het middagmaal en werden door M. Pretorius verzogt dat de Gouverneur op zyn plaats wilde komen overnachten, waartoe besloten wierd, schoon er nog drie groote uuren te ryden overbleven. Hier begon de weg een veel vrolyker uitzicht te krygen als loopende voortduurend door een dicht begroeyd doorne en Carruboomen bosch,Ga naar voetnoot551 welke de beide oevers der Zondags Rivier zoomd.
Wy waren zeer naby de oorsprong van deze vloed en togen een menigte malen over de zelve; na lang rydens stapten wy af op de plaats genaamd de Drie Koppen,Ga naar voetnoot552 gehorende aan bovengenoemde Pretorius. De togt van heden werd op dertien uuren met de ossewagens begroot, ook kwamen deze eerst laat aan het nagtverblyf: wy wierden hier zoo als overal met gulheid onthaald. |
-
voetnoot547
- Ongeveer die roete van die huidige pad oor Wapadsbergspas.
-
voetnoot548
- Die Kompasberg (8215 vt.) is 25 myl wes-noordwes van die nek van Wapadsberg. (Vgl. oor die naamgewing, Barnard, pp. 343-344).
-
voetnoot549
- Johannes Petrus van der Walt (1749-1825), veldkommandant van die Tarka en Renosterberg, was die tweede jongste van vyf Van der Waltbroers (seuns van die stamvader): Andries, Hendrik, Tjaart (veldkommandant), Johannes Petrus en Nicolaas (infra voetn. 608). Volgens sy sterfkennis (M.O.O.C. 6/3 (1825), Kaapse Argief) is hy op 7.10. 1749 gebore. Hy is ged. op 8.9.1750 en getr. op 21.10.1770 met Alida Johanna Venter (G.R. III, P-Z, p. 559). Van 1771 word vir hom verskcie leningsplase aangeteken in die Tarka, agter Renosterberg, agter Sneeuberg en aan Visrivier (Vgl. inskrywings in R.L.R. 78a; R.L.R. 41, p. 173 en G.R. 14/17, p. 82).
In 1778 was hy aanwesig by die oprigting van die Plettenbergsbaken (Forbes I, p. 295). Tydens die Graaff-Reinetse troebele het hy nog in die Tarka gewoon en 'n werksame aandeel gehad aan die gebeure van 1799 en die oorlog van 1799-1802, maar hy het hom nie met die opstandiges teen Maynier in 1801 enduit vereenselwig nie. Weens die vyandskap wat daar teen hom in die Tarka ontstaan het, verhuis hy na Wolvenkop (noord van die huidige Middelburg), waar hy in 1809 tydens Collins se reis nog was. (Vgl. Marais, pp. 101, 123-128, 136 en 147; ook Theal, Records II, pp. 390-392 en VII, p. 23). Oor sy plase noord van Graaff-Reinet, infra voetnote 610, 615 en 645). Hy is op 27.7.1825 oorlede.
-
voetnoot550
- Marthinus Wessel Pretorius (geb. 19.10.1746, oorl. 29.9.1831), ged. 12.2.1747 en getr. op 10.4.1773 met Johanna Adriana de Beer, wed. van Joachim Koekemoer; hertr. op 12.11.1797 met Susanna Elisabeth Viljoen, wed. van Johannes Dewald Hattingh (G.R. III, P-Z, p. 75). M.W. Pretorius en Susanna Viljoen se oudste seun was die latere Voortrekkerleier, Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius (geb. 27.11.1798) wat dus as seuntjie van 4½ jaar waarskynlik tydens Janssens se besoek in die huis aanwesig was, tesame met sy broers Henning Petrus Nicolaas (1800-1865) en Johannes Lodewyk Wynand (geb. 1.4. 1802). Die vierde broer, Hercules Albertus (Bart) is gebore 7 weke na die besoek, op 22.8.1803. (Sien die familie-Bybels met genealogiese gegewens van M.W. en A.W.J. Pretorius in die Ou Transvaalse Museum, Boomstraat, Pretoria).
-
voetnoot551
- Karoodoring (Acacia giraffae); kareedoring (Lycium spp.).
-
voetnoot552
-
De Drie Koppen geleegen onder de Sneeuwbergen (tans GR 3.17, waarop die spoorweghalte Glenharry lê) is op ordonnansie geneem deur M.W. Pretorius op 5.8.1773 tesame met De Klipkraal ten suidweste daarvan (nou Klipfontein, GR 3.2). Daarby het hy van 1772 ook nog Elandsdrift (Elandskloof?) onder Sneeuberg, en Welgemoed (1787) geleë aan Sneeuberg, op sy naam gehad. (Sien R.L.R. 78a; R.L.R. 41, p. 265; G.R. 14/17, p. 68 en G.R. 14/16, Lys van agterstallige rekognisie, 1802). Die plaas Driekoppen is ongeveer 25 myl van Graaff-Reinet geleë.
|