geleden verzogt hebbende eene plaats tot zyn verblyf, gaf de Gouverneur hem heden eene Erf genaamd Paapebiesfonteyn gelegen by het Fort aan de andere zyde van bakkers rivier.Ga naar voetnoot372 De generaal gaf volmacht aan den Major van Gilten om de zwarte beschuyt, welke hier voor den Gouverneur ter beschikking legd en waarschynelyk zoude bederven, gedeeltelyk aan het hottentotsche Institut, gedeeltelyk aan Claas Stuurman en noodlydende uittereiken.Ga naar voetnoot373
De Generaal ontving twee missives, eene van den Commandant Botha en de andere van den Commandant van Royen verzoekende schadeloosstelling voor slachtvee, dat voor hun tydens de Commando's aangekogt aan hunne gecommandeerde ter voeding gegeven, en thans wederom geischt word,Ga naar voetnoot374 welk verzoek den generaal uit hoofde dit vee in 's Lands dienst is gebruikt, niet heeft vermeend te moeten weigeren en dus heeft toegestaan en voldaan. |
-
voetnoot371
- In die amptelike joernaal (G.M. IV, p. 154) word vermeld dat Thomas Ferreira voor die goewerneur en offisiere verskyn het om die verbanningsbevel te ontvang (wat die vorige dag opgestel was) en namens sy seuns 'n kwitansie van ontvangs te onderteken. Daarvolgens moes hy met sy twee seuns, Stephanus en Andries Hercules, sy skoonseun, P.H. Ferreira (P.H. seun), en dié se vrou Martha, versit tot 5 uur te perd anderkant Swellendam-drosdy en aan die landdros rapporteer (B.R. 93, pp. 131-134, met kwitansie (p. 139) deur Ferreira geteken). Die verbanning word beskrywe, nie as beskuldiging nie, maar as ‘mesure van hooge Politie’ genoodsaak deur die belange van land en inwoners. Ferreira en sy vrou het blykbaar op Ruitersbos in die omgewing van Mosselbaai gaan woon (J. 291, Swellendamse Opgaaf, 1806). Thomas Ignatius is waarskynlik in 1814 oorlede (M.O.O.C. 7/68 fol. 50; testament op 15.9.1814 geregistreer). Sy dogter Martha (‘Kwaade Martha’) was met haar neef P.H. Ferreira getroud en hulle het blykbaar in die Langkloof gaan woon. In 1813 het sy weer oor beweerde misdade voor die hof op George verskyn (Schoeman, p. 81 en Theal, Records IX, p. 328).
Op dieselfde dag verskyn ook J.A. Rens om sy ‘besluit van exil’ te ontvang (B.R. 93, p. 135). Hy moes hom op die dorp Stellenbosch gaan vestig. (Kopie van vonnis, 31.5.1803; gesertifiseer deur W.B.E. Paravicini di Capelli. B.R. 36, pp. 343-344. Sien ook B.R. 110, nr. 251, pp. 113-114).
-
voetnoot372
- Die erf Paapenbiesjesfontein (Paape biesefontein) geleë aan Bakensrivier, word op 31.5.1803 aan Gerhardus Oosthuysen toegeken (B.R. 93, nr. 17). Dis suid van die rivier, tussen die huidige Walmer en Humewood, met Sharksrivier aan die suidekant, waar die Humansdorpspoorweg langs loop-later bekend as ‘Humerail’. Volgens J.J. Redgrave (Port Elizabeth in Bygone Days, p. 71) was Papebiesfontein eintlik die hele Suideinde van Port Elizabeth.
-
voetnoot373
- B.R. 93, nr. 22, aangaande die 5,000 pond swartbiskuit wat uitgedeel moes word.
-
voetnoot374
-
Ibidem, nr. 24, maar gedateer 1.6.1803. Die goewerneur het sy korrespondensie van hierdie besige dag afgesluit met twee stukke aan De Mist (B.H.D. III, p. 228 e.v.), waarvan een 'n verslag van sy verblyf aan Algoabaai was en die ander die gevalle Ferreira en Rens toegelig het.
|