Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekendStigting van die Akademie.Die stigting van ‘De Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst’ kan beskouw word als een van die vernaamste mijlpale in die geskiedenis van die Afrikaanse taalbeweging. Tijdens die sittinge van die Nasionale Konvensie in Kaapstad teen die end van 1908, waaruit ten slotte die ‘Unie van Suid-Afrika’ ontstaan is, het die gedagte opgekom om ook op taalgebied 'n sentrale organisasie in die lewe te roep, waarin alle bestaande Hollandse en Afrikaanse taalvereniginge sou kan verenig | |
[pagina 43]
| |
word, en wat als gesaghebbende liggaam sou kan optree teenoor universiteit en regering. Die oomblik daarvoor was goed gekose, omdat daar juis in die tijd 'n tot nog toe ongekende gees van verbroedering deur Suid-Afrika gewaar het. Na enige informele besprekinge tussen Taalbond en A.T.V. voormanne, het op 5 Jan. 1909, op 'n wenk van pres. Steyn, ‘Onze Jan’ en genl. Hertzog, 'n algemene konferensie in Kaapstad plaasgevind, bijgewoon o.a. deur 'n aantal lede van die Nasionale Konvensie, waarop in beginsel beslote werd tot die stigting van 'n Akademie. Een uitgebreide kommissie, bestaande uit 'n 20 tal erkende voormanne uit alle dele van S.A. werd benoem om die verdere regeling ter hand te neem. Ondertussen was ‘Onze Taal’ in Bloemfontein besig om 'n groot taalkongres aldaar te organiseer, eweneens met die doel om meer algemene samewerking te verkrij tussen die bestaande taalliggame. Van die geleentheid het die Akademiekommissie gebruik gemaak om sij inmiddels ontworpe planne en voorstelle aan die kongres ter beoordeling voor te lê. Na 'n breedvoerige bespreking van enige dae, werd op 2 Julie, 1909 oorgegaan tot stigting van 'n Akademie, en uit 'n groslijs deur die kongres opgestel, die eerste 30 van 'n mogelike 50 Akademielede gekies, n.l. 12 uit Kaapland, 9 uit Transvaal, 7 uit Vrijstaat en 2 uit Natal.Ga naar voetnoot1) Doel van die Akademie was ‘de handhaving en bevordering van de Hollandse Taal en Letteren, en van de Zuid-Afrikaanse Geschiedenis, Oudheidkunde en Kunst. Onder 't woord “Hollands” wordt verstaan: de beide taalvormen gebruikelik in Zuid-Afrika.’ Om die doel te bereik, sou o.m. die volgende middele aangewend word: uitskrijwe van eksamens in taal, lettere, geskiedenis en kuns; uitskrijwe van prijsvrae oor wetenskappelike onderwerpe; verlening van geldelike steun bij die uitgawe van verdienstelike werke; inrigting van bibliotheke, leesgeselskappe en populaire voorlesinge; sorg vir lektuurverspreiding en doelmatige skooluitgawes; sorg vir die gelijkberegtiging van tale bij die universiteits- en ander openbare eksamens; medewerking met alle bestaande liggame van soortgelijke aard, ens.Ga naar voetnoot2) | |
[pagina 44]
| |
Verder werd vak-kommissies ingestel vir eksamens, taal en lettere, reklame, waaksaamheid en affiliasie, wat telkens op die jaarvergaderinge rapport sou uitbreng. Met die stigting van die Akademie was daar dus 'n band geleg tussen alle bestaande partije op taalgebied en 'n offisiële stempel gedruk op die vergelijk tussen Taalbond en Taalgenootskap. Soos ds. N.J. Brümmer dit kernagtig uitgedruk het op die derde A.T.V. kongres (Des. 1909): ‘Elkeen trek sij eie voor met sij eie ploeg, hou sij oog op sij eie span, maar albei is besig om dieselfde akker te ploeg. En als daar nog nou en dan een of ander Rip van Winkel uit sij slaap opflikker en teen Afrikaans uitvaar, dan is dit maar die stuiptrekkings van 'n slang, wat swaar vervél. Van sulke siekteverskijnsels is dit beste om geen notiesie te neem nie.’Ga naar voetnoot1) Soos uit die jaarboeke blijk, is die Akademie reeds 'n liggaam van betekenis geword in die kultuurgeskiedenis van Suid-Afrika.Ga naar voetnoot2) Die vernaamste werksaamhede van die Akademie, ten opsigte van Afrikaans, is gewees die vasstelling van die spelling in 1915, waardeur daar eindelik 'n end gemaak is aan die belemmerende spellingverwarring; en verder die onontbeerlike uitgawe van 'n ‘Afrikaanse Woordelijs’ in 1918. Tewens het die Akademie sig, op aanwijsing van die Provinsiale Rade, die laaste jare belas met die keuring van nuwe Afrikaanse skoolboeke, ten opsigte van taal, stijl en illustrasie. Een hele reeks van deur die Akademie goedgekeurde skoolboeke het reeds verskijn.Ga naar voetnoot3) Op die jongste jaarvergadering (1918) is o.m. beslote tot die uitgawe van 'n wetenskappelike tijdskrif, die benoeming van 'n versamelaar van kultuur-historiese gegewens in Suid-Afrika, en die bewerking van 'n uitvoerige Hollands-Afrikaanse bibliografie. |
|