Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa
(1965)–W.B.E. Paravicini di Capelli– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina xi]
| |||||||||||||||||||||||||||
InleidingA. Lewensloop van die skrywerDie reisjoernaal wat tans vir die eerste keer hier gepubliseer word, nagenoeg 162 jaar ná die gebeurtenisse waarop dit betrekking het, is bygehou deur Willem Bartholomé Eduard Paravicini di Capelli (1778-1848), kaptein van die artillerie in die leër van die Bataafse Republiek, en aide-de-camp van genl. Jan Willem Janssens, goewerneur en generaal en chef van die Kaap de Goede Hoop van 1803 tot 1806. Met uitsondering van die verwysings na Paravicini deur Lichtenstein, wat hom persoonlik geken het as reisgenoot uit Europa, en by geleentheid saam met hom op reis was van Kaapstad na Swellendam, word hy nêrens in die Suid-Afrikaanse geskiedkundige literatuur vermeld nie, en oor sy verblyf aan die Kaap - van Desember 1802 tot April 1805 - is by die amptelike stukke maar 'n betreklik skrale neerslag te vinde. Nadat die handskrif in 1952 opnuut onder die aandag gekom het, is daar, na aanleiding van bronneverwysings by die bestaande biografiese artikels oor Paravicini en lede van sy geslagGa naar voetnoot1 die hulp ingeroep van die verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Staatsargief se argivaris vir bronnenavorsing in EuropaGa naar voetnoot2 wat daarin geslaag het om in 1958 die omvangryke familiekroniek en genealogie van die geslag Paravicini - een van die merkwaardigste in Europa - in partikuliere besit op te spoor en as skenking te verkry,Ga naar voetnoot3 tesame met stukke uit die huisargief van W.B.E. Paravicini di CapelliGa naar voetnoot4 en sy nekrologie.Ga naar voetnoot5 In | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xii]
| |||||||||||||||||||||||||||
Mei 1962 het ek ook geleentheid gehad om die stukke oor die familie Paravicini wat hierby aansluit en berus by die Centraal Bureau voor Genealogie in Den Haag, te raadpleeg.Ga naar voetnoot6 Uit hierdie bronne is, tensy anders vermeld, die afkoms en lewensloop saamgestel van hierdie lid van 'n reusagtige geslag wat tans nog sy vertakkinge het in haas elke land ter wêreld. Volgens oorlewering (wat vir die allervroegste periode nie dokumentêr gestaaf kan word nie) het die adellike geslag Paravicini sy oorsprong gehad by ene Baruto (Brasulphus, Barallo) wat verwant was aan die konings van Lombardye en wat, ten tyde van die kroning van Karel die Grote in Italië as koning van Lombardye in 774, een van die keiser se twaalf pares (‘gelykes’) was, oftewel kamerheer (Frans: pair; Engels: peer) wat uitgestrekte leengoedere (heerlikhede) verwerf het in Noord-Italië, veral rondom die meer Como. Die familie was vroeg ook by Milan en Sondrio gevestig en het minstens van die negende eeu die naam Paravicinus (met verskillende variante) gevoer. Die verskillende groot takke van die familie, waaronder die Paravicini di Gottardini wat later die Nederlandse stam word, het almal in hul skild of wapen 'n wit swaan in 'n rooi veld gevoer: die swaan, die simbool van 'n wetenskaplike en goeie mens wat hom met niks verontreinig nie; wit, die afglansing van 'n beskaafde gemoed.Ga naar voetnoot6a Onder dié wat noordwaarts uit Italië deur die Alpe verhuis het, het 'n tak by Chur, die ou Romeinse Curia Raetorum, die hoofsetel van die Switserse kanton Graubünden en geleë aan die aloue Splügenpas, tereg gekom. In Chur was die inwoners oorwegend Protestants; in die godsdiensoorloë van die 16de en 17de eeu het baie van die inwoners oor Europa verspreid geraak en die eerste Paravicini in Nederland was Johan Caspar (gebore in Chur in 1660 en oorlede in Den Haag, eers in 1761) wat met hom die toevoeging ‘di Capelli’ gebring het, waarskynlik na die naam van sy grootmoeder Violanda Capelli. Hy was offisier by die Switserse troepe (kaptein van die Grisons) in die Nederlandse diens, en die oorgrootvader van die skrywer van die reisjoernaal. Die seun van Johan Caspar, uit sy tweede huwelik, was die artilleris, generaal en wapenontwerper Bartholomeus Eduard Paravicini di Capelli (1724-1810) wat nog in 1794 in Vlaandere die voorhoede van die Prins van Oranje by Landrecies teen die Franse aangevoer het, toe sy seun en kleinseun ook reeds in dieselfde veldtog gedien het. In Zutphen, woonplek van Bartholomeus Eduard, is sy enigste seun, Johan Caspar (1752-1825) gebore, wat eweneens soldaat en artilleris word, en dit teen 1795 bring tot inspekteur-generaal van die geskutgietery en die magasyne. | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xiii]
| |||||||||||||||||||||||||||
Terwyl sy seun met genl. Janssens in 1803 op reis is in Suid-Afrika, word Johan Caspar ‘Chef van het wapen der Artillerie’, later generaal-majoor, en uiteindelik lid van die ‘Centraal Comité voor Artillerie en Genie’. Soos sy vader Bartholomeus Eduard voor hom, wat die eerste artillerieskole in Nederland laat oprig het en wapenonderwys grootliks verbeter het, het Johan Caspar belangrike verbeteringe van die artillerie voorgestaan en tot stand gebring, veral wat die marine-artillerie betref. Johan Caspar en sy eggenote, Anna Christoffelina Jacoba van Heemskerck,Ga naar voetnoot7 se oudste seun, Willem Bartholomé Eduard, is te Zutphen gebore op 22 Februarie 1778 en in die Frans-Protestantse kerk aldaar gedoop.Ga naar voetnoot8 Teen 1791 is daar nog drie seuns gebore.Ga naar voetnoot9 Getrou aan die soldatetradisie van sy familie, het W.B.E. Paravicini di Capelli as seuntjie van nege jaar op 27 September 1787 reeds leerling-kadet by die artillerie geword en in dié opleiding ses jaar gebly tot hy op 31 Desember 1792 tweede luitenant word.Ga naar voetnoot10 Enkele maande daarna kom hy op 20 Mei 1793 by die Rijdende Artillerie en maak as jongeling sy eerste veldtog in 1793 mee in Vlaandere waar die Staatse leër van die Prins van Oranje die opmars van die Franse rewolusionêre magte stuit. Sy skrandere en vlugge oordeel, gepaard met 'n gunstige voorkoms, het hom vroeg onder die aandag gebring en was die aanleiding tot sy benoeming by die Rijdende Artillerie. Vir die veldtog van 1794 in Vlaandere word hy weer op 5 Maart 1794 by hierdie korps ingedeel. Besonderhede van Paravicini se diens in hierdie tyd word nie vermeld nie; dit is egter wel moontlik dat hy aanwesig was by die oorrompeling van die Franse versterkte kamp te Landrecies op 20 April 1794, wat onder aanvoering van sy grootvader, genl. B.E. Paravicini di Capelli, plaasgevind het. Met die bewindsverandering van 1795 en die totstandkoming van die Bataafse Republiek, neem Paravicini op eie versoek eervolle demissie as offisier. Dit is nie bekend waarmee hy hom in die volgende jare besig gehou het nie. Eers na die Vrede van Amiens tree hy op 16 April 1802 as kaptein van 'n kompanjie artillerie van die 5de Bataljon in diens van die Bataafse Republiek. Nege dae later word hy op 15 April 1802 aide-de-camp van genl. J.W. Janssens, self kort tevore benoem tot goewerneur van die Kaap de Goede Hoop, wat kragtens die Vrede van Amiens deur Groot-Brittanje weer aan die Bataafse Republiek teruggegee sou word. Van wanneer die assosiasie tussen Paravicini en genl. Janssens dagteken, is uit beskikbare stukke nie vasgestel nie. | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xiv]
| |||||||||||||||||||||||||||
Dit is bes moontlik dat hul kennismaking tydens die eerste veldtog in Vlaandere kon plaasgevind het, waar Janssens voor Meenen op 13 September 1793 ernstig gewond is.Ga naar voetnoot11 Op 16 Mei 1802 is in Den Haag die ondertroue geregistreer van Paravicini en Hendrica Justina van Oldenbarneveld genaamd Witte Tullingh, gebore in Den Haag op 14 April 1781 as dogter van Mr. Hendrik Justus van Oldenbarneveld en Agnita Theodora van Teylingen. Die lewensmaat van Paravicini was dus afkomstig uit een van Nederland se aansienlikste families. Drie weke daarna, op 8 Junie 1802, is die jong paar in die heilige eg ingeseën in ‘de Hoogduitsche Kerk’ in Den Haag.Ga naar voetnoot12 'n Maand later het die vertrek na Kaapstad gevolg. Op 6 Julie 1802 het die kommissaris-generaal Mr. J.A. de Mist en sy kinders, die goewerneur J.W. Janssens, en die militêre gevolg, waaronder Paravicini en sy eggenote, van Enkhuizen met 'n jag van die Asiatiese Raad na die rede van Texel vertrek waar op 8 Julie op die oorlogskip Bato oorgestap is.Ga naar voetnoot13 Genl. Janssens het teen 15 Julie sy gesin gaan haal, en dis waarskynlik by dié geleentheid dat die 24-jarige aide-de-camp en sy vroutjie van sy broer, hul vriende en vriendinne 'n medaljon ter laaste aandenking meegekry het ‘donné en dernier souvenir à l'occasion du départ de mon frère et soeur Paravicini vers le Cap de bonne Espérance par leur vrais amis et amies.’Ga naar voetnoot14 Teenwinde het die skepe tot 5 Augustus in Texel gehou voordat die seereis na die Kaap onder die gedonder van salvo's en die tone van krygsmusiek 'n aanvang geneem het. Eers op 23 Desember 1802 het die Bato, Pluto, Kortenaer en die fregat Maria Reigersbergen Tafelbaai bereik en die volgende dag is Paravicini, sy kollega, Johannes Deel, sekretaris van Janssens, en die jong A.L. de Mist, seun en sekretaris van sy vader, die kommissaris-generaal, onder dié wat in staatsie aan wal gaan om met die waarnemende Britse goewerneur, genl. Francis Dundas, die middagmaal in Goewermentshuis in die Laan te nuttig.Ga naar voetnoot15 Na onverwagte verwikkelings wat lei tot die tydelike opskorting van oorgawe en oorname van die volksplanting, kon De Mist eindelik op 1 Maart 1803 formeel die bewind oorneem en genl. Janssens as goewerneur installeer. Feitlik sedert die dag van aankoms het die wolk van hernieude oorlog met Groot-Brittanje waarby die Bataafse Republiek vanself betrokke sou wees, sy skadu- | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xv]
| |||||||||||||||||||||||||||
wee oor die doen en late van die nuwe bewind gewerp en veral die gevoelige en swaarmoedige Janssens se gees gekwel.Ga naar voetnoot16 Met so 'n hoof wat telkens in neerslagtigheid verval het en steeds geneigd was om aan sy eie vermoë te twyfel om die taak te volbring wat op sy skouers gerus het, sou Paravicini vier maande lank in die binnelande van die volksplanting reis. Die amptelike joernaal wat hy gehou het, sy eie weergawe wat hier volg, en die korrespondensie tydens die reis gevoer, bewys in welke hoë mate die goewerneur op sy 25-jarige aide-de-camp gesteun het, nie alleen as amanuensis nie, maar om in baie gevalle namens hom op te tree. Aan sy kant vertoon Paravicini reeds op betreklik jeugdige leeftyd met hoeveel gemak en bekwaamheid hy die verantwoordelikhede dra wat hom opgelê word. Hy laat hom sien as verfynde, intelligente, ontwikkelde en rype mens wat by sy eerste kennismaking met die Kaapse binneland wel Barrow onder die arm het en die denkbeelde wat vaardig is in die vaderland wat hy pas verlaat het telkens na vore bring, maar wat blank en nie-blank met simpatieke begrip beskou. Oral loer sy humorsin om die hoek, of dit nou al in die smidswinkel op Krombeksrivier is, of by die jolyt op Rheeboksfontein waar hy self musiek maak, by die ontmoeting met Slambie se afgesant of die potsierlike intog met Gaika en die swaarlywige ‘koningin-moeder’ in die kamp aan Katrivier. Hy geniet van alles, veral van die jag, werp sy woord van kritiek in waar hy dit nodig ag en reis met wakkere aandag wat plant en dier en landsliede opneem en weergee soos hy as Nederlander dit sien-op sigself 'n interessante teenstelling met die siening van sy reisgenoot, Dirk Gysbert van Reenen, die gebore Afrikaner, wie se joernaal gelukkig ook vir ons bewaar gebly het. Toe Paravicini sy dagboekaantekeninge gemaak het en talryke amptelike briewe hom by geleentheid selfs van die aangename geselskap van die Afrikaanse ‘nonjes’ laat wegbly het, het daar vir hom nog 'n lang en bewoë loopbaan voorgelê. Aan die einde daarvan is deur 'n tydgenoot oor hom die volgende mooi karakterisering gelewer wat, laat ons dit maar aanneem, nou reeds in hoofsaak van hom waar was: ‘Paravicini paarde bij veel kunde en vlug oordeel, eene groote tegenwoordigheid van geest en eene gevatheid, die, bij zijne minzame en beleefde manieren, zijnen omgang even aangenaam als leerzaam maakten. In verschillende betrekkingen by materieel en personeel gediend hebbende, was hij vrij van alle die kleingeestige vooroordeelen, die de zoodanigen kenmerken, die hun geheele loopbaan uitsluitend bij één gedeelte van het zoo veel omvattende artilleriecorps hebben doorgebracht...’Ga naar voetnoot17 Nog voor die einde van die landreis het die tyding van die hervatting van vyandelikhede tussen die Franse Republiek en Groot-Brittanje waarby die Bataafse Republiek vanself aan die Franse kant betrokke sou wees, die goewerneur by die Plettenbergsbaken bereik (22 Julie) en hom laat besluit om onmid- | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xvi]
| |||||||||||||||||||||||||||
dellik te perd na Kaapstad terug te keer om alle moontlike maatreëls ter hand te neem ter verdediging van die volksplanting teen 'n moontlike Engelse aanval. In die volgende nege-en-twintig maande sou verdediging in al Janssens se doen en late die oorweging van deurslaggewende belang wees. Dit spreek byna vanself dat 'n bekwame en vertroude offisier soos Paravicini hierby 'n aktiewe rol sou speel. Dit blyk trouens al tydens die reis dat besondere aandag geskenk word aan baaie en landingsplekke op die suidkus en die landkaarte wat daarop betrekking het.Ga naar voetnoot18 Janssens se eerste stap om die weerbare bevolking in staat van gereedheid te te bring, was die instelling op 21 Julie 1803 van 'n binnelandse posdiens wat o.a. bedoel was om deur middel van korrespondensiebodes langs die geskikste roetes na die afgeleë grense ‘de bevelen van het gouvernement spoedig naar alle oorden der volkplanting over te brengen’.Ga naar voetnoot19 Die organisasie van hierdie posdiens sou weldra aan Paravicini opgedra word. Intussen is Janssens se algemene mobilisasieplan twee weke na Paravicini se terugkeer in Kaapstad op 25 Augustus 1803 aangekondig. Dit het verordeninge bevat ‘om deeze Colonie in eene behoorlyke staat van defensie te brengen’ en onder meer voorsiening gemaak vir die oproep van burgers, die oprigting om 'n Hottentotkorps en 'n landmilisie.Ga naar voetnoot20 Vanaf sy terugkeer staan Paravicini in die midde van die militêre voorbereidsels soos blyk uit verskeie stukke, waaronder geheime korrespondensie, in sy handskrif deur hom onderteken sedert 17 Augustus 1803.Ga naar voetnoot21 Hy neem op 11 Oktober 1803 deel aan die militêre konferensie waarop uitvoerige verdedigingsprojekte bespreek word en opdragte toegewys word. Onder die aanwesiges was die sleutelpersone belas met die verdediging van die kolonie t.w. die kolonel en kommandant van die troepe P.L. Henry, die kol. en kapt.-ter-see J. Claris, die lt.-kol. Cordes, die kapt.-adjudant J.F. Benaij, die militêre administrateur J. Deel, die direkteur en chef van die hospitaal R. de Klerk Dibbetz en die inspekteur-generaal van geboue, Louis-Michel Thibault.Ga naar voetnoot22 Dit was Paravicini se medestanders, sommige van hulle sy persoonlike vriende, op hierdie tydstip wat Janssens bestempel het as ‘de ellendige staat van de verdeediging dezer volkplanting’. Intussen kry Paravicini die spesiale opdrag van Janssens om vir al die uitrusting en proviandering sorg te dra vir die binnelandse reis wat die kommissaris-generaal J.A. de Mist op 9 Oktober 1803 sou aanvaar.Ga naar voetnoot23 Hy kry volmag | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xvii]
| |||||||||||||||||||||||||||
om ‘uit de differente departementen der Magazynen, Militaire atteliers en de Hospitalen, tegens behoorlyk reçu alle dat geene te mogen requireeren als gy tot het in ordre brengen der wagens, campements Effecten en verdere train zult vermeenen te behoeven’. Die bewys van die bekwame wyse waarop Paravicini sy pas opgedane ervaring aangewend het om De Mist se talryke gevolg en hul vyf ossewaens doeltreffend toe te rus, is te vinde by Lichtenstein wat na Paravicini verwys as 'n man van groot deurtastendheid en versiendheid wat met groot sorg die ekspedisie voorberei het en daardeur die hartlikste dank van die hele reisgeselskap verdien het by menige geleentheid op die reis.Ga naar voetnoot24 Terwyl broodnodige troepe op las van die Staatsbewind na Batavië vertrek en Janssens, siek en swartgallig as slagoffer van die senuwee-oorlog waarvan hy die spanning nog bare maande sou moes dra, hom in Januarie 1804 bekla oor die ‘allerzorglykst’ toestand van die regering, kry Paravicini 'n militêre opdrag. Hy moes naamlik saam met F.S.V. le Sueur, kommandant van die Hottentotkorps, en die heer Hendrik Cloete van Constantia rapporteer oor die oorplasing van die ‘Corps vrye Hottentotten’ van Rietvallei (by die teenswoordige Milnerton) na 'n kamp by Wynberg. Nadat okulêre inspeksie gehou is, het die kommissie verslag gedoen en 'n terrein op die grond van die heer Tennant aanbeveel waar spoedig met arbeid van die Hottentotte self die kamp aangelê is.Ga naar voetnoot25 Die goewerneur het as militêr tereg veel waarde geheg aan die rol wat Saldanhabaai en Sint Helenabaai by 'n verwagte vyandelike aanval sou kon speel.Ga naar voetnoot26 Vanselfsprekend het hy sy aide-de-camp meegeneem toe hy in Mei 1804 besluit het ‘zich voor eenige dagen na de Saldanhabaaij en St. Helena Baay tot het opnemen en examineeren deser gedeeltens van de Colonie te absenteeren’.Ga naar voetnoot27 So het Paravicini dan ook weer die pen opgeneem as skrywer van die klein reisjoernaal wat hy later by sy eie van die binnelandse reis gevoeg het.Ga naar voetnoot28 Die reis self het van 17 tot 27 Mei 1804 geduur. Enkele dae na sy terugkeer in die Kasteel, lê Janssens op 1 Junie 1804 sy aanbevelings aan die Politieke Raad voor oor noodreëlings in Saldanha- en Sint Helenabaai en doen aan die hand dat ‘den Capitein Aide de Camp Paravicini kon gechargeerd worden met het in order brengen dezer zaak en met het opspeuren naa de gebreeken die er bestaan in de geregulde Correspondentie tusschen de Hoofdplaatsen en die Oorden’.Ga naar voetnoot29 Kort daarna was Paravicini dus weer in die saal en in die derde week van Junie 1804 is hy weer in Saldanhabaai en by veldkt. Jacob Laubscher aan die | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xviii]
| |||||||||||||||||||||||||||
St. Helenabaai. Hy lewer aan die goewerneur op 21 Junie 1804 rapport oor sy maatreëls rakende die ‘post-route’ in noodgeval, die plasing van soldatepatrollies en die vlaeman in Sint Helenabaai.Ga naar voetnoot30 Met kenmerkende deeglikheid en vlugheid stel Paravicini sy verslag saam sodat Janssens op 5 Julie 1804 voor die Politieke Raad kon verskyn met twee rapporte ‘het laatste gemunieerd met zeven Bylagen’ oor die uitvoering van sy opdrag rakende ‘het Stationeren van een detachement Militairen aan de Saldanhabaay, en het expedieeren van de nodige orders zoo aan den Posthouder van de Saldanha en St. Helena Baayen, gelyk meede aan de daaromstreeks woonende Veldcornets en ander Opgezetene, waarna dezelve zich by verschyning en landing van vyanden aldaar zullen hebben te gedragen’.Ga naar voetnoot31 Die volgende opdrag aan Paravicini het spoedig gevolg. As artillerieoffisier kry hy saam met die kommandant van die artillerie, majoor Georg Conrad Kuchler ('n veteraan wat van 1785 aan die artillerie in Kaapstad verbonde was) bevel van Janssens teen Augustus 1804 ‘om pertinent te doen opneemen en oculair te onderzoeken, op welke Posten en Batteryen langs de zeekusten rondsom deeze Hoofdplaats, nog reparatien, emplacementen of kleine verbeteringen vereischt worden’.Ga naar voetnoot32 Die twee gekommitteerdes het in hul rapport van 28 Augustus 1804, met bylae van aanbevelings,Ga naar voetnoot33 hul ondersoek na die geskutstellings oral in die Kaapse Skiereiland hulle beperk tot ‘het meest urgentste’ en ook tot wat ‘dadelyk tot de Artillerie behooren’. Hulle het egter met betrekking tot elke battery van Muizenberg, Houtbaai, Kampsbaai tot die ‘Mouille by Ankerbaay’ en die batterye digby die Kasteel opgegee watter verbeteringe met weinig koste en tyd kon deurgevoer word om die stellings in 'n bruikbare staat te bring. Die uitvoering van die verslag is aan Kuchler oorgelaat omdat Paravicini se aandag in 'n ander oord vereis is. In die wintermaande van 1804 was Janssens besig om vir die vertrek van die 23ste Bataljon na Batavië te probeer vergoed deur plaaslike eenhede van hulptroepe op die been te bring, sowel voetvolk as artillerie, burgers en Hottentotte. Daar is uniforms uitgedeel en gedril aan alle kante.Ga naar voetnoot34 Daar kan aangeneem word dat Paravicini, behalwe soos reeds i.v.m. die Hottentotkorps vermeld, hieraan oral 'n bedrywige aandeel gehad het. Van die Engelse planne was niks bekend nie, maar die aanval kon te eniger tyd plaasvind en Janssens het op 'n algemene krygsplan besluit wat hom sou toelaat om, selfs al sou Kaapstad verower word, sy magte agter die Hottentotshollandkloof (in die buurt van die huidige Grabouw) saam te trek om die vyand van die binneland af te sny. Verskillende kere het hy dus die omgewing besoek - waarskynlik met Paravicini by hom.Ga naar voetnoot35 | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xix]
| |||||||||||||||||||||||||||
Die sukses van sy plan sou afhang van doeltreffende toevoer van voedsel- en militêre voorrade uit die binneland deur middel van 'n reeks magasyne, minstens tot op Swellendam. Die oprigting van hierdie magasyne vir sowel provisie as ‘oorlogsbehoeftens’ is aan Paravicini teen die einde van Augustus 1804 deur Janssens opgedra. Hy het die opdrag van 2 tot 19 September by wyse van 'n amptelike reis na Swellendam en terug uitgevoer en op 22 September aan die goewerneur omstandig verslag gedoen.Ga naar voetnoot36 Een van sy reisgenote, behalwe die kapteins Verkouteren en De la Bat, en die artillerie-luitenant Meyer, was die arts Lichtenstein van wie ons dus 'n aanvullende relaas van die reis het.Ga naar voetnoot37 Vir Paravicini was dit 'n bekende roete waarlangs hy gereis het, presies dieselfde en by dieselfde mense langs waar hy met die goewerneur veertien maande vroeër op die landreis beweeg het, insluitende 'n besoek aan die Morawiese sendelinge op Baviaanskloof. Hy het (soos sy verslag aantoon) 'n menigte instruksies gelaat oor die inrigting van stapelplekke vir militêre voorrade en produkte, die plasing van soldate en veral die inrigting van 'n hele reeks alarm-seinposte, drie tot vier uur uitmekaar, om die nuus van 'n inval deur kanonskote in die kortste moontlike tyd aan die burgery bekend te maak. Op Swellendam is digby die kerk 'n groot kruitmagasyn opgerig met 'n werkswinkel daarnaas en luit. Meyer in bevel. Die kanonposte het Paravicini, in oorleg met die regering in Kaapstad, op 15 September 1804 laat toets om foute te verbeter.Ga naar voetnoot38 Soos op die landreis, skryf hy ook talryke briewe aan amptenare, burgeroffisiere en selfs aan landdros Ludwig Alberti in Algoabaai. Paravicini se terugkeer na Kaapstad het saamgeval met toenemende gerugte oor 'n aanstaande Engelse aanval,Ga naar voetnoot39 die neerlegging deur De Mist van sy ampte om Janssens nie in die uitvoering van sy verdedigingsplanne te strem nie,Ga naar voetnoot40 en die inrigting deur Janssens van 'n groot militêre kamp en hoofkwartier aan die Liesbeekrivier waar hy hom drie maande lank by sy troepe sou ophou.Ga naar voetnoot41 Op 19 Oktober 1803 het die goewerneur dit al nodig gevind vir die goeie funksionering van die posbodes dat die hele stelsel ‘aan een onafgebrooken en attentif opper bestier behooren onderworpen te zyn’, wat die Politieke Sekretaris weens menigvuldige pligte egter nie kon behartig nie; die goewerneur het dus besluit ‘om de Superintendentie over de Postboodens te demandeeren aan des zelfs aide de camp, en by diens absentie aan den privaat Secretaris’. Ter- | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xx]
| |||||||||||||||||||||||||||
selfdertyd kry Paravicini opdrag om met spoed te berig ‘op welke wyze de beste order en meest expeditie aan de werkzaamheeden der Postboodens kan worden bygezet.’Ga naar voetnoot42 Te midde van al dié bedrywighede is nou weer aandag gegee aan die hoogsbelangrike stelsel van binnelandse posbodes wat deel was van die moontlike mobilisasie van die burgermag en waarby Paravicini 'n leidende rol gespeel het as die amptenaar belas met die ‘departement der Postbodens’ aan wie hy alle traktemente namens die regering uitbetaal het.Ga naar voetnoot43 Opnuut word nou ook 'n ‘publicatie’ uitgevaardig om die stelsel van posbodes te bestendig en te bevorder wat Paravicini met soveel sorg gehanteer het.Ga naar voetnoot44 Teen Oktober 1804 - miskien al vroeër - was dit bekend dat die kaptein W.B.E. Paravicini di Capelli kragtens besluit van die Staatsbewind van 8 Junie 1804 na die vaderland terug verplaas was, as kaptein van die eerste kompanjie by die 2de Bataljon Artillerie, (kolonel Martuschewitz) ‘Guarnisoen houdende te Breda’.Ga naar voetnoot45 Daar was weens die oorlogstoestand en die Britse oppermag ter see egter g'n sprake van spoedige skeepsgelecntheid na Nederland nie; selfs De Mist moes tot 24 Februarie 1805 op 'n Amerikaanse skip wag om oor New York na Europa te reis.Ga naar voetnoot46 Dus gaan Paravicini met sy pligte voort juis in 'n tydperk van allerlei teenspoed: sterfte aan disenterie onder die toepe in die kamp aan die Liesbeek, die ontploffing van die kruitmagasyn op Swellendam aan die begin van November, droogte in die kolonie en langdurige siekte van Janssens in Desember 1804 en Januarie 1805.Ga naar voetnoot47 Wanneer hy op 16 Februarie 1805 sy 27ste verjaardag vier, skryf sy vriend R. de Klerk Dibbetz, die direkteur van die ‘groote hospitaal’ en tewens inspekteur van die goewermentsdrukkery in Kaapstad, vir hom spesiaal 'n lughartige gediggie wat onder sy stukke bewaar gebly het - die enigste brokkie wat op sy private lewe aan die Kaap betrekking het.Ga naar voetnoot48 Daarin word na sy aanstaande vertrek verwys en ook na 'n siekbed ‘toen gij, gehegt aan bed en deken, de dood kreegt op het aangezicht’. Daar is ook, by wyse van teenstelling, verwysing na 'n besondere hoenderhok van Paravicini ‘dat capabel is om beeren en Olijphanten te logeeren’, wat daarop dui dat hy in Kaapstad 'n huis bewoon het. Op 26 Maart 1805 was daar eindelik skeepsgeleentheid: Paravicini rappor- | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxi]
| |||||||||||||||||||||||||||
teer dat hy onder goedkeuring van sy transport met kapt. John Clement van die Amerikaanse brik Mary of Boston ooreengekom het om vir die som van 1,000 Spaanse matte (riksdalers) passaat- en tafelgeld vir hom, sy eggenote en Jacoba Backer, die weduwee van die 2de luit. Frederik Mens wat die vorige jaar oorlede is, na Boston te vervoer.Ga naar voetnoot49 Dit was vir hom nodig om op 3 April 1805 formeel aansoek te doen om die passaatgeld aangesien hy nie van staatsgeleentheid gebruik kon maak nie weens die oorlogstoestand. Hy bied selfs sy dienste aan om, as dit nodig is om ‘depêches of andere Commissien naar het vaderland over te zenden, waarmeede de Supp(lian)t zig byzonder gehonoreerd zoude vinden, en voor welke behouden overkomst en Uitvoering hy zyn best vermogen zoude aanwenden’. Nogtans is besluit dat hy slegs passaatgeld kry maar 'n voorskot om tafelgeld uit sy ‘voortlopend tractement’ te betaal.Ga naar voetnoot50 Treffend was Janssens se gelate afskeidswoord: ‘De Aide de Camp, de Capitein Paravicini di Capelli, is tot groot verdriet van de Gouverneur als Capitein by de Artillerie in de Republiek verplaatst. Hy is zeer geliefd en kent de geheele Volksplanting; de Gouverneur weet hem niet te remplaceeren.’Ga naar voetnoot51 Op 20 April het Paravicini uit Kaapstad vertrekGa naar voetnoot52 en waarskynlik teen Julie 1805 in die vaderland aangekom om in Breda diens te aanvaar en sy militêre loopbaan in die Republiek, wat spoedig die Koninkryk Holland sou word, voort te sit.Ga naar voetnoot53 Reeds in Augustus 1805 skeep hy in met bestemming Wes-Indië en raak in die hande van die Engelse wat hom egter spoedig daarna vrylaat. As kaptein by die mobiele artillerie maak hy die veldtog in Sweeds-Pommere en Pruise onder die Nederlandse generaal Dumondeau aan die einde van 1806 mee. Hy is teenwoordig by die inname van Hamelen aan die Weser, en Nieuburg, en dien daarna in 1807 en 1808 in die kusverdedigingslinies van die eilande Voorne en Goeree tot hy op 8 Augustus 1808 as kaptein oorgaan na die generale staf van die verenigde wapens van die Genie en Artillerie. In dié hoedanigheid maak hy in 1809 die veldtog teen die invallende Engelse in Zeeland mee. In 1810 dien hy in die verdedigingslinies van Amsterdam. Op 24 Junie van hierdie jaar is sy enigste kind, Johan Jacob Eduard (1810-1887) wat later ook majoor by die artillerie sou word, in Den Haag gebore. Hy word, na die inlywing van die Koninkryk Holland by die Franse Keiserryk, op 1 Januarie 1812 kaptein van 'n kompanjie by die 9de (Franse) Regiment Artillerie te Voet, doen diens in die leërkamp op die Franse kus te Boulogne en ontvang op 22 September 1811 die ridderskap van die Legioen van Eer. Paravicini word op 12 Januarie 1812 bevorder tot luitenant-kolonel en | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxii]
| |||||||||||||||||||||||||||
onder-direkteur van die Artillerie. As aanvoerder van 'n bataljon trek hy in 1812 met Napoleon se Groot Leër na Pole en Rusland. Tydens hierdie geskiedkundige veldtog neem hy deel aan die veldslae by Wilna, Smolensk, Krasnoï en die Beresina. Op die aaklige terugtog het albei sy voete bevrore geraak. Hy is op 12 November 1812 (na die Krasnoï-slag) deur die Russe gevange geneem dog weer later as Nederlander vrygelaat. Hy neem in 1813 deel aan die veldtog in Boheme en Sakse, as luitenantkolonel by die 3de (Franse) Regiment Artillerie en later as bevelvoerder oor 'n divisie artillerie. Met die garnisoen van Dresden word hy in 1813 deur die Oostenrykers in Dresden gevange geneem en na Hongarye vervoer. Uit Chlumetz in Boheme het Paravicini op 24 Desember 1813 (saam met die generaal-majoor Stedeman) skriftelike vertoë gerig tot die Prins van Oranje, wat pas as Koning van die Nederlande teruggekeer het in Den Haag, om na hul vaderland in diens te mag terugkeer, aangesien hulle die vorstehuis van hul vroegste jeug gedien het ‘met de meest plichtmatigste trouwe en verknogtheid’ en bloot deur die vereniging met Frankryk gedwonge was om in Franse diens te tree en tans reeds ‘als officieren van Eer hunne demissien aan de Keyzer der franschen hebben ingezonden...’.Ga naar voetnoot54 Die brief aan die Prins, en ander wat gelyktydig aan die opperbevel in Praag en die Geallieerde bevelhebber, vors Carl von Schwartzenberg, gerig is,Ga naar voetnoot55 het onmiddellike gevolg gehad; Paravicini word reeds enkele weke later, op 22 Januarie 1814, luitenant-kolonel by die 1ste Bataljon Artillerie (Land Militie) en publiseer dieselfde jaar die eerste van sy geskrifte oor die artillerie, die Reglement op de Exercitiën voor Veld- Geschut ... voor de eerste Bataillon Artillerie Land-Militie, 'n handleiding oor die bediening van beleërings- en veldgeskut wat op vroeër ontwerpe van hom gebaseer was. Hierdie stuk, in 1815 verwerk met illustrasies daarby, is later in verkorte vorm in 1831 gedruk.Ga naar voetnoot56 Hy word op 19 Februarie 1816 aangestel as direkteur van ‘de Artillerie Stapel en Constructie Magazynen’ te Antwerpen waar hy nuwe tipes veldartillerie ontwerp voor hy in dieselfde hoedanigheid na Delft verplaas word. In hierdie tydperk tot 1824 het Paravicini vir die Nederlandse leër voor enige ander op die Vasteland 'n gewysigde vorm van die Engelse artillerie en toerusting ingevoer en voorstelle gedoen wat veel later wel uitgevoer is sonder dat hy daarvoor die nodige erkenning ontvang het.Ga naar voetnoot57 | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxiii]
| |||||||||||||||||||||||||||
By KuypersGa naar voetnoot58 staan oor sy prestasie as artilleris te lees: ‘Met hart en ziel aan het wapen zijner keuze gehecht, heeft Paravicini veel voor de artillerie gedaan. Behalve als wetenschappelijk gevormd man, heeft hij zich ook als een in alle deelen practisch officier doen kennen. Wij weten dat de artillerie hem een verbeterd veld-materieel verschuldigd is; ook grondige exercitie-reglementen heeft zij hem te danken.’ Paravacini word op 18 Julie 1824 bevelhebber van die 1ste Bataljon Veldartillerie, op 15 Januarie 1826 tot kolonel bevorder en, as gevolg van reorganisasie, op 23 Desember 1829 aangestel as bevelvoerder van die 1ste Artillerieinspeksie met standplaas Nijmegen. Op 7 Oktober 1831 word hy Ridder van die Nederlandse Leeu. Hy word bevorder tot generaal-majoor en hoof van die personeel van die artillerie op 13 Februarie 1834 en tree met hierdie rang op 1 Januarie 1841 met pensioen af by 'n algemene besnoeiing van die leër. Sy eggenote het hom op 29 September 1845 ontval en hy het die laaste jare van sy lewe in Kralingen by Rotterdam gewoon waar hy op 21 April 1848 oorlede en begrawe is. Oor hom 'n laaste getuienis uit 'n geslag wat hom nog geken het: ‘Paravicini was begaafd met een helder verstand en een ruimen blik; hy was geleerd, beschaafd, huiselijk, eenvoudig en minzaam, hy bezat veel wereld- en menschenkennis. Als voorzitter van de commissie, die in Den Haag zitting hield, en het examen van de adspiranten, dingende naar den rang van officier afnam, verwierf hij aller achting en genegenheid door zijne strikte onpartijdigheid en minzaamheid. Daar hij de wereld goed beschouwd had en in verschillende betrekkingen, zoowel bij het personeel als materieel, werkzaam was geweest, was hij vrij van die kleingeestige veroordeelen, welke hen aankleven die hun geheele loopbaan uitsluitend bij één dienstvak van het zooveel omvattend wapen hebben doorgebracht.’Ga naar voetnoot59 Daar bestaan by die skenkings wat deur die Staatsargief in Suid-Afrika in 1958 ontvang is die volgende afbeeldings van W.B.E. Paravicini di Capelli: (1) Die portret wat as frontispies hierby afgedruk word, 'n waterverftekening op karton met 'n houtpaneeltjie daarby aan die agterkant waarvan 'n stuk ongedateerde papier geplak is met 'n byskrif (blykbaar deur 'n nakomeling of tydgenoot geskryf, moontlik sy kleinseun Johan Gerard Justus, 1838-1904) wat sy volle naam aangee, dié van sy ouers en van sy eggenote.Ga naar voetnoot60 (2) 'n Skets (crayon) by die genealogiese versameling Paravicini.Ga naar voetnoot60a | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxiv]
| |||||||||||||||||||||||||||
B. Die handskrifTydens die 300-jarige herdenking van die aankoms van Jan van Riebeeck in Suid-Afrika is daar in April 1952 deur die bestuur van die Koninklijk Instituut voor Taal-, Land- en Volkenkunde 'n spesiale uitstalling van Africana in die gebou van die instituut te Van Galenstraat 14 in Den Haag gereël. As Tydelike Argivaris vir Bronnenavorsing (Europese Vasteland) van die Unieargief het die bewerker van die vriendelike uitnodiging van die bestuur gebruik gemaak om die uitstalling te besigtig en so vir die eerste keer tussen die tentoongestelde stukke die reisjoernaal gesien wat hier gepubliseer word. In die katalogus van die instituut dra die handskrif die nommer H. 447 en op die titelblad in sierskrif die opskrif Reize/In de Binnen-Landen van Zuid-Africa/Gedaan in den jaare 1803/door/W.B.E. Paravicini di Capelli/Kapitein Aide de Camp by den Gouverneur van de/Caap de Goede Hoop.Ga naar voetnoot61 Die handskrif bestaan uit 234 bladsye skoonskrifteks, ongepagineerd, in die skrif van een persoon geskrywe op papier van foliogrootte, en met watermerk 'n gekroonde W in 'n stralende son en die letters Ala Hulpe. Dit is papier van Heunessy, waarskynlik van die jaar 1850.Ga naar voetnoot62 Die teks is saam met 13 akwarelle, ook op papier van dieselfde formaat, ingenaai en gebind in 'n kartonomslag. Op die skutblad kom in potloodskrif aantekeninge oor die herkoms van die handskrif voor en agterin is 'n kaart uit Barrow se werk Travels in Southern Africa ingeplak. Die vroegste aanduiding van die bestaan van die reisjoernaal, kom, sover as vasgestel kon word, voor in die werk van F.H.W. KuypersGa naar voetnoot63 waarvan die laaste deel in 1874 verskyn het en waarin soos volg na Paravicini se verblyf saam met Janssens aan die Kaap verwys word: ‘Paravicini vergezelde verder dezen landvoogd op zijne reizen door het binnenland en stelde de vruchten zijner nasporingen en waarnemingen te boek.’ In 1876 verskyn te Utrecht van prof. P.J. Veth en dr. C.M. Kan 'n Bibliographie voor Afrika waarin op p. 75 die titel van die handskrif volledig vermeld word met die volgende aantekening daarby: ‘Het manuscript dezer reis werd ons welwillend ter lecture afgestaan door den kleinzoon van den schrijver, den heer W.H.B. Paravicini di Capelli, 1e. Luit. der artillerie te Utrecht. Het bevat niet alleen een zeer merkwaardige beschrijving van den toestand van het Kaapland in het jaar 1803, opgehelderd door teekeningen, maar tevens een lijst van Kafferwoorden, de thermometer-observatiën, gemaakt gedurende de reis uit de Algoabaay en Kafferland en terug naar Graaff Reynet en een Journal eener | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina t.o. xxiv]
| |||||||||||||||||||||||||||
Eiehandige brief van W.B.E. Paravicini di Capelli
| |||||||||||||||||||||||||||
[pagina t.o. xxv]
| |||||||||||||||||||||||||||
Eiehandige inventaris deur Paravicini van stukke wat op die landreis ontstaan het
| |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxv]
| |||||||||||||||||||||||||||
Landreize naar de Saldanha en St. Helena baayen in de maand Mei 1805. Zie over hem v. Kampen, Gesch. der Nederlanders buiten Europa, III. 437.’ Die kleinseun hier genoem, was Willem Hendrik Bartholomeus (1836-1884), kaptein by die artillerie en oudste seun van Paravicini se enigste seun, Johan Jacob Eduard (1810-1887).Ga naar voetnoot64 Toe dr. E.C. Godée Molsbergen uit Batavia sy manuskrip bevattende die teks van genl. J.W. Janssens se amptelike joernaal soos in die Algemeen Rijksarchief, Den Haag, aanwesig, in 1932 by die Linschotenvereniging vir publikasie ingelewer het, het hy as voetnoot by die titel gevoeg: ‘In 1917 werd mijn advies gevraagd over een handschrift van 221 fol. met 13 aquarellen van W.B.E. Paravicini di Capelli over zijn reis in Zuid-Afrika in 1803. De oorlogsomstandigheden beletten mij het handschrift ter insage te krijgen. Waar het nu is, is mij onbekend.’Ga naar voetnoot65 Die redaksie wat Godée Molsbergen se Reizen in Zuid-Afrika IV moes besorg, het egter geweet waar Paravicini se handskrif is, en voorin 'n nota gevoeg waarin verduidelik is dat aan Godée Molsbergen se teks van die amptelike joernaal dié van Paravicini oor die reis na Saldanha- en St. Helenabaai toegevoeg is. ‘Deze Bijlagen zijn ontleend aan het door G.M. in de noot onderaan bldz. 100 genoemde handschrift, dat sedert 1917 toebehoort aan het Kon. Instituut voor taal-, land- en volkenkunde, te 's Gravenhage. Dit fraai geschreven handschrift bevat de 'Reize in den Binnen-Landen van Zuid-Africa gedaan in den jaare 1803, door W.B.E. Paravicini de Capelli Kapitein Aide de Camp, bij den Gouverneur van de Caap de Goede Hoop', hier en daar, voornamelijk in spelling afwijkend van den tekst afgedrukt op bldz. 100-209Ga naar voetnoot66 ... Dit hs. bevat bovendien een aantal niet onverdienstelijke aquarellen waarvan wij er 5 in reproductie aan onze uitgawe hebben toegevoegd.’Ga naar voetnoot67 Kort na die verskyning van Godée Molsbergen se werk, is die Paravicinihandskrif geraadpleeg deur dr. Elizabeth J.M. Conradie wat dit in haar dissertasie van 1934 bespreek en 'n voetnoot daaraan wy.Ga naar voetnoot68 Met behulp hoofsaaklik van die aantekeninge op die skutblad van die handskrif self en bogemelde verwysings, kan die geskiedenis van Paravicini se reisjoernaal ongeveer soos volg vasgestel word. Dit was ná sy dood en tot ongeveer 1876 in besit van sy kleinseun, kapt. W.H.B. Paravicini di Capelli, van wie dr. C.M. Kan dit waarskynlik in besit gekry het. Van hom is die handskrif vermoedelik teen 1915 deur die uitgewersfirma E.J. Brill van Leiden oorgeneem.Ga naar voetnoot69 Van die firma Brill het die heer J.W. Ijzerman dit vir 100 gulde | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxvi]
| |||||||||||||||||||||||||||
gekoop en aan die Kon. Inst. voor Taal-, Land- en Volkenkunde geskenk waar dit op 22 September 1917 in ontvangs geneem is. Daar is uit die handskrif self oorvloedige inwendige bewyse dat Paravicini die joernaal as partikuliere aanvulling by sy eie amptelike joernaal van die landreis vervaardig het. Nêrens is daar egter 'n aanduiding of hy albei joernale gelyktydig op reis bygehou het of moontlik sy eie agterna van aantekeninge wat hy gehou het, bygewerk het met die amptelike joernaal as grondteks nie. As gelet word op die groot gedeeltes wat feitlik woordeliks ooreenkom, of hoogstens deur invoeging van sinonieme gewysig is, lyk so 'n prosedure wel moontlik. Veel sou afhang van Paravicini se oogmerk met die stuk; weer is daar egter g'n aanduiding of hy dit vir sy eggenote in Kaapstad, vir familielede in Nederland of slegs vir eie genot saamgestel het nie. Uit 'n vergelyking van die skrif van die teks met dié van Paravicini (waarvan talryke voorbeelde beskikbaar is) is dit reeds duidelik dat die handskrif 'n afskrif is, en nie in die skrif van die oorspronklike skrywer nie. Daar kan verder gekonstateer word dat die kopiis waarskynlik nooit saam met Paravicini in Suid-Afrika was nie want die naam Ferreira, wat dikwels voorkom en in die korrespondensie deur Paravicini korrek geskryf word, is hier deurgaans Fereyza. Ook Alberti word by die inskrywing vir 11 Mei Arberti. Daar is geen aanduiding van die identiteit van die kopiis nie en ook g'n bewys dat die afskrif tydens Paravicini se leeftyd gemaak of deur hom nagesien is nie. Dit lyk waarskynlik dat dit taamlik laat in sy lewe kon gemaak gewees het, sonder dat hy dit self gesien het. | |||||||||||||||||||||||||||
C. Die verlugting van die handskrifDie dertiental akwarelle wat as verlugting dien, is 'n besondere kenmerk van die handskrif. Almal is 8⅝ × 6⅜ dm. groot en slegs een, die eerste, vertoon die voorletters WP; die res is ongesigneerd. Die volgende lys van die tekeninge dui die inskrywing in die reisjoernaal aan waarteenoor dit verskyn:
| |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxvii]
| |||||||||||||||||||||||||||
Die pogings van Paravicini is klaarblyklik die werk van 'n geesdriftige amateurtekenaar met 'n mate van vaardigheid. Enkele van sy akwarelle was verdienstelik genoeg om as basis te dien vir eietydse kunstenaars wat dit bygewerk en gegraveer het, bv. sy skets van Fort Frederick. Uit bogenoemde lys is nrs. 1, 4, 5, 6 en 12 in 1932 by Godée Molsbergen se uitgawe van die amptelike joernaal van Janssens in Reizen in Zuid-Afrika IV gepubliseer. Dit blyk uit verwysings in die handskrif en die reisbriewe dat Paravicini verskeie ander tekeninge moes gemaak het wat nie by die handskrif aanwesig is nie bv. die mond van die Breederivier (11 April), die mond van die Kaaimansrivier (20 April) en die byeenkoms met Gaika (23 Junie). Aangesien daar geen ander kunstenaar in hierdie tyd was van wie Ludwig Alberti tekeninge kon gekry het nie en hy bowendien Paravicini se werk erken by sowel sy boek as sy plate-album,Ga naar voetnoot70 moet aanvaar word dat verskeie van Paravicini se tekeninge op die landreis (waarvan nie een oorspronklike bekend is nie) slegs deur die werke van Alberti bekend is. Dit geld veral die toneel van die ontmoeting tussen J.W. Janssens en Gaika aan Katrivier op 23 Junie 1803,Ga naar voetnoot71 en twee ander plate in die album, nr. 1 ‘Het Gezigt van eene Kaffersche Woonplaats, of Dorp, welks Bewoners zich met dansen vermaken’ en nr. 2 ‘Een Horde van Kaffers op reis’. Ook in sy boek is daar twee plate waarvoor Paravicini na alle waarskynlikheid die sketse gelewer het: ‘Een Kaffer en eene Kafferin in hunne kleeding’ en ‘Twee Kaffers, met de Knods vechtende’.Ga naar voetnoot72 Alberti skryf oor sy plate dat hy dit dank aan die graveur L. Portman, en die kunstenaars Otto baron de Howen (skoonseun van J.A. de Mist) en J. Smies ‘in navolging van eenige Afteekeningen, in het Kafferland zelf, door den Heer Kapitein W.B.E. Paravicini di Capelli, als ten dien tijde den Hoog Ed. Gestr. Heer Generaal Janssens, in de hoedanigheid van Aide de Camp ver(ge)zellende, naar de natuur vervaardigd.’Ga naar voetnoot73 In die lig van wat reeds opgemerk is oor die feit dat die handskrif 'n afskrif is, moet ook aanvaar word dat die meeste, of al die akwarelle, nageteken is om in te pas by die formaat van die teks. Die foute by die onderskrifte bv. die spelling ‘Gankoma’ (vir Goukamma) en ‘Andrec Zwart Boye’ (vir Andries Zwartbooi) dui verder hierop. | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxviii]
| |||||||||||||||||||||||||||
D. Drie tekste oor J.W. Janssens se binnelandse reisIn die geskiedenis van reisliteratuur in Suid-Afrika is dit beslis 'n uitsondering om op een tog twee bekwame joernaalskrywers aan te tref wat in hierdie geval vir drie tekste verantwoordelik is. Twee daarvan, die handskrif van Paravicini en die amptelike joernaal van die reis wat hy ook geskryf het, is uiters nou verwant en stem grotendeels woordeliks ooreen; die teks van Dirk Gysbert van Reenen se joernaal staan volkome onafhanklik van die ander twee wat bewoording betref. Van Reenen se Dag-Verhaal is in 1932 in Nederland gevind en met annotasie en inleiding in 1937 gepubliseer.Ga naar voetnoot74 Daar is nêrens by Van Reenen of Paravicini 'n spoor te vinde dat hulle insae van mekaar se teks gehad het of oor die inhoud van wat hulle neergeskryf het, in aanraking was nie. Sy opmerkings en sy belangstelling as gebore Kapenaar en man van ervaring verskil dan ook grondig van die benadering van dieselfde gebeure en omstandighede by Paravicini wat as jong Nederlander die land en sy mense die eerste keer leer ken het. ‘Ons journal word zo lang dat ik denk dat het nooijt zal gelezen worden’, skryf Janssens uit Algoabaai aan De Mist.Ga naar voetnoot75 Of hy self daar enige aandeel aan gehad het, is te betwyfel; die opsteller was Paravicini, wat bowendien die meeste korrespondensie ook behartig het. ‘De zoogenaamde rustdagen, zit ik en mijn aide-de-damp aan de schrijftafel of spreeken menschen even assidu als het in het kasteel met U Ed. en den Secretaris is’, laat Janssens by dieselfde geleentheid volg. Hoewel dit nie uit die inhoud self van hierdie amptelike joernaal blyk nie en ook nie vermeld word by die uitgawe daarvan wat Godée Molsbergen in 1932 laat verskyn het nie, was Paravicini amptelik aangewys as skrywer en sê hy dit dan ook in sy eie joernaal van die reis: ‘Aan my werd opgedragen het houden van naauwkeurig journal, het aftekenen van menschen en andere dieren en opneemen van belangryke landgezichten...’ (28 April.) Die amptelike joernaal is blykbaar in klad deur Paravicini by hom gehou nadat Janssens die reisgeselskap op 22 Julie aan Seekoeirivier verlaat het. Op 4 Augustus 1803 deel Janssens die Politieke Raad reeds mee ‘een breedvoerig verbaal en Journaal gehouden te hebben, het welk hy, zo dra andere beezigheeden zulks zouden toelaaten in die staat zoude laaten brengen om aan den Raad te kunnen aanbieden, het geen er voor de Regeering nuttig in mogte zyn’.Ga naar voetnoot76 Hierdie belofte is nagekom op 6 Oktober 1803, enkele dae voor die vertrek van De Mist op sy eie landreis, toe aan die Raad ‘ter lectuure en Consideratie’ | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxix]
| |||||||||||||||||||||||||||
voorgelê is ‘een aantal Documenten, bevattende Missiven (betreffende) gehoudene Conferentien en Gemaakte Schikkingen van zyn Ed. geduurende zyne binnen Landsche Reijze...’.Ga naar voetnoot77 Die Raad het op 12 Oktober besluit om die dokumente by sy amptelike te voegGa naar voetnoot78 maar dit is nie by die bylaes teruggevind nie. Van die amptelike joernaal het in elk geval twee gelykluidende tekste bewaar gebly waarvan een in besit gekom het van die sekretaris by die Politieke Raad, Mr. Coenraad Jacob Gerbrand Copes van Hasselt, en die ander onder dokumente van J.A. de Mist wat in besit gebly het van dr. M.H.K. Lichtenstein. Die Lichtenstein-teks kom voor in een van die bande (Mss. Germ. Fol. No. 880) in die De Mist-Lichtensteinversameling wat tot 1945 in die Pruisiese Staatsbiblioteek in Berlyn berus het, en waarvan in 1924 vir die Kaapstadse Argief 'n fotokopie gemaak is.Ga naar voetnoot79 In 1953 is die hele versameling vir die Unieargief deur die huidige bewerker in die Universiteitsbiblioteek Tübingen geraadpleeg en op mikrofilm opgeneem.Ga naar voetnoot80 Die teks Copes van Hasselt van die joernaal wat, eweas die Lichtenstein-teks, nie in die hand van Paravicini is nie, maar in klerkeskrif op papier met watermerk 1802, berus sedert 1900 as aanwins in die Algemeen Rijksarchief, Den Haag.Ga naar voetnoot81 Dit is hierdie teks wat deur dr. E.C. Godée Molsbergen in 1932 gebruik is vir sy uitgawe van die amptelike joernaal wat deur die Linschoten-Vereniging gepubliseer is.Ga naar voetnoot82 Omdat die bewerker destyds in Batavia was en blykbaar nie in die geleentheid om argiefbronne te raadpleeg nie, het hy hom weerhou van 'n inleiding by die joernaal of enige noemenswaardige annotasie; daar is slegs by familiename wat in die teks voorkom, die datum aangegee van die bepaalde stamvader se aankoms in Suid-Afrika. | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxx]
| |||||||||||||||||||||||||||
E. Die aanleiding tot Janssens se reisDrie dae nadat die nuwe Bataafse bewindvoerders aan die Kaap, J.A. de Mist en J.W. Janssens, met hul gevolg en troepe uit Texel geseil het, het die kommandant Tjaart van der Walt op 8 Augustus 1802 in die Baviaanskloofberge in die huidige Humansdorpse distrik in 'n skermutseling teen Hottentotte gesneuwel. Die stryd teen Kôsa en Hottentot wat in die Derde Kôsa-oorlog (1799-1803) gemene saak gemaak het, was nog in volle gang en veel van die verwoesting wat Janssens tot aan die Kaaimansrivier op sy reis sou sien, het nog plaasgevind terwyl hy reeds onderweg na die Kaap was. Die jaar 1802 was vir die burgerkommando's rampspoedig, en is teen die einde gekenmerk deur verwarring oor optrede teen swerwende Kôsa- en Hottentotbendes en die onttrekking van die Britse troepe met die oog op die aanstaande bewindsoorname.Ga naar voetnoot83 Hieraan moet toegevoeg word die feit dat in die Graaff-Reinetse distrik die oorlog self voorafgegaan is en saamgeval het met langdurige verset teen die bewind asook teen die landdros en kommissarisgeneraal H.C.D. Maynier tot 1801, wat ook tot onderlinge spanning en rusie onder die burgers aanleiding gegee het en 'n atmosfeer van anargie geskep het. Die toestand wat op die dood van Tjaart van der Walt gevolg het, was so ernstig dat 'n oproeping van die burgermagte opnuut vir 20 Desember 1802 bepaal was. Slegs die terugtrekking uit eie beweging van die Kôsa- en Hottentotinvallers het dit moontlik gemaak om aan die begin van 1803 tot 'n sogenaamde ‘vrede’ met die Kôsahoofde te geraak, wat dan formeel op 20 Februarie 1803 deur die kommandant P.R. Botha en andere afgesluit is op dieselfde dag toe Bataafse troepe toegelaat is om die Kasteel amptelik te betrek. Nog voor die aankoms van Janssens en De Mist het die heemrade van Graaff-Reinet op 19 November 1802 al van hulle laat hoor en die aandag van die nuwe bewind vir hul verwarde sake en die benarde posisie op die grense gevra.Ga naar voetnoot84 Van Landdros en Heemrade van Stellenbosch het 'n dergelike versoek De Mist ingewag wat die dag ná sy aankoms 'n antwoord gestuur het ‘omme de ontruste gemoederen zo veel mogelyk ter neder te zetten, om alle eigendunkelyke en soms gevaarlyke middelen van voor als nog nodeloose defensie afteraaden...’.Ga naar voetnoot85 Twee dae daarna het uit die distrik Swellendam die kommandant Pieter Lombard en Stephanus Ferreira (uit die Langkloof) in Kaapstad hul opwagting by De Mist gemaak. Hulle was afgevaardig deur hul veldkommandant, P.R. Botha, om vas te stel of die bewindsoordrag al plaasgevind het en om te vra dat ‘een korte, en geruststellende schets’ aan hulle mag saamgegee word oor | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxxi]
| |||||||||||||||||||||||||||
die stand van sake.Ga naar voetnoot86 De Mist het ten antwoord 'n heel uitvoerige ope brief aan hulle oorhandig,Ga naar voetnoot87 'n stuk met verbasende inhoud waarin alle inwoners van die drie binnelandse distrikte beveel is om die ‘Caffers’ met vrede te laat, afgesante te stuur om met hulle te onderhandel en verder vir hulle met hul landbou besig te hou. Hy het dit egter in die vooruitsig gestel dat hy self die volgende jaar na die grens sou kom. Daarop het daar, van einde Desember 1802 tot 19 Februarie 1803, die tydperk van opskorting van die bewindsoorname gevolg, maar in dieselfde tyd het daar dan ook 'n einde, sy dit ook onbevredigend, aan die oorlog gekom. Daarna het landdros Faure van Swellendam dadelik berig gestuur na Kaapstad en meegedeel dat die veldkommandant P.R. Botha en kmdt. Pieter Lombard binnekort Kaap toe sou kom.Ga naar voetnoot88 Hul besoek vroeg in Maart is egter voorafgegaan deur 'n onderhoud met kmdt. Jacobus Linde van Swellendam wat op 2 Maart 1803 aan De Mist oor die afgelope veldtog verslag gegee het ‘met aandrang om die volstrekte noodzakelykheid, dat of de Commissaris Generaal of de Gouverneur en General en Chef zich in persoon, hoe eerder zo beter naar de grenzen begeven, ten einde de jongst geslootene Vrede met de Caffers, die meer voor een Stilstand van wapenen moest gehouden worden, te consolideeren en op de duur geheel verwoeste districten, en het te rug komen der gevlugte ingezeetenen naar derzelver verlatene wooningen en Landeryen de prompste ordres te stellen.’Ga naar voetnoot89 Op Linde se versoek om 'n skriftelike mededeling, het De Mist die suspensie verduidelik, sy proklamasie van bewindsaanvaarding van die vorige dag oorhandig, sy genoeë oor die vrede met die ‘Caffersche Nabuuren’ betuig en meegedeel dat die regering die vriend van die ‘Caffersche Natie’ wou wees mits hulle binne hul van ouds gestelde grense bly. Hy het daarby gevoeg ‘dat ik reeds halskraagen van mooi koper, met een opschrift, en de naam der Caffersche Capiteinen heb besteld, om hen uit mynen naam te doen aanbieden.’Ga naar voetnoot90 Vroeg in Maart 1803, miskien reeds eerder, was dus daarop besluit dat genl. J.W. Janssens, ten spyte van die vlae van mismoed wat hom reeds oorval het en soms, volgens De Mist, selfs sy gesondheid aangetas het,Ga naar voetnoot91 die binneland sou besoek ‘ten einde pertinent bekend te worden met de Staat en belangen der grens bewoonderen, na de zyde van het Kaffer Land, als meede omme in ogenschein te neemen de Algoa Baay, en Post, die hy aan de zelve door enige Troupes zal laaten bezetten...’Ga naar voetnoot92 Die amptelike opdrag aan Janssens om die binneland te besoek, is op 23 [Missing page xxxii] | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina xxxiii]
| |||||||||||||||||||||||||||
aanbieden, die dan in de laatste Maanden van dit Jaar door my zelve zal kunnen worden gevolgd, zo nodige ik U daartoe Officieel by dezen, gelyk ik U, tevens ten gevolge van voornoemde onze mondelinge conferentiën verzoeke, om de nodige orders te willen stellen, dat het door de Engelschen aan de Algoa Baai, naby de Zwartkops rivier aangelegd Fort of Blokhuis hoe eerder zo beter door een Hoofdofficier van vertrouwen met een toereikend detachement Troepen, voorzien met de nodige ammunitie, middelen van Subsistentie, allerlei soorten van gereedschappen en Provisiën, naar evenredigheid van derzelver waarschynlyke behoeften, worden bezet. En zulks met het dubbelde oogmerk, om by Uwe aanstaande komst in deze zo verre afgeleegene Streeken, aldaar een Vast-punt te vinden, waar in gy zelve Uwe personelyke veiligheid, en de zekerheid voor de uitvoering uwer beveelen zult kunnen vinden, maar het aanwezen van welke Militaire Magt, zo wel aan de Caffers, als vooral aan onze eigene Ingezeetenen in die quartieren ook het nodig respect zal inboezemen tegen het van de eene of andere zyde schenden der gesloten Wapenstilstand - en het vertrouwen geeven aan de Caffers, dat het Bataafsch Gouvernement voortaan wil waaken tegen het dezerzyds op nieuw beginnen van onlusten of grensovertredingen, en dus een Waarborg voor beide Partyen opleveren, dat den nu te sluiten finaalen Vreede des noods door de Sterke hand zal worden gemaintineerd. Ik gouteere al mede ten vollen uwen aan my gedaanen voorslag, om ter bekooming van veelerlei plaatselyke inlichtingen en handleidingen, die ons voor als nog ontbeeren, U op deze reize te doen vergezellen van een geschikt, en der Landelyke zaken kundig inwooner alhier, en ik moet, uit alles, wat ik deswegens hebbe kunnen opmaaken, gelooven, dat de persoon van Dirk van Reenen daartoe de nodige eigenschappen in zich vereenigt. Ik zal des denzelven D. van Reenen by eene officieele Missive daartoe uitnodigen en qualificeeren. Gy zult het my ten goede houden, Gouverneur! dat ik op eene afzonderlyke Memorie, dezen bygevoegd aan Uw geheugen herinnere eenige pointen, meermalen by onze mondelinge Conferentiën behandeld, en die geduurende deze Uwe reize Uwe byzondere oplettenheid zullen verdienen. Ik zou U beledigen daaraan den naam van Instructie te willen geeven; wanneer Gy echter de zaken daartoe alzo geschapen vindt, gelieft het dan daarvoor te houden, dat ik U by dezen ten vollen qualificeere, en authoriseere tot het Stellen van zodanige dadelyke, 't zy provisioneele, 't zy volleedige ordres, als Gy, overeenkomstig den U bekenden Geest, en Verlangen van onze Hooge Committenten, en onze eigene verlangens zult nodig oordeelen. Het zal wel overvloedig zyn, U te herinneren, dat Gy U by behoorlyke Ordonnantie op den Ontvanger Generaal vooraf doet voorzien van zodanige Somma van penningen, als gy tot prompte betaling van veele onmisbaare preparatiën, behoeften, vragten en reiskosten zult benoodigt hebben. Die Somma zal myns bedunkens, wel Vyf duizend Ryksdaalders Kaapsch, d.i. Tien duysend Guldens Hollandsch Courant mogen bedragen. Heil en Achting, J.A. de Mist, Commisss Generaal. |
|