zelve gepasseerd waren zagen en arriveerden wy weldra aan de Ganzekraal,Ga naar voetnoot767 daar wy de famille van den heer Van Rheene aantroffen, en zeer vriendelyk werden geherbergd. Deze plaats legd op een quartier uur afstands van den oever der Tafelbaay,Ga naar voetnoot768 en is zeer vrugtbaar en uitgestrekt; de zelve leverd veel koorn, garst, rogge, enz., op: er zyn veele gebouwen, zelfs een wind-koornmolen die tydens het verblyf der Engelsche troupes aan de Saldanha Baay door de zelve met vrugt gebruikt werd.
Ter dezer plaatse is men zeer ver gevorderd in de schapeteeld van Spaansche Ras:Ga naar voetnoot769 de zelve word hier met veel zorg opgepast en hadden een schoon aanzigt. Het vee in het generaal ziet er in deze omstreek zeer goed uit, dog gebrek aan handen maakt dat men van de Ganzekraal niet zeer veel vrug trekt, als men wel zou kunnen doen. Wy zagen hier ook een ram en ooy van Bengaalsche Kemelbokken,Ga naar voetnoot770 welke zeer lang van hair zyn; onder welke een fraay soort van wolzyden is van welke de zogenaamde Tjals en halsdoeken worden gefabriceerd. |
-
voetnoot746
- Uit die handskrif W.B.E. Paravicini di Capelli, met toestemming van die Bestuur van die Koninklijke Instituut voor Taal-, Land- en Volkenkunde te 's-Gravenhage, maar prakties sonder annotasie, in 1932 deur die Linschoten-Vereeniging, as bylae V, pp. 333-339, gevoeg by deel XXXVI van sy publikasies: E.C. Godée Molsbergen, Reizen in Zuid-Afrika in de Hollandse Tijd, vierde deel, Tochten in het Kafferland, 1776-1805. Den Haag, 1932.
In die Janssensversameling (Collectie Janssens, Aanwins XXXVIII (1906) Alg. Rijksarchief, Den Haag), is daar by Bundel 7 'n afskrif van hierdie joernaal, op foliopapier met watermerk 1798, en met byskrif ‘Collasioneert Schonegevel.’
-
voetnoot747
- Hendrik Cloete (geb. 24.7.1758, oorl. 29.9.1818), getr. op 9.7.1780 met Anna Catharina Scheller, het sy vader, Hendrik Cloete (1725-1799) opgevolg as eienaar van Groot Constantia (Sien G.R. I, A-J, p. 154; M.O.O.C. 6/2, Doodregister (1818) en M.O.O.C. 7/78, fol. 38-39). Hy was in die Bataafse tyd ‘Inspecteur van 's Lands Domeinen en Bosschen’. Vgl. Van der Merwe (J.P.), p. 295.
-
voetnoot748
- Jacob van Reenen, ged. 30.6.1782, die oudste seun van die oudste Van Reenenbroer, Johannes Gysbertus (infra voetn. 785) uit sy tweede huwelik met Elisabeth Jacoba Maynier. Hy is op 4.5.1806 getr. met Geesje Wilhelmina Cloete, dogter van Hendrik Cloete van Constantia. (Vgl. G.R. III, P-Z, p. 113).
-
voetnoot749
- Oor die roete o.a. Barrow II, voukaart teenoor p. 261 en Kaart 847(Kaapse Argief). Die oggend se reis was van die Kasteel na Fort Knokke, na Craig's Tower (mond van die Soutrivier) oor Paardeneiland na Jan Biesjes Kraal (tans Milnerton, C.Q. 13.7 en C.F. 13.18, teenoor die tweede mond van die Soutrivier) en daarna na Rietvallei (tans C.Q. 11.12 fol. 746) waar die hoofkwartier van die Hottentotkorps eers gevestig was (V.R.V. 10 (Lichtenstein), p. 22).
-
voetnoot750
- Die streeknaam Koeberg kom reeds vroeg in die 18de eeu voor (Botha, p. 85) en plase is daar van 1698 al toegeken (Vgl. lys by Walker, Historical Atlas of South Africa, p. 8).
-
voetnoot751
- Verby dieselfde vlak terrein aan die Blouberg waar op 6 Januarie 1806 die slag teen die Britse invalsmag deur genl. Janssens gelewer sou word. Noord van Rietvallei het die pad by die plase Paalen en Potsdam links na Blouberg geloop (Kaart 782: Kaapse Afdeling, 1899).
-
voetnoot752
-
De Kleine Olifants Kop (tans C.Q. 6.58, fol. 518) ongeveer 18 myl noord van Kaapstad. Die plaas is reeds in 1698 uitgegee (Walker, p. 8). In 1803 was die bewoner Johannes Hendrik Munnik, ged. 8.9.1765 en oorl. 1818(?); getroud op 27.3.1803 met Jacoba Elisabeth van Sittert (G.R. II, A-O, p. 427 en M.O.O.C. 7/77 fol. 26 en 27).
-
voetnoot753
- Van Olifantskop was die pad oos van die huidige Mamrepad, oor Keert de Koe (nou C.Q. 6.68) en die plaas Vaatje (ondersoek ter plaatse, 22.12.1959).
Brakke Kuyl (tans C.Q. 6.69) geleë aan die Klein-Soutrivier, was die plaas van Dirk Gysbertus Verwey, ged. 13.7.1755, en getr. op 3.11.1776 met Maria Johanna van der Westhuyzen (GR III, P-Z, p. 481). Verwey het van 1781 af ook De Springfontein op sy naam gehad (R.L.R. 40, p. 179, en teen 1799 verskeie Groenkloofplase w.o. Klein-Dassenberg en Laatste Stuyver gehuur (R.L.R. 79a, Lys 21.12.1795).
Die plaas Brakkekuil lê reg wes van Philadelphia en die ‘weg na Koebergen’ is dieselfde wat nou nog van Langrug na Philadelphia loop.
-
voetnoot754
-
De Lange Rug (tans C.Q. 6.70) wat aan die Donkergatsrivier lê. Die eienaar was Johannes Coetzee, ged. 4.7.1751 en op 7.4.1776 getr. met Huibrecht Coetzee (G.R. I, A-J, p. 157). Teen 8.11.1805 meld die Kommissie van Veeteelt dat Jan Coetzee in 1804 op die aangrensende plaas De Drie Fonteinen met ‘de voortkweeking van wolgeevende schapen’ begin het. (B.H.D. III, pp. 423-424).
-
voetnoot755
-
De Drie Fonteinen geleegen in de Koebergen (tans C.Q. 8.23 fol. 607) aan die bolope van Donkergatsrivier, wat uit die Dassenberg kom. Reeds in Feb. 1700 is hierdie plaas in gebruik gegee o.a. aan Henning Hüsing (H.C. Hopkins, Eeufeesgedenkboek van die Gemeente Darling, 1853-1953, Stellenbosch, 1953, p. 8). Dit word in 1790 op ordonnansie gegee aan Johannes Rabe (R.L.R. 41, p. 220).
-
voetnoot756
- Vermoedelik Johannes Christiaan Rabe. (Vgl. infra voetn. 842.)
-
voetnoot757
- Die teenswoordige Mamre, sendingstasie van die Morawiese Broederkerk sedert 1809.
-
voetnoot758
- Nog te sien, sowat 6 myl van Mamre, wes van die huidige hoofweg.
-
voetnoot759
- 'n Ou eiendomsplaas Hartebeestkraal (tans C.F. 4.29, waaroor die pad na Mamre loop).
-
voetnoot760
- Blykbaar word 'n paadjie bedoel wat weswaarts na die kus, en oor Ganskraal kuslangs na Saldanhabaai geloop het.
-
voetnoot761
- Die uitspanning is op die grond van Katsenbergposkantoor (C.Q. 6.59) en moet nie verwar word met Papenkuilsfontein (MAL 2.2) net noord van Mamre nie.
-
voetnoot762
- Die ou eiendomsplaas Laatste Stuyver (C.F. 7.17) was een van die talryke Groenkloofplase wat hier genoem word. Sedert 1761 toe die Kompanjie sy veeposte aan die Groenkloof gevestig het, het ongeveer 36 plase ontstaan wat in groepe of ‘parceelen’ aan koloniste verhuur is, meestal Swartlandse boere o.w. verskeie van die Van Reenens. Vgl. hieroor R.L.R. 79a, Huurcontracten van de Groenekloofplaatsen (1795-1802), en Kaart 815 (Kaapse Argief): Particuliere plan van de Plaats genaamd Groote Post en de aan en omstreeks leggende Gouvernements Plaatzen in de Groene Kloof. L.-M. Thibault (1814). Sien ook besonderhede oor die plase by Nobbs, pp. 84-86. Die pleknaam Groenkloof kom reeds onder datum 31.10.1682 in Olof Bergh se joernaal voor (E.E. Mossop, Journals of Bergh and Schrijver, Van Riebeeck-vereniging, nr. 12, Kaapstad, 1931, p. 80).
-
voetnoot763
- Op die terrein van die vaste militêre pos deur die Kompanjie in 1701 aan die Groenekloof gevestig (Theal III, p. 415). Die 18de-eeuse poshuis waarvan 'n tekening (1779) as nr. 33 van die Gordonversameling voorkom, bestaan nog as pastorie van die Morawiese Broederkerk, langs die grootpad deur Mamre na Darling. (Sien afdrukke in G.M. IV, p. 338 en by Barnard, na p. 376).
Groenkloof was die plaas waar kol. R.J. Gordon van 1789 af die eerste proewe gedoen het met merinowolskape in Suid-Afrika (Sien Thom, pp. 148 en 267 e.v.).
-
voetnoot764
- Willem Ferdinand Versfeld, ged. 31.1.1780 en oorl. 15.9.1827; getr. op 25.4.1802 niet Maria van Reenen, dogter van Jacob van Reenen van Ganzekraal (G.R. III, P-Z, p. 476 en M.O.O.C. 7/103 fol. 88). Dit is interessant om op te merk dat die egpaar Versveld se tweede kind op Ganzekraal gebore is op 23.5.1804, die week ná die goewerneur se besoek, en gedoop is Jan Willem Janssens Versfeld (1804-1875). Sien G.R. III, P-Z, p. 477.
-
voetnoot765
- Jacob van Reenen (ged. 5.10.1755 en oorl. 5.6.1806); getr. op 4.2.1781 met Maria Catharina Persoon (G.R. III, P-Z, p. 114), was een van die nege Van Reenenbroers wat toe in lewe was, seuns van die Kaapse Patriotleier Jacob van Reenen (1727-1794). Hy het bekendheid verwerf as leier van die Grosvenor-ekspedisie van 1790-1791. (Vgl. oor sy lewensloop Kirby, pp. 43-49.)
-
voetnoot766
- Die plaas Ganzekraal was weswaarts van die roete af, ongeveer een uur se ry.
-
voetnoot767
- Die pleknaam dagteken uit 1673; op 25.10.1709 is die plaas Aen de Ganse Craal, by de Groene Cloov uitgegee aan Martin Mecklenburg (Vgl. Botha, p. 105). Na 1791 is dit (saam met ander plase) met die opheffing van die Kompanjiesposte verhuur aan drie van die Van Reenenbroers (Johannes Gysbertus, Jacob en Sebastiaan Valentyn) wat na 1795 afsonderlik geboer het; Jacob op Ganzekraal (Sien Hopkins, pp. 9-10).
-
voetnoot768
- Lees: die weskus. Ganzekraal se grond lê aan Jacobsbaai en Leggerbaai, ongeveer 35 myl noord van Tafelbaai.
-
voetnoot769
- Vgl. supra, voetn. 763. Ook V.R.V. 23 (Van Ryneveld), pp. 56-57, 66 en 74 voetn. 32.
-
voetnoot770
- Die angorabok (sybok), Capra hircus angorensis (fam. Bovidae).
|