weder was opgebouwd; eenige in het veld staande boomen diende ons tot tent onder welke een tafel werd aangeregt aan welke wy middag hielden; wy gaven last om onze pakwagens langsaam te doen voort ryden tot aan de Kromme Rivier op vyf uuren afstands verder, alwaar wy ons camp opsloegen op de oever van de evengenoemde vloed.Ga naar voetnoot220
|
-
voetnoot217
- Cornelis Rademeyer (vyfde kind van die Duitse stamvader). Ged. 1.3.1767 en getr. op 19.4.1789 met Hester Ferreira, dogter van die oudste Ferreira-broer, die kmdt. Petrus Hendrik. Op 12.6.1791 is hy hertroud met haar niggie, Maria Jacoba Ferreira, dogter van Stephanus Ferreira van Klipheuvel, sy buurplaas. (G.R. I, A-J, pp. 231-232 en III, p. 100). Hy was veldkornet ‘Onder in de Lange Cloof en Cauga’ (verwysing deur ds. H.C. Hopkins) en het gewoon op De Klippedrift aan die Louterwaterrivier, vroeër bekend as Groot Aapjesrivier. Die plaas se naam is verander tot Louterwater soos dit vandag nog heet (Forbes I, p. 148). Die opstal het noord van Louterwaterrivier gestaan.
-
voetnoot218
-
De Krakeelrivier van Matthys Strijdom, Matthysseun, 1 myl O.S.O. van die huidige Krakeelspoorwegstasie. Die plaas het voor 1780 aan Matthys Zondagh behoort, wat dit verlaat het. (Aan wins 709 (Joubertina), Kaapse Argief). Matthys Strijdom (ged. 16.7.1741) is op 5.5.1765 getr. met Magdalena Josina Pretorius. Van 1767 tot 1794 is uit die huwelik 12 kinders gebore, daaronder 7 seuns. Lichtenstein (V.R.V. 10, p. 264) vertel van die Strijdoms se vrugbare plaas en armoedige huis. Vader en seuns het van olifant- en buffeljag geleef.
-
voetnoot219
- Johann Andreas Kritzinger, 'n Duitser uit Besigheim. Hy is op 4.11.1787 getroud met Maria Heyns. (Hoge(a), p.
222). Sy plaas was by die Wagenboomsrivier, 2 myl oos van Joubertina, en was vroeër bekend as Onverwacht (Vgl. Forbes, I, p. 432). Joubertina lê op die plaas ‘Onzer’ wat volgens die bewerkers van Van Reenen (V.R.V. 18, p. 66, voetn. 45) aan J.A. Kritzinger behoort het. Toe De Mist op 2.1.1804 hier kom, was Kritzinger en sy buurman, Ockert Olivier van Twee Rivieren, besig om hul woonhuise op te bou (B.H.D. III, p. 157, V.R.V. 10 (Lichtenstein) pp. 265-266).
-
voetnoot220
- Waarskynlik by Kompanjiesdrift (tans 'n spoorweghalte). Burchell het in 1814 hier oorgestaan (Vgl. McKay, p. 55). Maar dis nie met sekerheid vas te stel nie; dit kon ook op die huidige plaas Elandsfontein gewees het (GEO 3.41) d.w.s. by die halte Heights (Kromriviershoogte), sowat 8 myl oos van Joubertina.
Die amptelike joernaal vermeld hier die skone eggo-effek teen die kranse as die halfmaanblaser op sy horing die appèl blaas. (G.M. IV, p. 125).
|