Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekendStigting van die Afrikaanse Taalvereniging.In Okt. 1906 werd deur dr. D.F. Malherbe, toe pas na voltooide studie uit Duitsland teruggekeer, 'n breed opgesette voorlesing in Wellington gehou oor die vraag: ‘Is Afrikaans 'n dialek?’Ga naar voetnoot4) Op wetenskappelike gronde het hij die vraag ontkennend beantwoord en gepleit vir die aanvaarding van Afrikaans als skrijftaal. Kort daarop het dr. W.J. Viljoen, destijds professor in Nederlands op Stellenbosch, eweneens in Wellington - waarskijnlik als reaksie op Malherbe se lesing - 'n Stellenbosse redevoering herhaal oor die enigssins sonderlinge vraag: ‘Wat is nu eigenlik onze Taal?’Ga naar voetnoot5); waarin die volgende uiters sonder- | |||||||||||||||||
[pagina 34]
| |||||||||||||||||
linge beskouwing voorkom: ‘Was het Afrikaans in eigen huis alleen meester, of waren alle Afrikaners bij de keuze tussen Hollands en AfrikaansGa naar voetnoot1) in hun wens min of meer eenstemmig voor het Afrikaans, dan zou er niet veel anders tegen te zeggen zijn dan dat wij daardoor de geweldige invloed van een kultuurtaal prijsgeven. Maar wat nu is het geval? Dat er onder de Afrikaners ten opzichte van deze kwestie zelfs niet in de verste verte eenstemmigheid bestaat. Verreweg de meesten, en daaronder genoeg Afrikaners van naam en betekenis, aan wier liefde voor volk en taal zelfs niet door de vurigste patriotten mag worden getwijfeld, zijn besliste tegenstanders van de verheffing van het Afrikaans tot schrijftaal, sterker nog - zullen in de keuze tussen Afrikaans en Engels onvoorwaardelik de voorkeur geven aan het Engels.’Ga naar voetnoot1) 'n Mens weet nie reg waar om jou meer oor te verbaas nie: oor die voorstelling als sou Afrikaners 'n keuse moet doen tussen Hollands en Afrikaans, en daarbij in die laaste geval die kultuurinvloed van Hollands prijsgee; of oor sulke allervoortreffelikste Afrikaners, wat onvoorwaardelik hulle moedertaal sou verruil vir... Engels! Dis seker merkwaardig om 'n Afrikaanse taalgeleerde in twijfel te sien verkeer omtrent sij moedertaal, terwijl 'n vreemdeling na 'n korte verblijf in Suid-Afrika tot die volgende slotsom kom: ‘Waar men den geweldigen indruk van krijgt, dat is dit: dat de taal die een volk spreekt en waaraan een volk vasthoudt, niet door redeneeringsargumenten kan worden bedisseld. Men leert begrijpen wat voor een levend, onverwoestbaar ding een landstaal is, - machtiger dan de mensch en zijn ordonnanties. Men kiest geen taal, men heeft er een heeft er een ingezogen, ingeademd, ingeprent.’Ga naar voetnoot2) En als daardie ‘Afrikaners van naam en betekenis’ inderdaad bestaan het, dan sou niemand seker vir 'n oomblik enige twijfel gekoester het omtrent die gehalte van hulle ‘liefde voor volk en taal’ nie. Dis buitendien ongerijmd om sulke mense in één adem te noem met patriotte, want ‘de taal van de veroveraar in de | |||||||||||||||||
[pagina 35]
| |||||||||||||||||
mond (en in die pen) van de veroverde, is de taal van slaven.’Ga naar voetnoot1) Genoemde voordragte het saamgeval en waarskijnlik ook verband gehou met die stigtingsplanne van 'n Kaaplandse Afrikaanse taalvereniging. Een voorlopige kommissie bestaande uit dr. D.F. Malherbe, dr. A.I. Perold, adv. de Waal, adv. W. Roux en J.G. van der Horst was reeds besig om voorstelle te formuleer, wat op 'n algemene vergadering voorgelê sou word. Op 3 Nov. 1906, het hierdie vergadering plaasgevind in die Wichtsaal in Kaapstad onder voorsitterskap van J.G. van der Horst, waarbij 'n 70-tal persone uit die omstreke teenwoordig was. Na 'n geesdriftige bespreking van die konsepvoorstelle van genoemde kommissie, waarbij veral nadruk daarop gelê werd, dat die beweging nie teen Hollands gekant was nie, werd 'n vereniging tot stand gebreng onder die volgende hoofbestuur: J.G. van der Horst, advokate J.H.H. de Waal, W. Roux, Roche Pohl en W.J. van Zijl; drs. D.F. Malan, D.F. Malherbe, D.F. du Toit Malherbe en A.I. Perold; ds. P. de Waal, P.J. Hoogenhout en D.J. Brink. Die volgende is 'n uittreksel van die Statute:
Die naam van die vereniging is ‘Die Afrikaanse Taalvereniging.’ | |||||||||||||||||
1. Motief.Die vereniging gaat uit van die standpunt dat Afrikaans die taal van die Afrikaanse volk is, en om die rede deur ons volk erken en ondersteun behoort te word, en meen, dat die taal so vrij als mogelik van vreemde woorde en idiome moet gebruik word. | |||||||||||||||||
2. Doel.Die hoofdoel van die vereniging is om die gebruik van suiwer Afrikaans als spreek- sowel als skrijftaal aan te moedig, en om meer liefde en waardering bij ons volk daarvoor op te wek. | |||||||||||||||||
3. Middele.Om die doel te bereik sal die vereniging trag om
| |||||||||||||||||
[pagina 36]
| |||||||||||||||||
Die verdere bepalinge handel oor huishoudelike sake, ens. Eenmaal in die jaar sou 'n kongres gehou word, bestaande uit die hoofbestuur en afgevaardigdes van die verskillende takke van die vereniging. |
|