Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekendDie beweging in Kaapland.Die aktiewe propaganda ten gunste van Afrikaans in die Noorde het natuurlik ook meteens die penne in Kaapland in beweging gebreng. Veral die Taalbondvoormanne het met besorgdheid die snelle ontwikkeling van die beweging gadegeslaan en 'n waarskuwende stem daarteen verhef. In Ons Land van 29 Aug. 1905, rig prof. de Vos, voorsitter van die Taalbond, 'n ‘Open brief aan de voorstanders van een Afrikaanse schrijftaal’, waarin 'n ernstige beroep op hulle gedaan word om ter wille van die eensgesindheid van hulle voorneme af te sien. Skrijwer is geen vijand van Afrikaans nie, maar ag | |
[pagina 28]
| |
dit 'n ongelukkig gekose tijdstip vir die invoering daarvan als skrijftaal. Want dit beteken dat al die werk, wat die Taalbond pas ter erkenning van die vereenvoudigde spelling, en ten koste van veel strijd, tot stand gebreng het, weer ongedaan gemaak word; die beweging beteken 'n oorlogsverklaring aan al wat nog Nederlands kan genoem word; dit beteken versnippering van kragte en verbreking van die onmisbare band met Holland. En gestel, dat Afrikaans skrijftaal word, sal die regering dit erken en die universiteit en die kerk? Nee, ons volk verlang dit nie, anders sou die Patriotbeweging meer sukses gehad het. Die toenmalige redakteur van Ons Land, adv. F.S. Malan, skrijf in dieselfde uitgaaf 'n hoofartiekel onder die tietel: ‘Vecht niet in uw eigen kamp!’ Die strewe van die Afrikaansvoorstanders word daarin gekenskets als 'n ‘vegpartij,’ wat net bereken is om verdeeldheid te kweek onder eie geledere en Engels in die hand te werk. Malan bedank daarvoor om aan die vegterij deel te neem. ‘We zullen op de ingeslagen weg voortgaan, doch beslist weigeren om deel te nemen aan enig gevecht in ons eigen kamp.’ ‘Glad mis!’ antwoord PrellerGa naar voetnoot1), ‘ons soek g'n versnippering nie; ons wil g'n twis nie; ons wil ons Hollands nie loslaat nie; ons wil ons kerk en skool en regering nie vra om 'n toestand te erken, wat nog nie bestaat nie’ Afrikaans is die fondamentsteen waar Hollands op rus in S.A., en terwijl Engels ons op die oomblik oorweldig, gaan Afrikaans verlore, word dit veral in die stede bedorwe tot 'n akelige mengelmoes, waar later geen dokter meer aan sal help nie. Dit wil ons keer en bij dàardie fondamentsteen wil ons beginne. Buite die kerk en die skool lê nog 'n ruime en vrugbare veld braak: ons hele volk, waarvan 'n groot deel langsamerhand verval tot 'n onkundige proletariaat; diè wil ons ophelp, met diè wil ons praat deur middel van krant en boek, en hoor wat hulle te sê het, wat hulle denk. ‘Dit wil ons doen op die enigste manier, waarop dit sonder wonderwerke dadelik - want tijd is kosbaar - kan gedaan worde: deur ons te bedien van die taal wat ons almal verstaan en almal liefhet - ons Moedertaal... G'n kloppartije, g'n rusie, | |
[pagina 29]
| |
g'n versnippering, maar net 'n appèl na ons volk, net die reg om langs die weg te werk.’ Ook die toenmalige redakteur van De Vriend, Joh. Visscher, Nederlander van geboorte, trek in 'n warmgestelde artiekel in Afrikaans te velde teen die spoke, wat die Kapenaars sien. Hij het groot agting vir prof. de Vos en baje simpatie vir die Taalbond, maar vir hom is dit duidelik dat die natuurlikste en magtigste wapen teen verengelsing van ons nasie die spreektaal van Suid-Afrika is. Van alle kante het dit aanvalle gereent. ‘De kombuistaal die in Pretoria verheerlijkt wordt,’ betoog prof. Marais, ‘is niet de taal van den ontwikkelden Afrikaner.’Ga naar voetnoot1) En wat later: ‘Geen patois, maar zuiver Nederlandsch!’Ga naar voetnoot2) En De UnieGa naar voetnoot3) haal ‘met zeer veel ingenomenheid’ 'n artiekel aan uit Het Kristelik Schoolblad, waarin heftig tekeer gegaan word teen ‘een onbesuisd invoerenGa naar voetnoot4) van allerlei nieuwigheden,Ga naar voetnoot4) dat met het bestaande geen rekening wil houden, een roekeloos radikalisme, o zulk 'n vermetele onbesuisdheid.’ En verder: ‘Zou Zuid-Afrika de band met Holland eigenmachtig willen doorsnijden, zou 't de nog zo jeugdige loot wreed van de moederstam willen afkappen en dus, wat de taal betreft, zelfmoord willen plegen?’ Want Afrikaans, soos dit gepraat word, ‘moet nog bewijzen, dat het voertuig kan zijn voor hogere geestesuiting. Voor ons staat vast, dat het voor hogere stijl niet geschikt is.’Ga naar voetnoot4) Die kombuistaal-argument, wat tot vandag nog telkens weer opduik, is van oue datum en nie alleen in Suid-Afrika bekend nie. Ook Platduits word met die naam vereer. ‘Wat keen nimbus van “Bildung” hett,’ skrijwe Franz Fromme,Ga naar voetnoot5) ‘dat kann sik nich doersetten; un dissen nimbus van “Bildung” hett in de oogen van 't volk man dat Hoogduutsch alleen, - dat Plattduutsch noch ummer nich... Disse ole, mooje spraak ward allgemeen noch nich so acht' as dat sien moss. Man doch is dat woord van de keuken- un ploogtaal een unglukkelk woord. Dat Plattduutsch is vooral de spraak van 't huis; un daar ward | |
[pagina 30]
| |
't nich in de keuken alleen sproken. Elkeen Nederduutsche stad hett meer as een good huis, daar ward dat ook in de donssenGa naar voetnoot1) sproken... Hett een Nederduutsch hart wat to seggen, so mutt dat op Platt seggt warden, mit Hoogduutsch gait dat nich.’ Alles presies net soos bij ons. Platduits is alleen veel ouer en misskien van aansienliker afkoms, dan Afrikaans in die oë van baje Hoog-Hollandse mense, want ‘disse gemeene spraken hebbt al koenige un eddelluu' sproken in een tied, daar nog keen minsch wat van Hoogduutsch weten dee.’ Net so ongemotiveer is die dwase bewering - en tog met sulke onfeilbare sekerheid uitgespreek, en nog tot in 1918 herhaal deur prof. MaraisGa naar voetnoot2) - dat Afrikaans ongeskik sou wees vir ‘hogere geestesuiting.’ Want daaruit is maar één gevolgtrekking moontlik: dat die Afrikaner self daarvoor ongeskik is, ook die ontwikkelde Afrikaner! Immers: ‘Sprache und Volksgeist sind eins und dasselbe.’ En om so iets vandag nog in erns vol te hou is òf willens en wetens blind te wees vir wat daar op die oomblik gaande is in Suid-Afrika, òf dit gee blijk van 'n volslae magteloosheid om sig los te maak uit die kluisters van 'n verouderde tradiesie en sig aan te pas bij die nuwe ideale van Jong-Suidafrika. Want die tijd is onherroepelik verbij, dat 'n Afrikaner met sij ‘Boeretaaltjie van 'n paar honderd woorde’ in die strate van 'n groot europese stad kon voorgestel word als 'n ‘Rip van Winkel’ of 'n ‘unintelligible barbarian.’Ga naar voetnoot3) En als die eerstelinge van ons Afrikaanse literatuur in sij kinderskoene dan nog geen aanspraak mag maak op die kwalifikasie van ‘hogere geestesuiting’ nie, dan bestaat daar nie die minste twijfel nie dat dit wèl die geval sal wees, wanneer die toekomstige denkers en kunstenaars van ons volk, wat vandag op die skoolbanke met hulle moedertaal begin, eendag die stadium van volle rijpheid sal bereik het. Een treffende parallel van dieselfde hooghartige geringskatting van die volkstaal vind ons in die geskiedenis van die Vlaamse beweging. Hugo Verriest vertel o.a. hoe Gezelle se poësie bestempel werd als ‘stratevlaamsch.’ ‘Loquèla hiet: cette loque là! | |
[pagina 31]
| |
en daar Guido Gezelle teekende G.G., wierden die twee letters vertaald: De Groote Gaai. Fijn verstand, zoo ge ziet.’Ga naar voetnoot1) Maar nog treffender, in verband met bowegenoemde beweringe, is die volgende parallel uit die briewe van Klaus Groth,Ga naar voetnoot2) die vader van die Nederduitse beweging en digter van Quickborn: ‘Sollen wir nicht reden können, wie uns der Schnabel gewachsen? Wie wir uns verstehen? Aber nein! Die Hochdeutschen wollen uns uniformieren, sie wollen uns zu ihren Brüdern machen, aber nicht sich zu den unsern, wir sollen immer aufgeben, hingeben, nun gar unser Eigentümlichstes, unsere Sprache. Denn Sprache und Volksgeist sind eins und dasselbe... Uns geneigt zu machen, wird uns unsere Eigentümlichkeit als Roheit, unser Reichtum als Armut vorgehalten. Es wird uns vordemonstriert, was wir alles nicht sagen können, unsere Sprache sei nicht im Stande, die höheren Lebensverhältnisse, wissenschaftliche Begriffe, verwickelte Denkverhältnisse auszudrücken. Und gerade dasselbe behauptete Leibnitz vor 100 Jahren, 50 Jahre vor Göthe und Kant, vom Hochdeutschen, der “Haupt- und Heldensprache”, wie er sie trotzdem nennt! Der Unsinn ist grosz. Eine Sprache kann gerade das nicht ausdrücken, was sie noch nicht ausgedrückt hat. Mehr kann man nicht behaupten. Wer kann bestimmen, was sich plattdeutsch nicht sagen liesze? Es komme der Mann, der irgend etwas zu sagen hatGa naar voetnoot3) - er wird es eben sagen, plattdeutsch, wenn er ein Plattdeutscher ist.’Ga naar voetnoot4) En dan krij ons presies dieselfde afgesaagde ou deuntjie oor Afrikaans: ‘Die Sprache sei nur zum niedrig Komischen brauchbar... Hochdeutsche Gedichte sind eben hochdeutsche Gedichte, wenn sie nicht von Heine oder Uhland sind, es können Oden oder Gassenhauer sein: aber Gedichte in plattdeutscher Mundart müssen nach dem Kuhstall riechen, das ist Selbstverstand, und jede Ode unter ihnen wäre eine Sünde wider Apollo.’Ga naar voetnoot5) Het Carel Scharten ons dit nie nog ten oorvloede aan die verstand gebreng nie? ‘Het Zuid-Afrikaansch klinkt tog wel | |
[pagina 32]
| |
aardig! Zeker, voor gemoedelijke of grappige versjes heeft het de bekoring van kinderlijke onbeholpenheid.’Ga naar voetnoot1) Maar moet tog asseblief nie probeer om iets hogers te bereik met so 'n ‘doofstommentaaltje,’ so 'n ‘gebarsten viool’ nie, want dan gee dit bepaald 'n ‘pijnlijk-lachwekkende’ geskiedenis af; kies dan maar liewers, besweer ik julle, ‘het schoone Engelsch!’ Wat antwoord Klaus Groth, ook vir Afrikaans: ‘Fähig ist die plattdeutsche Sprache zu allem - wie sollte sie nicht, die die tieffsten Töne der Menschenbrust in Liebe, Leid und Tod - nicht etwa im 'Quickborn', sondern alle Tage ausspricht. Oder begrüszt der Vater seinen Erstgebornen hochdeutsch? Und flüstert der Bräutigam seine Liebe erst, wenn er sie übersetzen kann? Oder ist diesen Leuten anders zu Mut, wenn Vater und Mutter stirbt, als etwa einem Geheimrat? O welche Sünde begeht man mit unsinnigem Gewäsch! Man raubt denen das Vertrauen an sich selber, am eignen Wort, am eignen Gefühl, die da gläubig genug sind, zu den Schwätzern hinaufzublicken als zu den Höheren’.Ga naar voetnoot2) Prof. Marais beweer dat Afrikaans nie deug als kanseltaal nie. ‘Wenu der Pastor nicht plattdeutsch mit seiner Gemeine über Glauben und Pflichten sprechen kann, so liegt's nicht an der Sprache, es liegt an ihm, der die Sprache nicht beherrscht’.Ga naar voetnoot2) En verder, dat Afrikaans nog nie ‘kultur-fähig’ is nie. ‘Und wäre sie es nicht, so könnte sie in 50 Jahren so gut wie ihre Schwester (lees Moeder) befähigt werden. Was die Zeit ihr geben kann, ist nicht Inhalt, sondern Form.’Ga naar voetnoot2) Onderwijl die Afrikaanse Taalgenootskap in die Noorde besig was om die gras nog verder aan brand te steek, het die vuur in Kaapland aangewakker geword deur 'n geesdriftige en bekwame klompie woordvoerders, waaronder ds. (nou prof.) N.J. Brummer, dr. D.F. Malherbe, dr. A.I. Perold, wat later adv. W.J. van Zijl en adv. C.J. Langenhoven met adv. J.H.H. de Waal aan die spits. Soos reeds vermeld, had de Waal toe reeds sedert 1903 in De Goede Hoop baanbrekend werk gedaan. Die verskijning van sij Johannes van Wijk was 'n feit van betekenis vir die nuwe beweging, en die boek het dan ook 'n hartelike ontvangs te beurt | |
[pagina 33]
| |
geval. Preller het o.a. 'n breedvoerige bespreking daaraan gewij.Ga naar voetnoot1) Hij is nie blind vir de Waal se tekortkominge nie, ‘Die leser moet g'n monumentale mens-epos verwag nie, g'n fijne sielkundige uitrafeling van menselike deugde en ondeugde, g'n groot plasties vermoge, wat die werk deurhuiwer met 'n lewende mens-asem,... die romantiek is partijkeer voos, die stijlmiddele gebrekkig, die psychologie hopeloos vals...’ Niettemin beskouw Preller die werk, ‘met uitsondering van Olive Schreiner haar Story of a South African farm, als die lesenswaardigste boek in sijn soort, wat daar nog in Hollands, Afrikaans of Engels in ons werelddeel verskene is’. En vir dr. Malherbe was dit ‘'n gelukkige voorbeduidingsteken, dat dieselfde historiese verhaal, wat ons teruglei tot aan die wordingsdrempel van die ontkiemde Afrikaanse volk, ook tegelijkertijd een van die belangrikste voorbodes is van die nou sig magtig ontvouwende geesdrif vir 'n egt nasionale literatuur.’Ga naar voetnoot2) Celliers se Vlakte was toe reeds in De VolkstemGa naar voetnoot3) verskene als 'n verrassende verheugenis vir almaal, wat met verlange uitgesien het naar die eerste tasbare vrugte van die beweging, naar die eerstelinge van 'n eie literatuur. |
|