wy op deeze plaats ziek agterlaten om indien mogelyk na de Kaapstad te worden overgebragt.Ga naar voetnoot97
|
-
voetnoot93
- Die ou roete (per motor sover moontlik gevolg op 31.12.1959) het van die nasionale pad op die huidige plaas Melkhoutkraal noordoos geloop oor Kraggashoogte, al suid van die spoorlyn, oor die spoor by die halte Groot Kragga en daarvandaan na Zeekoegat, effens noord van die dorpsgebied van Riversdal. Kraggashoogte self is op die plaas Kragga'skraal (tans Sw. 9.50/Sw. IV. 394).
-
voetnoot94
- Nie vasgestel nie. By die spoorweghalte Badenhorst staan 'n baie ou en verlate opstal aan die voet van die Kraggashoogte.
-
voetnoot95
-
Zeekoegat gel: aan de Vetrivier, die historiese plaas, vir die stamvader, Michael Muller, in 1746 aangeteken, daarna in besit van Hillegert Muller (sien supra voetn. 61) en Muller se skoonseun, die burger-luitenant, Jacobus Lodewicus (Kobus) du Preez, wat dit kort voor Janssens se besoek oorgeneem het; geleë 2 myl noordoos van en grensend aan Doornkraal, waarop die dorp Riversdal in Julie 1838 aangelê is. (Vgl. dr. John Muir, ‘Hillegert Muller: 'n Vooraanstaande Heemraad van Swellendam in die 18de eeu’, Die Huisgenoot, 23.3.1928, p. 37 en A.P. Smit, Eeufees-Album van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente, Riversdale, 1839-1939, pp. 2-7). Die woonhuis met geweldatum 1790 en buitegeboue het behoue gebly en die woonhuis is tot nasionale gedenkwaardigheid geproklameer. (Oor De Mist se
besoek aan Zeekoegat in Des. 1803, B.H.D. III, p. 148 en V.R.V. 10 (Lichtenstein) p. 207).
-
voetnoot96
- Daar is g'n aanduiding van die roete wat die waens gevolg het nie; waarskynlik was dit oor Hagelkraal aan Gouritzrivier en oor die Attakwaskloof, 3 myl wes van die huidige Robinsonpas, na die Klein-Karoo. (Vg. kaart nr. 725; kaart van Attakwaskloof deur H.F. Mulder, 26.12.1846). Dit kon ewe goed die Platte Cloofpas gewees het, 20 myl van die teenswoordige Riversdal en eerste in 1777 deur William Paterson gebruik (Vgl. hieroor Burman, pp. 82-87). Die geselskap tref die waens weer aan op 27 April.
-
voetnoot97
- Janssens skryf op Zeekoegat 'n brief aan die landdros van Swellendam om die saak van 'n Hottentot te ondersoek wat 'n kolonis van mishandeling beskuldig. (G.M. IV, p. 110). Die brief is nie teruggevind nie.
|