Zyn Edele oordeelde de zelve van dat gewigt om dadelyk in persoon per extra post naar Kaapstad te ryden; gelyk hy dan ook, na van het gezelschap aller vriendlykst afscheid, genomen, en my ongelukkige in myn wagen zyn spyt te kennen gegeven te hebben niet mede te kunnen ryden, het toeverzicht over de train, de goederen, en directie der verdere reize aan my opdroeg en ons tot aller leetwezen verliet. Ik verzogt den Generaal voor al tog myn toestand by hoogst zyne komst aan de Kaapstad niet aan myne vrouw bekend te maken, en een voorwendsel te willen geven aan myn agterblyven het welk zyn Edele my beloofde; ongelukkiger wyze moest dog den doctor Passet de Generaal vergezellen, wyl hy niet alleen konde vertrekken zoo dat ik my met eenige voorschriften en medicamenten tot genezing moest troosten.Ga naar voetnoot644
|
-
voetnoot640
- Die tog suidwaarts en opwaarts langs die regteroewer van die Seekoeirivier was sowat 20 myl na die volgende kamp op Kwaggasfontein en het o.a. gevoer oor die (teenswoordige) plase: Hollefontein, Esperanza, Kraaifontein, Nooitgedacht en Elandsrivier.
-
voetnoot641
- Die ‘Edel Heer's Baaken’ op 4.10.1778 deur die goewerneur Joachim van Plettenberg tydens sy landreis opgerig op die regteroewer van die Seekoeirivier op die (teenswoordige) plaas van mnre. Murray, Kwaggasfontein (COL 3.10 f. 660), 30 myl suid van die Oranje en ongeveer 18 myl wes van Colesberg. Die baken moes die noordelikste punt van die reis van Van Plettenberg aandui, en terselfdertyd die noordwestelike uiterste van die grens van die Kaapse volksplanting en die skeiding tussen die kolonie en die land van die Boesmans. Die steen is vermoedelik voor 1798 al deur Boesmans omgegooi, maar was lank daarna nog leesbaar. Teen 1905 is enkele klein fragmente wat die datum vertoon, na die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad gestuur waar dit tans nog bewaar word. Op die terrein is in 1938 deur die Historiese Monumentekommissie 'n gedenkteken met opskrif opgerig, 400 tree van die rivierwal in die noordwestelike hoek van Kwaggasfontein. (Vgl. Reisverhaal van Van Plettenberg, B.H.D. I, p. 15; ook lêer nr. 13/6 van die Historiese Monumentekommissie wat met verlof hier aangehaal word; voorts Forbes I, pp. 293-294, Barrow I, p. 255 en Theal, Records VII, p. 21). Die terrein van die kamp is die eerste keer besoek en beskrywe deur kol. R.J. Gordon op 22.11.1777 toe hy die berge aan die westekant ‘Gordon's
Keerom's Bergen’ genoem het, met die prominente ‘Chinese Hoed’ (nou Boesmanshoed, 5,164 vt.) of ‘De Mosquee Berg’ daarby, ook tydens sy tweede besoek saam met Van Plettenberg op 4.10.1778 geteken (Sien plaat nr. 66, Gordonversameling, Rijksmuseum Amsterdam, en Barnard, pp. 344-346).
-
voetnoot642
- Lees: 15 Maart. Die fout kom ook by die amptelike joernaal voor (G.M. IV, p. 197).
-
voetnoot643
- Op 6.7.1803 het die brik Het Haasje onder bevel van luit. J. Ysbrands onderweg na Oos-Indië Tafelbaai bereik. Die skip het op bevel van die vise-admiraal De Winter op 11.4.1803 uit Lissabon geseil met 'n geheime missive van die Staatsbewind aan De Mist, gedateer 15.3.1803, waarin hy ingelig is oor die gespanne toestand tussen die Franse Republiek en Engeland, en opgevorder is tot verdediging van die Kaap met die oog op die op hande synde vredesbreuk ‘waardoor dan ook het lieve Vaderland, uit hoofde van deszelfs naauwe relatien met de Franse Republiek, hoogst waarschijnlijkst zal worden wech gesleept.’ (Sien volledige teks by B.H.D. III, pp. 193-194; verder B.R. 100, Secrete Notulen, 6.7.1803 en B.R. 110, Resolusies, 6.7.1803).
Die tyding uit Europa is dieselfde dag ‘met een estafette’ na Janssens afgestuur. (B.R. 100, t.a.p.)
-
voetnoot644
- Janssens het die reis van 170 uur te perd in 10 dae afgelê en ná sy aankoms in Kaapstad op 1.8.1803 verwys na sy geselskap ‘even aan deze zyde van de Plettenbergs Baak in goeden welstand agtergelaten, die met de byhebbende bagagien met eenen minspoedigen terugmarsch echter mede herwaards op weg zyn...’. (V.R.V. 11 (Lichtenstein) p. 78 en Kaapsche Courant, 6.8.1803).
|