welke taamelyk goed is, en koorn, zyn de voornaamste voortbrengsels van het district.Ga naar voetnoot558
Hoe zeer wy op den 30e Juny aan de Spekboombergen geen salpeter vonden, wierd ons echter verzekerd, dat er veel klippen zyn daar men het vind; de grond welke wy gisteren en heden over-reden schynt zeer veel te bevatten, als zynde de oppervlakte met dit voortbrengsel gelyk als met een dunne sneeuw overdekt.Ga naar voetnoot559
|
-
voetnoot553
- Tjaart van der Walt (1748-1802), vermaarde jagter, pionier en veldkommandant wat op 8.8.1802 tydens die oorlog teen Kôsa en Hottentotte aan die Kouga gesneuwel het. Hy is gedoop op 30.3.1749 en getr. op 28.2.1768 met Anna Martha Venter; hertr. op 26.3.1786 met Maria Elisabeth Venter (G.R. III, P-Z, p. 557). Sy was die weduwee wat in 1803 deur Janssens besoek is, moontlik op die Pretoriusplaas Broederstroom; die weduwee van Tjaart se oudste seun, Michael Andries, was naamlik die tweede eggenote van die welgestelde Petrus Jacobus Pretorius (infra voetn. 590).
Tjaart van der Walt het van 1768 af leningsplase op ordonnansie geneem, die meeste in Agter-Renosterberg en die Sneeubergwyke. (Sien inskrywings by R.L.R. 42, pp. 180 en 760, en R.L.R. 78a). Van 1789 het hy ook op ordonnansie gekry Nietgenaamd of Nooitgedacht geleegen aan't warmebad boven d'oliphantsrivier waar hy van ongeveer 1790 sy woonplek gehad het (Vgl. R.L.R. 42, p. 760). Die plaas (tans eiendomsplaas S.O.F. 4.79) lê 8 myl noordoos van Uniondaleweg en 27 myl wes van Uniondale, naby Tooverwaterpoort se warmbad. Drie dae na Tjaart se dood het sy weduwee aan genl. F. Dundas die tyding gestuur en ten antwoord het Dundas op 9.10.1802 die plaas Nietgenaamd (of Nooitgedacht) as blyk van hulde aan haar toegeken. (Vgl. mededelings deur ds. H.C. Hopkins in Die Huisgenoot, 8.6.1951, pp. 66-67, en 18.1.1952, pp. 43 en 63.)
Die doel van Goewerneur J.W. Janssens met hierdie besoek aan die wed. Van der Walt was om Dundas se toekenning mondeling te bevestig. Op 5.7.1803 het hy dit ook skriftelik gedoen (Sien B.R. 93, nr. 37, Janssens/wed. Van der Walt, met besluit om ‘erflik toe te staan en te vergunnen de Veeplaats Nietgenaamd of Nooitgedacht...’
-
voetnoot554
- Benewens Louis van Wyk (wat reeds onderweg ontmoet is) was die ander heemrade die volgende:
1. Barend Jacobus Burger(s), ged. 22.8.1747 (G.R. I, A-J, p. 132). Sy plaas was Rhenosterfontein, infra voetn. 679) en in die anonieme memorie G.M. IV, p. 215, word hy onder die ‘zeer intriguante Characters’ geplaas.
2. Michiel Christoffel Dippenaar (28.5.1755-22.4.1809), van De Twee Fonteinen aan Klein-Sondagsrivier onder die Sneeuberg (G.R. I, A-J, p. 188; Doodregister (Apr. 1808-Mei 1848) Graaff-Reinet 8/1, N.G. Kerkargief, Kaapstad, en G.R. 14/16, Lys van agterstallige rekognisie, 1802).
3. Andries Adriaan Smit (1741-23.9.1814) wat 'n plaas aan Landdrostrivier in die Camdebo bewoon het. In die anonieme memorie van 1803 (G.M. IV, p. 214) word hy aangegee as ‘een zeer slegt subject’ met aantyging dat hy Hottentotte mishandel. (Vgl. oor hom Doodregister (Apr. 1808-Mei 1848) Graaff-Reinet 8/1, N.G. Kerkargief, Kaapstad; en G.R. 14/12 (Lys van plase, 1786).
4. Christiaan Jacobus Liebenberg, ged. 10.4.1762, wat blykbaar nie in Graaff-Reinet opgedaag het nie. (Vgl. G.R. II, A-O, p. 218 en supra voetn. 489).
-
voetnoot555
- Volgens Janssens ‘de gewone kruit verbrandende eerbeweisingen’ (B.H.D. III, p. 239). Van Reenen vermeld egter dat 'n Pruisiese oudsoldaat, Georg Friedrich Werner, wat wou meedoen met sy eie ‘klyne stukjes canon’ sy eie kleinseun deur die ontploffing van sy kruithoring lelik verbrand het. (V.R.V. 18, p. 204 en Hoge(a) p. 436).
-
voetnoot556
- Veldkmdt. Friedrich Carl David G(e)rotz (geb. 2.4.1739, oorl. 15.4.1828), 'n Swabiër uit Stuttgart wat van 1767 aan die Kaap in Kompanjiesdiens was. Van 1776 woon hy in die toekomstige distrik Graaff-Reinet en verkry in 1789 burgerregte. Hy word ‘nasionale landdros’ van Graaff-Reinet in 1795 en bly aan as ‘provisionele’ landdros tot F.R. Bresler kom. Na die ‘Maynier-rebellie’ van 1801 neem hy waar as burgerkommandant en substituut-landdros. Hy was 'n gerespekteerde man by sowel die Britse as Bataafse bewind. Vgl. oor hom o.a. Hoge(a), pp. 123-124; Barrow I, p. 192; Theal, Records I, pp. 210-211 en V, pp. 6-8; Doodregister (Apr. 1808-Mei 1848) Graaff-Reinet 8/1, N.G. Kerkargief, Kaapstad.
-
voetnoot557
- Die eerste drosdy wat aan Kerkstraat skuins teenoor die huidige Drosdy-hotel gestaan het. Die hotel self is die veranderde tweede drosdy wat na 1804 volgens aanwysings van L.-M. Thibault opgerig is. Vgl. Barrow se ongunstige beskrywing van die eerste drosdy (I, p. 113).
-
voetnoot558
- Vgl. eietydse beskrywings van die dorp: Barrow I, p. 113 e.v.; Van Reenen, met opmerkings oor die distrik (V.R.V. 18, pp. 220-224); Lichtenstein (V.R.V. 10, pp. 452-468) met uitvoerige verwysing na die politieke troebele, en Burchell II, pp. 102-104.
-
voetnoot559
- Die handskrif laat onvermeld die vier gevalle van deserteurs wat op 3.7.1803 aangemeld is (G.M. IV, p. 177).
|