zo als van Laubscher, Mostert, Gysbert van ReenenGa naar voetnoot782 en anderen. De Piquetbergen en Picqueniers Kloof vertoonde zich links voorwaards aan ons gezicht, en scheenen ons toe zeer verheven te zyn.Ga naar voetnoot783
Tegens vier uuren kwamen wy aan de Theefonteyn,Ga naar voetnoot784 eene plaats gehoorende aan den heer Jan Van Reenen,Ga naar voetnoot785 op de zelve word eenig koorn gewonnen dog is voornamentlyk aangelegd tot veeplaats voor deszelfs paarde fokkeryen. Het land is in deze omstreek zeer zandig en onvrugtbaar: hier hielden wy halte en passeerden de nacht. |
-
voetnoot772
- Sebastiaan Valentyn van Reenen, ged. 31.8.1760, oorl. 1821; getr. op 14.9.1783 met Catharina Hurter (M.O.O.C. 7/54 fol. 11 en G.R. III, P-Z, pp. 114-115). Hy en sy broer Willem het die botanikus William Paterson, wat in 1777-1779 in die binneland gereis het, vergesel en in 1793 het hy weer met sy broer Dirk Gysbert in die Meermin na Walvisbaai gevaar om die omgewing te ondersoek. (Vgl. E.E. Mossop, Journals of Wikar, Coetsé and Van Reenen, Van Riebeeckvereniging nr. 15, Kaapstad, 1935, pp. 10-11).
Van 1783 is vir hom verskeie leningsplase aangeteken in die binneland (R.L.R. 42, p. 744). Hy het ná 1791 Klavervallei bewoon, waar hy 'n groot en florerende boerdery gehad het. (Nobbs, pp. 85-86). Volgens Augusta de Mist (p. 84) was hy ‘een der rijkste en aanzienlijkste kolonisten’. Vgl. ook V.R.V. 10 (Lichtenstein), pp. 29-32.
-
voetnoot773
-
De Klaver Valley gel: agter de groene Clooff annex de Ganse kraal (R.L.R. 41, p. 281). Hoewel die plaas eers in 1791 deur die Kompanjie verhuur is, dagteken die eerste weilisensie in Groenekloof ‘aande klaver valleij’ al van 3.3.1706. (Vgl. Hopkins, p. 8). Op 25.1.1815 het Klavervallei (tans C.Q. 2.32 en 33 fol. 173-174) op naam van William Duckitt gekom wat in 1825 daar oorlede en begrawe is.
-
voetnoot774
- Die plaas wat noord aan Klavervallei grens (tans C.F. 4.17). Destyds 'n goewermentsplaas onder toesig van die ‘Engelsch Agriculturist’ William Duckitt (Vgl. B.H.D. III, p. 122 en B.R. III, deel 9, pp. 1-8: De Mist/Janssens, vanaf Klavervallei, 10.10.1803, oor die plase Groote Post e.a. goewermentsplase aan Groenekloof. Volgens die beskrywing van die ‘Commissie van Veeteelt’ was daar teen 1805 nog 29 ‘veeplaatzen’ in hierdie omgewing verdeel in groepe van 6, 12 en 11 onderskeidelik (B.H.D. III, pp. 419-423: ‘Beschrijven der Plaatsen aan de Groene Kloof.’) Vgl. voorts die Thibaultkaart (V.C. 184(b), Kaapse Argief) oor die ligging van die Groenkloofplase.
-
voetnoot775
-
Conter Berg (tans C.F. 6.47) was die eerste plaas noordoos van Klavervallei waaroor die grootpad van Groenekloof noordwaarts geloop het. Die Conterberg (Contreberg) self (1,572 vt.) is deel van die ‘gebergte’ van Groenkloof waardeur die roete noordwaarts gaan.
-
voetnoot776
- Tans C.F. 4.74, wat noord aan die plaas Conter Berg grens; geleë onder die Kapokberg en ook op die huidige hoofpad na Darling.
-
voetnoot777
- Oor Oude Post (tans C 3.38) het die pad geloop na Langefontein (tans C. 12.1 met onderverdelings) waarop in 1853 die kerkplaas Darling uitgelê is. Vgl. Hopkins, pp. 14-15. Dit was een van die 19 plase wat die goewerment se gekontrakteerde slagters - meesal die Van Reenens - gehuur het.
-
voetnoot778
- Vermoedelik Johannes de Goede, ged. 25.6.1763 en getr. op 26.9.1790 met Susanna Maria Mostert (G.R. I, A-J, p. 262).
-
voetnoot779
- Klipberg (894 vt., driehoeksmetingstasie nr. 247) minder as 2 myl noordwes van Darling en geleë op die plaas Snydersfontein, tans C. 6.51 (Besoek 22.12.1959). Die klipberg (ook genoem Uitkykheuvel) was 'n seinpos uit die Kompanjiesdae, waarop in Oktober 1803 nog 'n ou kanon op 'n slee gelê het. (Hs. Groote Schuur (Wernich en de Vos) en B.H.D. III, p. 122).
-
voetnoot780
- Johannes Slabber, ged. 17.12.1747 en getr. op 19.2.1769 met Elisabeth Smit (G.R. III, P-Z, p. 265). Hy was die jagmaat van François le Vaillant en seun van die destydse eienaar van Theefontein, Johannes Slabber, by wie Le Vaillant gebly het. (Vgl. F. le Vaillant: Reize in de Binnen landen van Afrika ens. Leiden en Amsterdam, 5 dele (1791-1798), III, pp. 21-24 en 154-158 (met plaat van Theefontein se werf na p. 156); V, pp. 378 en 380.
Slabber, die ouere (ged. 15.9.1720 en oorlede teen 1786), het uitgeboer op Theefontein; sy weduwee, Margaretha Coetsee (ged. 8.1.1719), is in 1804 volgens Lichtenstein oorlede in Kaapstad ‘op die baie gevorderde leeftyd van 90 jaar’ (sic). Vgl. V.R.V. 18 (Lichtenstein), pp. 35-36, en G.R. I, A-J, p. 157.
-
voetnoot781
- Dis nie duidelik watter berg hier bedoel word nie. Die naam Graauweberg (of Grysberg) kom nie meer op die kaart voor nie.
-
voetnoot782
- Coenraad Laubscher van Uylekraal. (Infra, voetn. 835); Mostert, nie uitgeken nie. Gysbert van Reenen was die jongste van die Van Reenenbroers, ged. 13.11.1763 en getr. op 30.3.1788 met Maria Johanna Smalberger (G.R. III, P-Z, p. 115). Hy het in dié tyd Jan Zwarts Valleij (tans C 6.50) bewoon, die plaas wat oos aan die Klipberg grens waar hy soos sy broers met Spaanse merinoskape geboer het, en is op 14.4.1827 in Kaapstad oorlede (M.O.O.C. 6/3).
-
voetnoot783
- Die Piketberg was nagenoeg 35 myl na die noordweste geleë, die Pikenierskloof (Olifantsrivierberge) nog 20 myl verder.
-
voetnoot784
- Van die Klipberg is deur sandwêreld noordwaarts oor Uylekraal gereis (B.H.D. III, p. 122) en weswaarts na Theefontein (tans C 2.44), sowat 13 myl noordwes van Darling. Die plaas is reeds in 1716 uitgegee aan Jasper Slabbert van wie se seun, Johannes Slabber(t) dit (voor 1786?) gekoop is deur J.G. van Reenen en O.M. Bergh wat dit in 1805 nog besit het (B.R. 84, p. 19-20 en Botha, p. 105). Sien die verwysing na die plaas en Le Vaillant se verblyf daar by Forbes I, pp. 366-367.
-
voetnoot785
- Johannes Gysbertus van Reenen (in die omgang Jan genoem), ged. 23.3.1749, getr. met Catharina Maria le Roux en hertr. op 19.4.1778 met Elisabeth Jacoba Maynier (ouer suster van die landdros H.C.D. Maynier). Vgl. G.R. II, A-O, p. 329 en III, P-Z, p. 113. Hy was die oudste van die Van Reenenbroers, lid van die Burgersenaat tydens die eerste Britse bewind en 'n vermoënde boer wat teen 1805 behalwe Theefontein nog 8 plase op sy naam gehad het. Hy het tewens byna al die wolskape in die volksplanting teen hierdie tyd besit. (Vgl. V.R.V. 23 (Van Ryneveld) pp. 154-165 en voetn. 67; ook B.H.D. III, p. 417, V.R.V. 10 (Lichtenstein) pp. 37-39 en sy opgaaf by J. 27, Opgaaf Kaapse distrik, 1805.) Onder sy plase was De Groote Toorn in die Hantam, 'n reuse-plaas wat vir perdeteelt gebruik is (V.R.V. 10 (Lichtenstein), pp. 114-115.)
|