Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 40]
| |
Vooruitgang.Trots alle teenstand, passief en aktief, het die Afrikaanse taalbeweging snelle vorderinge gemaak. Binne 'n jaar was in Kaapland takke van die A.T.V. gestig op die volgende dorpe: Prins Albert, Wellington, Paarl, Kaapstad, Carnarvon, Steijnsburg Montagu, Swellendam, Stellenbosch, Burgersdorp en Middelburg. Verder was reeds begin 1906 in Potchefstroom 'n Afrikaanse Taalunie tot stand gekom onder leiding van Totuis, van der Walt, e.a., terwijl begin 1907 in Bloemfontein 'n Afrikaanse Taalgenootskap, op dieselfde grondslag als die Transvaalse, opgerig was onder bestier van dr. J. Brill (reeds sedert 1875 voorstander van Afrikaans), genl. Herzog, dr. A. Francken, ds. W. Postma e.a. Die vernaamste propagandamiddele het bestaan in konserte, voorlesinge, gesellige aande, prijsvrae, verspreiding van lektuur, vlugskrifte, ens. Die toneel het hierbij veral uitstekende dienste bewijs. In Pretoria was begin 1907 selfs 'n min of meer vaste geselskap opgerig, die Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging, wat onder leiding van Preller en Mev. Engel-Wilson op verskillende plekke in Transvaal uitvoeringe gegee het. Met veel sukses is o.m. vertoon geword Ou Daniel van H. Oost, Piet s'n Tante, 'n Afrikaanse bewerking van Charley's Aunt deur Preller, en selfs Medea van Jan Vos. In Kaapstad en De Paarl het o.m. Die spioen en sij handlangers en Amper maar nog niè van de Waal op die planke gekom, terwijl die liefhebberijtoneel op die kleinere dorpe sig in hoofsaak bepaal het tot die luimige stukkies van Melt Brink en Langenhoven. Deur middel van jaarlikse kongresse het die verskillende vereniginge onderling in voeling met mekaar geblij en verdere werksaamhede bepaal. Nou 's 't erns! skrijf Preller naar aanleiding van dr. D.F. Malan se rede ‘Dit is ons erns,’ op 13 Aug. 1908 voor die Stellenbosse A.T.V. uitgespreek. ‘Is 't ons ernst? - so werd daar op pessimistiese toon 'n jaar of vier gelede gevraag, amper moedeloos naas die bewijse van geringe vordering àl die jare van ingespanne strijd voor... Hollands. Laat 't ons erns wees! was 'n antwoord, meer optimisties, voller van hoop en verwagting, voor... Afrikaans. | |
[pagina 41]
| |
Laat 't ons tog eenmaal erns wees, met ons Moedertaal! En vandag weerklink 't al, suiwerder, selfbewus en seker: Dit is ons erns!... met Afrikaans. En daar 's rede voor ons sekerheid! Want die nasie is ontwaak tot selfbewustheid... “Taalbond” en “Taalgenootskap” werk na mekaar toe, nie van mekaar af nie. In 'n nabije toekoms is hul èèn, op die enigste grondslag, waarop 'n gesonde nasionale ontwikkeling kan volg: 'n selfbewuste volk met 'n eige taal, wat 'n volmaak eige beskawing tegemoet gaat.’Ga naar voetnoot1) Inderdaad het nog voor die end van 1908 'n toenadering tussen beide partije tot stand gekom. Op 'n Hollandse taalkongres aan De Paarl (Des. 1907) was deur dr. Viljoen 'n voorstel gedaan om tot 'n vergelijk te kom ten opsigte van die verdere behartiging van Hollands, onder watter vorm dan ook. Dit het gelei tot 'n konferensie tussen afgevaardigdes van die Taalbond en die A.T.V., waarop beslote werd die onderlinge strijd te staak en in die vervolg gemeenskappelik op te tree in belang van die Afrikaans-Hollandse taalsaak. Dit was 'n groot stap vooruit, omdat die Engelse partij tot dusver nog altijd munt kon slaan uit die onderlinge verdeeldheid bij die teenpartij. Ondertussen het ‘die eerste reendruppels’ reeds so stadigaan begin val, sodat dr. Malan in sij openingsrede bij die tweede A.T.V. kongres (Des. 1908) met voldoening kon wijs op 'n 50-tal oorspronkelike boekwerke en werkies in Afrikaans voor hom op die tafel, als die resultaat van 5 jaar se werk. Onwillekeurig het die vraag bij hom opgekom, waaraan dit te wijte was dat ons volk, na 'n 250-jarige bestaan, nog so arm was aan 'n eie literatuur? Als nakomelinge van die Hollanders, Franse en Duitsers was ons tog nie van alle kunssin ontbloot nie? Die A.T.V. antwoord, aldus dr. Malan: ‘Die beeldhouwer is wel daar, sij hand is op die marmer, maar die beitel ontbreek! Die skilderstuk is wel ingebrand in die siel van die volk, en die volk brand van verlange om die beeld op die doek te breng, maar... die penseel en die verf ontbreek!’Ga naar voetnoot2) Kunssin was daar genoeg, maar tot hiertoe moes ons nog altijd 'n ander volk se taal leen en daarom kon dit nie tot uiting kom nie. Volk en taal was 'n | |
[pagina 42]
| |
tweeling onder dieselfde dak opgegroei, en tog het hulle mekaar gedurende twee eeuwe nie geken nie, eerder mekaar verag. Die A.T.V. se roeping was om volk en taal met mekaar te versoen, sodat daar 'n eie literatuur kon kom. Tot dusver, meen die spreker, het die beweging nog grotendeels 'n selfverdedigende karakter gedra; maar die stadium moes nou vervang word deur 'n meer praktiese rigting. Alle poginge moes in die vervolg gerig word op die bevordering van 'n eie literatuur, want als die eers daar was, sou verdere propaganda vanself oorbodig word. Op dieselfde kongres was die spellingkwessie ook ter sprake. Uit hoofde van die uiteenlopende meninge het die vergadering egter geen besluit geneem nie, maar als voorlopige leiddraad die volgende twee beginsels aanbeveel: (a) Respekteer die oog en wijk dus so min moontlik af van die gebruikelike vereenvoudigde spelling; (b) respekteer die oor en spel volgens die beskaafde Afrikaanse uitspraak. Als verdere voorbeelde van gestadige vooruitgang en tegelijk van die gemeenskappelike bevordering van Afrikaans en Hollands, kan eindelik nog genoem word die stigting in 1908 van die ‘Afrikaans Hollandse Taalvereniging’ in Pretoria en van ‘Onze Taal’ in Bloemfontein. Eersgenoemde het sig veral ten doel gestel om Hollandskundige onderwijskragte op die Transvaalse skole geplaas te krij en verder die handhawing van absoluut gelijke taalregte bij die onderwijs en in die staatsdiens. Die laaste het die bevordering beoog van beide Afrikaans en Hollands en afdelinge gehad vir musiek, sang, toneel en literatuur. |
|