Versamelde werke
(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 1047]
| |
Waar die Blomme Geuraant.Toneelaanwysings
verhoog. Op vier hoeke kom wit pilare. ('n Goeie effek word verkry deur paraffienkissies opmekaar te stapel, elkeen met 'n swaar klip binnekant. Die vooren sykante word oorgetrek met wit papier. Slinger klimop en blomme, soos bloureën (wisteria) daaromheen sodat dit die indruk wek van reghoekige wit pilare. Tussen die sypilare staan palms of enige ander soort uitstaande plante. Tussen twee kleiner pilare agter word 'n tuinhekkie voorgestel, en bo-op die pilaartjies ook varings of kleiner palms. In die middel van die verhoog kom 'n groen tapyt om 'n grasperk voor te stel. Alles op verhoog liefs groen, om kleure van blomme beter te laat afsteek.
Op die grond word met kryt blombeddinkies afgemerk, en elkeen se plek presies aangedui. Voor op die verhoog kom 'n ry plante en varings, maar nie te hoog nie. Dit is mooi om 'n sagte blou lig op die toneel te hê, terwyl slaap, in teenstelling met helder sonlig by ontwaking. |
|