Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 45]
| |
Die Brandwag.Op die eerste jaarvergadering van die Afrikaanse Taalgenootskap in Okt. 1907, was die kwessie van 'n eie orgaan ter sprake gebreng. Eenparig was die vergadering van oordeel dat 'n ernstige poging gedaan moes word om uitvoering te gee aan art. 3(b) van die statute, en 'n degelike Afrikaans-Hollandse tijdskrif uit te gee. Met die oog daarop werd 'n uitgebreide kommissie benoem, wat dadelik die saak aangepak het deur 'n ope brief te rig aan alle belangstellende persone, waarin die doel en die noodsakelikheid van so 'n tijdskrif uiteengeset en om ondersteuning gevraag werd. Die kommissie had 'n waarborgsom van minstens £ 2000 op die oog, wat deur middel van £ 10 inskrijwinge sou moet bijmekaar gemaak word. Hoofdoel van die tijdskrif sou wees die bevordering van 'n eie letterkunde, maar met die oog op die uiteenlopende behoeftes van die verskillende lesers, sou dit terselfdertijd die karakter dra van 'n ‘boerewinkel’, waarin dus vir iedereen wat te krij sou wees. Suid-Afrika is egter nie rijk aan ondernemende uitgewers nie, en die helpmekaar gees van later jare was toe nog nie so sterk ontwikkel nie, sodat die tijdskrif-kommissie op die derde jaarvergadering (Mei 1909) moes meedeel, dat nog maar 'n kwart van die benodigde bedrag verseker was. In die besef egter, dat Unie-dag 'n dag van betekenis sou word in die geskiedenis van Suid-Afrika, het die kommissie begin 1910 tot die besluit gekom om die dag ook te vier deur 'n daad van nasionale betekenis. En so werd op 31 Mei 1910, met ‘De Volkstem’ als ‘peetvader’, die eerste nommer van Die Brandwag die wêreld ingestuur. Die eerste nommers bevat 'n groot aantal welkomsgroete en gelukwense van die mees vooraanstaande Afrikaners. President Steyn skrijf o.m.: ‘Houd moed, 'n nieuw tijdperk is aangebroken. Jong Zuidafrika is ontwaakt en begrijpt zijn roeping. Moge Die Brandwag nooit slapende worden gevonden, zodat hij dadelik kan waarschuwen als er iets nadert, dat voor ons volk gevaarlik is...’Ga naar voetnoot1) En Totius: ‘Ik is baje, baje blij dat ons nou 'n Brandwag krij! Ik hoop hij sal juis wakker staan als dit dag | |
[pagina 46]
| |
s'n kant toe gaan - dan bedreig gevaar ons die meeste...’Ga naar voetnoot1) Die volgende was Celliers se groet: Brandwag, hou
die wag getrouw:
slapers lê in lome rus
van gevare onbewus,
ongewek tot strijd en strewe
in die kampperk van die lewe;
hoor hul woord: ‘die strijd 's gedaan,
waarom nou nog brandwag staan?’
Brandwag, dubbel waaksaam nou!
aan jou sorg is hul vertrouw.
En g'n een laat jij verbij
of jij moet die wagwoord krij.
Wie die jammer het aanskouw
wat die haat en heerssug brouw,
en na trane, ramp en leed
nou die wagwoord nog nie weet,
sal die voorhoofd-teken dra:
‘Vijand van Suid-Afrika!’Ga naar voetnoot2)
Op die tietelblad was die forse gestalte van 'n brandwag in kommandopak geteken, wat van 'n bosrand af half verskole agter bome, die Afrikaanse vlakte voor hom deur 'n verkijker opneem; terwijl die son net sij kop uitsteek aan die horison agter ‘die ijl-blouwe bande der ver-verre rande.’ Die redaksie, bestaande uit dr. W.M.R. Malherbe en Gustav PrellerGa naar voetnoot3) verklaar in die eerste nommer o.m.: ‘Die Brandwag, waarin saamgetrokken wordt 't werk van de beste pen-voerders uit ons Volk, heeft postgevat en salueert eerbiediglik alwie genegen is dit feit met enige belangstelling te bejegenen... Hij heeft positie gekozen op 'n punt waar 't terrein alsnog onbewaakt bleef: het Afrikaner huisgezin... En Die Brandwag is vast van plan om, met de hulp van álle goedgezinde Afrikaners, | |
[pagina 47]
| |
zich de plek te veroveren in 't Afrikaner huisgezin, die tans ledig staat, of opgevuld is met vreemde kaf, als “Home Notes”, “Home Chat” en “Home Journal”, enz. En daarenboven wil dit tijdschrift trachten om leiding en koers te geven aan de vele zeer bekwaam gebleken Afrikaner-pennen, die ernaar streven of ervoor gevoelen, 'n eigen nasionaal-afrikaanse letterkunde te helpen grootmaken... Ons behoort aan g'n partij of seksie nie, en ons sal maar weinig aanleiding hê om ons te bemoei met die kleinlike kibbelarije van klieke of klasse. Ons is Hollandse Afrikaners, en voorsover ons dit is door ons taal, geskiedenis, godsdiens en tradisie, is ons vas vanplan om dit ook te blijf... Ons erken en besig albei die vorme van Hollands, wat in ons werelddeel gangbaar is, en moedig dieselfde aan bij al ons medewerkers...’
Voortreffelik is Die Brandwag daarin geslaag om in die uiteenlopende behoeftes van die huisgesin te voorsien. Vir man, vrouw en kind, daar was en is nog steeds ‘voor elck wat wils.’ Veral ‘Tannie’ het van die staanspoor af die harte van die Afrikaanse kinders gesteel met haar luimige, deur-en-deur verafrikaanste ‘kaskenades van Klein Duimpie.’Ga naar voetnoot1) Een enkele staaltjie als voorbeeld van ‘Tannie’ se verteltrant: ‘Ek is mos 'n groot man,’ sê Klein Duimpie. ‘Ek is 'n man wat nou die wêreld wil gaan sien!’ Hij stap dwars deur die huis en krij vir Trapsoetjies voor in die blomtuin van sij Ma. Duimpie spring op sij rug en kielie hom al op sij maanhaar langs met 'n grassie. Trapsoetjies draai sij stert los van die takkie, waar hij in die son gesit en slaap het. Hij hou sij linkeroog op die vlieg, wat 'n endjie van hom af sit, en loer met die regteroog agteruit naar die mannetjie op sij rug. Hij lig sij haarvoorpootjie stadig op, - en sit hom weer mooi versigtig neer. Tijds genoeg! Kom ek nie vandag nie, dan kom ek tog môre! Meteens steek hij sij tong uit, soos 'n mens 'n stukkie rekker sou uitrek, en, - tjoeps!... het hij die vlieg op die punt van sij tong, trek hom in en begin op sij gemak te kouw. ‘Toe jong!’ sê Klein Duimpie, ‘kom aan, roer jou, man! Jij kan vanaand gaan slaap, als ons eers daardie rantjie | |
[pagina 48]
| |
oor is.’ En hij kielie hom weer op sij rugstring langs met die grassie. Trapsoetjies sluk die vlieg in en lig weer één voorpootjie op, maar vóór hij dit kon neersit, was hij vas aan die slaap! ‘Liewe land! Nee, dit gaat te stadig naar mij sin,’ en hij spring van Trapsoetjies se rug af...’Ga naar voetnoot1) Sij plan om sig 'n blijwende plek in die Afrikaanse huisgesin te verower, het Die Brandwag ook ten uitvoer gebreng. Bij die aanvang van die sesde jaargang (Juni 1915) skrijf die redakteur o.m.: ‘Die Brandwag het sij weg al gevind naar alle dele van die wêreld, waar Afrikaners gevestig is: Europa, Nederlands-Indië, Brits-Indië, Noord en Suid-Amerika, en orals op die vasteland van Afrika. Selfs in hierdie deurmekaar tije krij ons nog intekenare van buite Suidafrika...’ Die blad is tot vandag nog ongetwijfeld een van die beste tijdskrifte in ons land, sowel wat inhoud als illustratie en tiepografiese uitvoering betref; terwijl dit vir die Afrikaanse taalbeweging van onberekenbare waarde gewees is en vir die volksopvoeding in die huisgesin so goed als onmisbaar geword het. |
|