdat die sonder vorming gevormde skrijftaal, en die sonder ontwikkeling ontwikkelde kultuurtaal, en die sonder opleiding opgeleide onderwijsers, plotseling deur die tussenkoms van 'n deus ex machina uit die hamel val’.Ga naar voetnoot2) Langenhoven besluit met die volgende woorde: ‘Dit was die allerlaaste pleidooi waarvoor ooit gelegenheid of noodsakelikheid moes bestaan het: die smeekstem van 'n Afrikaner met mede-Afrikaners om te erken wat sijn en hulle s'n is, wat dit tog maar altijd sal blij, wat nie van die gehalte is om ons voor te skaam nie. Te skaam nie, menere! Skande op daardie skaamte! Dis ons kostelikste roem, ons hoogste besitting: die één enigste witmans-taal, wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater klaar gekom het nie, wat die spore van die lief en leed draag van alles wat ons en onse vadere hier deurleef en deurworstel en deurtriumfeer het; die één band wat ons als nasie aanmekaar heg: die uitgedrukte siel van ons volk.’Ga naar voetnoot3) Met twee teenstemmeGa naar voetnoot4) het die Akademie daarop, op voorstel van Langenhoven, sij goedkeuring geheg aan die Provinsiale Raadsbesluite in sake Afrikaans, en met die oog daarop 'n kommissie benoem om onverwijld in oorleg met vakkundige persone 'n begin te maak met die opstelle van die vereiste leermiddele. | |||||
[pagina 54]
| |||||
In Kaapland was toe reeds 'n soortgelijke kommissie aan die werk. Dit sou egter nog drie jaar duur alvorens die betrokke onderwijsdepartemente, op inisiatief en aansporing van die Afrikaanse Taalgenootskap, 'n daadwerkelike begin sou maak met die invoering van Afrikaans op die laere skool. |
|